Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 9 JULIE 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Groot lof vir sanger
Wen in talentkompetisie vir senior burgers Tharine Geldenhuys
‘As jong meisie in my matriekjaar het ek die trofee vir sang verower en is destyds gekies as een van die meisies vir die eerste Vrystaatse Jeugkoor.’ – Anette Jonker
ANETTE JONKER is lief vir die verhoog. Sy het al op agtjarige ouderdom aan kunswedstryde deelgeneem en baie gewen. Vandag, ouer as vyf dekades, het sy nóg ’n kompetisie met haar uitsonderlike sang gewen. Dié haarkapper van Kroonstad het aan die eerste landwye Afrikaanse talentkompetisie vir senior burgers deelgeneem en die afdeling vir ’n Afrikaanse liedjie gewen. Van die land se bekendste en suksesvolste sangers en musikante, wat self ook senior burgers is, het as beoordelaars opgetree. Twee van die Afrikaanse sangers met internasionale status, Mimi Coertse en Rouel Beukes, was die hoofbeoordelaars. Anette het al die verhoog aan met Rouel gedeel. “Dis lekker om erkenning so te kry. As jong meisie in my matriekjaar het ek die trofee vir sang verower en is destyds verkies as een van die meisies vir die eerste Vrystaatse Jeugkoor,” vertel Anette. Die beoordelaar Lance James het op die talentkompetisie gesê dit is “hoog tyd dat ons aan ons senior burgers wat nog oor sang- en musiektalent beskik, die geleentheid bied om van hulle te laat hoor.” Met Gé Kortsten se treffer Ek kyk graag so diep in jou oë het dié mooi vrou van Kroonstad “byna dag en nag geoefen om die woorde onder die knie te kry”. “Ek het myself nie in die steek gelaat nie,” sê sy laggend. Die pryswennerkonsert het op 27 Junie in die Lemon Jac-teater in Centurion, Gauteng, plaasgevind. ’n CD-opname van die treffers ten bate van die ATKV-Centurion se verskeidenheid omgeeprojekte, Ons eer ons senior burgers, sal opgeneem word. Dit sal nie in die handel beskikbaar wees nie, maar soos wat die ATKV skenkings van die publiek en ondernemings ontvang, sal ’n eksemplaar aan elke ouetehuis en aftreeoord
Luister na ’n video-opname van Anette waar sy die wenlied sing by www.kroonnuus.co.za
gegee word. Ná skool het sy sangopleiding by Noleen Mitchell ontvang en ook die mikrofoontegniek en verdere sangopleiding by Eve Boswell gekry. As solis is sy ’n bekende op Kroonstad en het by Sheila Fox en haar man in Bloemfontein opgetree. In die destydse Sukovs-vrouekoor het sy ook in die karmina-sanger as solis opgetree. Sy het ’n fyn oor vir musiek en het menige jong sanger al geïnspireer om die regte sangstem te ontwikkel. In 1973 het sy en haar oorlede man, Danie, hulle by die gevangenisdiensorkes op Kroonstad aangesluit en sy het die fagot bespeel. Saam met dié orkes het sy talle gehore landwyd met haar mooi sang bekoor. Vandag is die orkes ontbind, maar Kroonstad se musiektalent reis selfs oorsee as die SA Leërorkes. Anette word baiekeer genooi om saam met die orkes op te tree. Dit is ook nie ongewoon dat haar dogter, Carla Steyn, en haar skoonseun, Carel, ook die musikale voetspore in die orkes volg nie. Ander bekendes saam met wie sy opgetree het, is Sjoert Beuke, Danie Niehaus, Anton Goosen en André Schwartz. Saam met Rouel en Charl van Heyningen het sy in die produksie Singing Christmas opgetree.
ANETTE JONKER is Kroonstad se sangtrots.
Foto: Verskaf
2
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Pa en dogter saam in tuig Marlene Jordaan AL die jare nog fluit ao. Ernest Potgieter, hondehanteerder, vir sy honde én sy kinders op dieselfde manier as om hulle te roep. Vandag nog, wanneer dié bekende fluit in die gange van die polisie se honde-eenheid op Kroonstad weergalm, weet sy dogter, Riana (27), hy soek na haar. Maar vandag is sy nie meer die adjudantoffisier se dogtertjie
nie. Sy is nou konst. Riana du Preez, sedert Oktober verlede jaar ’n volwaardige hondehanteerder en lid van die eenheid op Kroonstad waar haar pa al sedert 1988 diens doen. En eintlik is dit nou drie geslagte wat by die eenheid werk, want sy is drie maande swanger met haar en haar man, Kobus, se eersteling. Dit is die eerste keer nog dat ’n pa en dogter saam by die eenheid diens doen. “Ek het nie altyd ge-
weet vir wie my pa fluit nie. As hy met ons kinders geraas het, het hy altyd gesê ‘Foei!’ net soos hy met die honde raas,” skerts Riana. Sy het twee jonger broers, Jaco (15) en Conrad (26). “My pa is al sedert my geboorte ’n hondehanteerder. Dit is maar deel van my. Dit het my loopbaankeuse beïnvloed. Dit is ’n lekker gevoel om te weet my pa is hier en deel van my werk.” Die twee sien mekaar eintlik net Woensdae wanneer dit die honde se oefendag is. Hulle werk nie op dieselfde skof nie, hoewel hulle al saam by ondersoeke betrokke was en saam booswigte aangekeer het.
Potgieter is baie trots op sy dogter. Toe sy Oktober verlede jaar by die polisie se hondeskool in Pretoria uitgepaseer het, het hy haar gaan verras deur self haar sertifikaat te oorhandig en haar “hondekop”-balkie aan te steek. Gewoonlik word dit deur die instrukteurs gedoen, maar vir pa en dogter is ’n spesiale reëling getref. “Van die hardebaarde het trane in die oë gehad oor hoe haar gesig gelyk het toe sy my daar sien,” vertel Potgieter. “Dit is soms moeilik om die pa-gevoel en die polisieman-gevoel te skei. Maar ek vertrou my kind se vermoë in gevaarsituasies ten vol-
le en ek vertrou die opleiding wat sy gekry het. En ek vertrou haar hond – hy is ’n kwaai een. “Riana is baie ‘taf’. Hulle sê sy aard na my,” skerts hy. Pa se hond is Dixie, ’n skaaphond wat dwelms uitsnuffel. Sy vorige hond, Kirby, wat talle eerbewyse uitgesnuffel het, is deesdae “met pensioen by die huis”. Riana se patrolliehond is Whisper. Hy is ’n malinois, ook bekend as ’n Belgiese herdershond. “Hulle is baie kwaai en neem een baas aan en dit is dit,” sê sy. Toe sy hom vir die fotosessie uit die hok haal, staaf hy haar woorde. Selfs Pa bly op ’n afstand.
PA en dogter. Ao. Ernest Potgieter en konst. Riana du Preez is albei hondehanteerders van die polisie se honde-eenheid op Kroonstad. Foto: Marlene Jordaan
Bloed nóú nodig Tharine Geldenhuys TERWYL die land gereed maak om iets te doen om ’n verskil te maak aan die lewe van ander mense op 18 Julie op Mandela-dag wil die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) die publiek aanmoedig om betrokke te raak by bloedskenking. Die huidige bloedvoorraad is op ’n kritieke vlak en insameling is ook laag weens die koue weerstoestande en skole en universiteite wat gesluit is. Insamelings het só drasties afgeneem dat daar nou slegs ’n 1,7-dagvoorraad beskikbaar is. Dit is aansienlik minder as die vyfdagvoorraad wat nodig is om te verseker daar word aan die land se behoefte aan veilige bloed voldoen. Die diens moet daagliks 3 000 eenhede bloed kry en van die begin van die wintervakansie word dié doelwit nie bereik nie.
Ons vra dat die publiek elke dag as Mandela-dag beskou en gereelde bloedskenkers word. Die onbaatsugtige daad kan tot drie lewens red. Besoek die bloedskenksentrum by Checkers op Donderdag 18 Julie, Mandela-dag, van 10:00 tot 19:00 en skenk bloed. Die SANBD se Kroonstad-tak het die volgende veldtogte om die bloedtekort aan te vul: ) Donderdag 11 Julie: Die SANBD se Oh so awesome-dag. Skenkers van die bloedgroep O word genooi om bloed te skenk, omdat die O-negatief-groep die universele bloedgroep is en in ’n noodgeval aan pasiënte van enige ander bloedgroep gegee kan word. ) 15 tot 20 Julie: Jail & Bail. Die SANBD se doelwit is om minstens 25 eenhede bloed daagliks in te samel. ) Saterdag 20 Julie: Wees ons Batman en red ’n lewe-dag.
IN Junie het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) die ondernemings op Kroonstad aangemoedig om 20 of meer skenkers te oortuig om namens hul besigheid bloed te skenk. Pick n Pay Panorama Plaza het altesaam 23 eenhede bloed geskenk. Hiermee het hy radiobemarking ter waarde van R17 000 by Ofm gewen. Bronwyn Petersen, skakelbeampte van die Kroonstadse SANBD-tak, sê dit is belangrik om in die winter iets te doen om die bloedtekort te verlig. Mense word in die winter platgetrek deur siektes en kan derhalwe nie bloed skenk nie. Die besigheidsbloeiveldtog het dié tak se eenhede beskikbare bloed met 53 eenhede aangevul. By haar is Jurgens Prinsloo. Foto: Verskaf
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Kruger kén landbou Woon vertoning Tharine Geldenhuys
“Ons leef in drie wêrelde: die boer wat kommersieel volskaals boer, die kleiner boer en die MET byna vier dekades se ondervinding daarin opkomende boer. Die groot boer kan risiko’s om boerderye se boeke te laat klop, kom Dries makliker waag en koop in die meeste gevalle Kruger ’n lang pad met die landbou. kleiner boere se grond waarop die tegnologie Hy is onlangs as voorsitter van Senwesbel, agterweë geraak het,” sê Kruger. die beheermaatskappy van Senwes, aangewys. ’n Boer wat onder ’n finansiële lening moet Boere is die aandeelhouers van Senwesbel. Dit produseer, is aan produkprysvasstellings onis ’n boeremaatskappy. derhewig. Dit veroorsaak min beweegruimte “Toe die destydse koöperasie na Senwes om- en insetkoste met insetversekering het ’n groot geskakel, is die ledebelange in die koöperasies impak en kan die kleiner boer maak of breek, in aandele aan boere sê hy. gebied. Sowat 2 784 Kruger volg op sy boere is aandeelhouvoorganger, Danie ers van Senwesbel. Minnaar (sien Kroon“ ’n Boer is ’n sakenuus van 2 Julie), se man. Dit is ’n tegniese aanstelling as voorsitbedryf en die boer ter van Senwes nadat moet die belegging Japie Grobler onoopkop in ’n vryelangs sy uittrede in markstelsel bestuur Augustus aangekonen bedryf,” sê Kruger. dig het. Hy is ’n geoktrooi“Dit is vir my ’n eerde rekenmeester voorreg om Senweswat ook 12 jaar as bel se voorsitter te raadslid in die beword ná manne soos stuurskomitee van Japie Grobler en Dadie destydse Kroonnie Minnaar. Ek sien stad-stadsraad en as uit na groot verwikkeburgemeester van linge by Senwes – wat 1991-’92 gedien het. ’n positiewe impak op Op ’n vraag of die Senwesbel behoort te landbou steeds die hê,” het Kruger gesê. dryfveer van die Hy dien sedert 2007 Kroonstadse gemeen- DRIES KRUGER, nuwe voorsitter van Senwes- in die direksie van skap is, is hy baie po- bel. Laasgenoemde is die meerderheidsaan- Senwesbel en is dus deelhouer in Senwes. Foto: Verskaf sitief. goed vertroud met die “Ons streek is redebesigheid. lik gemeng en geskik om ’n wye verskeidenheid As ’n verteenwoordiger van Senwesbel in die van gemengde boerderye te bedryf. Boerdery in Senwes-direksie dien hy as voorsitter van die die streek is die dryfveer van die dorp se ekono- sosiale en etiese komitee en as lid van die ouditmie en dit sal so bly. Boerdery bly die beste be- komitee. legging vir jou geld, mits jy met die nodige tegSenwesbel hou ’n belang van 58% in Senwes. nologie hoëverrigtingboerdery toepas en die Laasgenoemde is tot dusver Senwesbel se beste bestuur, asook kennis van die verhande- enigste bate en dié beleggingsmaatskappy onling van graan, het. dersteun Senwes se strategie om op langterSy finansiële bestuursvermoë maak hom ’n mynvoortbestaan en -volhoubaarheid te fokus. kenner in die bestuur van ’n boerdery. “Dit is Op ’n landbougeoriënteerde dorp soos Kroonnoodsaaklik dat die boer optimale opbrengste stad meen Kruger die ou beleid om die bedrywe op sy grond lewer. Die koste en ontwikkeling op jou eie dorp te ondersteun maak die dorp lemaak dit al hoe moeiliker vir die kleiner boere wensvatbaar. “Koop Kroonstad,” sê hy. om met tegnologie by te hou.
by en help diere Tharine Geldenhuys
’n GEMEENSKAP wat vir sy/haar beste viervoetige vriende omgee, sal op Saterdag 17 Augustus ’n piekniekmandjie pak en na David Fourie se spesiale vertoning kom kyk. Joy van Niekerk se hart vermurwe as dit by diere én musiek kom. Sy het gereelde kontak met David en het hom genader om die Kroonstadse Dierebeskermingsvereniging (DBV) van sluiting te kom help red. Kaartjies kos slegs R80 per persoon. Die vertoning sal om 19:00 op die ou landbou-terrein van die Hoërskool Kroonstad (ou Landbou-skool) begin. Kaartjies kan vooraf by Joy by 082-4478953 gekoop word. Kroonnuus tree as mediaborg vir die geleentheid op. Luister na David se nuutste treffers by www.kroonnuus.co.za.
DAVID FOURIE sal op Saterdag 17 Augustus ten bate van die Kroonstadse Dierebeskermingsvereniging (DBV) optree. Foto: Verskaf
3
4
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Kroonnuus HOOFARTIKEL
Posbus 309, Kroonstad, 9459
Spreek lewe uit oor dorp “DAAR is kantgordyntjies voor my vensterraam. Alles is so ordelik soos dit my mos betaam. Soggens kom die melkman en saans lees ek koerant . . . En so gee ons ons oor aan die nostalgie.” Met die deuntjie van die Afrikaanse liedjie wat in die geheue draai, is dit lekker om oor Kroonstad se wel en wee te kan skryf. Hartlik geluk aan Anette Jonker wat die ATKV se talentkompetisie vir senior burgers met die Afrikaanse liedjie Ek kyk graag so diep in jou oë gewen het. Met die koue weer wat Kroonstad met mening getakel het, is dit lekker om ’n lekker boek soos Keurskrif vir Kroonstad nader te trek en ’n reis deur die verlede te neem. Of die opsoek na jou herkoms en die ou bekende iets met die ouderdom te doen het, is debatteerbaar. Met ’n kaggelvuur wat knetter, kan jy saamgesels oor die mooi tye. Kroonstad het mooi tye beleef. Net
ná die Anglo-Boereoorlog (ABO) het die dorp letterlik ’n sandsteenfees met nuwe geboue ingelui. Soveel mooi geboue wat nostalgie wek, het met kundigheid opgeskiet. Dit sou lekker wees as die dorp weer kan trots word op dit wat die dorp gewild gemaak het. Dít kan net deur die inwoners self gedoen word. Wat spreek jy uit oor jou dorp? Is dit positief of negatief? Kla jy aanhoudend of spog jy met ons eie mense wat “dit maak”? As jy nog nie ’n Keurskrif vir Kroonstad by die biblioteek gekoop het nie, doen jouself ’n guns en besoek die openbare biblioteek in Steynstraat. Teen R30 dra jy by tot die jeug wat eendag ook wil weet wie wat waar gedoen het. Op Kroonnuus se Facebook-blad word gereeld foto’s vol nostalgie oor Kroonstad geplaas. Jy is welkom om die blad te like en te help om die goeie suurdeeg te word.
Wafels van mieliemeel Bestanddele: 500 ml mieliemeel 2 eiers 1 ml sout 10 ml bakpoeier 375 ml kokende melk 6 repe spekvleis Metode: Meng melk met mieliemeel en sout. Voeg olie by en laat staan 30 minute. Klits eiergele, roer by. Voeg bakpoeier by. Klits eierwitte styf, vou in. Skep lepelsvol in gesmeerde, warm wafelpan. Sprinkel ’n bietjie spekvleis oor, bak tot gaar. Bedien net so of met roereier. Diwafele tsa phofo ya poone le nama ya fariki (bacon) 500 ml phofo 1 ml letswai 375 ml lebese le phehilweng 65 ml oli e phehang
2 mahe 10 ml poiri e bakang 6 ditokana tsa nama ya fariki (bacon) tse kgabetsweng Mokgwa: Tswaka lebese le phofo mmopho le letswai. Tshela oli ebe o tlohela motswako nako e ka etsang 30 min. Fehla karolo e tshehla ya mahe. Tshela poiri (phofu) e bakang, Fehla karolo e tshweu ya mahe. Tshela o metha ka kgaba, ka hara pane ya wafele e tjhesang. Fafatsa nama ya fariki (bacon). Baka e be e butswa. fepa e le jwalo feela.
Span kragte saam JEAN HATTINGH, wyk 3 se DAraadslid, Kroonstad: DIE meerderheid deelnemers aan protesoptogte oor swak dienslewering betaal waarskynlik nie vir die munisipale dienste wat hulle wel ontvang nie, hoe gebrekkig ook al. Ook nie vir die skade wat hulle tydens hul oproerige optogte aan geboue en strukture aanrig nie. In teenstelling hiermee gaan die meerderheid inwoners van dorpe en stede geduldig en gedienstig voort om jaarliks nog meer vir dienste wat agteruitgaan te betaal. Op talle dorpe word dienste, soos die onderhoud van strate, nie meer gelewer nie en waar dienste vir die
hantering van riool en watervoorsiening wel nog bestaan, dreig dit telkens om in duie te stort. Dit is slegs in Suid-Afrika waar ongekwalifiseerde en onbevoegde mense dikwels in verantwoordelike en hoogs besoldigde poste, soos munisipale bestuurders en hul topbestuur, aangestel word. By baie van hierdie aanstellings is aanspreeklikheid vir die wyse waarop hulle hul van hul taak
HIER sit die manne in die Shoot. Die ou Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens se alombekende Springbokkie-embleem met horlosie laat die manne ’n rukkie van tyd vergeet. Foto: Tharine Geldenhuys
Klub vir die manne Tharine Geldenhuys
DIE Heckroodtpark-ontspanningsklub is aan die verkeerde kant van die spoorlyn. Jy moet ’n baie verweerde slaggatpad aandurf om by die klub, met nostalgiese herinneringe aan ’n vergange era met stoomtreine, uit te kom. Dié ontspanningsklub het ’n ryk geskiedenis en bestaan sekerlik al vandat die spoorlyn met die stoomtreine ’n besige stasie was. Met ’n rolbalbaan, netjiese saal met houtvloer en ’n bymekaarkomplek vir Klub 60, die seniors van Transnet, kan ryk en arm saampraat en kuier. In die dorpstaal en spoorweëkringe staan dié klub as die “Shoot” bekend. Hier kuier rykes en armes en onderwerp hulle aan die klubreels. Gekruide taal, sandale of kaalvoet, pette en oorpakke is verbode. Laasgenoemde is veral gemik op die spoorwegamptenare wat van die voetplaat voor tjailatyd ’n drankie wou kom drink en ietwat geoliede en vuil oorpakke sou dra. kwyt nie ’n voorkeursaak nie. Ná byna 20 jaar is die meerderheid van hierdie politieke aanstellings die oorsaak dat baie dorpe en stede se infrastruktuur en finansiële bestuur op talle plekke in duie stort en gehalte-dienslewering gevolglik nie dáár gelewer kan word nie. Wat kan gedoen word om die verval op te bou en dienste weer op peil te kry? Sluit jou aan by burgerlike samewerkingsorganisasies en raak betrokke by die wykvergaderings van die plaaslike munisipale rade. Solank onbevoegde mense in sleutelposte aanstel en solank die gemeenskap in gebreke bly om aktief by dié organisasies (wat dit kan teenstaan) betrokke te raak moet aanvaar word dat die proses van agteruitgang sal voortduur. Saam kan ons ’n verskil maak.
In die raadsaal is die name van die voorsitters van die klub op ’n houtbord aangebring. Inligting voor 1947, toe die klub reeds bestaan het, is nie beskikbaar nie. Waar presies die Heckroodt in die klub se naam vandaan kom, is onseker. Foto’s van onder andere Edward Duthie, die spoorweë se mediese offisier van 1901 tot 1925, pryk in die raadsaal. Wynand de Bruyn is die afgelope paar jaar die voorsitter van die klub. Hoewel vroue wel welkom is om aansoek om lidmaatskap te doen is dié klub eintlik “vir die manne” bedoel. Lae ou politoer, rooi stoeppolitoer in die kleedkamers, mannehande wat die voordeur vuil gevat het en Indiese mina’s wat in die palmbome kwetter, is deel van die Kroonstadse “Shoot”-kultuur. Die groot palms dateer van die tyd toe die koningin van Engeland palmbome by elke stasie geplant het. Soon Taljaard, ’n sakeman van die dorp, kuier juis in die Shoot
“omdat die atmosfeer gemaklik en sosiaal is. Dis nie ’n plek waar jong mense geraas maak nie,” sê hy. Basie de Beer is so te sê deel van die meubels. Hy is die derde generasie in sy familie wat dié klub as voorkeurkuierplek op Kroonstad besoek. Die spyskaart wat in gekleurde bordkryt in hoekige hoofletters basiese geregte oor etenstye op spesifieke dae verkondig, is op die man af. Boer en klein entrepreneur mag hier tuisgemaakte grondbone uit die kontrei, biltong en ’n pastei koop. Fênsie mengeldrankies val nie in die smaak van die gemiddelde besoeker nie. Roos, die kroegman wat op sy van ook aangespreek word, het ’n weglêsnor. Hy teug aan ’n goedkoop Zimbabwiese sigaret. Hier gooi regslui ’n geleerde stuiwer in die armbeurs. Die klub se potspelspelers vaar goed in die dorp se liga. Iewers is ’n volgrootte-snoekertafel versteek, maar dis ’n storie vir ’n ander dag.
Samaritans thanked EDDIE BURKE, Kroonstad: I AM duly reminded of the saying: Never forget three types of people in your life: 1) those who helped you in your difficult time; 2) those who left you in your difficult time; and 3) those who put you in a difficult time. On Friday, 28 June, at an ATM at the Panorama Plaza, Kroonstad, I was the victim of credit card theft/card robbery and I was badly injured when the criminal sped off in a vehicle. It is the first of the three types of people that I want to remember today and why I would so
much appreciate it if you will publish this letter in Kroonnuus. I was so kindly assisted by Ms M. Kraay, the staff of Mr Price and an unknown gentleman, who I am being told was the person who took immediate control of the situation, who stopped my credit card at the bank and who summoned the ambulance and the police to the scene. Because of their help in my difficult time, I have suffered no loss of money, was made comfortable on the scene and received excellent medical care. I will not forget you and I wish to thank you for being the good Samaritans in my life on 28 June. God bless you all.
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
5
6
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Uitstalling besonders
Book your table
LIEFHEBBERS van veteraanmotors mag nie Saterdag 20 Julie se kragmeting tussen die Afrikaanse Hoërskool en die Hoërskool Hentie Cilliers van Virginia misloop nie. ’n Uitsonderlike aantal veteraan- en klassieke motors sal op die Rooies se sportterrein uitgestal word.
THE annual steak dinner of the Kroonstad High School will be held on Friday, 26 July, at the agricultural premises (Landbouskool). Invite friends and book a table of ten when the school reopens.
Foto: Tharine Geldenhuys
Dié ouer as 65j. bederf AS jy 65 jaar en ouer is, wil die Residentia-stigting jou op Woensdag 24 Julie bederf. Sr. Hentie van Rensburg, bestuurder van die stigting op Kroonstad, sê senior burgers is kosbaar en spesiaal. “Dis belangrik dat ons ’n behoeftebepaling van ons senior burgers op die dorp doen,” sê sy. Oues van dae kan om 10:00 ’n lekker koppie tee of koffie en verversings by die Arboretum-sentrum vir Bejaardes kom drink. Rig navrae aan Van Rensburg by 056-215-1920.
Dis Blou teen Rooi MOENIE die jaarlikse interskolebyeenkoms tussen die Hoërskool Kroonstad (Bloues) en die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) op 26 en 27 Julie misloop nie. Die Bloues is vanjaar die gasheer vir die groot jaarlikse sporthoogtepunt wat deur FNB geborg word en die Classic Clashes genoem word. Sodra die finale program bekend is met die tye wanneer die onderskeie spanne in rugby, netbal en hokkie kragte gaan meet, sal Kroonnuus dit publiseer.
REPRESENTATIVES WELKOM AND KROONSTAD LIFE
Since its establishment in 1918, AVBOB has grown steadily into a multi-billion Rand Organisation. AVBOB is the leader in the funeral insurance industry and is committed to good corporate management and focused on social responsibility. AVBOB’s three operating divisions (Insurance, Funeral Service and Industries) have flourished by respectfully meeting the wide-ranging needs of our culturally and ethnically diverse society. As a result, AVBOB now has over 1.3 million policyholders.
Do you have a passion for people, excellent interpersonal attributes and the ability to match your skills to SERVICE DELIVERY and BIG EARNING POTENTIAL? AVBOB currently has vacancies in their insurance division for consultants in the Welkom and Kroonstad Area who wish to specialise in the marketing of life necessities (Funeral Insurance/Savings Plans/Related Products). Ideally you should have: • A Matric (Grade 12) or tertiary education with 30 credits on NQF level 4 • A driver’s licence, own reliable transport and cell phone • Good communication, administration and time management skills • A stable work history, preferably with a sales/marketing background • A professional, presentable appearance • A clear credit and criminal record. Enquiries: Tel. (056) 212-3363 We offer a lucrative commission-based income and standard fringe benefits (where applicable). Interested persons may send their CVs (applications) to the Area Manager at fax: (056) 215-2104/086 640 9166, or e-mail: kroonstadlewens@assurance.avbob.co.za Mark your application clearly with reference REP/KROON/WEL. Closing date: 12 July 2013 Candidates who have not received any correspondence from us within six weeks of the closing date may consider their applications unsuccessful. Human Communications 100335
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Pensioenbetalings bespreek TRANSNET-PENSIOENTREKKERS het ’n klasaksie begin om die Transnet-pensioenfonds aan die pen te laat ry vir pensioenbetalings wat nie tred met inflasie gehou het nie. Adv. Anton Alberts, wat die regsgeding hanteer, sal pensioen-
trekkers op 17 Julie om 10:00 in die Heckroodtpark-ontspanningsaal oor die nuutste verwikkelinge in die hofsaak inlig. Die Vryheidsfront Plus het die inligtingsessie gereël. Enige pensioentrekker kan die sessie bywoon.
Eiendomme
Samel geld vir NFSCG in MET nagenoeg R11 600 kan die Northern Free State Care Givers (NFSCG) nog ’n beter diens aan terminaal siek pasiënte lewer. Die departement van korrektiewe dienste se veerpyltjieklub het die gewilde sanger Dusty Dixon na Kroonstad genooi en met die vertoning is die geldtrommel van die NFSCG aangevul. Op die oorhandiging van die insameling is van links Piet Grobler, Henie Nieuwenhuis, Felicity Combrinck (voorsitter: NFSCG), Johan van Staden, Gideon Koertze en Harry Kastner.
911
7
8
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Finaliste spook sake Saterdag uit VERDRYF die winterkoue deur die Spontaan-sangkompetisie se eindronde Saterdag in die Blêrkas op die Vryfees in Bloemfontein by te woon. Agt finaliste van die Volksblad se plaaslike koerante gaan van 12:00 tot 14:00 sake uitspook om as wenner uit die stryd te tree. Toegang is gratis en die sanger Charlize Berg tree as seremoniemeester op. Groot pryse is op die spel vir die finaliste en wenner. Die pryse is: ) SpecSavers: Agt Infinitysonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PRspan, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC gee vir die wenner: R1 000 kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner,
SUNÉ VAN DER MERWE is Kroonnuus se finalis in die Spontaan-kompetisie. Foto: Verskaf naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. ) Music Inc gee vir elke finalis ’n TT1-mikrofoon, vir die wenner ’n koordlose mikrofoonstel met ’n staander en vir die tweedeplekwenner ’n mikrofoonstaander. Die algehele waarde van die prys is R6 600. ) Die Windmill-casino-envermaaklikheidsentrum borg twee aande se verblyf
UNEMPLOYED youth from Moqhaka have received protective wear and earn a daily payment for cleaning up Moqhaka. Here are women who extend a helping hand to patients at the Lesedi Clinic, Maokeng. From the left are Pinky Mokhobo, Ntswaki Moufi, Madika Tumane, Jeanette Mahlatsi and Mangaka Teleko. Photo: Treasure Nolo
vir die wenner en ’n metgesel met ontbyt ingesluit. Die finaliste wat sake saam met Kroonnuus se finalis, Suné van der Merwe, gaan uitspook, is: Suanne Venter van Bloemfontein, Werner Louw van Kuruman, Chris Pretorius van Bloemfontein, Eben von Gericke van Welkom, Riëtte van der Watt van Bloemfontein, Thabang Molale van Kimberley en Christiaan van Zyl van Bethlehem.
A COMMUNITY WORK PROGRAMME helps unemployed people with some money in their pockets and also does wonders to clean up Moqhaka. Here workers started to clean up Hill Street in Kroonstad. Photo: Mandisa Titi
Programme helps community Tharine Geldenhuys
THE Moqhaka Local Municipality applauds the Department of Cooperative Governance and Traditional Affairs (Cogta) for laying a sound foundation for service delivery through funding a successful community-based programme, known as the Community Work Programme (CWP), Mandisa Titi, media spokesperson for the municipality, said. “Through this project our municipality is able to achieve a number of deliverables like job creation and environmental cleansing. It has a direct, positive impact on crime prevention as it “babysits the youth by giving them something worthwhile to occupy themselves with, while it also delivers socio-psychological benefits like a boost in self-esteem to those participating,” Titi added. A project manager (PM) oversees the smooth running of the programme, working very closely with the Reference Committee comprising integrated local stakeholders. The role of the Reference Committee is to identify and agree on the areas that need to be cleaned and provide the necessary oversight. Titi said a monthly report was presented to the Reference Committee under the watchful eye of its chairperson, Dikeledi Tau, member of the mayoral committee. Seriti Consultancy is tasked with the management of this project on behalf of government. More than 1 000 previously unemployed youths from the three towns of Moqhaka are absorbed equitably into this programme. Kroonstad has 600 whilst Steynsrus has 175 and Viljoenskroon 400. The participants report for work two days a week (eight days a month) earning R67 per day. “As Seriti Consultancy we are very excit-
ed and passionate about this programme. The support we receive from the Moqhaka Local Municipality is amazing. It is the only municipality that has donated a tractor which we use for the collection of refuse. They provide the necessary leadership making sure to guide us whenever we encounter obstacles,” said Aron Masilwane of Seriti Consultancy. Expressing sentiments of the youth Moses Ramatlotlo, who is a beneficiary, said: “I feel a sense of honour being in a position to serve my community, while I help my family with the money I earn. The R536 per month enables me to help close the gaps at home. Waking up to go to work gives me a sense of importance. I am so motivated; I am even taking driving lessons as well as supplementing my matric through the Kananelo Secondary School to improve my poor matric results.” Jihad Mohapi, the Moqhaka executive mayor, put smiles on the faces of the CWP participants when he distributed brandnew protective clothing to each, before rolling up his sleeves and getting his hands dirty joining scores of Community Work Programme (CWP) participants and officials to clean Phomolong Road in Maokeng and parts of Hill Street in Kroonstad. Asked why he had decided to join in the cleaning campaign the executive mayor replied: “Africans have a wonderful practice called letsema, which entails team work. Villagers will come together and assist one another in tackling the manual work in the fields. “This made the work load lighter and energised everyone. All I was doing was to help energize the CWPs hoping they will see that as the leadership of Moqhaka, we are also willing to do the dirty work as we serve our people,” Mohapi said. “Cleanliness is next to godliness. Let us do our bit as the community and not litter,” Titi concluded.
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
KROONSTAD
Is op soek na gebreekte of heel GOUD. Verkoop of verpand. Beste pryse gewaarborg! 18 ct - R220 per gram 9 ct - R110 per gram
Skakel Luvian 056 212 7471
EK KOOP TWEEDEHANDSE BREEKWARE, eetgerei en ornamente. Ek besoek u tuis Skakel Jenny 083 290 0255 TE KOOP GEVRA: enige elektriese of handgereedskap asook houtwerk gereedskap en toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921
LOODGIETER
24-UUR-DIENS
14 JAAR ONDERVINDING GEBARSTE PYPE GEISERS VERSTOPTE RIOLE RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.
TIP TOP Professionele skoonmaak van matte, meubels en motors.
tiptop/kn/17maart2009/jurg
VIR teëlwerk, staalwerk, verfwerk, bouwerk, loodgieter- en algemene herstelwerk en grasdakke. Skakel gerus 083 255 6773.
Gratis kwotasies. Navrae: Louis Keyser by 056 215 2306 a/u of 083 282 8184
KDP DIENSTE 056 215 1515 078 383 8897
Ondergrondse elektriese kabelfout opsporing
38 President Street, Kroonstad
056 215 1515 of 078 383 8897
VIR ALLE: BOUWERK, DUIWELSVURK, STAALWERK, AFDAKKE, TEËLWERK, DREINERING, LOODGIETERSWERK, VERFWERK GOEIE VERWYSINGS
RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.
056 212 2977
Noodnommer: Stefan 082 653 6222 MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste en verstopte riole is ek daar! Tertius 073 2700 311 a/u
WINTERUITVERKOPING: 15% afslag op uitgesoekte leër en los matte. Top Carpets 056 212 5507. CHIBLESS GOLD we buy old gold chains and unwanted gold pieces. Call Saliman 073 668 9070
HACIENDA HOTEL SUNDAY BUFFET For bookings contact 056 212 5111
TENDERS WORD aangevra vir die verwydering van dakplate en staaldakkappe van ± 1,000 vierkante meter te Kroonstad Cell Kerk, Reitzstraat 6, Kroonstad. Verpligte terreininspeksie vind plaas vir alle belangstellendes om 10:00, 19 Julie 2013 op terrein. Navrae: Jacques Kleingeld 083 399 5775
PRIVAAT LENER soek ± R20 000. Is bereid om 30% rente terug te betaal en ook om aftrekorder/debietorder by die bank te laat teken. Skakel 082 494 9015
30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507 GESIFTE ONKRUIDVRYE kraalmis - R40 vir 50 Kg. Skakel 078 886 6404 om reëlings te tref vir bestellings. HAWKINS BATTERYLAAIER: Smart 6 - splinternuut. R700. Skakel 082 782 8807 HEATWAVE KAGGELS beskikbaar (Gas & kole) Top Tiles 056 213 1387 HENGELTOERUSTING - te veel om te beskryf. Skakel 082 782 8807
HOT SPOT: (oorkant Clicks) MOOI REEKS WINTERKLERE INGEKRY!! Kom loer gerus Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555 KLEIBAKSTENE IS BETER BERT'S BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene Kleisierstene Kleiplaveiselstene Sement-Maxi-Stene Sement Plaveiselstene Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za TAXI DIENSTE: Vir u en u pakkies ( Skakel 076 215 2914 VIR ENIGE HOUTWERK, hetsy restourasie of nuut (kombuiskaste, kamerkaste, meubels) kontak Chris 083 339 2685
SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT REEKS WINTERSKOENE INGEKRY!! Gesondheidskoene & "Boots" asook "Crocs & Aerosoft" beskikbaar. Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555
HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwydering van bome Kaggelhout te koop.
STAPPERSRUGSAKKE Bush Tec - 55L - splinternuut. R450 stuk. Skakel 082 782 8807
Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680
VRUGBARE ROOI TUINGROND Afgelewer per kubieke meter/5 kubieke meter vragte ook beskikbaar. Kompos per 60 d/m sak. Uitstekend vir grasdeklaag. Skakel Louwna 083 285 1065
JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056 212 1322
ONDERVLOERSE VERHITTING Volvloer en los matte. 10% Afslag Top Carpets 056 212 5507
Trendy Wendy
INSTANT LAWN / KIKUYU-KITSGRAS Middenspruit kitsgras plaas 10km buite Kroonstad op Viljoenskroon pad. Gras gelaai op plaas @ R9 per rol R12 per rol afgelewer in Kroonstad. Skakel Louwna 083 285 1065
HARNO VERVOER 4 & 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk Skakel 073 157 7248
KROONHEUWEL BAZAARS 056 212 7222 Is u opsoek na yskaste, hardeware, speserye (Freddy Hirsch) kombuistoebehore. Kom kyk gerus.
KINGS BLINDS Alle tipes Blinders asook was en herstelwerk Skakel 082 783 1396 LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 21 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052 MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552 MAAK EN RESTOURASIE van houtmeubels, boekrakke, biltongkaste, koffietafels, bedkassies, bedkopstukke ens. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927
SOEK, KOOP, VERKOOP
NIE); 1 INGANGSPORTAAL, 1 SITKAMER, 1 EETKAMER, 1 KOMBUIS, 3 SLAAPKAMERS, 2 BADKAMERS.
24 HOURS SERVICE
KROON SELFSTOOR eenhede. Sentraal geleë. 7 x 3,5 meter. R350 per maand. Dadelik beskikbaar. 082 563 3227
VEILIGE STOORPLEK te huur SAFE STORAGE for hire R 350 p m 082 826 3323
ROOMS & FLATS TO LET Contact 082 908 9555
VOERTUIE IN GOEIE TOESTAND TE KOOP GEVRA. Vir die beste kontantpryse, skakel Chris 082 800 3270 of 056 212 8328.
MODERNE DUBBELVERDIEPING grasdak huis - 2 slaapkamers, 2 badkamers, (bad en stort) in veilige area met elektriese hek. Plessymeter, gratis water. Onderdakparkering vir twee motors. Kraalkophoewe. R2800 p.m Skakel 082 387 7057
DIE SERNICK GROEP benodig die dienste van 'n Werkswinkelkontrolleerder. Ondervinding in 'n werkswinkel omgewing en kennis van parte vir onderhoud is noodsaaklik. Die vergoedingspakket is makverwant en onderhandelbaar. Faks u CV na 086 511 4395 of epos: info@sernick.co.za PERSONAL INCOME generator. No experience needed. For more info sms name and adress to 083 391 5363 SEW-RITE International is benodig jong manspersoon om spoedig diens te aanvaar as stoorman. Vereistes: rekenaarvaardig, wiskunde en tegniese agtergrond. R3000 p.m. Faks CV na 0562122868/Epos: mariska@sewrite.com VAKANTE POS beskikbaar vir dames/manspesoon by Mikro Lenings Instansie. Geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen: Matriek, Kode 08 rybewys, rekenaarvaardig. Salaris onderhandelbaar. Sluitingsdatum: 12/07/2013. Faks CV na 086 650 3687
Absa Bank Beperk / A M Sutherland Saaknommer: 1994/2012
MOREWAG: NETJIESE 3 slkp oopplan huis met baie kaste en teëls. Goed beveilig. Geen troeteldiere. R3800 per maand. Sakel 079 514 5118
Die volle en volledige verkoopsvoorwaardes sal net voor die verkoping deur die BALJU uitgelees word en lê ter insae by die kantoor van die BALJU van die Hoë Hof, KROONSTAD of by die eksekusie-skuldeiser se prokureurs en kan tydens kantoorure besigtig word. NEEM VERDER KENNIS: Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde Hof; Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die BALJU, KROONSTAD TE MURRAYSTRAAT 41, KROONSTAD; Registrasie as 'n koper is 'n vereiste onderworpe aan die bepaalde voorwaardes, onder andere: 1. Voorskrifte van die VERBRUIKERSBESKERMINGSWET 68 VAN 2008; (URL http://www.iknfo.gov.za/vi ew/DownloadFileAction?id =99961); 2. Fica wetgewing met betrekking tot identiteit en adresbesonderhede; 3. Betaling van registrasiegelde; 4. Registrasievoorwaardes; Verkoping sal geskied deur die kantoor van die BALJU, KROONSTAD. Advertensiegelde teen heersende publikasie-tariewe en verkopingskoste volgens hofreëls geld; N C OOSTHUIZEN PROKUREUR VIR EISER P/A EG COOPER MAJIEDT INGELYF KELLNERSTRAAT 77 WESTDENE BLOEMFONTEIN 9300 (VERW: G KOTZE/AK3258)
EG COOPER MAJIEDT MEENTHUIS TE HUUR in Panorama Park. R6500 per maand. Skakel 083 449 0376 MODERN, NUUT, MOOI skoon en netjiese 2 slkp meenthuis. Veilig, Onmiddellik beskikbaar. Skakel 083 7754 131
PERSELE TE HUUR Skakel 082 908 9555
1 SLAAPKAMER woonstel te huur. Beskikbaar vanaf 7 Augustus. R2000 per maand. Skakel 082 789 2389 2 SLKP woonstel met groot kombuis in veilige area met elektriese hek. Plesseymeter, gratis water. Onderdakparkering Kraalkophoewe. R1850 per maand. Skakel 082 387 7057 EENMANWOONSTEL vir manspersoon te huur. Groot vertrek met aparte kombuis en badkamer - Suidrand. R2800p.m 079 629 0720
HUIS TE KOOP 3 Slaapkamer huis. Suidrand Skakel 082 908 9555
BLANKE DAME soek dringend kassierwerk. Skakel 072 913 5227 JOHANNES SOEK werk as algemene werker. Hy kan alles doen en het baie goeie verwysings. Skakel 082 393 2611
ATTORNEYS • NOTARIES • CONVEYANCERS • ADMINISTRATORS OF ESTATES • LABOUR LAWYERS PROKUREURS • NOTARISSE • AKTEBESORGERS • BOEDELBEREDDERAARS • ARBEIDSPROKUREURS
VEILING KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING Vystaat Hoë Hof, BLOEMFONTEIN, Republiek van Suid-Afrika, Saaknommer: 1994/2012, in die saak tussen: ABSA BANK BEPERK Eiser en ALASTAR MOOREHEAD SUTHERLAND (IDENTITEITSNOMMER: 6808095043089) Verweerder UIT HOOFDE van 'n vonnis van die Vrystaat Hoë Hof, BLOEMFONTEIN, Republiek van Suid-Afrika, en kragtens 'n Lasbrief vir uitwinning teen onroerende eiendom, sal die volgende eiendom per publieke veiling verkoop word op: DONDERDAG, DIE 18DE DAG VAN JULIE 2013 om 10:00 deur DIE BALJU, VAN DIE HOË HOF, KROONSTAD gehou te die BALJUKANTORE, MURRAYSTRAAT 41, KEOONSTAD, aan die hoogste bieër verkoop word naamlik: EIENDOMSBESKRYWING: SEKERE: GEDEELTE 1 VAN ERF 624 KROONSTAD, DISTRIK KROONSTAD, VRYSTAAT PROVINSIE; GELEË TE: MALHERBESTRAAT 9 A, KROONSTAD; GROOT: 1 208 (EEN DUISEND TWEE HONDERD EN AGT) VIERKANTE METER; GEHOU: KRAGTENS AKTE VAN TRANSPORT NO T9539/2007; ONDERHEWIG AAN DIE VOORWAARDES SOOS DAARIN VERMELD; DIE EIENDOM IS GESONEER VIR WOONDOELEINDES EN BESTAAN UIT DIE VOLGENDE: VERBETERINGS: (NIKS GEWAARBORG
Naudé-Thompson 122 BOEDEL WYLE C VERMEULEN BOEDELNOMMER: 4936/2013 KENNISGEWING In die boedel van wyle CARELETTE VERMEULEN (Identiteitsnommer: 341021 0039 08 5) wie buite gemeenskap van goedere getroud was met MATHYS VERMEULEN (Identiteitsnommer: 341117 5028 08 9), gebore op 21 Oktober 1934 en wie se laaste adres Stainerstraat 14, Suidrand, Kroonstad, Provinsie Vrystaat was. En wie oorlede is op 18 Mei 2013. Boedelnommer: 4936/2013 Meesterskantoor, Bloemfontein Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasieen Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê vir persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, vanaf 12 Julie 2013, te kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en te kantore van die Landdros, Kroonstad. q.q Eksekuteur p/a NAUDè-THOMPSON ING. Cross-straat 98 Posbus 932 Kroonstad 9500 Telno: 056 212 3280/9
9
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
RETSHIDISITSWE MOFOKENG (11) at yet another blocked toilet in Marabastad.
Photos: Treasure Nolo
OPEN TOILETS. This is a regular sight in Marabastad.
SOME residents use the toilets as flower pots.
Treasure Nolo
“We, the Marabastad residents, are tired of this mess. The smell is terrible and unhealthy,” they told Kroonnuus. With mud and restricted resources, residents enclosed their own toilets. Today, the structures are collapsing and the poverty-stricken residents do not have the means to erect enclosures that ensure privacy. Moqhaka was in the news about the open toilet saga in Rammulotsi, Viljoenskroon. The Human Rights Commission was not satisfied with the inhumane manner in which some 1 832 toilets were not enclosed. This matter received media attention just before the municipal elections in 2010. ) Treasure Nolo is a third-year Journalism student at the Central University of Technology (CUT) in Welkom.
Situation with toilets ‘inhumane’ “THIS is no place for voters to stay,” said Suzan Oliphant, a 57-year-old resident of Marabastad, Maokeng, in Kroonstad. She has been living in the township since 1993, and since then sanitation has become worse and worse. Oliphant and her neighbours were up in arms when pictures of their open toilets were taken last week. Residents claim that the toilets were built by some company in 2000. “This company told us they were only responsible for the installation of the toilets and another company would enclose the toilets. “Altogether 13 years later, and residents had to roll up their sleeves to do it themselves,” Oliphant said.
Pragvoël gevind DIÉ pragtige, mak, pratende ringnek is op die Rooies (Afrikaanse Hoërskool) se terrein gevind. Die regmatige eienaar wat weet wat dié voël kan sê en kan bewys dit is sy/haar troetelvoël kan met die redakteur, Tharine Geldenhuys, in verbinding tree. Foto: Verskaf
Bekende bakker oorlede BABY BRITZ, bobaasbeskuitbakker van Kroonstad, is die naweek in die ouderdom van 78 jaar op die dorp oorlede. ’n Begrafnisdiens vind eerskomende Vrydag om 11:00 vanuit die NG kerk Kroonstad-Wes
plaas. Sy word oorleef deur twee dogters en hul mans, Bettie Janse van Rensburg en skoonseun Martin, en Sannie Pieters en skoonseun Thinus, en sewe kleinkinders.
11
12
KROONNUUS, DINSDAG 9 JULIE 2013
Skool spog met hoë sportligte Tharine Geldenhuys DIE sportterrein van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) spog sedert Vrydag met sportligte van 30 meter hoog. Dié sportterrein word een van die dorp se bes toegeruste sportsentrums op die dorp. Jerry Erasmus, leerkrag en sportfanatikus van die Rooies, sê ’n myn in die Goudveld het gesluit en dié sportligte is aan die skool geskenk. Ouers en ondersteuners van die skool het skenkings gedoen om die fondasies vir die twee sterk sportligte, een ag-
GROOT, sterk sportligte word met behulp van kundiges op die Rooies (Afrikaanse Hoerskool) se sportterrein opgerig. Foto’s: Louis Pieterse
ter die paviljoen en een oos van die hoofrugbyveld, te gooi. Massiewe boute en moere, altesaam 14 op ’n paal, is gebruik. Die gloeilampe van dié sportligte sal altesaam 12 000 Watt se ligsterkte wees. Die koppelings vir die gloeilampe sal eersdaags gedoen word. ’n Groot hyskraan, wat 50 ton kan optel, is Vrydag van Welkom gehuur om die groot pale op te hys. Sedert die begin van die jaar word die Kroonstad-rugbyklub se verrigtinge by dié skool aangebied. Dít het ’n oplewing in klubrugby op die dorp veroorsaak. Groot afwagting word ook geskep om te sien hoe die plaaslike rugbyspan in die liga nou gaan presteer. Dié klub is die oorkruis-ligawenner tot dusver.
IN ’n hangmandjie 30 meter in die lug het die wind dit nie maklik gemaak om die koppelings vir die sportligte te doen nie.
JUKSKEI en Kroonstad is sinoniem op die dorp. Dié tradisionele sportsoort se nasionale hoofkwartier is op die dorp. ’n Puik jukskei-museum op Jukskeipark is ’n toonvenster van dié sportsoort. Foto: Uit Keurskrif vir Kroonstad
Dorp koester jukskei Tharine Geldenhuys MET die yskoue winterweer wat Kroonstad verlede week beleef het, het min mense hul neuse uit die huis gesteek om die koue te trotseer om sport te beoefen. ’n Nostalgiese reis wys ’n dorp waarop sport in die vorige eeu aktief beoefen is. Hiervan getuig die talle sportvelde, tennisbane en ander sportgeriewe wat vandag in wind en weer vergaan. Dot Serfontein se boek Keurskrif vir Kroonstad is ’n móét vir elke inwoner wat mooi herinnerings aan ’n vergange era op Kroonstad wil koester. Min mense weet Jukskeipark was in die vorige eeu ’n dieretuin. Die destydse stadsraad het met die hande in die hare oor die verwaarlosing van diere in dié oord gesit. Op 15 Mei 1953 is die hoofkwartier vir jukskei aan Kroonstad toegeken. Die uniale sekretaris het toe gesê: “Toe die spelers op 28, 29 en 30 Maart op Jukskeipark aangeland het, het hul verbasing geen perke geken nie. Toe hulle die park met sy hutte en die jukskeibane wat in ses blokke verdeel was, gesien het, het die prag van die hele toneel hul-
le stomgeslaan. Aan die Hillstraatkant was die bane afgesluit met ’n muurtjie ronde klip en die ingang was van yster met ’n sierlike boog waarin die woord Jukskeipark gepryk het. “Alle eer, lof en dank aan Hannes Malan, die hoof van parke, vir die besondere werk wat hy daar laat lewer het. Dié hoofkwartier beteken groot toestroming van jukskeispelers in April en November, asook vir die Suid-Afrikaanse junior jukskeikampioenskappe.