1 minute read

AKTIWITEIT 2

VIR DIE NUUSKIERIGES

Maak artikels uit tydskrifte of koerante en advertensies bymekaar. Bestudeer dit en kyk in hoeveel gevalle word seksualiteit gebruik om iets te bemark en te verkoop.

Maak ’n lys in jou werkboek van die metodes wat gebruik word, bv. die soort kleredrag of die bewoording.

Beantwoord dan die volgende vrae daaroor: 1. Stem jy saam met die boodskap wat oorgedra word? 2. Dink jy dit word op ’n positiewe of negatiewe wyse oorgedra? 3. As jy die grafiese kunstenaar van die advertensie was, hoe sou jy te werk gegaan het om die produk te adverteer? 4. Dink jy dit is opbouend van adverteerders om jongmense se seksualiteit uit te buit in die media?

AKTIWITEIT 2

Ons het in les 2 gepraat oor hoe daar sekere faktore is wat jou seksualiteit beïnvloed.

Kyk na die onderstaande punte en bespreek by elkeen kortliks jou eie opinie van hoe dit jou seksualiteit beïnvloed.

1. Jou vriende en gesin 2. Die media 3. Jou kultuur en die gemeenskap waarin jy leef 4. Die mense wat betrokke is by jou akademiese opvoeding 5. Jou geloof

Die totale opdrag tel 15 punte. Gee dus by elke onderwerp drie geldige redes hoekom jy sê dat dit jou beïnvloed.

[15]

This article is from: