Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 14 APRIL 2015
DOG GROOMING PARLOUR
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
X1PXUGAM-KN070415
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Goeie paaie in vooruitsig
Alternatiewe roetes bied intussen oplossing vir motoriste Tharine Hurter AAN die een kant kla sakelui van Kroonstad dat hul kasregisters minder klingel omdat klante nie makliker toegang en parkeerplek in Cross-straat in die middedorp weens die padwerk aan dié pad kry nie. Aan die ander kant juig inwoners omdat Sedtrade, ’n padkonstruksiemaatskappy, in opdrag van die Vrystaatse departement van paaie, polisie, vervoer en veiligheid, Suidweg, Cross-straat én Reitzstraat teen sowat R69 miljoen oorbou. Kroonstad het al ’n slegte naam weens die toestand van die paaie in die dorp gekry. Goeie nuus is egter dat dié kontrak van miljoene rande in 12 maande voltooi sal wees. Kortpaaie én alternatiewe roetes in Kroonstad bestaan wel om uit ’n suidelike rigting na die noordelike woonbuurte van die dorp te ry. Dit verg net ’n kopskuif en beter roetebeplanning. Elfdeweg, die pad agter die Checkerssentrum na die nywerheidsgebied, is sedert verlede week oopgestel en spog met ’n puik nuwe teerlaag. Om uit die suidelike woonbuurte na die noordelike gedeeltes die middedorp en duikweg in Cross-straat te vermy volg gerus dié alternatiewe roete: Ry oor die Alexandria-brug (beter bekend as die robotbrug), draai links in Truterstraat, weer links in Brandstraat, regs in Swart-straat, oor die Stasie-straat-verkeersirkel (met Cashbuild aan jou regterkant), volg die pad na Maokeng en draai regs by die Elfde-weg-verkeersirkel verby die Engen-vulstasie agter Checkers tot by die Viljoenskroon-aansluiting. Draai dan regs tot by die verkeersirkel in Noordweg. Só kan motoriste die gerief van ’n goeie padoppervlak geniet én verkeersopeenhopings in die middedorp vermy. Nog ’n alternatiewe roete van suid na noord is om die S-brug van Bukes-straat en Maraisstraat na die onderskeie skole in die noordelike gebied te bereik. Later in die jaar sal die padwerk aan Reitzstraat begin. Van die noorde na die sakekern kan die duikweg steeds gebruik word, maar draai dan links in Stasiestraat en weer regs in Buitenkantstraat om die middedorp se padwerk te vermy. ) ’n Kaart van Kroonstad word vir lesers se gerief op bl. 5 gepubliseer.
’n ARENDSBLIK uit ’n vliegtuig met die geoefende oog van fotograaf Remi Coetzee van Kroonstad om die padwerk by Suidweg digitaal vas te lê. Die toegangsroetes na Kroonstad van die N1hoofweg word teen sowat R69 miljoen deur Sedtrade, ’n konstruksiemaatskappy, in opdrag van die Vrystaatse departement van paaie, polisie, vervoer en veiligheid oorgebou. Dié padwerk hou natuurlik ongerief vir motoriste in. Lees gerus hiernaas watter alternatiewe roetes in Kroonstad verkeersopeenhopings kan stuit. Foto: Octo Aerial Photography/Remi Coetzee
Penny’s Guesthouse
MASTERS IN
GLASS
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
X1PXQYUM-KN070415
Tel: 056 213 2324 /6 X1PXTEEA-KN140415
X1PXHHMR-KN070415
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PXUE2R-KN070415