Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 21 APRIL 2015
DOG GROOMING PARLOUR
Truterstr. 5 (By Kroonstad Dierehospitaal)
Tel. 056 215 1957 Sel. 076 809 7064 Ons gaan haal en lewer af.
X1PXUGAM-KN070415
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Beskou die wêreld van bo
MET dié twee vliegtuie is talle vlieëniers al deur Fanie Keyser, ’n gesoute vlieënier en vlieginstrukteur van Kroonstad, opgelei. Keyser het sowat 35 jaar vliegervaring en sal Saterdag (25/04) sy kennis met besoekers aan die Kroonstadvliegopedag by die Kroonstadlughawe deel. Foto: Tharine Hurter
Kom vlieg saam en geniet die ope dag by Kroonstad-lughawe Tharine Hurter KLIM in ’n vliegtuig en ontdek die wêreld. Ruk in groot getalle Saterdag (25/04) na die Kroonstad-lughawe op en bewonder die lugvaartbedryf wat plaaslik baie aktief funksioneer. Van 08:00 kan die vliegentoesiaste gratis na demonstrasies van ’n wye verskeidenheid vliegtuie en helikopters by die lughawe kyk en dalk sommer op die wieke van die wind die dorp besigtig. Fanie Keyser, ’n Kroonstadter van Fantini Air, is ’n vlieënier en vlieginstrukteur wat al talle vlieëniers van oor die land heen plaaslik opgelei het. Hy spog met sowat 35 jaar ervaring in die vliegbedryf en is van die min vlieginstrukteurs wat onder meer gemagtig is om lugbespuitingsvlieëniers op te lei. “Mense is onder ’n wanindruk dat vlieg net vir uitgelese mense bestem is. Vir
sowat R30 000 kan ’n ontspanningsvlieënierslisensie verkry word. Dit sluit in dat ’n vlieënier wettig vliegtuie vir ontspanningsdoeleiendes kan vlieg. Dit is baie duurder om ’n privaatvlieënierslisensie en handelsvlieënierslisensie te bekom. Afhangend van die talente en vaardighede van ’n voornemende vlieënier kan dit sowat R100 000 of meer kos om ’n privaatvlieënierslisensie te bekom,” sê Keyser. In Suid-Afrika kan ’n lid van die publiek reeds op 15-jarige ouderdom vliegopleiding ontvang. In Kroonstad is die klimaatstoestande en geriewe só gerat om vlieëniers van die Kroonstad-lughawe op te lei. Die lughawe is oos van Kroonstad op die ou Lindley-pad (uitgangsroete uit Reitzstraat verby die woonbuurtes Tuinhof en Jordania) geleë. Saterdag kan besoekers aan die ope dag onder meer ’n lugbespuitingsdemonstrasie,
’n wildvang-demonstrasie, mikro-ligtevliegtuie, valskermspringers, sweeftuie, girokopters en helikopters in aksie, asook valskermsweef (paragliding) beleef en aanskou. Die eienaars van radiobeheerde vliegtuigies sal ook by die geleentheid hul vaardighede met dié gesogte stokperdjie ten toon stel. Diegene wat tussen R200 en R300 het om ’n vliegdroom bo die lugruim van Kroonstad te verwesenlik, kan vroeg reeds saam met handelsvlieëniers sowat 20 tot 30 minute saam vlieg. Keyser sê die doelwit met die byeenkoms is om uit Kroonstadse vlieggeledere vir Kroonstadters te wys wat die vliegbedryf op die platteland kan vermag en ook hoe aktief die bedryf in die omgewing is. “Nagenoeg 50 vlieëniers van die omgewing met hulle vliegtuie het reeds aangedui dat hul die opedag gaan bywoon,” sê
Keyser. Teen slegs R10 per kaartjie kan ’n springbok, blesbok of ’n vliegrit deur die publiek gewen word. Kaartjiehouers kan hul genommerde bekertjies op ’n terrein wat deur die organiseerder uitgemerk sal word, plaas. ’n Vlieënier sal uit ’n vliegtuig drie meelbomme op die terrein gooi en die gelukkige kaartjiewenner se bekertjie wat getref word, sal die pryse kan wen. Vir vlieëniers word ’n interne kompetisie aangebied. Hierin is ’n vliegtuigradio op die spel. As die son gaan sak, kan ’n lekker opskop verwag word en besoekers kan braaipakkies en bykosse by die onderskeie stalletjies koop en lekker vliegstories deel en saampraat. Vir die jongklomp sal ’n springkasteel beskikbaar wees. Rig navrae aan Keyser by 079-700-5250.
the interior shop You’ve tried the rest, now use the best!
U no. 1-keuse vir volvoermatte Decor Centre 056 2131 707 Paint Centre 056 2131 690 TIS Boutique 056 213 2623
6-24 maande rekeninge beskikbaar
Cross-straat 130 Kroonstad
ens Nouw ed dit accre r. deale X1Q0A25M-KN210415
Penny’s Guesthouse
MASTERS IN
GLASS
13 Reitz Street, KROONSTAD 9499 Tel. 056 212 4511/2 Cell: 072 851 6999 / 082 736 5760
X1PXQYUM-KN070415
Tel: 056 213 2324 /6 X1PXTEEB-KN210415
X1PXHHMR-KN070415
28 Rautenbach St, Kroonheuwel, Kroonstad 9499 Contact: Penny 082 853 2515 info@pennysguesthouse.co.za
X1PXUE2R-KN070415