Handleiding G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Les 1: Vind uit wat vandag gebeur in ’n plaaslike gebied Definieer Die hede: Die huidige tyd waarin ons (vandag) woon; die hier en nou. Bronne: ’n Persoon/plek/voorwerp waaruit ons inligting kan verkry. Geskrewe bronne: Iets wat met die hand geskryf of gedruk. Geskiedkundige: ’n Persoon wat oor die verlede skryf. Kerninhoud Ons gebruik verskillende bronne om uit te vind oor die hede. Die hede beteken die hier en die nou, met ander woorde vandag. Bronne beskik oor inligting en kan gedrukte materiaal wees, ’n voorwerp of ’n persoon wat baie weet oor ’n onderwerp. Ons onderskei tussen drie tipes bronne: primêre, sekondêre en tersiêre bronne. •
Primêre bron: ’n boek/brief wat deur ’n persoon geskryf is wat persoonlik daar was, soos byvoorbeeld Piet Retief se dagboek wat hy gehou het.
•
Sekondêre bron: is iemand wat die boek/brief lees en dan sy/haar interpretasie daarvan skryf. Byvoorbeeld iemand wat ’n verslag skryf nadat hy/sy Piet Retief se dagboek gelees het.
•
Tersiêre bron: iemand gebruik ’n sekondêre bron om die inligting wat hulle reeds het aan te vul. Om die voorbeeld te gebruik: ’n Persoon gebruik die verslag wat geskryf is oor Retief se dagboek om inligting te kry.
Wanneer geskiedkundiges oor die gebeure van die verlede skryf verkies hulle om primêre bronne te gebruik aangesien hulle die mees akkuraat is en die gebeure behoorlik beskryf. Geskiedkundiges moet egter versigtig wees om nie hulle eie opinies of menings neer te skryf wanneer hulle oor die geskiedenis skryf nie.
In die volgende paar lesse kyk ons na verskeie metodes om inligting in te win oor die hede (vandag). Ons kan inligting kry uit foto’s, geskrewe bronne, stories en onderhoude met mense en ook voorwerpe.
© Optimi
9