2 minute read

AKTIWITEIT 4

Next Article
AKTIWITEIT 1

AKTIWITEIT 1

KERNINHOUD

Daar is ’n groot verskil tussen lees vir genot en lees met begrip. As jy ’n storieboek of tydskrif lees, lees jy dit met jou korttermyngeheue. Dit is nie vir jou van kardinale belang om die feite te onthou nie.

As jy egter moet studeer of jy doen navorsingswerk vir ’n skooltaak dan is lees met begrip belangrik. Jy moet kan onthou wat jy lees om sodoende jou verworwe kennis te gaan weergee op ’n produktiewe wyse.

Die stappe van lees met begrip soos genoem in les 4 kan jou help om die vaardigheid aan te leer en in te oefen. Jy leer slegs iets aan as jy dit gereeld herhaal.

Lees is belangrik om jou kognitiewe vlakke te stimuleer en sal jou vermoë om optimaal te studeer verbeter.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Doen navorsing en kyk of jy ’n prentjie van die menslike brein kan kry met byskrifte.

Skryf in jou werkboek die name van elke gedeelte van die brein neer, asook wat elke deel se taak is.

AKTIWITEIT 4

Lees die storie geneem uit Die mooiste Afrikaanse sprokies deur Pieter W. Grobbelaar en Sean Verster. Lees die gedeelte met begrip en beantwoord dan die vrae wat daarop volg sonder om weer na die gedeelte te kyk.

ALKANT SELFKANT

Jakkals kom een oggend vroeg by Krap se huis water drink. “Môre, Jakkals,” sê Krap. “Dis ’n lekker oggend, nè?” “Baie lekker,” antwoord Jakkals, wat die nag oorgenoeg te ete gehad het. “Ek voel sommer lus om rond te spring en te hardloop.” “Nou kom ons hardloop dan, ” sê Krap. “Jy?” vra Jakkals. “Jy kan mos nie ’n halwe tree by my bly nie.” “Ons sal sien!” sê Krap. “Kom dan,” sê Jakkals, en hy lê oop langs die waterlopie af. Maar hy kom nie agter dat Krap met sy groot knypers stilletjies aan sy stert vasgegryp het nie.

Toe Jakkals voel hy het nou ver genoeg gehardloop, roep hy oor sy skouer: “En toe Krap, waar’s jy?” “Hier!” antwoord Krap reg agter hom.

“Maar hoe kom jy hier?” vra Jakkals verbaas. “Ek het gehardloop, ” antwoord Krap. “Hardloop ’n bietjie dat ek sien,” sê Jakkals. Krap draf skuins-skuins weg en kom weer skuins-skuins terug soos krappe maar

loop.

“O,” se Jakkals, “dis ook g’n wonder jy het by my gebly nie. Jy hardloop sommer alkante toe, waar ons ander diere net vorentoe kan hardloop.”

Begripsvrae

1. Noem die twee diere waaroor die storie gaan? 2. Watter tipe resies stel Jakkals voor?

(2) (1) 3. Hoe het Krap vir Jakkals om die bos gelei? (1) 4. Wat was Jakkals se reaksie toe hy sien dat hy nie vir Krap gewen het nie? (2) 5. Wat het hy toe vir Krap gevra om te doen? (1) 6. Wat het Krap toe gedoen? (1) 7. Wat was Jakkals se gevolgtrekking? (2)

[10]

Hierdie vrae is selfassessering. Dit beteken jy kan jou eie vrae merk en punte toeken. Gebruik die leesstuk asook die memorandum in die fasiliteerdersgids saam met jou fasiliteerder.

Nadat jy die vrae gemerk het en aan jouself punte toegeken het, gebruik die onderstaande kriteria om jou vermoë om met begrip te lees, te meet.

As jy voel dat dit nog nie op standaard is nie, gebruik die gegewe metode in les 4 om jou te help om dit te verbeter.

Punte uit 10: 8 – 10: Uitstekende begrip 5 – 7: Goeie begrip (aanvaarbaar) 3 – 4: Swak begrip 1 – 2: Uiters swak begrip (ondergemiddeld)

Onthou: moenie moed verloor nie! Hou net aan oefen.

This article is from: