Graad 4 Fasiliteerdersgids Sosiale Wetenskappe Geskiedenis

Page 24

Handleiding G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

2

Eenheid

Pioniersmuseum Die museum was oorspronklik gebou as ’n halfweghuis vir die mense wat op pad was Pelgrimsrus toe. Pelgrimsrus is waar goud ontdek was. Later is daar silwer in die omgewing van die Pioniersmuseum ontdek. Deesdae word die museum gebruik as ’n boeremark – boere verkoop hulle produkte hier.

Voortrekkermonument Dit is gebou ter herdenking aan die Voortrekkers en die Groot Trek na Transvaal in 1835 tot 1854. Die monument huisves skilderye en tapisserie werk wat die stories van hulle reise uitbeeld. Die Groot Trek was ’n migrasie van die Boere nasie (Nederlands/Afrikaans) van die Kaap kolonie na die binneland. Dit beeld ook die oorlog teen die Zoeloes en die Engelse uit. Aktiwiteit 7

Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die figure/geboue hierbo.

1.

Hoekom is Paul Kruger se standbeeld belangrik vir Pretoria?

2

Die Pioniersmuseum herinner die mense van Pretoria aan watter era?

3

Waarvoor word die Pioniersmuseum deesdae gebruik?

4

Die Voortrekkermonument is eie aan Pretoria. Waaraan herinner die gebou ons? [4]

© Optimi

22


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.