Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 28 APRIL 2015
DOG GROOMING PARLOUR
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
X1PXUGAM-KN280415
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Babatreë na herstel
Sue vasbeslote om weer te loop ná motorongeluk Tharine Hurter ’n JAAR gelede het Sue Jordaan (32) vir langer as ’n maand by die Better Beinghospitaal in Thailand stamsel-inplantings ontvang. Sy was 19 maande gelede in ’n motorongeluk waarin een van haar L1-werwels gebars het. Die vooruitsig dat sy enigsins weer gevoel in haar bene sou hê, was swak. Met deursettingsvermoë, ’n vaste geloof en al haar spaargeld, asook die pensioengeld wat sy ontvang het van die firma waar sy kort ná die ongeluk afgedank is, het sy die stamsel-inplantings laat doen. Sy probeer genoeg geld insamel om die eerste mens in Afrika te word wat ’n spesiale stimulator-inplanting in haar bene kry. Die toestel sal die seine van haar brein na haar bene kan stuur sodat sy dalk weer eendag kan loop. “Dit is my grootste hoop, wens en gebed om net weer te kan loop,” sê Jordaan. Ondanks ’n geldinsamelingsveldtog en Facebookblad, Making Sue Walk, is die geld net nie daar om dié tegnologies gevorderde prosedure te laat doen nie. Haar spesialis, dr. Schalk Burger, het onlangs bevestig dat daar beslis groei in haar linkerkant is, en sensasie by haar stuitjie is ’n positiewe teken. Waar sy glad nie regop kon sit nie, kan sy vandag, “soos ’n ballerina kiertsregop sit”. Met Elizna Wilken, ’n biokinetikus in die dorp, wat haar bystaan, kan sy al op ’n oefenfiets trap sonder om gestut te word. Haar maagspiere was weens die ongeluk heeltemal onaktief en die twee uur lange oefeninge by Wilken elke dag help haar om haar balans self te handhaaf. Sy kan al soos ’n baba kruip en self op ’n bank klouter. “Ek is soos enige ander vrou. Ek huil en lag. Ek is onafhanklik en kan self beweeg. Ek is net in ’n rolstoel,” sê sy met gemak en ’n breë glimlag. Mense besef nie watter impak iemand wat skielik gestremd is op ’n huishouding het nie. Die hele huis se bestuur verander. Haar kinders, Donna-lee en Maryka, moet handjie bysit om hul ma se lewensgehalte te verbeter. ’n Klip in haar skoen is ondernemings in Kroonstad wat nie rolstoelvriendelik is nie. Sy wou byvoorbeeld ’n nuwe ritssluiter vir haar rolstoelkussing koop en het self na die onderneming gery, in haar rolstoel geskuif en die onderneming binnegegaan. In die nou gangetjies is sy
‘Ek is soos enige ander vrou. Ek huil en lag. Ek is onaf hanklik en kan self beweeg. Ek is net in ’n rolstoel.’ – Sue Jordaan nie eens gevra wat sy benodig nie, maar summier die deur gewys omdat sy glo, “die goed sal omstamp”. In ’n ander geval het ’n vulstasie per abuis waterbesoedelde brandstof in haar motor gegooi. Die bestuurder het nie moeite gedoen om haar te help nie en sy moes sonder bystand meer as drie uur in ’n warm kar sit en wag – al was die brandstofstorting nie haar fout nie. Haar dogter neem balletklas en sy kon, soos gewoonlik, nie op die gestremde parkeerplek naby ENB in Kroonstad parkeer nie. Sy het die kans gewaag om in haar motor op die geel lyn voor ’n ingang by die balletskool vir haar dogter te wag. “ ’n Mens kan nie ’n agtjarige alleen in die middedorp laat loop nie.” ’n Verkeersbeampte het haar uitgeskel en gesê sy moet uitklim as sy met hom wat praat om haar situasie te verduidelik. Sy is R300 beboet vir die oortreding. “Dít terwyl die kosstalletjie langsaan twee parkeerplekke opneem.” Gelukkig was haar vertoë geslaag. Motoriste kan ook ongeskik raak as hulle gevra word om hul voertuie van gestremde parkeerplekke te verwyder. “Dit is asof die gestremde ’n teiken word.” Sedert die ongeluk en die gevolglike afdanking by haar werk is sy nog nie weer genader vir ’n vaste betrekking nie. Sy is hoogs opgelei in die bestuur van ’n tak en is trots daarop dat die plekke wat sy bestuur het, altyd goed gepresteer het. “My kop is finansieel aangeskroef. Ek sit in ’n rolstoel, maar my kop is nog heeltemal reg en ek sien so uit en verlang so na my werk.” Die pad na herstel is babatreë. Die koste vir die stimulator-inplanting vir normale beenbeweging voel in dié stadium buite bereik, maar sy hou nie op hoop en bid nie. “God het my tot hier gedra. Ek sal weer kan loop. Ek glo so.” Mense wat meer inligting oor die inplanting wil kry, kan die Facebookblad Making Sue Walk dophou.
SUE JORDAAN van Kroonstad kan al haar linkerbeen self beweeg en in dié posisie haar been sonder hulp stut. Sy kan ook al “soos ’n ballerina” kiertsregop sit. Sy was 19 maande gelede in ’n motorongeluk waarin een van haar werwels gebars het. Ná ’n stamselinplanting in Thailand dié tyd verlede jaar, het sy merkwaardige vordering en groei getoon en sy ervaar al sensasie. Foto: Tharine Hurter
X1Q0UN4H-KN280415
Penny’s Guesthouse
MASTERS IN
GLASS
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
X1PXQYUM-KN070415
Tel: 056 213 2324 /6 X1PXTEEC-KN280415
X1PXHHMR-KN280415
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PXUE2R-KN280415