8 October 2015 | Volume 9 | Week 41 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free
Honderde sit hul voete neer in Snowflake A ¢¢ SANDRA SWANEPOEL
s jy Dinsdagaand jou voet wou neersit teen kindermolestering moes jy fyn trap. Die Snowflake was stampvol mense wat die opening van die Sit Jou Voet Neer-uitstalling bygewoon het en kom luister het na die Noordwes Kinderkoor se uitvoering van die liedjie The Beat of Our Feet. Dit is spesi aal geskryf deur Susan Booyens, bekende in mediakringe, en die woorde is deur Anton Pottas, dirigent van dié koor getoonset. Volgens Martie Bothma, kurator van die Snowflake gebou, is die openingsgeleentheid die “beste en lekkerste opening” sedert die ontstaan van Aardklop in Potchefstroom. “Die Sit Jou Voet Neer-projek bring nuwe hoop en lewe na die sosiale bewusmakingsveldtogte wat die afgelope vyf jaar die hooftema van Snowflake is,” sê Martie. Kara van der Merwe, die graad 9 meisie wat ‘n slagoffer speel van kindermolestering in die fliek Dis Ek, Anna, is die dryfkrag agter die projek wat deur die vervaardigers as die amptelike projek vir die fliek aangeneem is. “Dit was wonderlik om te sien hoeveel mense die Sit Jou Voet Neer-projek ondersteun en betrokke wil raak,” sê Kara. “Ek is baie opgewonde oor die res van die week se uitstal ling en alles wat nog gaan gebeur!” Die uitstalling is geopen deur die aktrise Charlene Brouwer wat die hoofrol vertolk in die fliek Dis ek, Anna. “Vir my was die absolute hoogtepunt van die aand om die Noordwes Kinderkoor te kon ontmoet,” sê Charlene. “Die kinders is die rede hoekom ons almal doen wat ons doen. Hulle talent en kinderlike braafheid het my as volwassene net verder geïnspireer om net nog harder aan ons saak
Annazel Jansen en Kara van der Merwe by Dinsdagaand se opening. LINKS: Die aktrise Charlene Brouwer het ‘n prettige “selfie” saam met die Noordwes Kinderkoor geneem.
te werk.” Die fliek Dis ek, Anna word op 23 Oktober 2015 uitgereik, maar daar is Vrydag (9 Oktober) ‘n enkele vertoning by die Mooi rivier Mall om 17:00. Die bekende Potchefstromer Janet Potgieter, Mev. Afrika Globe 2014, het ook haar gewig agter die projek gegooi en het ná die opening gesê: “Dit was ‘n onvergeetlike oomblik om oor die see van gesigte te kyk in die Snowflake! Dis ongelooflik hoe plaaslike, nasionale én internasionale steun vir dié sosiale media-veldtog die afgelope week ontplof het. Ek
weet dat deur saam te staan, kan ons ‘n wêreldwye impak hê en ‘n verskil maak in mishandelde kinders se lewens.” Gedurende Aardklop is Kara en haar span op die heel boonste vlak van Snowflake beskikbaar om te gesels oor die projek. Foto’s kan ook geneem word van jou voete. Verskeie sterre het dit reeds gedoen. Die foto’s word te koop aangebied en die geld sal aan orga nisasies geskenk word wat slagoffers van kindermolestering help. Die pragtige foto uitstalling is die moeite werd om te sien!
Van die voetfoto’s wat nog tot Saterdag in die Snowflake gebou te sien is as deel van die Sit Jou Voet Neer-uitstalling.
www.potchautosales.co.za
R 259 900 2013 Toyota 86 1 OWNER ! Full-House
R 309 900
2011 VW AMAROK 2.0 D/C (120kw) 85 000km
R 169 900
2010 Mercedes Benz A200 Elegance A/T 83 000km
R 219 900
2010 Toyota Hilux 3.0 D4D R/B AUTO D/Cab Full House | 1 Owner