Andante 4
Ta g t i g , d i s p r a g t i g - 8 J u n i e 2 0 0 9
4
Intens, voluit, sonder huiwering V
andag skilder die winterson Pretoria en Meintjieskop soos ’n Pierneef-prentjie op die namiddag se doek. Die wind speel ’n romanse vir klavier en viool. En as jy mooi luister, sal jy die weerklank van ’n lang en vol lewe in die note hoor, want Ma is nou ’n formidabele tagtig! ’n Keurige ou dame met ’n netjiese kapsel, iets fyns om die nek en ’n lag op die lippe. Groen oë wat ’n barshou kan kyk. Met haar hande vol tagtig jaar vang sy die sonstrale en skep ’n mosaïek van kleur, geur, vol musiek, vol kinders en vreugde. Waar sy aanraak, gee haar kleurvolle lewe af: Pa vertel dat hy en Ma as jong studente op die PUK mekaar raakgesien het op die gesamentlike Alabama orkes- en rugbytoer. Pas getroud in 1952, begin hul-
le as jong predikantspaar op Randfontein. “Ma was al die jare lief vir musiek. Sy was betrokke by koor-afrigting vroeër jare. Sy het ook uitnemend voorgedra. Ma het as jong meisie reeds op die Eisteddfod uitgeblink. Die liefde vir musiek en taal het Ma altyd met groot vrug voortgesit in die gemeentes en gemeenskappe waar ons ookal was”. Met Ma se sterk wil en persoonlikheid was daar min vervelige oomblikke in hulle lewe! Pa sonder haar toewyding as vrou en moeder uit. Sy het altyd die kinders mooi versorg en opgevoed, die pastorie netjies en keurig. Ma het as predikantsvrou meer as haar deel gedoen. Herman Combrinck (oom Boet), haar broer, onthou Ma as “Sus Kate”. Op 14 het sy begin klavierlesse neem. “Sy
is al die jare ’n nougesettte en hardwerkende mens, met ’n sterk persoonlikheid en ’n sienswyse van haar eie.” Musiek was die v reugde in haar lewe. Ma het vir haar leer linge musiek geleer met toewyding en eindelose geduld. Twee van haar uitstaande musiekstudente was Lottie Richards en Leentjie Menge. Lottie onthou Ma se musieklesse veral vir die wonderlike jaarlikse Koffiehuis Konserte waar al die leerlinge kon optree. Ook die heerlike tee en koekies wat altyd saam met die teorie lesse aangebied is! Vir Leentjie was haar weeklikse musiekles by Ma veel meer as net m usiek, want musiekles by Ma was anders as die gewone. Musiekgeskiedenis is met groot moeite vertaal
en as notas aangebied; handgeskrewe, vóór die era van rekenaars! Albei is dit eens dat hulle met Ma se u itstekende foolproof metode, baie kinders musiek kon leer en so klink haar note voort. In hierdie siel ís daar ryke stof! Skerp en helder. Sy verstaan haar kinders en kleinkinders. Haar k inders is dit eens dat Ma hulle geleer het van die lewe, met al die fyner dinge, die moeilike dinge, lojaliteit en integriteit. Om ses sulke u iteenlopende kinders groot te maak en self daarna nog by te wees, wil gedoen word! Sy leef steeds voluit en sonder huiwering. Soms is dit soos ’n presiese Bach fuga, anderkeer ’n intense Schubert lieder. Die tempo was aanvanklik ’n sterk allegro, maar nou raak dit geleidelik andante...
Ma, ons hoop die Tagtig raak ‘n jubelende feeskonsert!
4 Engela Catharina Janse van Vuuren
01