Sasima - November 2014

Page 1

NOVEMBER 2014

JAARGANG 35

Speletjie trek aandag 3

Akteurs trek wyd aandag 9

UITGAWE 2

Singapoer, hier kom ons netbalsterre! 12

Louise-Mari Muller en Juffrou Connie Pretorius.

Gimmie se onderwysers is tops! • Brief ontsluit groot prys vir Juffrou (C)onnie Wickus Zerwick ’n Brief wat die graad 11-leerder Louise-Mari Muller aan Juffrou Connie Pretorius geskryf het, het nasionaal aandag getrek. Dié brief is gekies uit sowat 30 000 ­inskrywings in ’n kompetisie waarin leerders die geleentheid gekry het om te sê waarom ’n spesiale onderwyser ’n verskil in hul lewens maak. Louise-Mari het deelgeneem aan die jaarlikse Woolworths-kompetisie waarin sy 200 woorde geskryf het oor Juffrou Connie. Sy is daarna as een van agt finaliste in die land gekies. Juffrou Connie is saam met die sewe ander finaliste na ­Kaapstad vir onderhoude wat deur ’n paneel van ses bekende mense gevoer is - onder andere Peter Twine, die bestuurder van Woolworths. Die wenners is by ’n glansryke geleentheid in Kaapstad aangekondig. Juffrou Connie se tweede plek het haar ’n skootrekenaar, R5 000 vir die skool, R21 000 se koopbewyse vir ­haarself en ’n tablet vir Louise-Mari besorg. Gimmies is ongelooflik trots op Juffrou ­Connie. Die kompetisie was weer ’n bewys van die kaliber onnies wat by Potchefstroom-­ Gimnasium werk.

Die brief aan Woolworths My Teacher Ms Connie Pretorius has created a safe haven for me, in the incredible world of art, keeping the perfect balance between expressing myself, and letting life itself once more inspire me to live. I suffer from a condition called ­Ankylosing spondylitis, in which my spine fuses ­together, and will eventually start to crumble. I have now been on chemotherapy for a year. Each day was a day filled with reality closing in on me, with no form of escape from my thoughts and pain. And yet, somehow through the ­confinement of my illness, I found my sweet

escape through the world of art. A world which I would never have discovered ­without my Art teacher and as it turned out art ­therapist, Ms Connie ­Pretorius. She has taught me to put all my pain or ­whatever emotions I might be experiencing onto a ­ ­canvas, or mere piece of paper. She has ­guided me to express ­myself, and created a space where not only me, but all her ­learners can feel safe and ­inspired. She is eternally available and taught me the ­absolute ­healing properties of Woollies Chai tea in times of trouble.

Meer oor Juffrou Connie Juffrou Connie se leuse in die lewe is ­woorde van Helen Keller: ”Never bend your head. Always hold it high. Look the world straight in the eye. The most pathetic person in the world is someone who has sight, but no vision.” Die volgende woorde motiveer haar: “In this shifting and challenging time, I feel a deep stirring, a potent blossoming of ­creativity. It is all around us, gaining

­ omentum and strength; in our own lives and m in those of our family and community and in the collective ­experience. It is our divine duty to create and share ­inspiration, especially at this time of change. As we honour our own ­ personal c­reativity, we contribute vitally to the whole. We i­ nspire those around us to ­ celebrate, we manifest visual mirrors to the light, d ­ ivinity and potential of each v ­ iewer.”

Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees

Juffroue Fouché (links) en Gerber (regs).

Engels blink uit met NTA-­toekennings Jacques Jacobs Die Engelse Departement spog met twee NTA-kandidate (National Teaching Awards), onderskeidelik in 2013 en 2014. Juffroue Madeleine Gerber en Rosemary Fouché het ­ altwee uit die stryd getree as Tlokwe-area-­ ­ wenners asook as Dr. Kenneth Kaunda-streekwenners. ­Juffrou ­Madeleine het in 2013 derde gekom in­ ­Noordwes en Juffrou Rosemary het in 2014 tweede gekom. Beide was first timers in die kompetisie. As in ag geneem word dat die wenners sonder uitsondering tweede en derde jaar ­deelnemers was, is ons twee “soutie-­Juffrouens” se ­prestasie iets om op trots te wees.


2

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Gimmies sê dankie aan hierdie mense, nie net vir hulle bydrae tot die skool nie, maar ook vir die glimlag wat hulle elke dag skool toe gebring het!

Tot weersiens

Tannie Annatjie van der Ryst Juffrou Hantie Kirstein

Juffrou Elné van Vuuren

Tannie Annatjie vat ’n welverdiende gap jaar • Gimmies groet vanjaar vir Tannie Annatjie van der Ryst wat vir meer as drie dekades deel was van die skool waar sy in die ­administratiewe kantoor gewerk het. Sasima het baie vrae vir haar gehad. Hoe lank werk tannie al by Gimmies? 33 jaar en agt maande. Waarnatoe is tannie op pad?

Juffrou Carli de Wet

Juffrou Sunèlle van Heerden

Vier onnies groet

• ’n Paar van Gimmies se onderwysers ­verlaat einde 2014 die Gimmie-geledere. Hierdie leerkragte het wonderlike ­ingrepe in elke kind se skoolloopbaan ­gemaak. Marguerite Olivier het met hulle gesels.

Juffrou Hantie Kirstein

Juffrou Elné van Vuuren

Hoe lank was Juffrou by Gimmies?

Hoe lank was Juffrou by Gimmies?

24 jaar en vyf jaar as Gimmie-leerder

Een jaar as onderwyser en vyf jaar as ­Gimmie-leerder

Wat is die laaste boodskap wat Juffrou vir Gimmies se kinders het? Die resep vir sukses is harde werk (so doen gereeld jou huiswerk), glo in jouself, jou ­vermoëns en jou Skepper! Spreuke 1:7: ­“Kennis begin met eerbied vir die Here net dwase verag wysheid en dissipline. Wat was Juffrou se hoogtepunt by Gimmies? Elke leerder wat met blink oë vir my gesê het: “O, nou verstaan ek!” Waarheen is Juffrou op pad? Ek het nou aftree-ouderdom bereik. Ek wil volgende jaar so bietjie ekstra klas gee in wiskunde. Ek wil ook graag meer tyd en aandag aan my kleinkinders spandeer. Verder wil ek lekker kos maak vir my nuwe man!

Wat was ’n hoogtepunt vir Juffrou by ­Gimmies? Sonder enige twyfel het ek een van die beste verjaarsdae ooit by Gimmies gevier. Absoluut onvergeetlik!

Hoe lank was Juffrou by Gimmies?

Wat is ’n laaste boodskap wat Juffrou vir ­Gimmies se leerders wil gee? Leef elke dag asof dit jou laaste is en dis ’n voorreg om deel te wees van Gimmies. Wat was Juffrou se hoogtepunt by Gimmies? Om ’n wonderlike band met verskeie kinders en onderwysers te bou.

Goodbye tension! Hallo pension!

Wat is die laaste boodskap wat tannie vir Gimmies se kinders het? As jy ouer word en jy kyk terug, is jou skooljare van die lekkerste jare van jou lewe. Geniet dit. Leef elke dag voluit, moenie net bestaan nie. Gimmies tree elke dag met ’n sak vol respek op teenoor elkeen wat julle paaie kruis en veral teenoor julle God Daar kom daagliks uitdagings, sien dit as ’n geleentheid om te groei.

Toe dr. Basie Janson hier hoof was. Hy het regtig baie lelik geskryf. Onderaan ’n rapport het hy geskryf “Ditsem” en ek het dit gelees as “Bliksem”. Wat was tannie se hoogtepunt by Gimmies? Ek is diep dankbaar vir elke vriendelike kind en onderwyser wat oor my pad gekom het. Al die wonderlike vriende wat ek hier ontmoet het. Van al die personeel wat in 1981 saam met my op die personeel was, is hier nog net twee mense oor (Oom Tom en Tante Anna Dinkebogile). Ek was bevoorreg om saam met vyf hoofde en ’n paar waarnemende hoofde te kon werk en glo my, by elkeen het ek iets positiefs geleer. Hoogtepunte was ook as ons die Interhoër gewen het en daardie lekker hoendervleis-gevoel as ons die skoollied met trots gesing het.

Geduld. Grappe! Gimmies gee ­onvoorwaardelik om en staan saam. ­Gimmie-trots is uniek en eiesoortig.

Hoe lank was Juffrou by Gimmies?

Pretoria toe. Ek trou die 6de Desember en my verloofde het daar werk gekry.

Ek gaan my familie, vriende en kleinkinders meer geniet en minder werk.

Wat was tannie se grootste skande by ­Gimmies?

Wat het Juffrou by Gimmie-leerders geleer?

Juffrou Sunèlle van Heerden

Waarheen is Juffrou op pad?

Ek gaan in my tuin sit en die natuur ­bewonder sonder om my te bekommer oor die onkruid.

Dat jy elke oggend moet opstaan en skool toe gaan, al is jy nie baie lus vir skool die dag nie.

Wat is Juffrou se laaste boodskap vir ­Gimmies: Sommer baie! Normaal is ’n illusie, wat normaal is vir spinnekoppe, is chaos vir ’n vlieg. Blom waar die Here jou plant. Gimmies, julle sal gemis word!

Juffrou Carli de Wet Een jaar

Na ’n gap jaar. Wat dit is, weet ek nie mooi nie, maar ek hoor baie leerders doen dit na skool en dit is mos na skool vir my ook. Ek gaan meer lees en minder afstof.

As daar een ding is wat tannie by Gimmies se mense geleer het, wat was dit?

Drie jaar. Waarheen is Juffrou op pad? Ek gaan in China Engels gee vir ­kleuterskoolkinders. Ek gaan bietjie die wêreld sien en nuwe dinge ervaar. Ek sien baie uit daarna! Wat was Juffrou se grootste skande by ­Gimmies? Ek het toesig gehou in toesigperiode toe my rok se rits, langs die kant van die rok, strip! Gelukkig het een van my vriendinne my kom aflos en ek kon huis toe hol om iets anders te gaan aantrek! Wat is Juffrou se laaste boodskap vir ­Gimmies: Gaan groot, met harde werk kan jy enige iets bereik!

Mevrou Johanna Metsweamere

Ons veteraan Gimmie Carel Coetzee Mevrou Johanna Metsweamere is ’n veteraan Gimmie. Dié ma van twee en ouma van drie is al sedert 1981 deel van die skool se ­kombuispersoneel. Mevrou Metsweamere vertel tydens pouse van haar meer as drie dekades by Gimmies. “Die kinders is baie vriendelik met my, gesels altyd op die stoepe en maak grappies,” sê sy. “Daar is hier en daar ’n stout een,” voeg sy later

by. Dan onderbreek sy eers die vrae en vat vir die hoof sy koffie. As sy later terugkom, is daar nog ’n skoolkind in die klein kombuisie. Dié se toebroodjie moet warmgemaak word. Sy help vinnig. Dan gaan sy voort met die onderhoud. “My wens is dat alle Gimmie-leerders trots sal wees op hulle skool en die skoolterrein skoon en netjies sal hou.” Haar raad aan hulle: “Gimmie-leerders moet al die geleenthede wat by die skool aan hulle gebied word, ten volle gebruik.”


3

November 2014 | Jaargang 35 (2)

Meneer Bertus Pool saam met Marnus van der Merwe wat die raaikompetisie gewen het.

Foto: Suné Steenkamp

Wat is in Meneer Pool se sak? Sunique Becker Dit is iets waaroor leerders, ­ onderwysers, ouers en selfs amptenare van die ­onderwysdepartement al lank wonder – soveel so dat ’n kompetisie by die skool gehou is om te raai wat die inhoud daarvan is. Meneer Bertus Pool wat tegnologie en IGO ­aanbied, se bruin leersak is altyd oor sy skouer of hy nou by skoolaksies, sportbyeenkomste, op die stoep of in die klas is. Volgens hom dra

hy die sak al van sy skooldae af en het hy glo in graad 11 en 12 elke oggend voor skool drie houe daarvoor by meneer Piet Lessing gekry. Die kompetisie het leerders uitgedaag om te sê wat in die sak is. Meneer Pool het gemeen dat niemand ooit reg sal kan raai nie. Hy was verkeerd. Marnus van der Merwe (Velti), ’n ­ graad 11-leerder, was in die kol - en so ook drie ander leerders wat toe in ’n uitkloprondte ­uitgeval het. In Meneer Pool se sak is ’n klippie van

­ trandfontein, ’n klein dorpie aan die Weskus. S Strandfontein is sy gunsteling-plek en hy het die klippie sowat 15 jaar gelede daar opgetel. Meneer Pool hou die klippie altyd by hom om hom te herinner aan dié klein plekkie wat só na aan sy hart lê. Marnus het ’n ete vir twee gewen ter waarde van R200 by Ocean Basket of The Steak House en ’n kontantbedrag van R300, wat deur Niquemar Civil Engineering geborg is. Therese Taylor, ’n graad 8-leerder, het die tweede plek behaal.

Kobus van der Walt

Speletjie trek na­­sionaal aandag Carel Coetzee

Juffrou Vlam (Susan Botha) moes help beoordeel.

Een van die talle kreatiewe koeke.

Foto’s: Nimé Judd

Suikersoet Facebook-oorlog Wickus Zerwick Verjaardagkoek, kreatiwiteit en Facebook-likes. Dié bestanddele het verseker dat die skoolhoof, Meneer Roelof Oosthuizen, se ­ ­verjaardag op 24 Augustus vanjaar suikersoet was - en vir lank onthou sal word. Die nuwe Gimmieraad van 2015 het die hoof verras deur ’n koekversierkompetisie te hou. Elke voogklas het die geleentheid gekry om Meneer Oosthuizen geluk te wens met ’n koek wat deur hulle versier is. Leerders van elke klas het o ­nversierde spons­ ­ koeke ontvang en moes self die ­inisiatief neem om dit op ’n baie kreatiewe en ­oorspronklike wyse te versier. ’n Foto is daarna

van die koek geneem en dis dan op F ­ acebook gelaai met ’n spesiale onderskrif wat as ’n ­verjaarsdagboodskap vir die hoof gedien het. Die koek met die meeste “likes” sou wen. Die kompetisie tussen die verskillende ­voogklasse was verbete en sommer gou het die getal Facebook “likes” gegroei. Die voogklasse was kop aan kop. Nes jy gedink het die een gaan wen, het ’n ander weer vorentoe gebeur. Uiteindelik was dit ’n stryd tussen graad 11 E en 10 B. Die “likes” het op die oog af ­ingestroom en dit was moeilik om ’n wenner te v ­ oorspel. Die kompetisie, wat Vrydag begin het, het op die Sondag geeïndig. Teen die Sondagaand het die graad ­11-klas geseëvier. Die graad 10’s se geesdrif was

egter só groot dat hulle net nie kon gaan lê nie. Hulle “likes” het aanhou toeneem al was die k ­ ompetisie reeds verby. Omdat die graad 11-klas se koek volgens voorskrifte, kreatief en oorspronklik was en die graad 10-klas die meeste gees en deursettingsvermoë gehad het, is daar besluit om die wentitel te deel. Almal was dit eens: Dit was ’n suksesvolle dag. Gimmies het die dag vreeslik geniet en dié wat nie deel van hulle klas se versierspan was nie, kon lekker klaspartytjie gehou het en hulle klasmaats ondersteun het. Nadat die verrigtinge afgehandel is, kon elke klas hul koek self eet terwyl die hoof sy verjaarsdag verder in sy kantoor met ’n lekker stukkie koek en ’n koppie tee gevier het.

Kobus van der Walt, ’n graad 11-leerder, het met ’n rekenaarspeletjie, Montez, vorendag gekom wat in die nasionale uitgawe van die tydskrif NAG verskyn het. Montez se ontwikkeling sal na verwagting teen volgende jaar Maart ­ ­afgehandel wees waarna dit teen R100 per aflaai op die internet beskikbaar sal wees. Die konsep agter die speletjie is dat ’n enkelspeler twee karakters gelyktydig ­ moet beheer. “Daar is een van jou en twee van hulle,” sê Kobus. Volgens hom het daar ’n beweging in die programmeerwêreld ontstaan om nuwe emosies by rekenaarspelers te ontlok. “Tradisioneel het jy emosies soos ­aggressie en geluk gehad. In Montez het ons in ’n ander rigting gegaan van die tradisionele emosies. Enige iemand wat ­ bekend is met die TV-reeks Hannibal sal die emosies wat ervaar word, kan herken.” Kobus sê voornemende rekenaarspele­­ tjie-­programmeerders moet nie bang wees om iets te probeer skep nie, omdat die foute wat dikwels daarmee gepaardgaan, ’n ­uitstekende leerskool is. “Ek maak gereeld klein prototipe-­ spele­tjies oor ’n naweek om te kyk of dit sal werk of nie.” Voorts stel Kobus die webtuiste www.makegamessa.com voor ­ – ’n kuberruimte waar professionele en onprofessionele programmeerders saam ­rekenaarspeletjies bespreek. Kobus rig ook ’n uitnodiging aan belangstellendes om hom te kontak. Behalwe vir ’n moontlike graad in rekenaarwetenskap, doen Kobus volgens ­ hom klaar wat hy na skool graag sou wou doen, naamlik playful media engineering of speletjie-ontwikkeling. “Die speletjie het baie deure oopgemaak en ook baie deure toegemaak. “Ek dink as dit nie vir hierdie ­geleentheid was nie, sou ek steeds onseker gewees het oor wat ek met my lewe sou doen,” het­ ­Kobus gesê.


4

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Slange

Bakgat Opedag lok heelwat slange Werner Esterhuizen

Drie keer ATKV-eindrondte - só ’n bek kort mos jêm Jacques Jacobs Werner Esterhuizen, ’n graad 11-leerling, het vanjaar vir die derde keer sy pad na die eindrondte van die ATKV se landswye ­redenaarskompetisie oopgepraat. Boonop het ses Gimmie-leerders ­deur­gedring na die semi-finaal: Lené ­Prins­loo, Milandré Stafford, Telanie Nieuwenhui­zen, Liza Maree en Carissa Smit. Ná lang ure se oefen en baie ­dinkskrums het Werner deurgedring na die ATKV-kompetesie se eindrondte wat in ­ Rustenburg gehou is. Juffrou Sunélle van Heerden - voog van Gimmies se redenaars – het gesê Werner het ’n uitstekende prestasie behaal. Werner het in die verlede al twee keer na die eindrondte deurgedring. Verlede jaar het hy ’n rusjaar geneem. Sy doelwit vir

­ anjaar was om weer deur te dring. Dit het v hy ­loshande reggekry. Volgens Werner was hy baie verbaas toe hy in kennis gestel is dat hy na die volgende ­ ­ rondte toe deur is. Ná ‘n paar naelbyt-­oomblikke kon ­Werner ­uiteindelik tog selfversekerd voor die beoordelaars en ­ gehoor staan. Alhoewel hy in die onvoorbereide gedeelte baie gespanne ­ was het hy dit steeds goed ­ hanteer. “Die ­kompetisie was ­hierdie jaar regtig baie straf,” het Werner gesê. Werner het al van graad 1 af begin om aan redenaarskompetisies deel te neem en ­daarom glo hy dat hy die vermoë het om onder die eerste drie in die land te eindig. Werner se doelwit vir 2015 is dan ook om dit volgende jaar reg te kry. Hy staan vas by wat hy glo en is oortuig dat hy mense toe oë van sy standpunt kan oortuig.

• Altesaam 152 voornemende graad 7’s het besluit om ­volgende jaar Gimmies te word. Die jaarlikse Opedag het ­verseker dat hulle en hul ouers of voogde kon sien watter ­raakvat-skool Gimmies is. Ilne Prinsloo het met Meneer Koot Booysen, bemarker van Gimmies en die organiseerder van die dag, gesels. 1. Hoeveel kinders het die Opedag ­bygewoon? 171 leerlinge 2. Watter aspek van die dag het gewoonlik die grootste impak op besoekers? Die aanbieding in die skoolsaal. 3. Hoe werk die toere deur die skool? Alle aktiwiteite, vakke ingesluit, het ’n ­uitstalling wat deur personeel opgerig en beman word. Gidse neem dan die besoekers na die onderskeie punte.

Beslis, baie graad 7’s het nie ’n idee wat by Gimmies aangaan nie. Hulle besef ook nie watter great skool ons is nie. 6. Is daar enige interessante/snaakse ­staaltjies wat meneer wil noem rondom die Opedag? Daar word dikwels baie interessante vrae gevra, soos: “Het julle paintball?” of “Is daar enige probleem as my kind in die klas games op sy selfoon wil speel?” 7. Is daar iets spesifiek wat Meneer wil byvoeg?

’n Opedag is ’n spoggeleentheid waarby Baie, baie positief. Die voornemende ouers en almal betrokke is, iemand hou maar net die dinge bymekaar. Elke dag by ’n skool moet graad 8’s sê dat die ander Opedae wat hulle eintlik ’n Opedag in die kleine wees. Dit bygewoon het, glad nie vergelykbaar is nie. bly egter ’n geleentheid waarna elke graad 5. Dink meneer ’n Opedag kan ’n 7 baie uitsien en dit hoort ook so. Gimmies ­voornemende graad 8 se kop swaai? sien uit om die nuwe slange van 2015 te ­Hoekom? verwelkom! 4. Watter terugvoer het die skool gekry?

Top 10-toer beloon harde werk • Uit die oogpunt van ’n ‘nuweling’ Katelynn Snyman Dit was sesuur op ’n wolklose Vrydagoggend en die voëltjies het gefluit toe die Midway-bus voor Brandwag opdaag. Tasse is gepak, laaste drukkies is gegee en kort voor lank was die bus op pad. Eers Clarens toe en dan die Drakensberge. Die pad was lank. Wat ’n avontuur was dit nie, want op ’n bus leer jy nie net nuwe mense ken nie, maar jy leer die mense naby aan jou nóg beter ken. Ná ’n paar stoppe langs die pad het die bus ­uiteindelik in Clarens gestop. En wat ’n ­prentjie was dit nie! Die klein dorpie word omring deur berge en die natuurskoon was asemrowend. Middagete is geëet by die restaurant met die ­ ­windomp en daar is genoeg rondgeloop en gekoop vir ’n l­ eeftyd. Die klein winkeltjies, met die oulikste name soos The Cheeky Mouse, was natuurlik een van die hoogtepunte. En toe is die tog hervat: Drakensberge toe. Die Champagne Castle Adventure Centre het beslis ’n groot eerste indruk gemaak. Die volgende paar

dae was beslis iets om te koester. Lekker kos, die mooiste uitsig en onvergeetlike aktiwiteite. Wat meer wil ’n mens nou hê? Die aktiwiteite het dinge soos King Swing, waar jy van ’n ses meter hoë platform af swaai, Paintball en Scootours ingesluit. Die Scootours was rêrig iets om te beleef en ’n hele paar mense het nie sonder bloukolle daar uitgekom nie. Vir sommige was dit een van die lekkerste aktiwiteite van die toer en ­ vir ander was dit iets om eerder te vergeet, maar natuurlik het die gids ­ selfs die s­ eerste ervarings snaaks gemaak met ­byname soos ’Rooi Ferrari’ en ’Silver ­Surfer’ vir die agterosse. Nog aktiwiteite was Night Hike en ­Ziplining, en dan natuurlik die absailing wat ­defi­nitief die adrenalien laat kook het. Juffrou ­Mizelle Prinsloo en Meneer Sean Hill het bygedra tot die ­ onvergeetlike ervaring. Die toer was beslis ’n ­motivering vir almal.

• Uit die oogpunt van ’n ‘ouderling’ Danielle Badenhorst As ’n mens hoor van ’n ses uur-lange busrit is die reaksie selde iets wat aanleiding gee tot e­kstase en opwinding. Elke top 10-leerder sou egter ­later tydens die toer dankbaar wees vir die e­kstra insette gedurende die jaar. ’n Uitstappie na die ­ ­Drakensberge se Dragon’s Peak, vergesel deur Meneer Sean Hill en Juffrou Mizelle Prinsloo, was ­beslis wat elke leerder nodig gehad het as ­beloning vir ’n jaar van laataande, oplet in die klas en die verruiling van middagsepies vir ’n paar ekstra ­ klasse. Uit die oogpunt van ’n “ouderling” op die toer, was dit voorwaar ’n ekspedisie wat, ­anders as ­wiskunde­somme, vir ewig in die geheue sal bly. Van die saamsing-lirieke wat deur die bus ­weergalm

tot die paintball wat Meneer Hill vir ’n paar uur laat stof uit sy oë vee het, was dit ’n toer soos geen ander nie. Vir ’n top 10 graad 11 is daar beslis niks beter nie as om tot 1:00 in die oggend 30 Seconds te speel, popcorn te eet, p ­ annekoek te bak en natuurlik om met die hulp van square root en wie weet watter ander tegnieke die hoek waarteen jou absail-lyn die rots moet tref, te bepaal nie. ’n Stappie deur die berge, ’n paar Ziplines en ­Scootours en meer ­bloukolle word opgedoen as wat in jare voor die ­lessenaar nie moontlik kon wees nie. Maar, dit is dié merkies wat onthou sal word. Dit sal jou herinner dat jy uit jou gemaksone verwyder is van werk en leer en werk en leer.


5

November 2014 | Jaargang 35 (2)

No fault in our Gimmie stars Juané Beeby This year’s poetry competition revealed the ­writing talent of Gimmie learners. The compulsary competition was ­compiled by Ms Mizelle Prinsloo and ­adjudicated by Ms Madeleine Gerber and Ms Mariëtte van Vuuren. The theme was “The fault in our stars” and the ­requirements varied from grade to grade. The winners in each grade were: Grade 8: Lené Strydom, Katelynn Snyman and Lené Prinsloo. Grade 9: Milandré Stafford, Marlene ­Groenewald, Verona-Lee Truter and Jade Jantjies. Grade 10: René du Plessis, Micaela ­Groenewald and Lana de la Harpe. Grade 11: Louise-Mari Muller, Enge ­Burger and Simoné Cronjé

Poetic licence

Sunrise The sun rises Changing into one of its many disguises I breathe in the fresh morning air I close my eyes to listen to life breathe I look at the clouds underneath me I know that if I should tell someone my secret no-one would believe me I worked so hard to achieve this This was my only wish and hope is my main dish I scoop up a hand full of clouds I play with it in my hands Letting it flow from side to side

As jy Gimmie-bloed in jou are het, is daar net een woord vir die hemoglobien wat jou elke keer na jou asem laat snak ­wanneer jy spogstories oor jou skool lees. Trots. ­Hoewel dit moontlik al ’n afgewaterde term vir sommiges geraak het, bly feite feite. Om ­ enige ander woord te gebruik sou ’n halwe waarheid wees. Dit is dan juis ons doel met elke uitgawe van die Sasima: om te ­verseker dat elke leerder wat die boustene van dié Gimmie-trots vorm, die erkenning kry wat hulle verdien. In ons koerant sal ons nie net poog om ­ kre­ diet te gee aan elke sportsoort van ­ skyfskiet tot rugby nie, maar aan elke ­ kultuuraktiwi­ teit, sosiale aksie, ­tienerlawwigheid en ­prestasie wat die hart van Gimmies vorm. Met hoogtepunte soos onder meer ons ­ matriek­ afskeid, Mnr. en Mej. Gimmie, kunstoere en vele meer, sal dit ­altyd ’n gesukkel bly om genoeg plek te kry “Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees.” Hoe waar is hierdie stelling nie! Om deel van G ­ immies te wees, is werklik ’n fees, ’n voorreg, ’n lewenservaring. Ons is so gewoond daaraan dat ons dit so maklik vergeet of maar net as vanselfsprekend aanvaar. Die lees van hierdie uitgawe is een van die laaste stuiptrekkings van 2014, ’n uitstekende jaar vir ons skool met vele hoogtepunte. Op soveel terreine is Gimmies ­besig om ’n merk te maak, ook die redaksie van die Sasima dra by. Baie dankie! ’n Groot ­dankie aan Juffrou Mizelle Prinsloo, ons waardeer julle ­insette. Baie geluk aan die Sasima wat landswyd ’n sesde plek behaal het in die Beeld-kompetisie. Gimmie-groete

I cup my hands together and blow away the gloomy fantasy I open my eyes and it is no surprise The dark empty room I close my eyes and pull myself away from reality Back into the fantasy Back to my home in the sky The place where I can fly And it’s only me myself and I

Louise-Mari Muller

in ons koerant. Na my mening is dit hierdie feit wat net nogmaals getuig van die talent in ons skool. Met ’n spesiale k ­ oshuisbylae verseker ons dat ons elke faset van ons ­pragskool ten toon stel en dat ons koerant en sy inhoud nuuskierigheid wek by Gimmies oor dié dinge waarmee sommiges dalk nog onbekend is. Met die Sasima probeer ons elke uiteenlopende aspek van ons skool saamvat in ’n eenheid, soos een groot Smartieboks vol gelukkies. Die moontlikhede in ons skool is onbeperk en ek glo dat elke bladsy van ons koerant dié waarheid bevestig. Dit is met woorde, skryfstukke, dade, ondersteuning en die sterkste soort sement – naamlik eenheid waarmee ons skool die fondamente van ons jeugdige geluk neerlê. Die Sasima is bloot die kanaal wat terugvoer gee. Vir my is daar niks mooier en niks wat my hart Gimmie-draaie laat gooi soos om die Sasima se koerantpapier tussen my vingers te vryf nie. Wat ’n voorreg!

Redaksie Redakteur: Danielle Badenhorst Adjunkredakteur: Bedryf – Wickus Zerwick Adjunkredakteur: Inhoud – Melinda Christodoulides Afdeling: Kultuur: · Jacques Jacobs · Juané Beeby · Kathleen Heathcote · Christi Olivier Sport: · Sunique Becker · Jodean Rosin · Lerissa Greyling

· Anchen Bisschoff · Lucia Kotzé Eie Werf: · Carel Coetzee · Ilne Prinsloo · Marguerite Olivier · Cherise Keyser Sosiaal: · Lizandie Faasen · Katelynn Snyman · Annemarie Marais Foto’s: · Suné Steenkamp en Nimé Judd

Briewe • ’n Laaste boodskap van vanjaar se hoofleiers Dit voel soos gister wat ek nog so bang en onseker uit die kar geklim het vir my eerste dag in Gimmies. Nou groet ons. Maar dis nie heeltemal tot siens sê nie, want ­Gimmies sal altyd ’n spesiale plekkie in my hart hê. In Gimmies is ek gereed gemaak vir die wêreld daarbuite. Wat ’n voorreg was dit nie. Dit was ’n ongelooflike jaar. Ek het soveel van myself en die lewe geleer. Daar was so baie krisisbestuur, maar terselfdertyd net soveel hoogtepunte. Dankie aan elke Gimmie, so diep in my hart, onderwysers, Meneer ­Oosthuizen. Jacques, vir jou is daar nie woorde nie! Aan elke nuwe leier van ­Gimmies, elke ander leerder en ons skool, ons trotse Potch-Gimmies, mag God julle pad seën. Ilezé van Rooyen

En so ja! Ons is aan die einde van die jaar, die laaste sweet van skool is besig om by ons af te tap. Daar was soveel afskeidsgeleenthede en elke keer is daar iets nuut wat by ’n mens ­opduik wat die jaar gemaak het. Ek onthou die tye deur die jaar wat ek en ­Ile­zé mekaar die ysterkyk gegee het, daar was tye wat ons net vir mekaar moes kyk en weet alles gaan uitwerk. Gimmies, as daar een ding is wat ek, of ­eintlik ons hele dagbestuur, julle mee wil groet, is dit die feit dat jou verhouding en tyd saam met God die belangrikste deel van jou lewe is. Ek wens ek kon met elke mens in ­Gimmies ’n one-on-one gesprek hê en jou net laat besef hoe bevoorreg ons is. Ons is in ’n skool met ­ geleent­ hede wat min skole het en die ­belangrikste van alles is dat ons wel in ’n skool is. Gimmies, ons moet ons dankbaarheid toon

en elke geleentheid gryp asof dit die laaste een is. Die wêreld is aan ons voete - ons kan voluit leef, daar is niks om voor bang te wees nie. Die grootste les van die jaar? “Alles is okay. Bly net nederig en moenie moed verloor nie!” God sorg altyd. Ja, matriek kan vir jou ’n sinoniem vir iets anders wees of jy kan besluit dat God aan jou sy is. Ons moet saamstaan. Wees bly oor die moeilike tye. Gimmies, dankie vir die beste vyf jaar van my lewe sover. Dit is moeilik om afskeid te neem. Op ’n keer het Jesus vir die mense gesê: Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal ­nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee. (Johannes 8:12) Jacques Adriaanse

Tyd om te groet • Time flies when you’re having fun. Dié sêding som die 2014-skooljaar op. ’n Groep grootoog graad 8’s het op 15 Januarie by P ­ otchefstroom Gimnasium ingestap min ­wetend dat hulle net soos slange wat jaarliks hul velle ­afgooi, gou in ware Gimmies sou ontwikkel. Katelynn Snyman het ’n paar graad 8’s uitgevra oor die jaar. Wat gaan jy die meeste van die matrieks mis? • Amorette Ackerman: ”Hul sense of humour en hulle idees vir nuwe slange wat die graad 8jaar onvergeetlik gemaak het.” • Janke Smal: “Die goeie voorbeeld wat die matrieks gestel het soos die ’Ladies’ wat altyd hande vashou as ons bid en die ’Ooms’ wat die seuns respek geleer het soos om die meisies voor hulle iewers te laat inloop.” • Carla Oelofse: “Die manier waarop die matrieks dinge gedoen het. Hulle het altyd ­alles ingesit en was die hart van die skool.” Wat gaan jy die minste van die matrieks mis? • Douwlene van der Walt: ”Om elke matriek wat jy sien te moet groet en om voor die skool te staan en sing.” • Johan Kruger: “Al die moeite wat ons in die oggende moes doen met die ontgroening.” • Andrew le Roux: “Dat jy vir hulle moes snoepie koop en jou hele pouse daaraan moes spandeer. “ Wat gaan jy altyd van die matrieks onthou? • Chandré Grobler: “Dat hulle alles in goeie gees gedoen het.” • Estelle van Tonder: “Die feit dat hulle elke ­aktiwiteit in God se naam begin het en altyd gebid het voor hulle iets aanpak.” • Ricardo Botha: “Dat hulle baie kinders wat die vorige jaar in graad 7 arrogant was, ­te­ruggebring het aarde toe. “ Waarna sien jy uit in matriek? Anika Smal: “Die eer om in matriek te wees en eintlik die hele idee daarvan.” Robin Green: “Die matriekafskeid en om die belangrikste in die skool te wees, en die bederf wat ek as ’Lady’ in die koshuis gaan kry.” Elzaan Jooste: ”Om die slange in die koshuis te ontgroen.” Boodskappe aan die matrieks: • Wouter de Wet (Tokkies): “Ek is baie trots om hulle as matrieks te kon gehad het en ek dink hulle is die beste groep. Ek gaan hulle baie mis en sal hulle altyd onthou vir hulle wysheid.” • Kara van der Merwe: “Vir al die kere wat die matrieks vir ons gesê het om af te kyk as dinge nie reg is nie of moeilik was, moet hulle onthou om hulle koppe hoog te hou wanneer hulle in die wêreld ingaan en dinge raak moeilik of as hulle sukkel.” • Anchen Bischoff: “Baie dankie vir julle omgee en dat julle soveel moeite gedoen het met alles. Julle het met alles wat julle gedoen het God se naam hoog gehou. Baie dankie vir alles.” • Adriaan Röntgen: “Dankie dat julle matrieks altyd vriendelik was en ons ook gegroet het. Ek dink dit was vir al ons graad 8’s ’n lekker tyd saam met julle en dat julle ’n goeie voorbeeld gestel het.” Hierdie was sowaar ‘n jaar vol herinneringe wat ­gehelp bou en vorm het aan elke matriek, ­sowel as graad 8! Die graad 8’s wens die matrieks net ­voor­spoed en sterkte vir hulle toekoms toe.


6

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Bo: Senior Mnr. en Mej. ­Gimmie: Marné ­Germishuis en Edwin Schoeman. Regs: Junior Mnr. en Mej. Gimmie: Lerato Loate en JD Fourie. Foto’s: Lanique Blignaut

Mnr. en Mej. Gimmie aangewys

Matrieks in ’n ligte luim.

Foto: Marianca van der Merwe

’n Blinkmooi aand om te koester Danielle Badenhorst Dis die aand waarna die meeste matrieks hul hele skoolloopbane uitsien – die ­afskeidsfunksie. Op dié dag is die haarkappers, salonne en spa’s tot oorlopens toe vol – vir ouens en meisies. Vir Gimmies het die droomaand op 3 Oktober 2014 by Feather Hill plaasgevind. Wie kort ’n wens op ’n verskie­tende ster as jou skoolloopbaan so kan eindig? Sasima het aan ’n paar matriekleerlinge gevra hoe hul dié aand beleef het. • Ulrich Boshoff: “Die lekkerste deel van die aand was beslis die aankoms. Om uit die kar te klim en net daardie laaste bietjie aandag op jou te hê. Bietjie van ’n drama queen, ek weet

ek is, maar daar is beslis geen woorde om die aand te beskryf nie. Ek sal die Anaconda-liedjie se ­dansie saam met Emil, Tiny, Theo en al die ­ander nooit vergeet nie.” • Margi Read: “Dit was ’n sprokiesaand om nooit te vergeet nie. ’n Onthou-aand om te koester. ’n Blinkmooi aand. ’n Sterrereikende aand (as daar so woord bestaan). Die lekkerste deel was beslis om Rudolf se gesig te kon sien en hoor ek lyk mooi en om die dag te kon deel met mense wat ek liefhet. Dit was ’n voorreg. Elke deel sal altyd in my kop ingeprent bly.” • Mareli Golden: “Die lekkerste deel was om te dans. Dit was so spesiaal om te weet dat dit die laaste keer is wat ek saam met al die mense herinneringe kan maak en iets so spesiaals kan

deel. Dit was ’n aand wat ek nooit sal vergeet nie, saam met mense wat ek altyd sal onthou. • Sue-Anne Jacobs: “Die beste deel was die dans. Dit was baie jolig. Al die meisies se skoene was so vinnig uit. Die kos was ­lip­lek-lekker en Chamonix, Leoné en Chrismari se “Tommies” in plaas van hakke was vir my vrek ­oorspronklik!” • Killian Ludick: “Die samesyn was baie ­lekker. Om net so saam met jou jaargroep te kan wees, is groot pret. Almal was gelukkig en gesellig. Dit was ’n mooi prentjie om te aanskou en dit was baie beter as wat ek my verbeel het dit gaan wees.” • Anzelle Joubert: “Die lekkerste was die ­instap op die rooi tapyt!”

Annemarie Marais Ons almal wil altyd beter wees. Ons streef ­daarna om te verbeter, te presteer, te v ­ erander. Om beter te wees as wat jy gister was. Dit is wat die tema Under Construction vir Mnr. en Mej. Gimmie geïnspireer het. Ivan Botha en Donnalee Roberts het self al ­ hierdie pad gestap om van hulle die ­selfversekerde mense te maak wat hulle vandag is. Dit is juis hierdie eienskap wat hulle so ­gepas gemaak het om die ­seremoniemeesters vir die aand te wees. Hulle blote ­teenwoordigheid en hulle lawwe sê-goed het ’n ontspanne a­ tmosfeer geskep en die deelnemers was d ­adelik op hulle gemak. Die deelnemers was voorbereid en vol selfvertroue as dit hulle beurt was om op die loopplank te verskyn. Die ­kompetisie was v ­ eral sterk onder die senior meisies en die ­toeskouers was verlig om te weet dat dit nie hulle ­ verantwoordelikheid was om die ­finale besluit te neem nie. Die deelnemers het ­duidelik moeite gedoen met hulle voorkoms en met hulle v ­ oorbereiding op die antwoorde van hulle vrae. ”My vriendinne sê ek is soos ’n coconut: wit binne en bruin buite.” Dié stelling het talle mense aangeraak en gemotiveer om net ­hulself te wees. Dit was ook hierdie stelling wat ­ daartoe gelei het dat daar geen twyfel ­gelaat is ­waarom Lerato Loate die titel as Mej. Gimmie J­unior ­verower het nie. Mnr. Gimmie Junior was JD Fourie wat met sy ­entoesiastiese ­persoonlikheid die harte van sowel die g ­ ehoor as die beoordeelaars gesteel het. Marné ­Germishuis is as Mej. Gimmie Senior aangewys en het met haar sprankelende glimlag talle koppe laat draai. Eddie Schoeman is gekroon as Mnr. Gimmie Senior en ’n paar harte is beslis daardie aand deur hom weggeneem huis toe. Ons almal probeer gewoonlik om onsself aan te pas en te verander na hoe ons dink p ­ erfeksie moet lyk. Gedurende hierdie geleentheid is ’n merkwaardige feit deur elke deelnemer ­versterk: Die tyd het aangebreek om ons idee van perfeksie aan te pas totdat dit by ons pas eerder as wat ons onsself aanpas om by die idee van perfeksie te pas.

‘n’n Sprokiesdinee vir leerders.

Foto: Etienne en Charlotte Photography

Koshuisafsluiting ’n skittergeleentheid Marguerite Olivier en Melinda Christodoulides “Merkwaardig!” Dit was die woord op almal se lippe ná die koshuisdinee wat op ­ 14 Oktober by die Roots-leefstylsentrum gehou is. ’n Buitelugete, ’n idiliese piekniekatmosfeer en Chinese lanterns wat saam met die sterre geskitter het, het daarvan ’n spoggeleentheid gemaak. Dié jaarlikse koshuisdinee is nog al­tyd as ’n ekstra bederf vir die koshuiskinders gesien om hul jaar in die koshuis af te sluit. Die geleentheid se reëlings word aan die graad 11’s oorgelaat en selfs hulle huiwer nie om elke ­koshuisdinee beter te maak as die vorige jaar s’n nie.

Vanjaar was geen uitsondering nie! ’n Rooi tapyt is as’t ware uitgerol. Deel van die pret van koshuisdinee is nie net die lekker kos en kuieraksie tussen die twee b ­ uurkoshuise nie, maar ook die aanloop tot die funksie. Die u ­ itstappies op soek na die regte ­uitrusting om te dra, die hele middag se regmaak en natuurlik die ­ ­ asemrowende foto’s wat altyd ­geneem word. Die aand het begin deur afskeid te neem van die koshuishoofleiers. Margi Read en ­Ulrich Boshoff het by die geleentheid gegroet en oorgegee aan hul opvolgers vir 2015, ­Danielle ­Ba­den­horst en Llewellyn ­Bezuidenhout. ­Daar­na is verskeie pryse uitgedeel . Cachet het onder meer pryse oorhandig aan Telanie Nieuwenhuizen (Junior ­Kultuurdogter),

Zandré Barnard (Senior Kultuurdogter), Jana Steinmann (Junior Sportdogter) en Anisca Louwrens (Senior Sportdogter). Elzaan Jooste, Jomyri Smuts, Marizaan Viviers en ­Esmerelda Oberholzer is aangewys as die top a­ kademiese presteerders in hul onderskeie grade. Die volgende manne van Brandwag het pryse ­ gekry: Nicol Stassen (Brandwag Bul van die Jaar), Jacques Jacobs (Kultuurseun), Keanu van der Merwe (Sportseun en Rugbyspeler van die Jaar), Gerhard Linde (Kleinsportman van die Jaar) en Marco van den Berg (Krieketspeler van die Jaar). Zandré Barnard het die gevoel oor die aand saamgevat: “Dit was die beste ­kos­huisdinee nog!” Hartlike dank aan me. Nadia Malan en haar span graad 11’s wat die aand moontlik g­ emaak ­het.


7

November 2014 | Jaargang 35 (2)

­ oofleiers is reeds verby en daarmee wil h ek graag dankie sê vir die ondersteuning wat Gimmies ons gegee het in alles wat ons ­aangepak het. Die gees in Gimmies is ­ongelooflik en ons is bevoorreg om deel te wees van so ’n wonderlike skool. Matrieks van volgende jaar, ek daag julle uit: Wees die voorbeeld vir die skool in alles wat julle doen, druk julle eie unieke stempel af op Gimnasium - op so ’n manier dat ­almal julle in ’n positiewe lig sal onthou vir dit wat julle was en bereik het. Volgende jaar is uiteindelik ons jaar.

• Carel Coetzee Hallo Gimmies,

Melinda Christodoulides en Carel Coetzee.

’n Blik op 2015 • Melinda Christodoulides In graad 8 reeds begin elke leerder om die dae af te tel na jou eerste dag in matriek, jou eerste dag in jou grys pull-over. Elke jaar bring jou bietjie nader aan daardie alpha-leerder status van die skool en ons - die graad 8-groep van 2011 - se wag is verby. Ons kan met trots na onsself verwys as die matrieks van 2015. 2014 was ’n uiters suksesvolle jaar en die leerlingraad en matriekgroep het reusespore

gelaat vir ons om te volg - en te vul. Aan ­Ile­zé, Jacques en hul Gimmieraad wil ek graag dankie sê vir hul nalatenskap en ­voorbeeld. Die jaar 2015 lê vir ons as ’n uitdaging voor. Dis ons laaste kans om ons unieke stempel op Gimmies af te druk. Ons beoog om die nuwe slange só te vestig en te verwelkom in ­Gimmies dat hulle dieselfde trots en liefde vir die skool ervaar as wat ons as ­matriekgroep vir Gimmies het. Die eerste rukkie van ons termyn as

Werner Esterhuizen, Eduan Appel en Charlotta Loggenberg p ­ robeer skoon kom.

Ek hoop en vertrou dat dit goed gegaan het met die eksamen en dat elkeen behóórlik ­opgewonde is oor die vakansie. Dankie vir ’n jaar vol goeie gees en pret. As ek ­terugdink aan al die lekker tye en hoogtepunte ­gedurende die jaar, sien ek daarna uit om volgende jaar met net soveel geesdrif aan te pak. Aan vanjaar se matrieks: Dankie vir die groot bydrae wat julle tot die skool gemaak het en sterkte met julle toekoms. Ek hoop julle het net goeie herinneringe van Gimmies. Alle voornemende Gimmie-slange wat hier­die lees: Ek hoop julle is net so ­opgewonde oor volgende jaar soos ons. Ek weet sommer die Gimmies sal julle vinnig laat tuis voel in julle nuwe skool. Laastens aan al die Gimmies wat ek weer volgende jaar op die stoepe gaan raakloop: Rus goed uit, want julle entoesiasme en gees gaan 2015 ’n besige jaar maak en beslis een om te onthou.

Modderspeletjies by Raaswater.

Waterkaskenades vir leiers • Kampvuurkuiers, moddergevegte en ’n emosionele inhuldigingsgeleentheid. Só sal lede van die Gimmieraad en die koshuisraad vir 2014/2015 hul uittog na die Raaswater-kampterrein in die Vredefortkoepel net buite Potchefstroom onthou. Lizandie Faasen Kampvuurkuiers, moddergevegte en ’n ­emosionele inhuldigingsgeleentheid. Só sal lede van die Gimmieraad en die ­kos­huisraad vir 2014/2015 hul uittog na die Raaswater-kampterrein in die Vredefortkoepel net buite Potchefstroom onthou. Hulle het op Vrydag, 7 September, op hul ­uitstappie vertrek. Volgens ’n Gimmieraadslid, Werner Esterhuizen, was daar alles by R ­ ­aaswater behalwe ­ water! Hierdie sogenaamde ­’waterkrisis’ het almal éérs aan die raas ­gehad nadat al die Gimmies soos kinders mekaar met modder gegooi het. Dis daar waar die ­plaasjapies van die stadsjapies geskei is: Vir die plaasjapies was ’n handvol (gesteelde) ­“shampoo” en ’n brandweerslang meer as ­genoeg om hulle weer soos ’mens’ te laat lyk, maar dit was nie die geval met die stadsjapies nie. Die geluid van tande wat op mekaar ­klapper van koue na die skoonmaakproses, met slegs drie druppels yskoue water, het later die aand verander in bombastiese tieners wat liedjies uit elke era gil. Nie eers die werklike

“­ Noot-vir-Noot” episodes is só opwindend nie. Daardie aand was al Gimmies se ­raadslede pootuit, want Celeste en die ander ­fasiliteer­ders, het gesorg dat hulle die leerders goed besig hou. Nadat hulle by die ­kampterrein a­ angekom het en skaars nesgeskrop het, is hulle sommer onmiddellik in drie groepe ingedeel sodat daar weggeval kon word met die dag se aktiwiteite. Die een groep moes al hulle moed ­byme­kaarskraap vir ’n yslike hoë foefie-slide en die ander span moes hulle s­ panbouvermoë opspoor vir ’n uitdagende h ­indernisbaan. Die laaste groep het heerlik met die ­Vaalrivierstroom op binnebande afgedryf. Die volgende oggend het elke groep roteer totdat hulle elke aktiweit voltooi het. Na middagete het die res van Raaswater se program vir die Gimmies voorgelê. Dit het ’n Paintball-geveg, ’n vlotbou-aktiwiteit, s­owel as ’n balanserings-hindernisbaan so 20 meter van die grond af, behels. By die ­Paintball het Casper Dreyer probeer kyk hoeveel meisies se binnebene hy potblou kan skiet, by die ­vlotbou het groep een nes regte ­Voortrekkers (te danke aan Christoff Muller) geleer van

toue knoop. Hierdie is net ’n paar van die skreeusnaakse i­ nsidente wat gedurende hierdie ­groepsaktiwiteite gebeur het. Die laaste aand van die kamp is goed ­afge­sluit met ’n gesellige kuier om die kampvuur en klipharde musiek om jou skoene van jou voete af te sokkie. Teen vroegoggend het die meeste gaan inkruip om te verhoed dat hulle oë nie toeval terwyl hulle ouers hulle balkies die volgende oggend by die inhuldiging aansteek nie. Selfs die braafstes het sommer langs die kampvuur op matrasse omgekap! Die volgende oggend was omtrent ’n gespook en ’n gespartel sodat elkeen sy g ­ ekreukelde skoolklere kon opspoor en die meisies hulle hare kan vasmaak sonder dat enigeen die ­modder op hulle kopvelle gewaar. Ten spyte van lywe vol bloukolle en spatsels modder, was die inhuldiging ’n spoggeleentheid vol emosie. Die Gimmieraad- en koshuisraadslede ­bedank elke onderwyser en ouer wat die kamp moontlik gemaak het. Volgens Juffrou ­Triena Mulder is sy dankbaar dat sy ­gedurende haar laaste jaar in Gimmies saam met ­hierdie groep kinders kan werk. Hierdie is beslis ’n groep leiers wat dopgehou moet word.

Llewellyn Bezuidenhout, hoofseun van Brandwag, en Danielle Badenhorst, hoofdogter van Cachet.

Cachet-­ hoofmeisie vol nuwe idees Melinda Christodoulides Danielle Badenhorst was geskok om Cachet se hoofmeisie te word. Sy het vanjaar eers in Gimmies se meisieskoshuis ingetrek hoewel sy al sedert 2011 in die skool is. Sy is egter vol geesdrif en planne vir die jaar wat voorlê, maar sy besef ook dat saam met die balkie en gelukwensings harde werk voorlê. Volgens Danielle het haar titel haar reeds as persoon positief beïnvloed: “Ek het meer begin staatmaak op ander mense en het meer besef dat ’n mens nie alles self kan doen nie en saam in ’n span moet werk. As persoon het ek geleer om minder te stres (hoe ironies), want ek het besef dit bring jou nêrens nie en maak alles eintlik net moeiliker.” Nadat die opgewondenheid van die ­aankondiging getaan het, verduidelik Danielle het sy nuwe trots vir Cachet gekry het en alles vir Cachet wil doen. “As dinge goedgaan in Cachet, is daar steeds hierdie selfde opgewondenheid in my as ­daardie dag toe ek aangewys is.” In die koshuis werk die verkiesing van ­kos­huisraad en hoofleiers anders as by die skool. In Brandwag, sowel as Cachet, word daar van die kinders vereis om te staan vir ­koshuisraad voordat daar vir hulle mag gestem word. Dié proses word ’n koshuissweet g ­ enoem. “Party mense kom nie regtig soveel in ­aanraking met almal soos wat hulle graag wil nie en swete is ’n geleentheid om mense bewus te maak van ander en wat hy/sy vir die koshuis kan bied.” Danielle het in hierdie proses vir twee portefeuljes ­ gestaan: Infrastruktuur en ­Dissipline sowel as Sosiaal. “Ek glo in balans. Ek glo jy kan steeds ’n great sosiale aksie hou, solank jy dit net afrond met die regte dissipline. Dit is waarvoor ek staan.” Wanneer sy gevra word watter deel van ­Cachet-inwoner wees sy die meeste van hou, is sy vinnig om te antwoord: “Die trots wat jy voel vir jou koshuis. Ek is nog nie lank in die kos­huis nie, maar jy raak so naby en geheg aan mense, en natuurlik is daar poedingdag op Woensdae.” Haar mede-koshuisraad weet sy is nie ­altyd bewus van al die Cachet-tradisies nie en ­ondersteun haar. In haar termyn wil sy nie net fokus op die reeds gevestigde tradisies nie, maar dalk ook nuwe koshuistradisies (in samewerking met haar koshuis) skep. Tanja Bevan, o ­ nderhoofmeisie van Cachet, beskryf haar as volg: “Da­nielle bring ’n bietjie nuwe lewe, nuwe idees en nuwe gees in die koshuis in. Sy is altyd daar met ’n helpende hand en niks is vir haar te veel moeite nie. Dit is vir my werklik ’n voorreg om saam met haar te kan werk.”


8

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Groot opwinding in Swede

Boekresensie

Cherise Keyser

Divergent Juanè Beeby Divergent, geskryf deur Veronica Roth, vertel die verhaal van die sestienjarige Beatrice, wat haar eie identiteit probeer vind. In Beatrice se wêreld word mense volgens hulle persoonlikheid en deugde in vyf verskillende faksies gedeel. Elke jaar moet elke sestienjarige ’n ­aanlegtoets doen om uit te vind in watter faksie hulle die beste sal pas. Op ’n spesiale ­seremonie moet Beatrice kies om by haar familie te bly of om hulle agter te laat en te wees wie sy regtig is. Haar keuse ­verras almal en dit lei na ’n hoogs ­kompeterende inburgersproses waarin sy na ’Tris’ ­ge­transformeer word. Maar Tris het ook ’n geheim, iets wat sy te alle tye van almal moet wegsteek. As haar geheim uitkom, kan dit haar einde beteken ... Divergent is ’n boeiende verhaal vol ­opwindende besluite, ­hartverskeurende verraad, merkwaardige gevolge en ook onverwagte romanse. Ek kan dit ­aanbe­veel vir elkeen wat op soek is na goeie, opwindende leesstof. Hierdie boek verdien `n stewige 7 uit 10.

Nicola Kotzé en Benné Vosser.

Sangers maak hul stemme dik by Wêreldkoorspele Kathleen Heathcote ’n Handjievoel Gimmies het vroeër vanjaar as deel van die Nasionale Koorakademie hul stemme in die Wêreldkoorspele laat hoor. Die Nasionale Koorakademie het in Julie met groot opgewondenheid na die ­Werêldkoorspele vertrek. Dié koor was een van 25 Suid-Afrikaanse kore wat die land in Latvia, Riga, gaan ­verteenwoordig het. Jacques Adriaanse (koorleier), Andrimé van der Walt, Benné Vosser, Kobus ­Viljoen, Nicola Kotzé, Danél de Jager en Iréne ­Liebenberg is die Gimmies wat in h ­ ierdie koor opgeneem is, saam met vele meer ­regoor Noordwes. Suid-Afrika was ook die grootste groep met die meeste kore wat ­deelgeneem het. ʼn Paar hoogtepunte vir die groep was toe hulle in Turkye saam met Istanbul se

­niversiteit opgetree het. Hulle het later u in Rusland weer saam met die Puk-koor ­opgetree. In Latvia het hulle aan die parade ­deelgeneem wat deur die dorp gestap het. Met die afsluitingseremonie het dié koor weer deelgeneem, waartydens ʼn lid van die koor gekies is om aan ’n solo-optrede van die lied Shosholoza voor ʼn gehoor van sowat 2 000 mense op te tree. Tydens die kompetisie het die groep vir die “Choral pop”-afdeling ʼn Vlak 9 ­sil­werdiploma verower en in dié k ­ ategorie derde ­geëindig. Vir die “Folk Lore” ­(Afrika-musiek) het hulle ook ʼn goue diploma verower. Op 22 Julie, na ’n baie opwindende en u ­ itputtende paar weke, het dié groep, met trots in hulle harte teruggekeer na Suid-Afrika. Ons as Gimmies is werklik baie trots op diegene wat Gimmies en Suid- Afrika se naam hoog gehou het tydens dié geleent­heid.

Die toeriste het die Collosseum in Rome besoek en Juffrou Connie Pretorius (regs).

Elke jaar word daar ’n geleentheid aan die graad 10-leerders van Potchefstroom ­Gimnasium gegee om vir ongeveer twee weke as ­uitruilstudente na Swede te reis. Keuring vind deur middel van individuele onderhoude plaas. Leerders wat belangstel ­ moet dus ’n C ­ urriculum Vitae opstel en instuur. Op grond van die onderhoude word die beste kandidate genomineer. Die finale ­keuring bestaan uit agt leerlinge in totaal wat ses dogters en twee seuns insluit. Potchefstroom Gimnasium se kieslys van 2014 het bestaan uit die volgende l­eerlinge wat in Oktober die skool in Swede ­verteenwoordig het: Lerissa Greyling, René du Plessis, ­Christelle Viljoen, Gina Richards, Theo Jooste, en GP van der Merwe. Twee van ­Gimmies se ­onderwysers, Juffroue Lorraine van der Westhuizen en Alta van Heerden het die ­ ­leerders na Swede v ­ ergesel. Die reis na Swede het by die O.R. ­Tambo-lughawe begin. Na ’n vinnige stop in Dubai is hulle reguit na Kopenhagen waar hulle verskeie toerisme-atraksies na aan Swede besoek het. Op pad terug het hul die ­voorreg ­gehad om ook ’n draai in ­Berlyn, Duitsland, te maak. Hierdie leerlinge het hul gate uit geniet en soveel geleer. Hulle het tradisionele geregte, die Sweedse kultuur en besienswaardighede ­beleef. Sommige Sweedse woorde soos ­shitbulla, wat frikkadelle beteken, het maar vreemd op Gimmie-ore geval. Die agt Gimmie-leerders wat deel is van die projek, is opgewonde oor die besoek van hul Sweedse vriende aan Potchefstroom volgende jaar in Februarie. Hulle hoop om tydens hulle Sweedse vriende se besoek aan Suid-Afrika, vir hulle dieselfde geleenthede te gee om nuwe dinge te leer en ervaar as wat hulle in Swede beleef het. Elke graad 10-leerder het die geleentheid om die skool te verteenwoordig asook om die wêreld daarbuite uit ’n ander oogpunt te kan sien en sal dus poog om elke geleentheid daarvoor aan te gryp.

Foto’s: Denise Mool-

Kunstoer in Europa ’n avontuur duisend • Roomys in Florence, gondelritte in Venesië en die liggies van Parys... Melinda Christodoulides Europa is weer eens vanjaar ontdek deur ­leerders van Potchefstroom Gimnasium, sowel as vier leerlinge van Hoërskool Middelburg in Mpumalanga. Hulle het in Julie op die jaarlikse kunstoer vertrek. Dié toer gee leerders die geleentheid om wêreldberoemde toeriste-attraksies te besoek saam met hul vriende en medeskoliere. Dit vind

in twee weke tydens die ­wintersskoolvakansie plaas wanneer die somerson oor Europa skyn. Elke dag se program hou die kinders heeldag op hulle voete soos wat hulle Europa verken. Die besige skedule ontneem nie die skoliere van pret nie, soos wat foto’s op Facebook g ­ etuig. Juffrou Connie Pretorius is vir die laaste paar jaar die organiseerder van die toer. Sy weet al presies hoe om die toer besonders te maak vir elke l­eer­ der wat saamgaan. Die kultuur, geskiedenis en ­ ­ persoonlikheid van elke stad

is besonders, juis omdat dit plekke is waarvan ­elkeen nog net ­gelees het. Die toer sluit in daguitstappies in Rome, ’n besoek aan Juliet se balkon in Verona, München Duitse weer en aksente, Parys se sjarme, ­winkels en die Eiffeltoring. Elke stad het vir die leerders ’n eie b ­ ekoring gehad. Vicko Venter vertel dat een van sy ­gunsteling ervarings was om na die smalste straat in ­Venesië te soek, asook ’n fietstoer in ­Amsterdam waar die fietse name gehad het

soos The Boogy Man en Slimer. Hoogtepunte vir Han-Mari Nel het g ­ ewissel van die outydse strate in Rome, om op die Spaanse Trappe in die aand te kon dans, ’n gondelrit in Venesië en die Champs-Elysées van Parys. “Die verlowing wat ons onder die ­Eiffeltoring kon sien, was ook besonders…” het sy gesê. In die woorde van Daniela ­Cronjé: “As jy daarvan hou om op roomys, pizza en min slaap te lewe, dan is die kunstoer uit en uit die moeite werd.”


9

November 2014 | Jaargang 35 (2)

Musiekblyspel verenig skool • Dis chaos backstage, almal hardloop rond om hulle hare en grimering reg te maak. Dis tyd vir my groep se item. Die ­verhoog is donker. Ons is op die verhoog, die ligte gaan aan en die musiek begin speel. Dit is nou my tyd om te skitter! Christi Olivier Dit is sulke gedagtes wat deur die kop flits van ’n deelnemer aan die musiekblyspel, maar dit is die grootste vreugde om al hul harde werk van die jaar aanmekaar te sit en die gehoor te vermaak. Die musiekblyspel Le Muséu, wat in ­Augustus op die planke gebring is, het die skool verenig. Juffrou Loretté du Toit, regisseur van die show, het gesê dit behels “pret, kreatiwiteit en ‘n ­gesamentlike poging van almal involved.” Dit het gees gebou. Almal het mekaar onder­steun. Dus het die musiekblyspel meer waarde as wat ons besef. In ’n onderhoud met ons vorige hoofseun,

Jacques Adriaanse, wat ook die hoofrol vertolk het, het hy gesê dat die musiekblyspel vir hom net amazing was. Die items wat hy die meeste geniet het was “Well, Did You so Evah?” of beter bekend as “Swell Party” en die W3. Hy vertel hy en die W3-ouens het die laaste ruk close geword het. “Die laaste twee weke het ons soos broers geword. Toe dít gebeur het ons klank ook verbeter,” vertel Jacques. Die musical is nie net iets wat elke tweede jaar moet gebeur vir twee aande nie. Dit is party mense se vreugde. Dit is die bietjie tyd wat sommige kry om die talente waarmee hulle geseënd is te gebruik en vir die wêreld te wys wat hulle kan doen.

Toneelstuk, akteurs onder bestes in die land Christi Olivier Gimmies se toneelstuk Verspeelde Tyd is ­vanjaar onder die top 10 uit 185 ­toneelstukke in die land. Die toneelstuk is tydens die ­Aardklop-kunstefees opgevoer en daarin word absurde teater met ’n historiese oorsig oor ­verspeelde momente verweef. Meneer Pieter du Plessis, ’n Afrikaans ­onderwyser aan Laerskool Mooirivier, het gesê dat die toneelstuk briljant was. Hy het die wyse geniet waarop die skrywer die gebeurtenisse van die verlede op ’n snaakse manier toegepas het. Die laagtepunt volgens Meneer Du Plessis was toe die toneel geëindig het. “Ek het dit so ­geniet, ek wou nie hê dit moes ophou nie.” Jacques Adriaanse en Charlize Barnard (Gimmies se eie Charlize Theron) is benoem as beste akteur en aktrise. Jacques het vertel dat dit vir hom gevoel het asof sy karakter so pas gebore is en nie die samelewing verstaan nie. Hy kon saam met sy

karakter meer leer van die wêreld. Dit was vir hom en Charlize ’n uitdaging om in elkeen van die verskillende karakters se rolle in te klim. Charlize stem saam: “Daar was min of meer sewe verskillende karakters wat ek moes ­ver­tolk,” sê sy. “Jy kan nie weer dieselfde karakter as voorheen gebruik nie. Kom ons ­ sê ek is nou die skaap, dan kan ek nie weer ­daardie karakter of stem gebruik nie. So, my stemtoon moes elke keer verander het.” Nadat Jacques vir vier jaar in hoofrolle was, is hy hierdie jaar bekroon as een van die top akteurs in die land. Volgens Juffrou Heilet Zaaiman, koördineerder van toneel, is hy as ’n “briljante, inspirerende akteur” wat sy ­mede-akteurs laat groei in hulle rolle. Volgens haar was dit ’n reuse-eer om aan Aardklop te kon deelneem. Dr. PA Viviers, ’n dosent aan die Noordwes-Universiteit, se ander stuk Droom ­ met Jacques en Janus Kruger in die hoofrolle, is as die beste nuutgeskrewe teks aangewys.

Jacques Adriaanse en Charlize Barnard in aksie in die toneel Verspeelde Tyd.

Vlekvry floreer Danielle Badenhorst Dit was ’n lewendige jaar vir Vlekvry. Die tema was: “Die liefde van God.” Vlekvry skep geleenthede vir leerders om geestelik te groei en tydens pouses op Woensdae was daar byeenkomste waar baie ­ ­interessante sprekers opgetree het. Die leerlinge wat die byeenkomste b ­ ygewoon het, het hierdie jaar gegroei en soms was daar tot 200 Gimmies. Video’s van Gretha Wiid en ook van Pieter Badenhorst wat oor ­vergifnis handel, is gewys. Temas het gewissel van identiteit tot evolusie uit ’n Bybelse perspektief. One Crown het tydens die Hartklopweek Mila Henning (van links), Anchen ­Bischoff, Kara van der Merwe, Christi ­Olivier, Sunelle van Staden en Lia Wissing by die ­deurnagaksie. Foto: Elri Prinsloo.

­pgetree en daar is ’n deurnagaksie in die o derde kwartaal gehou. Almal het wors gebraai, getuienisse gedeel, gebid en daar was praise en worship. In kwartaal vier het Sharun en haar span ’n aand kom gesels oor jou identiteit wat in God gewortel is. Dit was uiters suksesvol. Daar het 120 leerders opgedaag ten spyte van ’n konsert, atletiek, krieket en eksamenvoorbereidings. Daar was geleentheid vir gebed en Gimmies kon stil word by God. Daar is ook ’n Vlekvry-leierskamp gehou op 24 en 25 November wat hanteer is deur die jeug­ ­ leiers wat die Hartklopweek ­ aangebied het. 26 leerders het dit meegemaak saam met Juffroue ­Mizelle Pinsloo, Gerlize de Klerk en ­Meneer Sean Hill. Almal is welkom om ­volgende jaar saam met ons te kom kuier op ­Woensdae. Alle eer aan God en mag Hy in 2015 nog meer kinders se harte aanraak en mag jou ­verhou­ding met Hom aanhou groei.


10

Sasima - Potchefstroom Gimnasium

Wilbert Viljoen in aksie.

Brendan van Eeden, Kirsten Pieters, Lehan Janse van Vuuren, Corné Behrens en Ryan Conradie.

Wielbrigade trap dat die stof so staan Anchen Bisschoff “Man-up Brendan!” is wat deur Brendan van Eeden, graad 8, se kop draai wanneer hy bergfiets ry. Hoewel bergfietsry propvol voordele is, is daar ’n paar reëls wat nagekom moet word: Jy mag nie sonder ’n stormhoed (dis nou ’n helmet) ry nie, enige kamera moet stewig op die stuurstang gehou word, nie op jou lyf nie, en jou oorfone mag nie in jou ore wees nie. Die span van Gimmies bestaan uit sowat 22 lede wat individueel deelneem. Dié ryers kom vier keer per week bymekaar om voor te berei vir die wedrenne. ­Alhoewel hulle die sport ­ ern­ stig opneem, is daar baie tyd vir ­saamkuier, spangees en ’n helpende hand om elkeen se ­tegniek te verbeter. Moenie jou waterbottel vergeet as jy ry nie, die groot dors mag jou dalk vang. Wanneer jy

­ efen kan jy ­gereedskap saamvat om probleme langs die o pad reg te maak, maar los dit liewer by die huis as jy aan ’n wedren gaan ­deelneem, dit maak jou fiets onnodig swaar. Van die kompetisies het die volgende ingesluit: Tour de Mielie: 2 Augustus, Klerksdorp, Doringkruin; Tour de Bos: 30 Augustus, Brits, Die Wagpos Hoërskool Afloswedren vir ses ure, 6 September - Gimmies het drie spanne van vier ryers gehad en een duetspan; Tour de Boom: 13 September, Rustenburg. Die ryers het puik presteer en die spankoördineerders, Mevv. Anri Greeff en Miemie Kruger, kan baie trots wees. Die spanleier, Wilbert Viljoen, se hart klop warm vir sy span. So, as jy nie bang is vir ’n paar uitdagende ure van ­stilsit, trap en sweet nie, is bergfietsry die regte sport vir jou!

’n Gedetermineerde Ryan Conradie wat vanjaar die Anatomic-reeks in Parys (Vrystaat) en die SA-skole gewen het. Foto’s: Brenda van Eeden

Skut die top-presteerder in SA Lerissa Greyling Van skyfskiet kan ’n mens Ané Aucamp min leer. Dié graad 10-leerder is in Oktober by die SA Kampioenskap aangewys as die algehele wenner in haar ouderdomsgroep. Dit was die hoogtepunt van ’n blink ­skyfskietjaar vir Ané – ’n sport wat sy onlangs eers ontdek het. In Maart 2014 is sy as een van 55 skuts landwyd gekies om deel te neem aan die Britse Junior Internasionale toernooi was in Bloemfontein plaasgevind het. Tydens dié ­ ­kompetisie is sy as een van die top 15 skuts aangewys. Sy was die enigste deelnemer in haar ouderdomsgroep wat só uitgesonder is. In Augustus 2014 het sy en haar span na Londen getoer om aan die Britse Junior Internasionale kampioenskap deel te neem ­ waar sy en twee van haar spanmaats elk ’n goue- en bronsmedalje verower het. Ané sê sy het haar talent vir skyfskiet in graad 8 ontdek en dit het sedertdien een van haar grootste passies geword. Sy is in 2012, die jaar wat sy begin skiet het, reeds gekies om aan die SA Kampioenskap deel te neem. Sy is ook in 2013 vir die SA Kampioenskap gekies. Met leerders soos Aucamp is dit geen w ­ onder

’n Tennis leeuloop Jodean Rosin

Ané Aucamp

nie dat Gimmies as die skool met die ­hoogste skyfskietprestasies in Noordwes provinsie aangewys is nie.

Skyfskiet is ’n sport vir seuns en dogters waarin albei geslagte gemeng teen mekaar kompeteer.

“Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil, solank jy net leeuloop.” Nee, Gimmies se ­tennisspelers het net met tennisballe die leeus van tennis aangevat op 27 tot 30 Augustus in Menlopark, Pretoria. Skole soos Waterkloof, Menlopark en Zwartkop het met Gimmies se tennisspelers rakette gekruis. Sparky Pretorius, een van Gimmies se tennisspelers, het die spelers het in Menlopark by die gesinne van hul opponente tuisgegaan. Sparky het gesê dit was pret. Die tennisspelers het ook gaan ysskaats by die Grove-sentrum waar een van Gimmies se spelers, Jaydee Fourie, geval het en moontlik ­harsingskudding opgedoen het. Sy besering was só ernstig dat hy nie verder aan die toernooi kon deelneem nie. Die Gimmie-meisies het vyfde en die seuns agste geëindig ná ’n teleurstellende verloor in die laaste dubbel. Joné Kruger, nog ´n speler, som dié ervaring op: “’n Intense belewenis, mededingend, maar tog groot pret.”


11

November 2014 | Jaargang 35 (2)

Vivier gekies om in Dubai te speel • Arthur Vivier is nie net ’n gewone matrikulant nie, maar ’n ­rolmodel. Dié Senior Sportseun van die Jaar se talent op die ­rugbyveld het hom ’n plek besorg in die Suid-Afrikaanse ­uitnodigingspan wat van 1 tot 8 Desember in Dubai gaan speel. Hy is deur Coach Hansie van Niekerk saam met 12 ander seuns gekies om aan die toernooi te gaan deelneem. Lucia Kotzé het vir Arthur ’n paar vrae gevra. Hoe het dit gevoel toe jy gekies is vir die toernooi in Dubai? Ek het aan die begin van die jaar planne gehad vir my rugbyloopbaan vir 2014. Dit gebeur toe dat ek kruisligamente in my regterknie skeur. Ek het gehoor ek moes uitsit vir ’n volle ses tot nege maande. Dit het my regtig negatief ­gemaak veral omdat ek soveel planne gehad het. Toe ek tot die besef kom dat ek soveel planne kan maak soos wat ek wil, maar dat die Here ander planne vir my het, het ek daarby berus. Die aand toe ek die oproep kry, besef ek dit was die Here se plan om my te spaar

deur die jaar om aan hierdie toernooi te gaan ­deelneem en ander mense daar van die Here te gaan vertel. Wat is die eerste ding wat jy in jou tas gaan pak en hoekom? Definitief my Bybel, want sonder die Here is ek niks nie. Wie is jou held en hoekom? Hansie Cronjé is my held, omdat hy die ­gevolge gedra het van die foute wat hy gemaak het. As ek ’n fout op die sportveld maak, maak ek dit reg deur die gevolge daarvan te dra.

Dominique Saayman.

Gimnas onder bestes in SA Lerissa Greyling ’n Gimmie-gimnas het onlangs ’n algehele derde plek behaal by die SA Kampioenskappe in dié sportsoort. Dominique Saayman, graad 10, het tydens die Oktober-vakansie aan die nasionale gimnasiekkampioenskap in Kaapstad deelgeneem. Sy

het twee silwer- en een bronsmedalje ­vero­wer en só ’n algehele derde plek behaal. Sy is ’n vlak 9-gimnas. Haar liefde vir gimnastiek het ontwikkel ná ’n danskonsert waarheen haar ma haar geneem het. Ná die konsert het sy ­begin rondtrippel en toertjies met haar lyf begin ­uitvoer. Haar ouers het haar talent raakgesien en haar aangemoedig om met die sport te b ­ egin.

Jacques Jacobs (gr.11) en M ­ ardi ­Prinsloo (gr.11) slaan asems weg.

Dansers klim die suksesleer Wickus Zerwick Van Suid-Afrikaanse kleure tot internasionale televisie. Só het Gimmies se dansers vanjaar vir niks teruggestaan nie. Jacques Jacobs, Mardi Prinsloo, Janye ­Huisamen en hulle dansgroep, Big Base Dance Crew, het veral hul merk gemaak. Die bekende miljarder-familie die Guptas het vanjaar die groep raakgesien en hulle gena­der om teen betaling by verskillende funksies te dans. Hulle was onder meer die gaskunstenaars tydens die eerste South African of the Year Awards, wat regstreeks op internasionale ­televisie ­uitgesaai is.

Volgens Mardi was dit die beste geleentheid ooit . Jacques sê dit beteken baie vir die groep. “Dit maak ons uiteindelik professioneel,” het hy gesê. Dié drie dansers het ook vanjaar hul ­Suid-Afrikaanse kleure verwerf nadat hulle deelgeneem het aan die South African ­Dancestar Championships. Jacques het ­SA-kleure verwerf vir al drie sy solo’s, vir een duet en een groep. Mardi het vir haar solo en groep SA-kleure ­verwerf en Janye vir haar groep. Die drie dansers word deur Yvonne van ­Deventer, wat volgens Janye die beste in die land is, afgerig en sal volgende jaar die land in Kroa­sië verteenwoordig.

Netbalgedig vir eerstespan “Ons eie sprinkaan Anisca Louwrens, net soos haar drome gryp sy elke bal vas. Euney, jy is ons glue, lewe van die partytjie veral in die wiskundeklas. Klein botteltjie, groot gif, maak nie saak hoe klein, Ilezé van Rooyen, is tog die beste kaptein. Tussen die geklets en geskerts, is Rieta van Deventer ons seekat-mens, elke ­netbalspeler se grootste wens. She never gives up, she never gives in, Anné Naudé ons all-rounder. Back off, we found her. Lucia Kotzé, jy is ons sugar & spice, everything nice, met jou in ons span... jy is die secret device.

Hulle sal altyd die ekstra myl loop vir ons span, Lerika Mouton en Margi Read, ons ondersteuners, met julle in ons harte weet ons ons kan. Sy gee ons nuwe krag as gevolg van haar lag. Danica Kirsten onderskepper wanneer niemand dit verwag. Sy is ons believer, tog so eager Tanya, ons eie people-pleaser. Met haar ysterlonge, is sy insane as dit kom by train. Juffrou Sharon is nooit bang, daarom is sy forever young!” Deur Tanya van Deventer en Danica Kirsten


l a b ­ t Ne e d e e is tw A! in S

Singapoer, hier kom ons netbalsterre! Die O/15-netbalspan van Juffrou Marianne Ray is die naasbeste in Suid-Afrika vanjaar en is uitgenooi om aan die Youth International Netball Championships in Singapoer deel te neem. Hulle het op 27 November ­vertrek en kom op 10 Desember terug. Hulle het R300 000 bymekaargemaak in ongeveer drie maande deur jagpakkette te verkoop, borge te kry, roosbome te verkoop en ‘n ontbyt te reël waar Elize Kotzé die spreker was.

Killian Ludick, kaptein van Gimmies se eerstespan en die Noordwes O/19-span.

Gimmies ondersteun die eerstespan hokkieseuns.

Hokkieseuns kraai vanjaar behóórlik koning Sunique Becker Gimmies se seunshokkiespanne gaan van krag tot krag. Die O/16A-seunshokkiespan is ­verlede jaar as die wenners aangewys by die ­Suid-Afrikaanse spele in Bloemfontein ­nadat hulle al hul wedstryde gewen het. By dié ­spele ­verteenwoordig die span Noordwes. Tydens die Grey-Gimmie-derby wen

­immies se eerstespan Grey-kollege se G eerstespan 1-0. Vir die eerste keer in die ­geskiedenis van Gimmie-seunshokkie verskyn Gimmies se eerstespan op die Suid-Afrikaanse Skoleranglys en wel in die 29ste posisie. Die O/14A -tweedespan is Noordwes-naaswenners, wat teen ander skole se eerstespanne speel in hul liga, terwyl die O/16A- en eerstespan as Noordwes-wenners wegstap. Al drie A-spanne dring deur na die Noordvaal-­

toernooi waar die O/16-span die beste vaar met ’n bronsmedalje in die sak. Die eerstespan behaal ’n sesde plek en die O/14’s ’n sewende plek. Potchefstroom Gimnasium word saam met Hoërskool ­ Krugersdorp as die beste twee skole by ­ ­Noordvaal 2014 aangewys. Altesaam 21 seuns verwerf Noordwes-kleure en speel in provinsiale spanne. Juffrou Soekie Coertzen, organiseerder van

Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees

die seunshokkie, sê: “Baie dankie aan al die ­afrigters se harde werk. Dankie vir elke voog. Baie dankie aan die ouers wat ondersteun. Sonder borge is baie van ons jaar se prestasies nie moontlik nie. “Dankie aan die NWU-Puk-kampus, PSG, Kumkani Lodge, Beef Boys, CG afslaers, Olympus, Solid Base en verskeie ouers. Julle betrokkenheid is vir ons kosbaar. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir al ons talente!”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.