Die leser se ligstraal
Saterdag, 12 Augustus 2006
Spesiale Uitgawe
R3,75 BTW ingesluit
Man met hart van goud word 50
o
Ons almal ken ʼn paar van hulle. Mense wat nie noodwendig beroemd, berug of bemagtig is nie, maar sonder wie die lewe ʼn saaier plek sou gewees het. Een so persoon is Gert Abraham Ebersohn, ook bekend as neef Gert, of in sy heel privaatkringe as pa. Ebersohn vier vandag, op die twaalfde dag van hierdie winderige maand sy vyftigste verjaarsdag. Ebersohn is nie net bekend vir sy uitstekende huisverkoop talente nie, hy is ook die gebiedsleier van die Voortrekkers in Natal, die kommandoleier van Schuinshoogte en het al verskeie toekennings ontvang vir die besonderse bydrae wat hy aan dié organisasie lewer. Verder het hy hierdie jaar ʼn skubaduik kursus agter die blad, het hy al ge-bunjee jump en brugsprong gedoen, behartig hy sy eie
besigheid en neem hy ook aktief deel aan gemeente aksies en kerksake. Ebersohn beskik nie net oor leierskapvaardighede nie, hy word bestempel as een van die aantreklikste mans van sy ouderdom in die gemeenskap. Ebersohn is op Sondag 12 Augustus 1956 in Pretoria gebore, en dra trots die name van sy ma se pa, sy oupa Coetsee. Me Alida Ebersohn, sy ma vertel dat hy reeds van kleins af net ʼn vreugde was om te hê. Sy pa, Gys Ebersohn beaam alles. “ Gert is ʼn geweldige goeie seun, en ons wil hom ʼn verskriklike gelukkige verjaarsdag toewens. Sy ouers sê hulle hoop dat dit ʼn jaar vol vreugde, geluk en vrede sal wees. Ebersohn is verder nog die vader van vier kinders wat hom baie naby aan die hart lê. Hy het ʼn geweldige passie vir die natuur
Gert Ebersohn vier vandag sy vyftigste verjaarsdag.
en is alewig besig om iets “daar buite” te doen. In sy vrye tyd geniet hy dit om
te lees, in sy motorhuis te werk en tyd saam met sy familie te spandeer.
Teen druktyd wat Ebersohn nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Daar word gesê dat die lewe maar net ʼn asem lank is en dat dit nie saak maak hoe lank jy lewe nie, maar hoe jy lewe. Dit is woorde wat baie mense sal beaam. Maar een ding is seker, om vyftig te word is gewis ʼn groot mylpaal in enige persoon se lewe. Een persoon wat dit verstaan is Gert Ebersohn wat vandag vyftig word. Die Sohn het by sy vier
kinders en hulle spesiale vriende gaan uitvind wat hulle graag vir hom op hierdie groot dag wil sê. Gerhard Ebersohn, die oudste van die vier kinders en die enigste seun wil sy pa van harte gelukwens. “Ek is baie jammer dat ek nie by pa kan wees op hierdie groot dag nie, maar my gedagtes is met pa.” Hy sê ook verder dat hy nog baie graag sy pa een keer sal wil saamvat op ʼn toer
deur Afrika. Erika Ebersohn is die oudste dogter. “My pa is ʼn ongelooflike mens, en ek wens dat hy homself deur sy kinders se oë kan sien.” Sy sê verder dat sy hom die mooiste jare toewens waarin hy voluit sal lewe en elke minuut sal geniet. “My wens is dat my pa die Here se besonderse liefde en bystand vir die res van sy lewe sal geniet,” is wat Karen Ebersohn, sy
middelste dogter vir hom gun. En sy voeg by dat sy hoop dat hy weet wat hy vir haar beteken. Vir Ingrid Ebersohn, sy jongste dogter is dit ʼn maklike vraag om te antwoord. “Ek wens hom toe alles wat sy hart begeer.” Sy voeg by dat die beste pa in die wêreld dit alles verdien. Eddie van Dijkhorst, die maat aan Erika se sy sê ,“Vyftig, nie sleg nie, veral nie met drie sulke wilde
Pieter Jordaan
Eddie van Dijkhorst
Ingrid Ebersohn
Karen Ebersohn
Erika Ebersohn
Gerhard Ebersohn
Net die beste! Is hulle wense aan hom
dogters en een bedrywige seun .” Verder wil hy Ebersohn gelukwens met so besonderse mylpaal in sy lewe, en hoop dat die naweek aangenaam is en besonderse herinneringe sal meebring. “Happy happy, ek hoop die volgende vyftig jaar is die lekkerste vyftig jaar van oom se lewe,” is Pieter Jordaan wat getrou aan Karen se sy bly, se boodskap.