NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on.

Page 1

27 Augustus 2015 | Volume 9 | Week 35 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free

Koos van der Leeuw: ’n ‘Pa’ vir almal ¢¢ MARISKA NEL

“Nee, jy kan nie uitklim nie, hy lê hier agter die bakkie, hy is dood,” is woorde wat Marie­ tjie van der Leeuw (68), vrou van Koos van der Leeuw (68) wat Dinsdag, 18 Augustus gedurende ‘n rooftog by die Potchefstroomse slagpale doodgeskiet is, nooit sal vergeet nie. Die tragiese oggend van dié bekende boer se dood, het hulle vroeg opgestaan. “Dit was net na vyf, en ek wou nog ‘n bietjie lê, maar Koos het ‘n oogoperasie gehad en ek moes hom rondry,” vertel Marietjie. Koos en Mari­ etjie was gereed om terug te gaan huis toe, die bakkie reeds aangeskakel, toe Marietjie onraad vermoed. Sy onthou die blou motor wat stop. Die man wat met sy rewolwer aan haar venster klop. Skote wat klap. Die rowers wat op die bakkie skiet. Koos wat sy pistool vat, sy veilig­ heidsgordel losmaak en uitklim. Die twee

vinnige skote. En toe, die absolute doodse stilte wat gevolg het… “Ek het uitgespring, by hom gaan sit, sy hand vasgehou.” Ná ‘n huwelik van 48 jaar is haar man in ‘n oogwink weggevat. “Hy was ‘n wonderlike man. Hy was so goedhartig, hy het vir alles gesorg. As ek na iets by ‘n Aardklop- stalle­tjie kyk, dan het hy dit vir my gekoop, want môre is dit dalk weg…” Koos het op die myn begin werk en sy eerste kar gekoop toe hy net sewentien jaar oud was. “Ons sou so na die kar staan en kyk, onthou, hy kon dit toe nog nie bestuur nie,” vertel Marietjie. Op die jeugdige ouderdom van twintig moes dié twee spesiale toestemming kry om te trou, ‘n besluit wat hulle nooit berou het nie. In 1968 is hul oudste dogter, Mornette, gebore en vier jaar later volg Karel. Stelselmatig het die Van der Leeuws hul lewensideaal verwesenlik. (LEES VERDER OP BL. 2)

Koos van der Leeuw, ‘n boer wat onlangs tydens ‘n rooftog vermoor is, het diep spore in Potchefstromers se harte getrap. Ná sy dood het huldeblyke ingestroom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on. by Elrie Visser - Issuu