NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on.

Page 1

5 November 2015 | Volume 9 | Week 44 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free

Skurke loop lig vir dié vrou ¢¢ SANDRA SWANEPOEL

A

lmal sien al uit na die Desember vakansie en miskien ‘n kans om weg te kom van die werk en die huis. Ongelukkig beteken dit in Suid-Afrika ook dat jy jou so aan die risiko van misdaad blootstel, jou huis gaan immers nie saam met vakansie nie. Daarom het die NorthWest Independent gaan kuier by Jeanne Adriaanse, die voorsitter van Potchestroomse Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) om by haar te hoor wat ‘n mens kan doen om met gemoedsrus jou tasse te pak en jou tuiste agter te los. Met die instap kom jy agter Jeanne skrik nie vir niks nie. Tussen die gesels deur beantwoord sy deurklokkies, vinnige boodskappe en laat boonop opknappingswerk aan haar huis doen. Sy lyk glad nie gespanne nie en boonop vertel sy jou ook nie hoe besig sy is nie. Sy verduidelik dat Potchefstroom twee polisie-kantore het: Een in Ikageng en die ander in Potchefstroom self. Die Tlokwe area word ingedeel in drie sektore en elke sektor het verskie buurtwagte en koördineringsgroepe wat as deel van die GPF saam met die Polisie werk om misdaad te bekamp. “Die GPF neem nie die Polisie se werk oor nie!” sê sy. “Elke dorp moet volgens wet ‘n GPF hê. Die Forum is daar om bewusmaking te bevorder, die publiek te waarsku en kommunikasie tussen die publiek en die Polisie te bewerkstellig.” Jeanne sê toe sy ses jaar gelede deel geword het van die GPF was daar maar min kommunikasie tussen die verskillende rolspelers in die Forum. Haar grootste doel was om die

Jeanne Adriaanse, voorsitter van Potchestroomse Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF), nooi alle Potchefstromers om haar te kontak as hulle wil weet hoe om in te skakel by dié organisasie. Haar nommer is 083 236 8563.

kommunikasiekanale oop te maak. “En moenie vir ‘n oomblik dink ek stuur net goeie nuus aan nie. As daar kritiek en klagtes is, dan volg ek dit ook op!” Terwyl sy gesels kom ‘n mens agter sy probeer altyd verstaan wat

109 Hoffman Street, Potchefstroom Tel: 018 294 4770 easypetsandplants@gmail.com Blom en groente plantjies R18.00

Cat & Dog Accessories | Birds | Reptiles Plants | Spiders | Other Accessories Fresh Water Fish | Marine Fish | Reef

mense se optrede onderlê. Sy tree nie self impulsief op nie, maar die verhouding tussen die Polisie en die GPF is duidelik baie goed. Jeanne sê haar beste veiligheidswenk is: Sorg dat jou huis (of blyplek) die moeilikste

is om by in te breek in jou buurt. As ‘n dief wil inbreek, sal hy inbreek, maak dit net vir hom regtig baie moeilik. Hy sal dan eerder ‘n makliker teiken gaan soek. Die één besondere droom wat Jeanne koester is ‘n sateliet-polisiestasie op die Bult. Die idee kom van Kaptein Smit van die Polisie, verduidelik sy. Daar word reeds meer as vyf jaar hieraan beplan, maar telkens het die projek skipbreuk gelei omdat beloftes nie altyd nagekom is nie. Uiteindelik klink dit egter of die droom binnekort bewaarheid gaan word. “En ook hoog tyd,” sê sy. “Misdaad het in die laaste tyd geweldig toegeneem op die Bult. Daar is verskeie faktore wat daartoe bydra, wat hoofsaaklik gedryf word deur die digtheid van mense in die area, maar verseker ook oor die agterlosigheid van die inwoners. Dit is jong mense wat pas uit hulle ouerhuise kom en nie gewoond is aan die verantwoordelikheid van self jou goed oppas nie – hulle loop veral deur!” Jeanne sê dat sy glo aan die sogenaamde “broken windows”-teorie wat Rudy Giuliani New York se burgemeester toegepas het om nie klein misdade toe te laat nie. “Dit begin by slordige tuine, sypaadjies en erwe rondom jou. Misdadigers floreer in sulke areas. Dink dus baie mooi voordat jy vullis in die oop erf oorkant jou gaan gooi en dink niemand gee om nie. Jy benadeel net jouself.” Dink ook voordat jy mense op straat geld en kos gee. “Jy betaal hulle letterlik om daar te bly,” sê sy. “Ek weet mense stem nie noodwendig met my saam nie, maar dit is inderdaad wat gebeur. Daar is ander maniere om dié probleme op te los. Dit is net die maklikste opsie om geld te gee.”

91 WALTER SISULU STREET TEL : 018 285 74 70

YOUR ULTIMATE HOME STORE

SPECIAL DEALS NOW ON...


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on. by Elrie Visser - Issuu