Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 28 MEI 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Dra die kroon DIE Afrikaanse Hoërskool op Kroonstad het verlede week sy Mej. AHS en Mnr. AHS gekroon. Die wenners is van links, voor: Carmen Klopper (eerste prinses), Johané Potgieter (Mej. AHS) en Nicola Steyn (tweede prinses); agter: TP Kleynhans (eerste ambassadeur), Rico Viljoen (Mnr. AHS) en John Potgieter (tweede am bassadeur). Foto: Tinkie Hattingh
2
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
SAID se span help graag met indienings Tharine Geldenhuys AS jou belastingopgawe jou hoofbrekens gee, wees gerus, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal jou in ’n japtrap kan help om dit korrek in te dien.
Dit is amper weer tyd vir belastingbetalers om hul vorms in te dien en die SAID wil dit so maklik as moontlik maak. Die belastingtyd begin op 1 Julie en die Engagement-span van die SAIDkantoor op Kroonstad sal verskeie dienspunte op omliggende dorpe soos Viljoenskroon,
Steynsrus, Heilbron, Frankfort en Villiers hê. Verskeie werkgewers sal die vriendelike gesigte van die span herken, omdat hulle ook met eFiling en die rekonsiliasie van IRP5’e op easyfile help. Spertyd vir dié indienings is 31 Mei. Hulle gaan tydens die belastingtyd groter werkgewers ook besoek en werknemers help om opgawes op die perseel in te dien. Hulle gaan veral fokus op dienste soos die SAPD, Korrektiewe Dienste en verpleegpersoneel sodat dié mense wat belangrike take verrig nie by die SAIDkantoor in rye hoef te staan nie. Daar word ook gratis werksessies aangebied. Die volledige program is op die webtuiste beskikbaar (www.sars.gov.za). Kliek op “Individuals” en dan op “Learn about taxes”. Besprekings is noodsaaklik en werksessies word ongelukkig nie aangebied vir minder as vyf mense nie. Bespreek by EngagementKrn@sars.gov.za of bel Marizane Hartslief by 056-215-1141. Kroonnuus sal die gemeenskap op die hoogte van die Engagement-span se program hou.
CHRISTO MALAN oorhandig die amp as nasi onale vaandrig aan Stef Breytenbach.
Vryburger nou vaandrig Tharine Geldenhuys KROONSTAD kan met reg trots wees op die Vryburger-diensorganisasie wat ’n verskil in die gemeenskap maak. Stef Breytenbach is tydens die pas afgelope Burgerraad in Pretoria tot lid van die nasionale BREYTEN dagbestuur as vaan- STEF BACH drig verkies. Die vaandrig is die persoon wat nasionale projekte van die diensorganisasie koördineer. Dit is die eerste keer sedert 1997 dat iemand van Kroonstad in die dagbestuur dien. Die Kroonstad-Vryburgerkorps het tydens die Burgerraad van 10 tot 12 Mei ’n trofee vir verdienstelikheid gewen. Dit is ook die eerste keer dat Kroonstad-korps die eerbewys kry. Die Vryburger-diensorganisasie het landswyd drie projekte waarvoor hy werk: kos vir kinders, die boeke-projek en Woordverspreiding.
Teologie haar keuse Tharine Geldenhuys VAN drama- na teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Emri Bekker was ’n uithalerleerling in dramatiese kunste in 2012. Haar dramaleermeester is die bekende Kobus Strydom. Sy het ’n onderskeiding in die vak ver- EMRI BEKKER Foto: Andrea Goosen Photowerf. “Almal het gedink graphy sy gaan drama studeer, maar sy het almal verras deur teologie by Kovsies te studeer,” sê Strydom. “Dis ons oortuiging dat drama juis vir haar ’n deur oopgemaak het.” Die onderskeiding wat sy in drama verwerf het, het haar telling tot toelating tot teologie ’n hupstoot gegee. Sy het selfs ’n prestasiebeurs vir die onderskeiding en makliker toegang tot ’n koshuis van haar keuse gekry. “Ek is baie gelukkig in die teologiekursus, maar het nog nie my passie vir drama verloor nie. Ek speel steeds in toneelstukke vir die amateurgroepe van Kovsies,” sê Bekker.
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
3
Kampkerkhof opgeknap Marlene Jordaan VERSIGTIG word die leiklip losgemaak. Dit word gemeet en gepas, gesny en weer vasgesit. Langs dié bedrywighede staan die stille getuienis van ’n diep lyding – ’n lyding waarvan die meeste mense vandag nie weet nie of van vergeet het. Dit is ’n graf in die Kroonstadse Konsentrasiekampkerkhof waarin die vier De Swardt-kinders saam begrawe lê. Die vier kinders van Stephanus en Aletta is in die bestek van vier dae almal in die kamp dood. Daar is Jan Hendrik Philippus (4) wat gesterf het op 6 Augustus 1901. Dan is daar sy boetie, Stephanus Jacobus (3), wat dood is op 7 Augustus. Hul sussies Maria Johanna (23 maande) is op 8 Augustus 1901 dood en Christina Johanna Sophia (net jonger as 3) op 9 Augustus oorlede. Soos orrelpypies sou hulle sekerlik gestaan het wanneer hul ma in die tyd voor die kamp hul hare gekam en gesigte gewas het. Vandeesmaand is die eerste van twee maande wat die Erfenisstigting op Kroonstad deurbring om die Konsentrasiekampkerkhof te restoureer. Dit gaan nog sowat ’n maand neem om die werk af te handel, sê Bernard van Loggerenberg, ’n Deneysviller wat die restourasie namens die stigting behartig. Die afvoerslote word oopgemaak sodat dit skoongehou kan word. By die gedenknaald, waar die name van 1 288 mense wat in die kamp dood is op graniet aangebring is, gaan die leiklip met ’n glans-seëlaar afgewerk word. Al die rante by die trappies word gelyk gesny sodat geen voet daaraan sal vashaak nie. Op Kroonstad lyk dinge verwaarloos, maar nie soos wat hy al gesien het nie. Van die 755 betongrafte moet etlikes se betondeksels weer vasgesit
JOHANNES HANSEN is die opsig ter, sekuriteitswag en selfaangestel de toergids van die Kroonstadse Konsentrasiekampkerkhof. Hy vind hier vrede in sy hart, sê hy. Foto’s: Marlene Jordaan
BERNARD VAN LOGGERENBERG en sy werkers, wat die konsentrasiekampkerkhof restoureer, herstel die leiklip. word. Die meeste is ongemerk. Hy sleep sy woonwa van dorp tot dorp om kampbegraafplase reg te maak en sodoende die erfenis vir die nageslag te bewaar. Hy doen dié soort werk al 12 jaar. Colesberg, Meerbank en AliwalNoord moet ook gedoen word, sê hy. Dit is die eerste groot restourasieprojek van die Erfenisstigting op Kroonstad, sê Ina Jagga, wat in die stigting se Kroonstadse komitee dien. “Ons wil die hele plek met beton omhein. Die vorige heining is binne weke afgesteel. Ons moet geld bymekaarkry om dit te doen. Ons is net ongelooflik dankbaar vir wat die stigting vir ons doen. Ons sou nie andersins dié werk kon doen nie.” Verder af, in die hoek van die be-
graafplaas besig om te hark, tref Kroonnuus Johannes Hansen aan. Hy is die begraafplaas se opsigter, sekuriteitswag en selfaangestelde toergids. “Dit was so op my verjaardag op 8 Julie verlede jaar, toe ek 60 geword het,” vertel hy. “Ek bly toe mos saam met sulke otherwise mense.” Hy beduie Brentpark se kant toe. “Snáákse mense daai. Toe vererg ek my en ek kom stap tot hier by die kerkhof. Hier is dit mos stil. Dit was die tweede keer dat mevrou Ria my hier kom kry het, by die ossewa-monument.” Hy verwys na Ria Welgemoed, een van die stigting se komiteelede. “Sy vra toe of ek nie so twee keer per week die papiere wil kom optel
nie, teen ’n geldjie. Voor dit, tot daai dag, was ek mos 19 jaar sonder werk. Iets tragies het oor my lewe gekom dat ek so lank nie werk gehad het nie. Dit moes iets soos ’n curse gewees het. “En aangesien dié plek dan nou so evil gelyk het van die papiere en vuilgoed, het ek ja gesê. En ek ken my geskiedenis, ek het dit op skool geleer. Ek wéét wat met die Boere gebeur het. Ek het nog altyd van die Boere gehou. Ek laaik nie die dinge wat nou aangaan nie.” Later het die twee dae se werk gegroei na naweke en nou werk hy heeltyds. Johannes het al twee gedigte op ’n amptelike geleentheid in die begraafplaas voorgedra. “Maar ek werk eintlik flexitime. Ek werk my werkies klaar en daar gaan
ek weer. ’n Ossewa het mossie vinnig gery nie. Ek vat hom so een ry se grafte op ’n dag, nét so. “As die mense hier aankom, dan stap ek maar nader en vertel hulle van wat hier gebeur het. Ek vertel hulle mooi in Engels ook. Hulle moet een keer luister, ek gooi hom vinnig. Maar hulle kan maar vra ook. Hulle kan sien dit blink hier, ek is trots op my werk. Ek weet nie wanneer die Liewe Vader my draadjie gaan knip nie, maar ek gaan hier bly tot dan.” Terwyl Kroonnuus se verslaggewer hom groet en bedank dat hy ook omsien na van haar voorsate wat ook hier begrawe lê, wens hy haar ook vele ryke verjaardae toe, net soos hy verlede jaar op sy 60ste gekry het. ) Die Kroonstad-komitee bedank veral genl. Gert Opperman, Willie Engelbrecht, Cecilia Kruger en Thea Furstenburg van die Erfenisstigting.
4
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
Kroonnuus HOOFARTIKEL
Posbus 309, Kroonstad, 9459
Beloning moet verdien word “EK het ’n medalje gekry.” “Wonderlik, vir wat?” vra ’n ouer. “Ek het sewende gekom.” Nou vra jouself af: As jy sewende uit tien kom, wat het geword van die werklike rostrum met die eerste, tweede en derde plek wat kan buig om die werklike medalje om die nek te kry? Haal ons nie te maklik die heuningkwas uit om ons kinders “sag” te maak teen wen of verloor nie? Raak die toekenning van ’n sertifikaat of medalje in vandag se wêreld nie dalk ’n bietjie afgewater nie? Kroonnuus word daagliks gekonfronteer omdat die of daardie kind se kiekie nie die koerant gehaal het nie. Ná deeglike besinning word gratis publisiteit vir skole of instansies wat hulle roem op oorwinnings, of sal ons eerder sê deelname, deesdae
BOBAASBRAAIER Wil na Korkie het na die eindronde van die Ulti mate Braaikompetisie deurgedring en moes haar noodgedwonge weens ander verpligtin ge van die kompetisie onttrek. Sy sou saam met ’n toerspan en TV span vir twee maande deur die land toer en braai. Dit bring haar eg ter nie van stryk nie en sy het aan die Noala kompetisie deelgeneem en ’n yskas/vrieskas van R20 000 en ’n groot ge skenkpak met Logik se potjiekostoerusting ge wen. Boonop het sy met ’n resep wat sy inge stuur het ook AIGtoe rusting gewen. Intussen maak sy planne om aan volgende jaar se Kokke doorkompetisie deel te neem.
deur ’n ander bril bekyk. Multi-media is so maklik om te beoefen om erkenning aan leerlinge te gee. Skole wat dít bemeester, kan in skoolkringe self erkenning aan die deelnemers in watter kompetisies ook al gee. Die nuuswaarde van ’n publikasie mag nie afgewater word nie. Onlangs is groot opslae in die media gemaak omdat ’n hoogleraar van die Pukke bulletjie-rugby wil verban. Die rede: te veel druk en kompetisie. Kenners van spansport sal saamstem: Jy moet in ’n span kan deel. Dis ’n feit dat ons ouers so maklik geldelike beloning vir bulletjies (of sal ons byvoeg, versies) beloof as hulle ’n drie druk. Wie sal dan nou die bal uitgee as jy die drie kan druk en ’n paar honderd bokke lê vir jou en wink?
Bak en braai . . .
agterbly van die honger en dis hoekom party spesies nie meer bestaan nie. Wie kyk na daardie statistieke? God het alle mense en diere met waarde geskape. So wie dink Ivan Carter is hy om te besluit dat dié wat nie waarde het nie, geskiet moet word? Sies man! Gaan skiet waar jy vandaan kom as daar nog iets oor is, want ek dink die meeste is al uitgeroei. Met die geweld deesdae, bewaar asseblief alles wat lewe en moet nie nog diere ook verjaag en uitwis nie. Vang hulle en teel met hulle sodat alles meer kan word. Jag eerder die stropers wat als uitroei. Al gedink waarom tornado’s Amerika en Japan tref? Dalk het dit iets met “waarde” te doen.
Dankie dat julle omgee MARLETTE EKSTEEN, per e-pos: DIE Maltesies blaf by die voorhekkie en ek sien die vreemde kar hier in die oprit na my huisie. ’n Vrou en haar drie tienerkinders klim uit. Ek herken haar aan vorige vlugtige ontmoetings en sy stel my voor aan haar oulike kinders. Hulle bring Paasliefde en gee vir my ’n mooi potplant met Barberton-madeliefies in volle blom.
Poeding sal hart warm laat klop “GEE weer ’n maklike, warm poedingresep. Dit verdryf die koue so ’n bietjie,” vra ’n leser.
Metode: Kook stroop vyf minute. Vryf margarien in meelblom in. Los die koeksoda in die melk op en roer met geklitste eier en konfyt by
Sies vir jou, Ivan Carter NA aanleiding van die berig “In defence of hunting” (Kroonnuus, 21 Mei) wil ek reageer en sê: “In defence of animals”. Ek en baie mense is teen die doodmaak van enige weerlose dier tensy dit om oorlewing gaan. Dis vir my snaaks dat die een of ander statistieke altyd voorgelê word wat dit waarskynlik regverdig om diere te jag en dood te maak. Enige dier is nog net so primitief soos 100 jaar gelede, maar mense het gemoderniseer met moderne gewere, so geen dier het enige voordeel teen so geweer nie en word dus 9 uit 10 keer afgemaai en skiet jy nou ’n dier wat net kos of iets vir sy kroon gaan vang het, vrek die wat
HIERDIE foto van Crossstraat op Kroonstad is in die vroeë 1950’s geneem. Strike Soga het dit tussen sy oorlede pa se bêregoed gevind. Hy het dit uit ’n ou raam gehaal en is vol nostalgie oor die antieke waarde daarvan. Daar is bekende geboue, soos die ou Grandhotel en Selbournehotel, onderskeidelik vandag die Woolworths en Ackermansgebou. Dis nogal opmerklik dat twee petrolpompe oorkant mekaar teenwoordig was. Dis Strike se droom om dit mooi te laat vergroot en aan diegene wat dieselfde nostalgie oor sy dorp, Kroonstad, het vir ’n geldjie te verkoop. Foto: Verskaf
Gebakte bruinpoeding 50 ml margarien 10 ml koeksoda 375 ml meelblom 2 ml sout 25 ml appelkooskonfyt 250 ml melk 1 eier Stroop 1 liter water 5 ml vanillageursel 375 ml suiker 5 ml gemmer of kaneel 2 ml sout
Foto: Tharine Geldenhuys
FRITS DIE HOND, Kroonstad:
Bied blik op Kroonstad se verlede
Dit was my eerste Paasnaweek ná die dood van my man, hier in my nuwe wêreld in die Vrystaat. ’n Mens voel alleen. Die trane het vlak gelê, maar ’n ma en haar kinders wat omgee, het in ’n oogwink die hartseer weggevee. Wat ’n seën vir haar kinders om so ’n voorbeeld in hul lewe te hê. Dankie, Corna, vir die liefde wat in jou hart woon en wat julle vir my gebring het. Dis diep in my hart weggebêre.
25 ml jeme ya appelkoos 10 ml koeksoda 250 ml lebese 375 ml flouru 1 lehe Stroop 1 liter metsi 5 ml vanilla essence 375 ml tswekere 5 ml gemmer kapa kanel 2 ml letswai die meelmengsel. Klop goed. Giet die helfte van die stroop in ’n vuurvaste skottel en skep beslag in. Sit deksel op. (Dit kan ook in ’n kastrol gebak word.) Bak een uur teen 180 °C. Haal uit oond en giet orige stroop oor. Puting E sootho e bakilweng 50 ml marjarine 2 ml letswai
Mokgwa: Pheba stroop metsotso e 5 mmoho. Pikitlella mafura fourrung. Tshela koeksoda lebeseng fudiella lehe le fehlilweng le jemme motswakong was flouru. Foduwa. Tshela halofo ya stroop sekotlolong kapa kaseterolong ngwathela hlama. Kwahela, baka hora, 180 degrees. Ha o e entsha ka ontong tshela stroop se setseng ka hodimo.
What has happened to honest business? SECHABA KHAILE, Kroonstad: THE cosmopolitan atmosphere that now characterises our town should add splashes of colour, cheery greetings, evocative, happy conversations, a clean and a healthy environment for business. Unfortunately, this cosmopolitan experience has its heartaches and bitterness when it comes to doing business with some of the foreign-owned shops. I learnt this the hard way when what was supposed to be a minor glitch with my cellphone ended up unravelling a litany of business malpractices, with arguments, insults and an unhappy customer. On Monday, 20 May, I explained to the man behind the counter at a shop in Brandt Street that I suspected the battery was the problem. The charger he had sold me previously did not charge my phone. He told me to collect the phone after an hour or so and
gave me a price of R120 which he suddenly dropped to R100. I paid him accordingly, and I told him I would collect the phone in an hour’s time. I received no receipt. On my return he informed me that he was not done with the phone so I suggested I picked up the phone just before he closed shop. He was fidgeting with my phone on my third return, and informed me he had replaced a faulty “pin”. He now connected my phone to one of his own gadgets and, wow, the thing worked. On Wednesday, 22 May, I was back at the shop. My problem had not
been solved after all and I now demanded an explanation; a receipt for repairs and/ or a refund. The man was not willing to provide me with a receipt for my R100 cash payment of two days earlier, as he then insisted I paid him R80 and, joined by his strange “brother”, they called me a crook and said there was nothing I could do about it. A police officer present in the shop entered the fray and advised that, as with any other business, I should be given a receipt for the repairs done. Reluctantly, different prices were entered into the receipt book and subsequently scratched out again, and I was instructed to sign the receipt. I refused, left the shop and asked somewhere else for my cellphone to be checked. Nothing was wrong with my cellphone I was told at the second shop – I was originally sold a “fake” and incompatible charger and I had paid for repairs that were never done.
Dankie aan elkeen wat DBV gehelp het ELSA HANSEN, Kroonstad:
DBV-komitee,
GRAAG wil die komitee van die DBV hiermee groot waardering met die publiek van Kroonstad en omgewing uitspreek en hulle bedank vir die wonderlike geldelike bydraes, kos en komberse wat ons ontvang het.
Dit maak nie saak hoe groot of klein die skenkings is nie, dit word opreg waardeer omdat mense omgee. Dit het gevoel asof die publiek werklik die eerste keer betrokke geraak het by die werk wat ons doen in die Moqhaka- munisipale distrik, wat Kroonstad, Maokeng en Steynsrus insluit. Ons inspekteur, Doep du Ples-
sis, ry selfs Koppies toe om klagtes te ondersoek. Sluit jou gerus as ’n lid van die Kroonstadse DBV teen slegs R60 per jaar aan en kom woon ons jaarvergadering by wat in Junie gehou sal word. Mense sal kan sien wat alles by die hokke gebeur en kennis neem van die probleme waarmee ons te doen kry.
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
5
6
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
Kerke hou basaar ’n KERKBASAAR roep herinneringe van magneet-vissievang, skyfskiet, tombola en egte basaarspeletjies op. Raai-raai riepa: Dié naweek is ’n basaarfees op Kroonstad. ) Vrydag: NG kerk Kroonstad-Wes van 12:00 af. ) Saterdag: NG kerk Kroonstad-Noord (Klipkerk) van 10:00 af op die kerkterrein, hoek van Reitz- en Malherbestraat. Kom kyk na Willie en die wenspan teen R10. Vul die basaarmandjie met vleis, biltong, braaivleis, vetkoek, pannekoek, basaarpoeding en ander lekkertes. Navrae: 083-293-7904 (Riana). ) Saterdag: AP-kerkbasaar by die Panorama-plaza, Suidweg. Dit begin om 09:00. Laatslapers kan stalletjies vooraf by Susan Greyling by 082-564-9071 op weeksdae van 09:00 tot 15:00 bespreek. Basaarlekkertes soos lekkernye, jaffels, sosaties, worsbroodjies, tuisgebak en die immergewilde witolifanttafel sal op die basaar wees. ) Saterdag: Die Gereformeerde kerk op Kroonstad hou ’n kerkmark in die kerksaal op die hoek van Peck- en Turnerstraat, Kroonheuwel. Die verskillende tafels sal ’n keur van lekkertes te koop aanbied. Dit sluit pannekoek, kerrie-en-rys, poeding, koek, koekies, beskuit, handwerk en die witolifanttafel in. Diegene wat nie op die Saterdag lus is vir kosmaak nie, kan worsbroodjies en sosaties, tee of koffie, ’n koeldrank, vars vleis en vele meer koop. Spesiale musiekversoeke sal uitgesaai kan word. Vir meer inligting skakel 082-782-8969.
Besoek ons by www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.
Sing op Kroonstad DUSTY DIXON is ’n gewilde SuidAfrikaanse sanger wat met sy onlangse CD, Romeo & Ju liet, ’n groot aanhang in die land wen. Hy gaan op Vrydag 14 Junie om 18:00 vir 18:30 by die DKDveerpyltjieklub ten bate van terminaal siek pasiënte van Northern Free State Care Gi vers optree. Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ’n vingerete in. ’n Kontantkroeg is beskik baar. Bel Johan van Staden (0822669782) of Wollie van Schalkwyk (0760441686).
Hobos hang hier uit Tharine Geldenhuys HOBOS kom drom saam. Die keer by die oudpresident se pozzie, CR Swartsaal op Crown Town. Dis op Saterdag 8 Junie. Eish! die tyd – so six o’clock se kant plus nog so halfuur vir die laatkommers. Jy kan solank ophou om te bad. Begin by karre bedel en aanbied om “ ’n ogie te hou”. Jy moet beg, steel or borrow om R40 en een kombers na die paartie te bring. Die warm kombersie sal ander in jou posisie die winter knus kan hou. Kos? Natuurlik is ’n bunny chow – hot or not. Mnr. Hobo en Me. Hobo sal ’n prys wen. Jy mag nie jou eie spirits in jou jas wegsteek nie. Jy moet cash saambring daarvoor. Bel ou Mossie (071-872-9073), Willie wil van jou hoor (073-904-2550) of oom BA van Zyl (076551-6423). Sorry please call me’s van jou PEPfountjie sal nie werk nie. Bêre airtime om jou plekkie te boek.
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
E I E N D O M M E
7
8
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
Kroonstad op indaba bemark KROONSTAD se toerismepotensiaal is op die onlangse Indabatoerismeskou in Dur-
ban aan duisende buitelandse toeragentskappe en toeriste op dié skou bemark.
Dít alles te danke aan Kroonstad-besigheid-en-toerisme (KB&T) wat die eerste
keer van 10 tot 14 Mei ’n toerisme-stalletjie in samewerking met Fezile Dabi-toerisme in Durban beman het. Die indaba is deur Marthinus van Schalkwyk, die minister van toerisme, geopen. Alta Nel, toerismeamptenaar, sê dis ’n eerste vir Kroonstad in die nuwe bedeling. “Die blootstelling was ongelooflik.” Met 1 386 uitstallers en 2 341 toeroperateurs en ander was daar derduisende besoekers. Die indaba is deur verskeie groepe aan-
INDABA 2013 in Durban. gegryp om hul bestemmings en produkte soos toere, ekspedi-
sies, verblyf, natuurbewaring, vakansieoorde, gaste-
Foto: Alta Nel
huise, hotelle, kamp, 4x4, buitelug, avontuur en vele meer ten toon te stel. Die KB&T-uitstalling het deel gevorm van Fezile Dabi Tourism (Noord-Vrystaat) waar Parys, die Riemland-roete en Deneysville ook teenwoordig was. Afrika-lande soos Lesotho, Swaziland, Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Angola, Zambië en Tanzanië is ook sterk verteenwoordig. “Met letterlik dui-
sende besoekers aan die Vrystaat-uitstalling is verskeie toerismepamflette van lede uitgegee wat nasionaal en internasionale blootstelling kry. Uitstallers van verskillende streke in Suid-Afrika en selfs Afrika-lande het inligting tussen en onder mekaar uitgeruil,” sê Nel. KB&T het nou toegang tot ’n massiewe elektroniese inligtingsbron. Die omvang van die inligting is geweldig as daar volgens statistieke 50 000 tot 60 000 kontakte en inligting per dag uitgeruil is, dus is die bron meer as 250 000 sterk en groei steeds. “KB&T sien uit na 2014 se skou om voort te bou op 2013 se sukses en Kroonstad se toerisme net nog verder bekend te stel aan die res van Suid-Afrika en selfs ander Afrika-lande. Verder moet nie van die Getawayskou in September vergeet word nie,” sê Nel trots.
Beurtkrag op Koppies toegepas Marlene Jordaan KOPPIES. – Die eerste rondes beurtkrag vir die komende winter in die Vrystaat het begin deurdat dele van die dorp sedert die naweek van tyd tot tyd sonder krag was. Carina Serfontein, DA-raadslid, sê dit is as voorkomende maatreël deur die Ngwathe-munisipaliteit vir die hele Koppies ingestel. “Verlede Vrydagaand was Kwakwatsi
drie uur lank sonder krag, terwyl ander dele van die dorp ook die naweek beurtkrag gehad het,” sê Serfontein. Die woonbuurt Kwakwatsi het verlede Maandagoggend weer nie krag gehad nie. Jonas Masala, waarnemende streekbestuurder vir Ngwathe op Koppies, het bevestig die besluit om beurtkrag toe te pas moes as voorsorgmaatreël geneem word met die hoër winter-kragverbruik wat ’n oorlading van die elektriese transformator veroorsaak, sê Serfontein. Die ampères op die transformator het tot 530 gestyg, terwyl die limiet 440 is. Sy sê die situasie is weergebonde en dit sal voortdurend gemonitor word. Wanneer die vraag die aanbod bly oorskry, sal inwoners in die toekoms ’n beurtkragskedule kry. Serfontein sê die DA sal waar moontlik inwoners betyds inlig, sou daar beurtkrag toegepas moet word. Verskeie SMSboodskappe word ook deur die DA aan inwoners van Koppies en Kwakwatsi gestuur. “Ons sal ook sover en so gou moontlik, wanneer die skedule beskikbaar gestel word, help om die inligting aan inwoners te versprei. Beurtkrag is om dieselfde rede al in die verlede deur die munisipaliteit op Koppies toegepas. “Die munisipaliteit het inwoners gevra om waar moontlik krag te bespaar.”
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
EIENDOMME
Brandstof vandag motor se prys DIÉ veteraanBMWmotor het aan voormalige redakteur van die Noorde like Stem, Bennie Neethling, op Kroonstad behoort. Die motortjie se deu re was voor én agter en nie aan weerskante soos vandag se motors nie. Hy het ’n raps onder R900 vir die motortjie destyds betaal. In die week het hy sy nuwe Volkswagen Polo se tenk met brandstof aangevul. Dít het ook ’n raps onder R900 gekos. Foto: Bennie Neethling
Mites oor asma Elsabé Brits BOERERATE en tradisionele medisyne help nie vir asma nie en dit is onwaar dat bestaande medikasie vir dié toestand die hart beskadig. Dit is maar ’n paar van die mites oor asma volgens die Nasionale Asma-opvoedingsprogram wat poog om mense met dié siekte in te lig. Dit was onlangs Wêreldasmadag. Die program waarsku dat mense nooit moet ophou om hul medikasie te neem nie, want die rede hoekom hulle beter voel, is juis omdat die medikasie werk. ) Dit is nie waar dat steroïede wat ingeasem word kinders se groei belemmer nie; die siekte self kan verhoed dat kinders groei. ) Asma is nie ’n sielkundige siekte nie; mense wat ’n aanval kry omdat hulle baie lag, huil of stres ervaar, is nie weens emosie nie, maar omdat hulle die siekte onder lede het. ) ’n Studie het getoon 70% van mense in Suid-Afrika glo indien hulle die medikasie gereeld gebruik, sal hulle daaraan verslaaf raak; dit is onwaar. ) Die toestand word meestal
tussen die ouderdom van 2 en 17 jaar gediagnoseer, en nie alle kinders “ontgroei” dit nie. ) ’n Droë klimaat kan nie asma genees nie, maar dalk net verlig. Om te verhuis kan ’n mens blootstel aan ander allergieë, want die meeste mense wat asma het, is ook geneig om allergies te wees. ) Asma-medisyne voorkom en beheer asma en moet elke dag gebruik word – nie net in geval van ’n aanval nie, maar ook wanneer ’n mens beter voel. Daar is twee soorte medisyne: ’n Kontroleerder: Dit verminder die swelling en inflammasie in die lugweë. Dit werk oor ’n lang tydperk en bring die siekte onder beheer, verlig simptome en verminder aanvalle. Dit moet daagliks gebruik word. ’n Verlosser: Dra dit altyd by jou in geval van ’n asma-aanval. Dit verslap die stywe spiere van die lugweg en help met asemhaling. Indien asma reg behandel word, behoort jy dit nie meer as drie keer per week nodig te hê nie, andersins vererger die inflammasie in die longe en is meer van die kontroleerder nodig. ) Lees meer by www.asthma.co.za.
Received trophies
THE Lovedale Farm School, known as the Lovedale Public School on private pro perty, loves to sing. At the Moqhaka/Ngwa the South African Schools Choral Ei steddfod (SASCE) the Lovedale School did very well. From the left are, front: Ou maki Motsoane (foun dation phase, second place songs and over all) and Ntabelent Motsoane (foundati on phase, second pla ce choir); back: Meiki Leshoro (intermedia te phase, first place Afrikaans, Western, vernacular and quar tet), Neo Khotle (Ver nacular and double quartet) and Lolly Ma lete (choir conductor). The school won se ven trophies. Photo: Tharine Geldenhuys
9
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
PLUS EARN POINTS
WEEKEND WINNERS 2899
NOW ONLY
SAVE 6.00
6499
Each
SAVE 8.00
Stork Country Spread Medium Fat Spread Tub 500g
Bulk Lamb Forequarter Pack
PnP no nameTM Frozen Chicken Braaipack 1.8kg
(Consists of Braai Chops & Stew Cuts)
BUY ANY 2 FOR
9800
2499 Each
BUY ANY 2 FOR NOW ONLY
2400 Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 litre
Each
SAVE 10.00
68
99
per pack
SAVE 16.00
PnP 2 ply Toilet Tissue 18s
Each
PnP no nameTM Shredded Tuna in Salt Water 170g
9400
per pack
SAVE 36.00
Pampers Sleep & Play Disposable Diapers Value Pack Mini 68s, Midi 58s, Maxi 50s or Junior 42s
CASE PRICE
13799
NOW ONLY
00
949
Frisco Instant Coffee Original, Strong or Granules 750g
PnP no nameTM Red, Smoked or Chicken Viennas 1kg
69
1399
per kg
NOW ONLY
NOW ONLY
Product has been styled for photograpy
NOW ONLY
10
Muirhead’s Blended Scotch Whisky 750ml
SAVE 19.00
Castle Lager Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Most Trusted Retailer 2012
PRICES VALID 30 MAY - 2 JUNE 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS
IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
Most Reputable Retailer 2013 www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88
(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1178044B_E
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
In netbalspan DANYEL BOSCH, ’n leerling aan die Kroonheuwel Primêre Skool, het in die o.12netbalproewe gespeel en is vir die NoordVrystaat1span gekies. Foto: Verskaf
LENÉ DU PLESSIS van die Sentrale Volkskool is in die NoordVrystaato.12netbalspan inge sluit. Sy het op 14 Mei aan die Vrystaatproewe in Welkom deelgeneem.
11
12
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
Rules to compete in competition SPONTAAN auditions for the Kroonnuus region will be held within the first two weeks of June. The venue will be at the Round Table 42 Clubhouse in Kroonstad. The date will be finalised soon. Watch the press for details. ) You must be 16 years or older on 1 July to register. ) For the regional competitions in Bloemfontein, Welkom, Kimberley, Kroonstad, Kuruman and Bethlehem you can sing any song. However, the song has to be contemporary music (no rappers or hip-hop artists). ) You are allowed to accompany yourself or use a backtrack. ) The competition is for soloists only.
) You must supply your own soundtracks and other equipment for the regional auditions yourself. ) Spontaan will supply the sound equipment for the final. ) The winner of each regional audition will be announced immediately after the audition. ) Judges reserve the right not to choose a regional winner. ) Should you be chosen as a regional finalist, you must prepare five songs for the finals to be held at the Vryfees in Bloemfontein. ) Finalists must supply their own backtracks or accompaniment for the final. ) The finals are on Saturday, 13 July, in Bloemfontein and if you are a finalist you must organise your own transport (if necessary) and your own accommodation if you are a finalist from outside Bloemfontein. ) Auditions will be held in Bloemfontein, Kimberley, Kroonstad, Welkom, Bethlehem and Kuruman. No pre-registration is required. Simply arrive at the audition, pay R20 and register there.
Motorwas op ’n drafstap ’n GEBARSTE waterpyp het Sondagmiddag laat die weg gebaan vir ’n “deurry”motorwas en ’n hele paar mense het dié geleentheid aangegryp. Foto: Marlene Jordaan
Prizes up for grabs
THE following prizes can be won in this year’s Spontaan: SpecSavers: Eight pairs of Infinity sunglasses and eight vouchers worth R250 each. The total value of this prize is R5 200. Z PR Communications and Public Relations Consultants: A publicity and marketing contract valued at R5 000 for each finalist, including a consultation session with the Z PR team, a professional CV, the design of a CD cover and business cards, the design and
writing of a professional profile, a Facebook profile and five press releases. Total value for all of the finalists is R40 000. PwC: For the winner R1000 in
cash, runner-up: R700 in cash and third place: R300 in cash. A total of R2000. Atlantis Guest House: Accommodation to the value of R4 100. The winner, runner-up and third place will each receive three nights’ accommodation for two people including breakfast. PCB Productions: A photo shoot for the winner, runner-up and third place valued at R2 100. Absa: A R500 hamper for each finalist.
CAB wil ander ophef
’n GEMEENSKAP wat homself herstel en opbou met Christus as die fondament van die opheffingswerk, is onlangs in Brentpark, Kroonstad, begin. Change Adapt and Build Brentpark (CAB) het hande met Pledge and Prayer gevat wat op 16 Junie in die gemeenskap ’n sopkombuis begin en beloof om die gemeenskap op te hef. Plegde and Prayer is ’n nuwe groep jong mense wat ook verandering in minderbevoorregtes se lewe wil bring. Dit is gestig deur Alice Oliphant, ’n jong vrou werksaam in Johannesburg. Sy is ’n oudBrentparker en steeds baie besorg oor die welstand van haar gemeenskap.
Adriaan Botha, ’n baie aktiewe lid van die CAB, sê vroeg in Januarie het die CAB byeengekom om Pledge and Prayer met die beginsels wat Oliphant navolg te begin. “Met die winter om die draai is dit vir baie ouers en kinders wat swaar kry moeilik om warm te gaan slaap en om boonop nie honger te gaan slaap nie,” sê Botha. Die eerste sopkombuis sal op Jeugdag (16 Junie) van 09:00 af by die Ann Phillip-crèche gehou word. “Ons vra alle gemeenskapsleiers en lede van die gemeenskap wat ’n hart vir ons gemeenskap het om in die opheffing van Brentpark te deel. Daag net op
en bewys jou steun vir die goeie werk wat die CAB en Pledge and Prayer ten bate van die gemeenskap aanpak,” sê Botha. Hy sê die CAB is besig om skoolskoene vir die laerskoolleerlinge van die Laerskool Brentvale bymekaar te maak. Kroonnuus het deur middel van Facebook ook aan vriende van die gemeenskap gevra om skoolskoene vir kindertjies wat skool toe stap in te samel. Mense wat skoolskoene het wat nog bruikbaar is of kans sien om skoolskoene tot die volwasse grootte nommer 8 by Kroonnuus in te handig is welkom om dit te doen. Vir meer inligting bel Botha by 082-485-8766 of 073-665-1104.
Chosen for team CONST. THABO NTUKA, a member of the SAPS, just re turned from the SAPS Tshwane College Soccer Tournament which was held from 15 to 18 May. The SAPS Football Asso ciation held this tour nament to choose 22 players who will be representing South Africa in the SARPCCO Games in Namibia in August. Constables of differ ent SAPS stations in South Africa participated in this tournament where three teams were se lected for the SARPCCO Games. Nthuka, a Kroonstad born policeman, was also selected for the team. Photo: Supplied
NET minder as R7 000 is Saterdag op die de partement van korrektiewe dienste (DKD) se gholfdag vir Kroonstad se viervoetige vriende ingesamel. ’n Spesiale gholfdag is gehou en ’n yshouer en drank is uitgeloot. Kroonnuus het verlede week berig oor die benarde situasie waarin die plaaslike dierebeskermingsvereni ging homself bevind. Die gemeenskap het ge hoor gegee aan die wekroep om die deure van die DBV oop te hou. Hier is Draad Luki (links) en Tienie de Wet met die voorbladberig oor die moontlike sluiting van die DBV. Foto: Tharine Geldenhuys
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
REEBOK, MOSSELBAAI SONNIGE "NU-TECH" WONING met asemrowende berg uitsig. 3 Slaapkamers, 2 badkamers, oopplan leefarea, kombuis met 'n opwas, dubbel motorhuis met elektriese deure. Omhein met "vibrecrete" en 'n elektriese hek. Ekstras: Alarmstelsel, Dstv skottel, reënwater tenk, blinders op dek en baie meer. Winskoop! Geen agente. Prys: R 995 000 Skakel eienaar 072 966 5149
HACIENDA HOTEL SUNDAY BUFFET For bookings contact 056 212 5111
SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT REEKS WINTERSKOENE INGEKRY!! Gesondheidskoene & "Boots" asook "Crocs & Aerosoft" beskikbaar. Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555
KINGS BLINDS
MEENTHUIS TE KOOP Skakel 076 156 0995
Alle tipes blinders asook was en herstelwerk. 082 783 1396 kings/kn/16april2013/jurg
Some masters’ athletes just want to thank their sponsors for making the SA Masters Championship in Oudtshoorn worthwhile. It is much appreciated. We thank you all: - Rolic - Batlotsuwa - Dawn mist - Flacguard - Jilly - Mosebi
EKSAMEN VOORBEREIDING HULP Voorkom teleurstelling Kontak Pieter 072 378 4048
Trendy Wendy Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680
WINTERUITVERKOPING: 15% afslag op uitgesoekte 100% leer en los matte. Top Carpets 056 212 5507.
MOOI WIRE-HAIRE HONDJIES geënt en ontwurm. Prys R 500.00 Kontak Danie Louw 082 829 8344
GROOT KLEUR REKENAARSKERM/ MONITOR te koop gevra Skakel 083 3131 063
PRIVATE "ONE ON ONE" COMPUTER LESSONS: For school kids (Gr. 7 - 12) and adults Aimed at your particular needs. Reserve your space now: 078 757 0909
LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 21 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052 RE-ENAMEL EXPERT Heremalje van ou staalbaddens. Ons gebruik egte emalje. Werk gewaarborg. 071 196 2953. www.jgexpert.co.za
056 215 1515 078 383 8897
Ondergrondse elektriese kabelfout opsporing
HOT SPOT: (oorkant Clicks) MOOI REEKS WINTERKLERE INGEKRY!! Kom loer gerus Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555
VIR teëlwerk, staalwerk, verfwerk, bouwerk, loodgieter- en algemene herstelwerk en grasdakke. Skakel gerus 083 255 6773.
OUMA, MAMMA, Soek jy 'n "Troosdoek" 'n " Spoegdoek" 'n "Naamdoek" vir baba Mooi ontwerpe Kontak Ester Selno: 082 820 1371 Huis nr: 056 212 8562 SITKAMERSTEL 7 SITPLEK met middel tafel en hoek tafel Goeie hout met los kussings Kroonstad: 076 168 1921
38 President Street, Kroonstad
056 215 1515 of 078 383 8897
VIR ALLE: BOUWERK, DUIWELSVURK, STAALWERK, AFDAKKE, TEËLWERK, DREINERING, LOODGIETERSWERK, VERFWERK GOEIE VERWYSINGS
RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.
TAXI DIENSTE: Vir u en u pakkies ( Skakel 076 215 2914
KROONHEUWEL BAZAARS 056 212 7222 Is u opsoek na yskaste, hardeware, speserye (Freddy Hirsch) kombuistoebehore. Kom kyk gerus.
24 HOURS SERVICE
WE BUY ELECTRONIC GOODS FOR CASH!! Contact 082 457 0271
TUINWERKER SOEK WERK vir 4 dae per week Ek kan hard werk, Skakel my by 073 914 7330
WAS VAN VOLVLOERlos matte en SITKAMERSTELLE Top Carpets 056 212 5507
Ek koop byna alle tweedehandse voertuie, bakkies, kombi’s en Ventures vir kontant. Ek is bereid om voertuie te gaan haal.
Skakel Mohammed 072 178 5409 of 072 203 1614
3 SLAAPKAMER WONING op Kraalkop hoewe beskikbaar Kontak agent 082 264 6222 3 SLAAPKAMERHUIS te huur. 2 Badkamers, sit/eetkamer, onderdak parkering. Huur: R 3 500 p m (Krag en water uitgesluit) Kontak 056 212 2977 tydens kantoorure
056 212 2977
TE KOOP GEVRA: enige elektriese of handgereedskap asook houtwerk gereedskap en toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921
VEILIGE STOORPLEK te huur SAFE STORAGE for hire R 350 p m 082 826 3323
ROOMS TO LET Contact 082 908 9555
KDP DIENSTE
30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507
KLEIBAKSTENE IS BETER BERT'S BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene Kleisierstene Kleiplaveiselstene Sement-Maxi-Stene Sement Plaveiselstene Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za
HUISWERKER soek dringend werk. Skakel Maria 076 308 2330
24-UUR-DIENS
Noodnommer: Stefan 082 653 6222
ONS KOOP alle oud of stukkende meubels of elektriese ware. Skakel ons gerus vir beste pryse. Leonard - 082 592 1352
FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels & stoele, stoelcovers kandelare,"underplates", breekware, tafeldoeke, Rooimat,ens. Skakel 079 515 8814.
LOODGIETER
14 JAAR ONDERVINDING GEBARSTE PYPE GEISERS VERSTOPTE RIOLE RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.
DUP'S TRANSPORT: Algemene vervoer en professionele meubelvervoer en verpakking - oral heen. ( 082 770 4309 HARNO VERVOER 4 & 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk Skakel 073 157 7248 JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056 212 1322
SUIDRAND 3 Slaapkamers, badkamer,oopplansitkamer. Kombuis. Motorhuis Swembad. Veilig omhein. Beskikbaar 1 Junie 2013. Herman 082 057 3236
ASSISTENT Vir korttermyn versekering makelaar in Kroonstad Ondervinding 'n vereiste. Salaris ohb vanaf R 4 000 volgens kwalifikasies Faks CV na 086 516 8080 BESTUURSPOS beskikbaar - BLOKMAN met genoegsame vleisondervinding. Koue vleis ondervinding sal 'n bonus wees. Geen rokers of drinkers asb. Epos CV na theuns@act.co.za ONTVANGSDAME DRINGEND benodig Faks CV na 086 774 2031 Sluiting vir aansoeke: 28 Mei om 17:00 OPSOEK NA STOORMAN Moet 'n geldige rybewys en ondervinding hê. Epos CV na trekkers@hpaparts.co.za SADLER INGELYF KROONSTAD Benodig dringend die dienste van 'n ADMINISTRATIEWE KLERK MET GOEIE ONDERVINDING IN REKENAARS EN MS OFFICE. Regsagtergrond sal 'n voorkeur wees. Volledige CV kan gefaks word na (086) 513 6983 of per E-pos gestuur word na hester@sadler.co.za
SIVIELE INGENIEUR, KROONSTAD. *B-Tech-graad in Siviele Ingenieurswese *3 jaar relevante ondervinding *Salaris R20 000 - R25 000 Skakel Elite Personnel by 083 636 3652 of E-pos CV na elitepersonnel@ mtnloaded.co.za of faks na 086 758 8889.
IF YOU WANT TO INSTALL OR FIX Bath, Toilet, Wall and Floor Ceramic Tile, Geyser, Shower, Water Tap or paint house contact Jimmy 078 996 7717
Du Randt & Louw Ingelyf/Incorporated (Reg No 1997/11218/21) BOEDEL WYLE: D PULE BOEDELNOMMER: 3823/2013 KENNISGEWING In die boedel van wyle DAVID PULE, identiteitsnommer 580926 5854 082, woonagtig te 7977 Constantia, Kroonstad. Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 31 MEI 2013 WJ BOTHA Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 Kroonstad
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS
PERSELE TE HUUR Skakel 082 908 9555
Die gebruik van die letter
1 SLAAPKAMERSTEL WOONSTEL te huur Stort, wasbak, aparte toilet. Onderdak parkering. Erf goed omhein. Huur: R 1 500 p m (Krag en water uitgesluit) Kontak 056 212 2977 tydens kantoor ure. WOONSTEL TE HUUR 3 Slaapkamer dupleks, 1 Toesluit parkering. Swembad. R 3 700 p m Skakel 079 883 0462
Du Randt & Louw Ingelyf/Incorporated (Reg No 1997/11218/21) VERKOPING VAN VOERTUIG PER OPENBARE VEILING Verkoping van 'n 1994 Toyota Cressida deur die Balju van Kroonstad op die
6DE JUNIE 2013.
ALGEMENE BOUWERK Skakel 079 225 5759
BETREKKINGS
2 SLAAPKAMER WONING - Oulike kombuis met teëlvloer - mooi kombuiskaste, sitk, badkamer. Kontak eienaar 082 264 6222 HUIS TE KOOP 3 Slaapkamer huis. Suidrand Skakel 082 908 9555
DATUM: 6 JUNIE 2013 PLEK: BALJU KANTORE MURRAYSTRAAT 41 KROONSTAD DU RANDT & LOUW INGELYF PRESIDENTSTRAAT 25 KROONSTAD VERW.: R D VAN WYK/FH/PHB 060 (2)
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
G E K L A S S I F I S E E R D
13
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
15
Kroonstad val vas teen Rovers Martin Venter KROONSTAD het ’n tweede keer op Rovers se veld teen die tuisspan vasgeval. Die telling was 15-34. Dit was ook hul derde agtereenvolgende nederlaag nadat hulle drie weke gelede Rovers die eerste keer op Kroonstad kon klop. Kroonstad het van die begin af duidelik sy intensie gewys toe sy buitesenter, Francois de Jonge, ná ’n skitterende breek afgerond het met hul eerste drie binne die eerste paar minute. Tiaan van Wyk het die drie verdoel om die besoekers met 7-0 te laat voorloop. Rovers het egter nie op hulle laat wag nie en dadelik teruggeslaan en hul eerste drie gedruk. Die drie is nie verdoel nie en dus kon die besoekers nog kortkop met 7-5 voorloop. Ná ’n ruk wat die spel heen en weer oor die veld beweeg het, het die besoekers weer in die tuisspan se gebied gekom en het die tuisspan ’n strafskop afgestaan. Van Wyk het pale toe gemik en die besoekers se voorsprong na 10-5 gerek. Kort voor rustyd het die tuisspan swak verdediging van die besoekers uitgebuit en hul tweede drie gedruk, maar dit ook nie verdoel nie. Dit het teen lemoentyd sake gelyk op 10 punte elk laat trek. In die tweede helfte het Kroonstad skielik van stryk gelyk en baie meer foute as in die eerste helfte begaan. Rovers het nadat hulle swak verdediging geklop het die eerste punte met die eerste van nog vier drieë in die tweede helfte aangeteken. Die doelskop was suksesvol en die tuisspan het die eerste keer in die wedstryd met 10-17 voorgeloop. Van daar was dit basies net eenrigtingverkeer en hoewel die besoekers hard probeer wal gooi het, kon hulle eenvoudig net nie al die gate toestop nie en het die tuisspan nog ’n drie gedruk om hul voorsprong verder na 10-24 te rek. Daar was heelwat ligpunte vir die besoekers ook. Nadat hulle met ’n paar goeie aanvalle en goeie lopies gekom het, het hul heelagter, Christiaan Cornelissen, van die laaste vesting goed aangeval en die beweging aangevoer wat op sy drie uitgeloop het. Die doelskop was mis en het die agterstand na 15-24 gekrimp. Met nog sowat 15 minute oor kon Kroonstad nie die rotsvaste verdediging van Rovers klop nie en het Rovers nog twee drieë gedruk, maar nie een van hulle verdoel nie. Dit was neusie verby vir die besoekers en hulle het kous oor die kop teruggekom huis toe met die eindtelling 15-34. Voorlangs het veral CJ Schlebusch en die lostrio met Luan Kleyngeld aan die spits ’n barshou gespeel. Die res van die voorspelers het hulle goed aangevul. Die voorry het ook sy man in die skrums gestaan. Agterlangs het Petri Kunz, in die afwesigheid van die beseerde Lucas Boucher, ’n verskil gemaak. Francois de Jonge het met reëlmaat goed aangeval, terwyl Christiaan Cornelissen op die laaste vesting deurgaans goed die hoë lugskoppe kon beheer en ook skitterend van daar aanvallende rugby gespeel het. Hulle het ook afskeid geneem van Pieter Cockeran wat nou op die Karoodorp Philipstown gaan werk. Die tweede span kon egter steeds nie na ’n hoër rat oorskakel nie en is steeds wenloos in die liga nadat hulle ook teen Rovers met 12-34 vasgeval het. Hoewel hulle op papier na ’n goeie span gelyk het, het hulle baie foute gemaak en selfs twee geleenthede om punte aan te teken in die eerste helfte weggegooi. Die tuisspan het drie onverdoelde drieë in die eerste helfte gedruk sonder antwoord van die besoekers. Die rustydtelling was 15-0 in die tuisspan se guns. In die tweede helfte het Kroonstad ’n bietjie meer aanvallend gespeel en is selfs met twee
goeie drieë deur Renier Moolman en Johan Boucher beloon. Luan Janse van Rensburg het die een drie verdoel. Die tuisspan het egter nog drie drieë, waarvan twee verdoel is, aangeteken om sodoende die eindtelling op 12-34 te staan te bring. Agterlangs het Cassie Carstens en Johan Com-
brinck goed op die aanval gelyk, terwyl die kleine Renier Moolman voorlangs ’n barshou gespeel het. Kom ondersteun Kroonstad hierdie Vrydag op sy tuisveld wanneer die span teen Welkom te staan kom. Punte en puntemakers:
Public Invitation to the Fourth Ordinary Meeting of Municipal Council (Adoption of Budget and IDP for 2013/2014 Financial Year) Notice No: FDDM 115-2012/2013 The public is hereby invited in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 32 of 2000, as amended, to the fourth ordinary meeting (No 4 of 2012/2013) of Municipal Council of Fezile Dabi District Municipality to be held as follows: Date: 30 May 2013 Venue: Cornelia Town Hall Time: 12:00 L Molibeli - Municipal Manager Human Communications 99049
Eerste span: Kroonstad 15 (10): Drieë: Francois de Jonge, Christiaan Cornelissen. Doelskop en strafdoel: Tiaan van Wyk Rovers 34 (10) Tweede span: Kroonstad 12 (0): Drieë: Renier Moolman, Johan Boucher. Doelskop: Luan Janse van Rensburg.
16
KROONNUUS, DINSDAG 28 MEI 2013
Botes wil ander inspireer met sport Marlene Jordaan AS hy nie 25 uur per week aan die oefen is nie, is hy agter die boeke of gee hy klas in die gimnasium om ekstra geld te verdien. Ruan Botes (22), ’n student aan die Universiteit van Pretoria en oud-Bloue (Hoërskool Kroonstad), gaan eersdaags aan die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms in tweekamp in Kanada deelneem. Van die ses tweekampwedlope waaraan hy die afgelope jaar deelgeneem het, het hy elke keer onder die drie topplekke in sy ouderdomsgroep geëindig. Benewens die byeenkoms in Kanada, gaan hy ook in September aan die Elite-Wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Spanje deelneem. Hy studeer sportwetenskappe en beplan om volgende jaar sy honneursgraad te doen. Hy het ook vroeër vanjaar saam met dr. Willem Daffue, ’n plaaslike veearts, aan die Joburg to Sea-bergfietswedren deelgeneem. Tydens dié resies, wat nege dae lank duur, het hy saans die deelnemers se seer spiere gemasseer. Hy doen dié sportmasseerwerk reeds op die afgelope twee jaar se wedrenne. Botes sê sy grootste droom is om jong mense te motiveer om aan sport deel te neem. Hy wil graag motiveringspraatjies lewer en jong mense trots maak op hul liggame. Sy ouers is Wynand en Elda Botes van Kroonstad.
Maak skoonskip in kragmeting TYDENS die Rooies (Afrikaanse Hoërskool) en Bloues (Hoërskool Kroonstad) se netbalkragme ting wat verlede week vir die liga plaasgevind het, het die Rooies se eerste netbalspan die Blou skool se eerste netbalspan met 3814 geklop. Van links is, voor: Lené van der Watt en Nadine Watson; agter: Bianca Conradie, Donné van Wyk, Miemie Vergottini, Tharien Froneman, Lené Venter, Carmen Klopper, Lientjie Strydom en Lulu Janse van Rensburg (afrigter). Foto: Riaan Burger
RUAN BOTES
Foto: Verskaf