3 December 2015 | Volume 9 | Week 49 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free
Thabang se nagedagtenis leef voort D
ie Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs ʼn grafsteen onthul en die titelakte van ’n gesinshuis oorhandig. Dit was ter nagedagtenis aan Thabang Makhoang, wat in 2012 tragies in ʼn ongeluk tydens die oriënteringsprogram op die Potchefstroomkampus verdrink het. Die NWU het ook ’n beursfonds ingestel vir die gemeenskap en vir Thabang se suster indien sy vir universiteitstoelating kwalifiseer. Op 27 November het Thabang se familie die swembad waar hy verdrink het vir ’n tradisionele ritueel besoek. Die visekanselier van die NWU, prof Dan Kgwadi, het daarna op 28 November die familie in die Tswelelang Township in Wolmaransstad besoek om die grafsteen te onthul en die titelakte van die huis en die beursfonds aan die gesin te oorhandig. “Deur die Thabang Makhoang Tswelelang-beursfonds wat reeds in werking is, en die beurs vir sy suster, Kamogelo Makhoang, sal die gemeenskap van Tswelelang ’n blywende verhouding met die universiteit hê,” sê prof Kgwadi. “Kamogelo sal aan enige van die NWU se drie kampusse kan studeer. Daarby sal die studies van een student uit die Tswelelang-gemeenskap elke jaar betaal word.” Die titelakte van ’n huis vir die gesin was die gevolg van ’n brief wat in Thabang se koshuis gekry is wat aan sy ma geadresseer was en waarin hy belowe het om vir haar ’n huis te koop wanneer hy sy studies voltooi het en werk gekry het. “Die universiteit het vir die gesin Prof Dan Kgwadi oorhandig die titelakte vir die gesin se huis aan me Sanna Makhoang, die moeder van wyle Thabang Makhoang. By hulle is me Beatrix Bouwman, ’n huis gebou om sy droom te bedie NWU se institusionele direkteur vir gemeenskapsbetrokkenheid, en lede van die Makhoang-gesin. waarheid,” sê prof Kgwadi.