NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

Page 1

3 September 2015 | Volume 9 | Week 36 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis • Free

Slim Volkies red koshuismaats ¢ SANDRA SWANEPOEL

W

at sou die bekende Uile bende oor die brand in Jack Pauw koshuis by Vo l k s k o o l die afgelope Maandagaand gesê het? Dit is nie vergesog om dit te vra nie, want die skrywer van die bekende tienerreeks, die Uile, was die koshuisvader van Jack Pauw. Hy het vier seunsmaats in die koshuis geïdenti eer wat gedien het a in pira ie ir die boeke. Hy het hulle elke aand uitgevra oor hulle doen en late deur die dag en saans die stories geskryf. Cor Dirks was die eerste koshuisvader nadat die skool in 1926 ingewy is. “Die genade van die Here was groot,” is die eerste woorde wat die huidige koshuisvader en onderhoof van Volkskool, mnr Daan Seymore, Dinsdagoggend by die swartgebrande koshuis geuiter het, terwyl die trane in sy oë opwel. Die brand het net voor 21:00 uitgebreek en alarm is toe gemaak. Kwalik 15 minute later sou die koshuis gesluit gewees het vir die nag en die seuns sou waarskynlik binne vasgekeer gewees het, vertel hy. Daar is 38 seuns in die koshuis, wat wissel van graad 8 tot 10 en enkele matrieks wat studenteraadslede is. Alarm is gemaak deur drie “slim” kinders. Seuns wat ‘n goeie akademiese rekord het, mag in hulle kamers studeer en drie van dié manne was in hulle kamers besig om te leer toe h lle n oort ontploffing gehoor het en kort daarna die plafon sien inval het. Die koshuis is onmiddellik ontruim en geen beserings is aangemeld nie. Slegs die boonste verdieping is in die brand verwoes en sommige van die kamers in die onderste verdieping, asook die woonstel van Mnr Seymore en sy vrou, Irene, bekende netbalafrigter, het waterskade opgedoen. Brandbestryders wat ondersoek instel na die oorsaak van die brand het Dinsdagoggend interessante kenmerke van ‘n brand uitgewys: Oor waar dit ontstaan en wat dit veroorsaak het. Hierdie bewyse word gestaaf deur watter skakelaars byvoorbeeld op die kragboks onmiddellik af is, toe die brand ontstaan het. Die oggend na die brand, krap seuns tussen die swartverbrande as op die boonste verdie-

ping rond. Party lyk geskok, maar sê hulle is “oukei”, ander maak al klaar grappies. Almal is ontsteld oor hulle sporttoerusting: ‘n R17 et waar an net dele an die elling en speke oor is of ‘n besondere krieketkolf wat in die slag gebly het. ‘n Graad 10 seun loop enkeldiep deur die water en jubel: “Ek het my Bybel en beursie gekry! Dis perfek!” Later vertel die brandweerspan van Tlokwe Stadraad dat die gemeenskap van Potchefstroom hulle weer eens verstom het. Een van die brandweermanne vertel met ‘n groot glimlag: “Ek was later lus om die polisie te vra om ‘n kordon te span om die helpers op ‘n veilige afstand te hou. Almal wou help!” Brandweerspanne van die Landboukollege, die Puk-kapmus, Weermag, die Burgerlike Brandweervereniging en natuurlik Tlokwe self, het ‘n gedugte span van om en by 35 mense gevorm wat die vlamme binne nagenoeg 45 minute geblus het. “Dit het ons daarna nog ‘n uur en ‘n half geneem om die res van die smeulende puin te doof,” vertel hy. Die skoolgemeenskap en personeel het net lof vir die hulp wat deur die Potchefstromers (en danksy sosiale media, ook uit die buiteland) aangebied is. ‘n Dankbare ouer sê ook: “Mev Mapaseka Sebolai van die Noordwes Departement van Onderwys wat reeds Maandagaand op die toneel was, verdien ook besondere dank vir haar betrokkenheid.” Hulp het gestrek van ‘n boks vol T-hemde wat deur Laurius koshuis op die Puk-kampus nog dieselfde aand afgelewer is, tot slaapplek - , kos- en geldaanbiedinge. Die kinders en koshuisouers het die nag in die Elgro Hotel gebly. Die hotel behoort aan die Beheerliggaamvoorsitter, Kobus Fourie. Berading is vir die kinders gereël. Slegs drie matriekleerlinge is deur die brand geraak. Onderwysers het Dinsdag reeds begin om hulle te help om handboeke en aantekeninge te vervang. Die Rekordeksamen wat tans by Volkskool aan die gang is, word sonder enige onderbreking verder geskryf. Die graad 8 tot 11 leerlinge wat besig is met die lente-toetsreeks is twee dae vergunning gegee om net weer tot verhaal te kom terwyl alternatiewe reëlings vir die koshuisseuns getref word.

Een van die koshuiskamers waar die omvang van die brand duidelik gesien kan word. Die gordyne se skade was nie so erg nie omdat die materiaal nie vlambaar is nie. Daar is nog foto’s van die brand op NorthWest Independent se Facebookblad.

Die gang van Blok C van die Jack Pauw-koshuis.

In dié kamer het net die raam van ‘n fiets oorgebly. FOTO’S: MARISKA NEL


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on by Elrie Visser - Issuu