24 September 2015 | Volume 9 | Week 39 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free
¢¢ MARISKA NEL
Potch Kansa vereer vir sukses Deelnemers aan Potchefstroom se Kansa Relay for Life vroeër vanjaar.
P
otchefstromers se groot harte en omgee is onlangs beloon met twee besonderse toekennings. Die reuse-bydrae wat die Potchefstroomse tak van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Relay for Life gemaak het, is by die afgelope Kansa Relay for Life-beraad erken deur die prys vir die grootste opbrengs wat ‘n tak landwyd ingesamel het asook die prys vir die beste werwing. Kansa Relay for Life is deel van ‘n internasionale veldtog wat daarna streef om kanker pasiënte te ondersteun en mense bewus te maak van kankerlyers se stryd om oorlewing. Alle geld wat ingesamel word, word aan kan kernavorsing geskenk. Die Potchefstroomse tak van Kansa Relay for Life het in die afgelope jare onder leiding van prof. Annette Combrink talle groot prestasies behaal. By die 2014/2015 Cancer Relay
for Life beraad, wat by Ibubhezi naby Parys gehou is, het die Potchefstroomse tak weggestap met pryse vir “Best Income Generation’ en “Best Team Recruitment”. Dié twee pryse gaan volgens Annette hand-aan-hand en hierdie jaar was daar digby 200 spanne wat ingeskryf het. Die Kansa Relay for Life word jaarliks vroeg in Maart by die NWU Joolplaas gehou. Spanne stap van 18:00 tot 06:00, simbolies dwarsdeur die nag – omdat kanker nooit slaap nie. “Alhoewel ons baie spanne het wat inskryf, het ons baie studente- en skoolspanne en hulle betaal halfprys vir hul inskrywings, so ons moet hard werk om geld in te samel,” sê Annette. Ten spyte daarvan is daar hierdie jaar ‘n wins van R177 000 gemaak. Dischem Potchefstroom het dit ook reggekry om Potch Mooi Rotary te onttroon as die wenners van
die Kansa Relay for Life se trofee vir die span wat die meeste addisionele geld (dit is geld afgesien van die inskrywingsgeld) ingesamel het. Annette Combrink tree nou egter na ses jaar uit as voorsitter van hierdie organisasie. “Dit was die lekkerste komitee om mee saam te werk, almal is so committed en een gee om om iemand anders se werk te doen nie, dis harde werk,” sê Annette. “Ons doen veral baie werk om die oorwinnaars bymekaar te kry, maar dit is iets wat die moeite werd is, iets wat mens laat goedvoel, wat jou iets laat doen vir ander mense.” Sy vertel dat sy toe sy ses jaar gelede genader is as voorsitter nie besef het dat dit sóveel werk is nie, maar dat dit “absoluut die moeite werd is”. Annette sê dat sedert haar aftrede is sy be-
trokke by soveel dinge dat dit vir haar tyd is om as voorsitter uit te tree. “Ek gaan deel van die komitee bly en spesifiek van borgwerwing, maar dit is tyd dat iemand anders leiding neem.” Haar opvolger, Johan Hattingh, is volgens haar ongelooflik toegewyd en dit is veral deur sy harde werk dat daar elke jaar soveel spanne inskryf. Die Potchefstroomse Kansa Relay for Life se komitee bestaan uit verskeie portefuljes en vrywilligers is meer as welkom om betrokke te raak, Annette sê dat daar hierdie jaar ook heelwat studente is wat by die komitee betrokke geraak het. “Hierdie is ‘n baie worthwhile inisiatief en ons is baie trots op wat ons doen afgesien daarvan dat jy mense gedenk wat aan kanker ly of kanker oorwin het word die geld vir kankernavorsing geskenk.”