NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on.

Page 1

17 September 2015 | Volume 9 | Week 38 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free

BURNING FURY ABOUT MERGER

PHOTO: MARISKA NEL


2

Die groot vergeet: Het God ook Alzheimers? ¢¢ SANDRA SWANEPOEL

A

s jy die voorreg het om met ‘n Alzheim­ er pasiënt in jou midde te hê, sal dit dalk die moeite werd wees om weer oor die woorde van Sally Dutra te dink: “They say no two snowflakes are alike; well no two cases of dementia are alike either. This disease affects everyone differently, including families.” Alzheimer se siekte het verskillende sta­ diums. Daar word erken dat die pasiënt tot sewe verskillende vlakke van dimensie kan beleef. Gedurende vlak een kan daar kwalik enige verskil agtergekom word: die persoon en sy familie en vriende dink net hy/sy is “vergeet­ agtig”. Met vlak twee word net klein goedjies vergeet. Dit is eers teen vlak drie dat vriende en familie begin agterkom dat daar miskien ernstiger probleme is. Teen vlak vier is dit duidelik dat die pasiënt nou ernstiger simptome ervaar: vergeet dinge wat pas gebeur het, kan nie meer sekere een­ voudige wiskundige berekeninge doen nie en kan glad nie meer iets soos ‘n ete beplan nie. Wanneer vlak 5 intree, kan die persoon nie meer daaglikse aktiwiteite baasraak nie en het al hoe meer hulp nodig. Hy/sy kan nie meer hulle eie telefoonnommer onthou nie, kan nie meer ordentlik aantrek nie en het self hulp nodig om te bad en aan te trek. Vlak 6 is veel erger. Die geheue is nou so sleg dat hy/sy nie meer kan onthou dat hulle pas geëet het nie. Die pasiënt onthou selfs moeilik sy/haar eie naam. Hulle het hulp met feitlik alles nodig. Teen dié tyd het die persoon

al groot persoonlikheidsveranderinge onder­ gaan. Herhalende handbewegings sonder enige rede, swak slaappatrone en ernstige drogbeel­ de kom voor. Die persoon verloor dikwels beheer oor uitskeidings-en blaasfunksie. Teen vlak sewe verloor die pasiënt die vermoë om enige reaksie te toon teenoor impulse uit die omgewing. Die mens sal miskien nog ‘n frase of ‘n woord kan uiter wat geen verband het met wat gebeur of gesê word nie. Die persoon verloor selfs die vermoë om te glimlag en spiere word onbuigsaam. Die pasiënt het nou ten volle 24 uur versorging nodig. Die verskil tussen Alzheimer en dimensie is dat in eersgenoemde geval die persoon nie net vergeet nie, maar ook sy/haar persoon­ likheid verloor. Dit is ook die moeilikste vir vriende en familie om te aanvaar dat die persoon nie meer “ma” of “pa” is nie, maar iemand anders. Aanvaarding is sekerlik een van die moei­ likste dinge wat die mense in die persoon se omgewing moet doen. Dr Johan van der Heever, predikant in die NG Kerk Pretoria het die volgende oor sy ma geskryf op Face­ book: Het God Alzheimer’s? My ma het Alzheimer’s. Wanneer ek by haar kuier (ek bely, te min) is woorde min. Sy kan nie meer praat nie. In ‘n uur se kuier, is daar dalk ‘n enkele woord wat ek herken. Ons lag saam en ek probeer volg waar sy dalk in haar gedagtes kan wees. Dit is bykans onmoontlik. Ek dink nie sy weet wie ek is nie.

Tog wanneer ek by die kamerdeur instap en sy my sien, glimlag sy vir my. Wanneer ek loop, vat sy my gesig tussen haar hande, sag, liefdevol, asof ek ‘n klein seuntjie is en sy my nie wil seer maak nie. Dan soen sy my, sommer ‘n paar keer. Dit is moeilik om by haar te kuier. Dit is moeilik om na die tyd weer te vertrek. In hierdie kuiertjies, gebeur daar iets op ‘n dieper vlak. Ons is in mekaar se teenwoordigheid. Woorde is nie meer nodig nie. Sy is my ma, ek is lief vir haar en ek weet sy is

lief vir my. Dit is genoeg – net die liefde. Net die liefde het oorgebly. Het God Alzheimer’s? Wanneer ek soggens by God gaan sit, is daar bykans geen woord wat ek van God hoor of verstaan nie. Soms lag ek maar net en soms huil ek maar net. Ek weet nie wat in God se wese aan die gebeur is nie. Dit is vir my duister. In daardie saam wees, gebeur daar egter ook iets op ‘n dieper vlak. Wanneer ek opstaan van my tydjie by God en ek beleef dat my Moeder my gesoen het, vasgehou het, dan is dit genoeg. Want my Moeder het my lief, onvoorwaardelik.

Kom verf saam!

Op Donderdag 1 Ok tober word Potchef­ stroom Dienssentrum 32 jaar oud. Dié dag is ook bekend as Interna­ sionale Dag vir Ouer Persone en dus het die Dienssentrum besluit om ’n verfdag te hou en die mure van die Kampstraat parkering te tooi. Jonk en oud is welkom om saam te kom verf. Verversings soos pannekoek, jaffels en vele meer sal te koop aangebied word. Kontak Tanita Roode by 018 293 0678 vir meer besonderhede.

TO ADVERTISE IN NORTHWEST INDEPENDENT CONTACT ISABELLE AT 072 997 8646 OR NIENIE AT 082 740 3860


3

Protesters took to the streets of Potchefstroom where they damaged street signs, garbage bins and local shops. An official estimate of the cost of the damage is not yet available.

PHOTO: MARISKA NEL

Anger boils over ¢¢ MARISKA NEL

L

ast Friday residents of Ikageng took to the streets in protest against the amalgamation of the Tlokwe and Ventersdorp local mu­ nicipalities. The march started in Ikageng and led the protesters into Potchefstroom via the N12. The protesters gathered in front of the Dan Tloome Complex where they read a memoran­ dum regarding their grievances. Several people in the crowd said they were furious about the merger. “Why should our tax money go to the Venters­ dorp municipality, which is already bankrupt?” asked an angry protester. “Why do we need to suffer, to live without water and sanitation while our leaders live in nice houses and drive expen­ sive cars?” In a press statement Itumeleng Mosala, Re­ gional Chairperson of the African National Con­ gress, stated that the protest on Friday was history repeating itself: “A group of unruly in­ dividuals went on a rampage, trashing the streets under the pretext of demonstrating against the merger with Ventersdorp municipality.” He blamed the voilent protest on the Demo­ cratic Alliance claiming the party is “under the illusion that it is capable of governing Tlokwe”. Residents in town were shocked by the display of anger and frustration as the crowd moved towards the municipal buildings where they threatened to burn the Dan Tloome Complex. Road signs were destroyed and smoke from burning tyres filled the streets.

Louwrens Snyman, owner of Wohnen Paints in Potchefstroom described the march as very disruptive. “The women were scared and I wanted to protect them. The moment the shock grenade went off, I realised we have to lock the store, but then a rock came through our window,” he said. It will cost R 5 000 to repair the damage. Louwrens also said although he isn’t happy about the amalgamation this protest was destructive, and now “we have to pay for it”. On Saterday the municipal building in Ven­ tersdorp was set alight. According to Paul Ramalomaloko, spokesperson for the Northwest Police departement, a separate case of arson is being investigated and this is not seen as part of the protest in Potchefstroom on Friday. Ramalomaloko said although the police had to use rubber bullets and stun grenades to contain the crowd, the only injury reported was that of an Ikageng resident who was allegedly attacted by the protesters on his way to work. The police arrested three people in Ikageng and another two in Potchefstroom. These “leaders of the protest” have been charged with public violence and will soon appear in court. Another 13 protesters were also arrested on the same charges. Ramalomaloko said that no formal request for another protest was made, but police intelligence are working hard and Tlokwe residents can be assured that everything possible is being done to ensure their safety. “We will keep you informed regarding any further developments,” said Ramalomaloko.

In Ikageng the rampage was much more destructive than in town. Burnt tyres, street signs, rocks and even an old fridge littered the streets. PHOTO: MARISKA NEL


4

Plaaskuierfees soos min ¢¢ HENNIE BASSON

Voëls in vrolike vere: Die bekwame span van Potch se gunsteling-koekwinkel, Die Pienk Huis, maak hulle reg vir die skuif na ‘n groter perseel by 97 James Moroka-laan. Volgens die eienaar Jaqueline Marais is dié skuif genoodsaak deur die oorweldigende steun van Potchefstromers. “Ons sal dieselfde smullekker lekkernye bedien, maar net op ‘n groter skaal,” verduidelik Jaqueline. “Die spyskaart brei ook ‘n bietjie uit met ‘n paar nuwighede soos somerslaaie.” Die Pienk Huis maak soggens 09:00 oop en is op Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Vrydae oop tot 21:00.

Groter en beter. Só gaan feesgangers vanjaar se Hoefslag-fees op 26 September beleef. Met verskeie top-kunstenaars, mooi perde en ‘n rekord aantal stalletjies kan dit ook nie anders nie. Ná die mooi reëns van onlangs glimlag boere en dorpenaars weer en daarmee saam ook die organiseerders van hierdie mees unieke plaaskuierfees in Noordwes. Dit word vanjaar vir die dertiende keer op Geyerspan, tussen Koster en Lichtenburg, gehou. Benewens verskeie perdetipes, word groter betrokkenheid van veerasse beoog en meer klem word op erfenis-items gelê. Nie minder nie as vier ossewaens en ‘n volkspele-verto­ ning sal deel uitmaak van die erfenis-items. Hier gaan ook vier outydse perde-rytuie te sien wees en veteraan-trekkers gaan om die arena brul. Soos verlede jaar, gaan die land se sterkste man, Etienne Smit, weer sy kragtoertjies uithaal. Hierdie keer gaan ook Garth Collins van TV- en rolprentfaam sy spierkrag toon. Wildsvleisgeregte en -biltong sal die monde laat water en dorstiges kan ‘n biertuin en ope kroeg besoek, asook ‘n kaas-en-wynproe. Ook vir mense met voete wat jeuk en lag­ spiere wat beproef moet word, is hier iets om na uit te sien. Die gewilde Klipwerf Orkes, Wicus van der Merwe en Die Penkoppe sal in die loop van die dag optree. Nadat wêreld­ beker-rugby op ‘n grootskerm gekyk is, sal Adam Tas en Orkes, die country-sanger Mari Minnaar en die begaafde Armand Hofmeyr die feesvure tot laataand hoog laat vlam. Optredes deur legendariese storievertell­ ers van die destydse Maak-‘n-Las TV-pro­ gram, soos Nico Nel, is ook van die atiwiteite op die program. Die befaamde dr. P.G. du Plessis gaan hier vereer word en rugby-Bok­ ke van weleer, soos Frik du Preez en Joggie Jansen gaan ‘n rugbygrappie of twee met die

Adam Tas is een van die talle bekende kunstenaars wat op 26 September op die Hoefslag-fees gaan optree. Dit word op Geyerspan op die R52, tussen Koster en Lichtenburg, gehou.

feesgangers deel. Die kleuter- en jeugafdeling sal ook beter georgansieerd wees as in die verlede, met afsonderlike aktiwiteite vir kleuters en kinders tot agt jaar oud en leerders tussen 9 en 16 jaar. Skyfskiet en ponieritte word onder meer beoog. Vir meer besonderhede en stalletjiebe­ sprekings besoek die webtuiste by hoefslag­ fees.net en facebook by Hoefslagfees Geyer­ span.


REDAKSIONEEL

Om hoop te gee D ie nuus is wêreldwyd die afgelope weke oorheers deur die krisis van honderde duisende politieke vlugtelinge uit Sirië wat desperaat probeer om ‘n beter lewe in Europa te vind. Maar dit is nie net in Europa waar vlugtelinge ‘n heenkome soek nie – na raming is daar vanjaar 15 miljoen mense in Afrika ontheem. In die Demokratiese Republiek van die Kongo is die skaal van die krisis oorweldigend met ‘n geskatte 2.6 miljoen Kongolese wat uit hul huise gedryf is weens politieke konflik. As jy dié getalle hoor is ‘n mens se eerste reaksie om jou hande saam te slaan en te vra hoe op aarde kan jy begin om ‘n verskil te maak. Maar ‘n formidabele vrou van Potchef­ stroom is besig om berge te versit en haar plan kan dalk ‘n sake-model word wat wêreldwyd nuwe geleenthede skep vir mense wat an­ dersins ‘n ellendige toekoms in die gesig staar. Janet Potgieter is ‘n bekende in skoonheid­ skringe en het ‘n paar weke gelede aandag getrek toe sy by die Mev. Heelal-kompetisie in Belarus aangewys is as Mev. Integriteit. Dié ma van twee het die deelnemers en beoorde­ laars skoon begeesterd gehad met haar be­ trokkenheid by vlugtelinge in die Kongo. Janet het haar die afgelope twee jaar veral ontferm oor die lot van vroue wat in vlugtelingkampe in haglike omstandighede probeer oorleef. Een van die grootste uitdagings vir hulpor­

ganisasies is om vroue van sanitêre produkte te voorsien. As internasionale ambassadeur van Dignity Dreams, ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat wasbare sanitêre doekies vervaardig, het Janet eerstehands ervaar hoe ‘n dramatiese verskil dit aan die lewenskwaliteit en waardigheid van vlugtelinge maak om hulp te ontvang. “Vir baie vroue is menstruasie steeds ‘n taboe-onderwerp, maar as jy eers hul vertroue wen en hulle so ver kry om met vrymoedig­ heid te praat, besef jy hoe ‘n massiewe verskil dit maak as hulle een beslommernis minder in hulle lewe het,” vertel Janet. Sy voel sterk daaroor dat ‘n mens nie net moet hulp uitdeel nie, maar ook mense moet bemagtig met vaardighede om weer selfon­ derhoudend te kan wees. Daarom beplan sy om met behulp van Suid-Afrikaanse en internasianale organi­ sasies ‘n fabriek in die Kongo op te rig waar vroue self sulke sanitêre doekies op ‘n groot skaal kan vervaardig asook ander klerasie. Janet het reeds die steun van plaaslike sowel as internasionele sakeleiers en sy het gaan kers opsteek by die International Resque Com­ mittee en die African Development Fund. Haar voorstel word binnekort aan die Ver­ enigde Nasies voorgelê en ons hou saam met haar duimvas dat haar wonderlike droom ‘n werklikheid kan word. Dis sulke blink planne wat vir miljoene mense hoop gee – iets waarvan daar deesdae min in ons wêreld is.

Engage in top designs En-Gage is a new lifestyle showroom that has recently opened its doors to the Potchefstroom community. They specialise in superior quality furniture and décor that will add that touch of modern elegance and timeless charm to your home. “When you walk into our showroom you can buy anything on display. If you like the curtains - it’s for sale. If you like the cushions – it’s for sale. If you like the throws – it’s for sale,” explains managing partner and ex-Springbok rugby player André Pretorius. En-Gage also offers the added convenience of customisation to their clients. Every product can be custom-made to best suit the clients taste and ergonomic needs. The options are endless as clients can personalise the colour and dimensions of the products to ensure maximum comfort and aesthetic appeal. Thanks to not having the burden of paying exorbitant mall rentals they are able to offer wholesale prices to the public. En-Gage also believes in delivering excep­

5

tional customer service, superior quality fur­ niture and to go above and beyond for their clients. “We have had a few clients that have brought us clippings from magazines and we have successfully sourced the pro­ducts for them,” says André. They work on a strong basis of integrity and strive to build lasting relationships with their clients. “When is comes to business hours we are very flexible. If a client wishes to visit our showroom on a Sunday and we are available, we will be more than happy to help,” says André. En-Gage also works hand-in-hand with interior decorators and provides them with the latest in design and furniture trends. Their wide-ranging portfolio also boasts leather couches, suede and fabric couches, bedroom suites, coffee tables, desks, chairs, house fit­ tings, finishes, solid wood dining sets and display units. For their full range kindly visit their website at www.en-gage.co.za

Visit the En-Gage lifestyle showroom for premium quality furniture and décor at wholesale prices.

furniture - decor


6

Anyone for mogodu or koko? ¢¢ LYNDLE HAAGNER

S

ince its opening two weeks ago Dipitseng Caterers have brought back traditional, homemade, African cuisine to many Potchefstroom locals. “I wanted to introduce a new idea to the town. Usually one will only find this type of food when you’re at home,” says owner Refiloe Masiteng. She and her family have run a successful catering business for many years and decided to branch out and open a res­ taurant too. This new venture has been widely supported by the com­ munity and she has been incredibly busy – often having to rush back into the kitchen “to fill the pots” to meet the growing daily demand. “For people who are at work and can’t go home to eat a nutritious meal, we are creating that. Everything we sell is made fresh, daily.” Dipitseng Caterer’s offer a wide variety of authentic dishes and the menu changes daily. “I like to surprise patrons each time they walk through our doors,” she says. A few of their popular dishes are tlhakwana (ox/pork trotters), mogodu (tripe), koko (chicken); makgwafu; chicken stew, beef stew, dumplings, ting (fermented sorghum), morogo (spinach), wors, samp, and of course bunny chow. “We want to bring back the memory of home and also invite people of all cultures to come and taste the traditional African cuisine,” says Refiloe. North West Independent and Kreativmedia Hub employ­ ees enjoyed a special Heritage lunch at Dipitseng last Friday where they were introduced to numerous dishes such as ‘Runaways’ (chicken feet), tripe, chicken livers, trotters and bunny chow. They were excited about trying the new dishes and thoroughly enjoyed the experience. On the 24th September Dipitseng will be having their of­ ficial launch in celebration of Heritage Day. Guests that will be attending the event can expect an array of popular African dishes, served as a buffet-style dinner. Tickets are available at R50 per person and you can buy your tickets directly from Refiloe. Guests can expect mopani worms, “smileys” (sheep’s head), mogodu (tripe), dumplings, ting, and genuine home­ brewed beer are but a few dishes that Refiloe has planned for the evening. You can order your tickets directly from her at 078 554 2298.

Nadia Wiid of NorthWest Independent enjoys a traditional African meal at Dipitseng Caterers. ABOVE RIGHT: ‘Bunny chow’ is a popular dish among customers.

African cuisine like granny used to make it. At Dipitseng Caterers you will be treated to delicacies such as ‘runaways’ (chicken feet), morogo (spinach), tlhakwana (trotters), ting (fermented sorghum) and stew.

Geklassifiseerd • Classifieds Tel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: northwestindependent@telkomsa.net

Algemeen / General WE MOVED TO FORSMAN STREET 8 018 297 6304 | 018 294 7802 072 022 8653

NEW AND USED MOTORSPARES OIL FILTERS | BREAKPADS | FANBELTS GASKETS | FUELFILTERS | CANBELTS

Willa

• Classic Accesories Juwele • Justine Produkte • Avon Produkte willavanheerden7@gmail.com 083 399 0467

AIRPORT TRANSFERS!


7

Township pub-crawl ’n heerlike uitstappie ¢¢ STEFAN VAN ZYL

Opgewonde laat weet ‘n vriendin my op Saterdagoggend, 12 September, dat sy kaart­ jies vir ’n pub-crawl deur Ikageng vir my, haar en vriend Christo Erasmus het. Dié uitstappie is gereël deur die Local Space Global Place-projek, ‘n inisiatief van die Stads- en Streeksbeplannings-fakulteit van die NWU. Synde ek nog altyd so iets wou doen, stem ek dadelik in en teen 14:30 die middag bevind ons ons in ‘n taxi wat house-musiek so hard speel dat jou hartsnare onwillekeurig sinchroniseer en jy nie kan help om te glimlag nie. Die eerste ding wat my tref toe ons by die sjebeen stilhou, is die gevoel van communitas (gedeelde ervarings/die gees van gemeen­ skappe) wat deur die township-strate vloei – hier is almal gelyk en welkom. Sommige lede van die geselskap het dadelik liquid courage nodig omdat die kul­ turele lading net te veel vir hul gestel is (10 km blyk genoeg te wees om te voel asof jy in ‘n ander land is), terwyl ander – tot my misnoeë – kameras uitruk en al wat leef begin afneem (iewers het mense verleer om in die oomblik te leef). Ek en Alanka Craffert deel ’n sigaret of twee met plaaslike sjebeengangers en die innemendheid van die mense is oorwel­ digend. Ten spyte hiervan voel mens ook dadelik aan dat jy uit jou gemaksone is en nie noodwendig om edel redes deur almal verwelkom word nie. Geld vir sigarette en

Gimmies haal wéér finaal van ATKV tienertoneel

Potchefstroom Gimnasium het weer d eurgedring na die ATKV-Tienerto­ ­ neelkompetisie se finaal wat aangebied word tydens die Clover Aardklop Nasio­ nale Kunstefees in Potchefstroom van 6 tot 10 Oktober. As die trein kom is geskryf deur Pierre-André Viviers wat ook optree as regisseur saam met Heilet Zaaiman. Die bekende in teaterkringe, Shirley Ellis, wat die toneelstuk tydens die Potchef­ stroom-streeksfees beoordeel het, was vol lof vir dié stuk. “’n Uiters kreatiewe saam­ weef van teaterelemente om ‘n pragstuk aan te bied,”lui haar beskrywing. As die trein kom sal op Woensdag 7 Oktober om 09:00 en Donderdag 8 Oktober om 11:30 opgevoer word by die Hoër Teg­ niese Skool Potchefstroom. Kaartjies vir die finaal is beskikbaar by Computicket teen so min as R70 vir twee produksies. Altesaam 180 toneelstukke het vanjaar deel­ ge­ n eem aan die 51ste ­ ATKV­Tie­­­nertoneelkompetisie met onge­veer 3 000 hoërskoolleerders wat die verhoë warm gespeel het. Tien streeksfeeste het geduren­ de Augustus plaasgevind. Die doel van dié oudste projek van die ATKV is om ‘n liefde vir Afrikaanse toneel­ spel en -kyk by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel. Die beoordelaars tydens die finaal is Ira Blanckenberg, Hennie van Greunen, Pedro Kruger, Marí Borstlap, Elma Postma, Ilse Oppelt en Wilhelm van der Walt. Daar is tien produksies wat gaan meeding vir R30 000 prysgeld en die AT­ KV-Tienertoneelwisseltrofee. Die naaswenner ontvang R20 000 en die toneelgroep wat in die derde plek aangewys word ontvang R10 000.

Laerskool Mooirivier se leerlinge het gedurende die afgelope twee weke aan ‘n redenaarfees deelgeneem. Daar was 115 deelnemers en dit was geen maklike taak vir die beoordelaars om die wenners vanuit hierdie talentvolle deelnemers te kies nie. Laerskool Mooirivier is egter trots om die wenners aan te kondig: Van links is Juné Holm (gr. 6), Maarten Jonker (gr. 3), Philip Human (gr. 5), Antoinette de Lange (gr. 1), Renate Terblanche (gr. 4). Nika Stols (gr. 2 – afwesig).

drank blyk dan ook vir sommige sjebeen­ gangers ʼn paspoort tot ‘n soort verstand­ houding te wees. Vir nie een oomblik voel ek egter in “le­ wensgevaar” nie (iets wat mense dikwels as onlosmaaklik deel van townships beskou), maar dit kan ook te wyte wees aan die knap wyse waarop die toerleiers Karen Puren en Wessel Strydom ons van een plek na ‘n ander vergesel. Die uiterlike spontaniteit van die Ika­ gengers is skynbaar grensloos en daar word hartlik handgedruk en omhels, dog altyd vergesel met ‘n verbaasdheid oor die besoek aan hul woonplek. Helaas moes ons vroeër terugkeer (sommige aan die einde van hul kragte), maar dié ervaring het beslis ‘n in­ siggewende merk op my gelaat – probeer gerus die volgende een!

Kennisgewing / Notice KENNISGEWING AAN DEBITEURE EN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS BOEDEL VAN WYLE PETRUS JOHANNES CHRISTIAAN BOSCH, ‘N MEERDERJARIGE MAN, (IDENTITEITSNOM­ MER: 480713 5051 08 8) WIE IN LEWE GETROUD WAS BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET MARIA JOHANNA MAGDALENA BOSCH (IDENTITEITSNOM­ MER: 500511 0028 08 5) EN WIE WOONAGTIG WAS TE 30 HOFF STRAAT, POTCHEFSTROOM, NOORD­ WES-PROVINSIE. STERFDATUM: 23 NOVEMBER 2014 BOEDELNOMMER: 001434/2015 KENNIS GESKIED HIERMEE IN TERME VAN ARTIKEL 29 VAN WET 1965, DAT ALLE DEBITEURE EN KREDI­ TEURE MET EISE TEEN BOGEMELDE BOEDEL, GE­ NOEMDE EISE MOET INDIEN BY DIE KANTORE VAN PIETER SCHOEMAN PROKUREURS, IN GEMELDE BOEDEL BINNE ‘N TYDPERK VAN 30 (DERTIG) DAE VANAF DATUM VAN PUBLIKASIE HIERVAN. EKSEKUTEUR: P J A SCHOEMAN PROKUREURS VIR EKSEKUTEUR SHORT STRAAT 5 POTCHEFSTROOM POSBUS 20733 NOORDBRUG 2522 TEL: (018) 294 3273 FAKS: 086 245 6667

Kennisgewing / Notice TLOKWE CITY COUNCIL Notice is hereby given in terms of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the following documents were tabled in Council during a Special Council Meeting held on 25 August 2015. 1.The Draft Annual Performance Report for 2014/2015. 2.The IDP Process Plan for the 2015/2016 financial year. 3.Special Adjustments Budget 2014/2015. 4.Budget Program and Public Participation Programme. (A final programme with regard to paragraph 4 will be prepared by the Executive Mayor, Speaker and the Mu­ nicipal Manager, details of which will be published at a later stage). The above documents lie open for inspection at Room 315, Office of the Speaker, Dan Tloome Complex. DR NE BLAAI-MOKGETHI MUNICIPAL MANAGER Notice 132/2015(kl)

Kennisgewings • Notices Tel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: northwestindependent@telkomsa.net

Kennisgewing / Notice INVITATION TO SEND CV’s FOR DATA BASE PURPOSES ONLY Die TLOKWE STADSRAAD nooi lede van die gemeenskap om cv’s in te stuur. The TLOKWE CITY COUNCIL invites members of the community to send cv’s. SLUITINGSDATUM: CLOSING DATE: 23 SEPTEMBER 2015 BEFORE 16:30JUNE 2010 at 16:30 GEEN verantwoordelikheid word aanvaar vir CV’s wat via e-pos of posdienste verlore raak nie. Geen laat aansoeke word aanvaar nie. Kandidate wat hul CV’s wil terug ontvang, MOET ‘n self geadresseerde koevert met genoegsame seëls daarop saam met hul aansoeke indien. NO responsibility is accepted for CV’s that are lost via e-mail or the postal. No late applications will be considered. Candidates who want their CV’s back, MUST hand in, together with their applications, a self addressed envelope with sufficient stamps. PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD: PROCEDURES TO BE FOLLOWED: Slegs EEN Curriculum Vitae. Only ONE Curriculum Vitae. *Handig in by Direktoraat: Korporatiewe Dienste (Bestuursdienste), hoek van Peter Mokaba - en Wolmaransstraat; OF *Hand in at Directorate: Corporate Services (Management Services) corner of Peter Mokaba and Wolmarans Street, Potchefstroom; OR Vir inligting nie in die advertensie genoem nie, kontak: (018) 299 5207 / x5202 For information not mentioned in the advertisement, contact: (018) 299 5207 / x5202 NEEM ASSEBLIEF KENNIS: * Slegs CVs word aanvaar. DR. NE BLAAI-MOKGETHI MUNICIPAL MANAGER 125/2015

PLEASE NOTE: * Only CV’s will be accepted with certified copy of certificate and identity document0.

Kennisgewing / Notice TLOKWE CITY COUNCIL, POTCHEFSTROOMDEPARTMENT INVITATION TO BID Bids are hereby invited from qualified and suitable experienced service providers for the following projects: Bid No.

Description

Compulsory Briefing session

Purchase amount

Closing date

Evaluation Criteria

Contact Person/Details

37/2015

Consulting Engineering Services for the design, Tender documentation and construction monitoring of the installation of high mast lights in Ikageng, Promosa, Mohading and Matlwang Village Construction of Guard Rooms

N/A

R300.00

01/10/2015

90/10

Mr. M.A Botha 018 299 5353

2015/09/17 10H00 @ Infrastructure Hall Luitingh Str. Potch Industrial

R200.00

01/10/2015

80/20

N/A

R300.00

01/10/2015

80/20

N Rikhotso 018 299 5266

2015/09/17 10H00 @ the Vehicle Testing

R600.00

01/10/2015

90/10

Frik Louwrens 018 299 5306

59/2015

63/2015

65/2015

CIDB grading of 2GB or 2CE or higher

Supply and Delivery of 1 Ton Light delivery vehicle(LDV) to the Tlokwe City Council Supply, Delivery, Installation and Commissioning of a Generator for the Tlokwe City Council

Station, Public Safety, Cnr Luitingh and Nelson Mandela Drive, Potchefstroom.

Mr.O Brauns

018 299-5453.

Payments must be made at the Rates Hall, Dan Tloome Complex, Wolmarans Street, Potchefstroom. Cheques must be made payable to the “City Treasurer”. Bidders are hereby invited in terms of Section 83 of Local Government: Municipal Systems Act 2000, (Act 32 of 2000) for the submission of above mentioned tenders to Tlokwe City Council. Tender documents will be available after briefing session dates at Office 104, First floor, Municipal Building, Dan Tloome Complex, Corner of Sol Plaatjie Avenue & Wolmarans Street, Potchefstroom, upon payment of a non-re­ fundable deposit of the above mentioned amounts. Enquiries: Tel 018 299 5147/45. CLOSING TIME: 12H00 Sealed tenders, duly endorsed with, “The above stated Tender no. and Description” and must be placed in the tender box in Room 315, Third Floor, Municipal Buildings, Dan Tloome Complex, corner of Sol Plaatjie Avenue and Wolmarans Street, Potchefstroom or addressed to PO Box 113, Potchefstroom, 2520.Tenders will be received until 11h30, of closing dates and will be opened in public in the Committee Room, Municipal Offices, Dan Tloome Complex corner of Sol Plaatjie Avenue and Wolmarans Street, Potchefstroom. Telegraphic or electronic tenders will not be accepted. The Council is not compelled to accept the lowest or any tender. The successful tenderer will be required to enter into a formal contract with Council. Tenderers must supply the necessary information in order to comply with the requirements of Section 83 of the Local Government: Municipal Systems Act 2000, (Act 32 of 2000) and subject to the conditions of the Preferential Procurement Policy Framework Act 2000, (Act 5 of 2000) as well as the Regulations promulgated in terms of Section 5 of the Act. The Municipal Supply Chain Management Regulations published in Government Gazette, 27636, dated 30 May 2005 Tlokwe City Council supply chain management by-laws will also be applicable. DR NE BLAAI-MOKGETHI MUNICIPAL MANAGER Notice no.134/2015


TO ADVERTISE IN NORTHWEST INDEPENDENT CONTACT ISABELLE AT 072 997 8646 OR NIENIE AT 082 740 3860

17 September 2015 | Volume 9 | Week 38 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free

Platinum Stars shine ¢¢ MOTHUSI MAKGOANE

With territorial advantage and a partisan crowd in their favour, Jomo Cosmos let it slip when they narrowly lost 2 – 1 to a determined Platinum Stars at Potchefstroom’s Olen Park Stadium last Saturday. Stars sprung into an early 2 – 0 lead in the first half through goals from Robert N’gambi and Eleazor Rodgers. Stars were punished for infringement, and Dumiso Mabena was sent off, thus reduced the Phokeng giants to 10 – man. Ezenkosi, as Cosmos is affectionately known, pilled-up pressure and pulled a goal back through Cheslyn Jampies. Cosmos camped in the Stars goal area but their strik­ ers fluffed scoring chances and ballooned balls in front of goal. The Phokeng outfit salvaged 3 points. Despite salvaging valuable points, Cosmos spokesperson, Abbey Selebano is very excited and confident about the team’s performance. “We played very well but ran out of luck. The boys tried hard but it was not our lucky day,” said Selebano. When asked about poor attendance, Sele­ bano added: “Our plans are in place to embark on road shows around Potchefstroom and Dr. Kenneth Kaunda region to sell the Jomo Cosmos brand.”

Hoër Volkskool se senior 7’s span het onlangs aan die Xco 7’s-toernooi op Sundown Ranch deelgeneem en die wentrofee ingepalm. Hulle kwalifiseer om aan die Prestige Xco 7’s toernooi deel te neem wat op 18 en 19 September plaasvind by Hoërskool Waterkloof. Voorts is die span uitgenooi om aan die “Save the Rhino”-toernooi te gaan deelneem wat oor die langnaweek plaasvind in die Kruger Nasionale Wildtuin.

Potchefstroom Gimnasium se o/17-rugbyspan is Hollardreekskampioene nadat hulle Wesvalia met 12-5 in die finaal gewen het. Gimmies se drieë is gedruk deur Edrich Cronjé en Juan Smith. Edrich het ook met met ‘n doelskop geslaag.

Die NorthWest Independent se uitleg en inhoud word behartig deur Kreativmedia Hub www.kreativmediahub.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.