Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 17 MAART 2015
DOG GROOMING PARLOUR
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
X1PTPN5D-KN030315
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Paaie só opgeknap Jana Smit
KROONSTAD. – Die rehabilitasiewerk aan twee paaie hier het Woensdagoggend (11/03) amptelik begin toe ’n boonste laag teer opgebreek is. Die rehabilitasie begin by Suidweg, wat later Cross-straat (die hoofstraat) word. Reitzstraat sal ook herbou word. ’n Herwinningsmasjien met penne het gisteroggend met die opkapping van die teer in Suidweg begin. Die eerste deel van die opknapping word van die sirkel af in Suidweg vir 200 m suid gedoen. “Ons werk volwydte aan albei bane gelyk,” het Deon Karsten terreinagent: Sedtrade, gesê. Hy het gesê die boonste 190 mm teer word verwyder. “Die volgende laag word met bitumen en sement gestabiliseer. Daarna word ’n nuwe laag klipslag van 150 mm gegooi, waarna ’n nuwe teerlaag van 40 mm bo-oor gegooi word.” Voordat dít egter kan gebeur, moet munisipale verspreidingslyne (elektries, Telkom, water en op plekke, riool) eers geskuif word. ’n Subkontrakteur sal dié deel van die kontrak behartig. Sekere paaie is weens die rehabilitasiewerk gesluit. Inwoners van Wilgenhof, Panorama en Suidrand moet vir die rehabilitasietydperk Van der Lingenstraat of die pad oor die robotbrug gebruik om na die sentrale sakegebied te ry. Die tweede sluiting strek van die kruising in Cross- en Reitzstraat tot by Thessenstraat. By dié sluiting sal daar egter slegs in halfwydtes gewerk word. Die moontlikheid dat Sedtrade, die kontrakteur, in die nag sal kan werk, is nie uitgesluit nie. Hy wag vir toestemming daarvoor. Karstens sê die presiese tydsduur van die projek sal van die pas waarteen munisipale dienste geskuif word, afhang. Hy sê hoewel paaie in die omgewing gesluit is, is winkels
SPASKI GELDENHUIS, DAraadslid, Donderdagoggend (12/03) by Suidweg waar begin is om die teer op te kap. by die Panorama-Plaza steeds oop. Arthur McKenzie, segspersoon vir die gemeenskap, werkers en Sedtrade vir die Reitz- en Crossstraatprojek, vra verskoning vir die ongerief, soos die stof en geslote paaie, wat die projek veroorsaak. “Daar is egter nie ’n alternatief nie. Die pad is in ’n haglike toestand,” sê McKenzie. Hy sê swak paaie sal beslis nie beleggers na die dorp lok nie en beleggings is nodig in Kroonstad. Hy het mense se geduld en samewerking gedurende die projek gevra. “As ons nou met ’n paar maande se frustrasie uithou, sal ons later die vrugte pluk. Vervoer is die hartklop van die ekonomie.” Inwoners word genooi om McKenzie te bel met voorstelle om die proses te vergemaklik. Klagtes kan ook by hom aangemeld word by 072-689-7289.
JAN VLOK (operateur van Wirtgenherwinningsmasjiene) en Deon Karsten (terreinagent: Sedtrade) kort voordat daar met die opkap van die teer in Suid weg begin is.
Foto’s: Jana Smit
ARTHUR MCKENZIE, segsper soon vir die gemeenskap, wer kers en Sedtrade vir die projek.
the interior shop You’ve tried the rest, now use the best!
Grootste meubel- en gordynvertoonlokaal in die Noord-Vrystaat. le Venetiaanse blinders: sione s e f o Pr • Praktiese oplossing shuise n e n n bi • Beheer lig en privaatheid g erin s i v d a • Wye verskeidenheid
Plascon- en Dulux-voorraadhouers Decor Centre 056 2131 707 Paint Centre 056 2131 690
6-18 maande rekeninge beskikbaar
Cross-straat 130 Kroonstad X1PVGTFM-KN170315
Penny’s Guesthouse
MASTERS IN
GLASS
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
X1PTL1UH-KN030315
Tel: 056 213 2324 /6 X1PTL46K-KN170315
X1PTMQB9-KN030315
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PTHW6M-KN030315