Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 22 APRIL 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
WWW.KROONNUUS.MOBI
GRATIS
New name for centre Makhate honoured by Department of Correctional Services Tharine Hurter SINCE 1959 the Kroonstad Prison has played a big role in the town’s history and many a prisoner has been detained here, whether it was criminals or freedom fighters during the apartheid years. The three prisons were known as the black male, white male and female prison up until 1992 when the names of the prisons were changed to Medium A (adult males), Medium B (awaiting trial), Medium C (female) and Medium D (juveniles). The management area of the Department of Correctional Services (DCS) of the Kroonstad prisons includes the four mentioned prisons in Kroonstad, Bethlehem, Ficksburg, Harrismith, Hennenman, Hoopstad, Lindley, Odendaalsrus, Senekal, Ventersburg and Virginia. At a historical occasion, the name of the Kroonstad management area was officially changed to the Bizzah Makhate Correctional Centre by Sibusiso Ndebele, the minister of the DCS, on Wednesday. In March 2011, the department embarked on a programme where public participation for the renaming of the prisons in South Africa was suggested. This was done because the department believes that the ownership of the centres had to be be reflected. Bizzah Makhate was born on 6 October 1946 and was an activist in Kroonstad. He managed the Golden Palace Football Club and his house was a clubhouse. He was always politically active despite his involvement in football. He was a huge football and jazz fanatic. In 1983, he was intensely involved in the formation of the United Democratic Front (UDF). He led different structures within the UDF, including the Maokeng Civic Association and the Maokeng Education Crisis Committee. He was detained on several occasions, including late in 1985 and early in 1986. The detention lasted for 14 days on each occasion. On 12 June 1986, shortly before the state of emergency was declared, many politicians were arrested and spent a few days at the local Kroonstad Police Station before being taken to Kroonstad Prison. Most of those detained in June 1986 were released in June 1987. However, Makhate was among the few who were released in August. They were classified based on age, disability and profession. He was the only
THE Kroonstad management area of the Department of Correctional Services (DCS) has been renamed to the Bizzah Makhate Centre. Unveiling the plaque at the former Medium A Prison are Sibusiso Ndebele (left), the minister of Correctional Services, and Lechesa Tsenoli, halfbrother of the late Bizzah Makhate and the national minister of Cooperative Governance and Traditional Affairs. Photo: Tharine Hurter person with a disability. Makhate was a founder member of the Detainees Parents’ Support Committee in the Northern Free State. When it was dissolved, they formed the Maokeng Advice Centre which rendered legal, educational support including giving support to families with detained members.
Makhate died on 26 July 1993 and was laid to rest in Maokeng. At the unveiling of the plaque at the Medium A Prison, several Makhate’s family members delivered tributes to his life-long commitment to the freeing of Nelson Mandela. Lechesa Tsenoli, half-brother of Makhate
and the national minister of Co-operative Governance and Traditional Affairs, said Makhate was a passionate individual. “May the remembrance of Sularo Wilfred Bizzah Makhate inspire us to cherish the heroes of the struggle who had to die at the hand of the oppressor,” Ndebele said.
2
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
Bloed in die rooi DIE bloedvoorraad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) is in die rooi. Bronwyn Petersen, skakelbeampte van SANBD, sê vakansietye is moeilike tye om bloed in te samel. “Amper 40% van bloed word by skole en universiteite ingesamel en vakansies kan die bloedskenkklinieke nie plaasvind nie. Boonop vertrek baie mense met vakansie en dit het ’n dramatiese invloed op die bloedvoorraad. “Op die oomblik is die nasionale bloedvlak van die O-bloedgroep genoeg vir net 2,7 dae,” sê sy. Die SANBD moet te alle tye ’n bloedvoorraad van vyf dae handhaaf deur 3 000 eenhede bloed per dag in te samel om in die behoefte van duisende pasiënte te voorsien wat op bloedoortappings vir hul oorlewing staatmaak . Om bloed te skenk is maklik en ’n daad van goedhartigheid wat tot drie lewens per skenking kan red. Mense tussen 16 en 65 jaar oud wat meer as 50 kg weeg, se gesondheid goed is en ’n veilige seksuele leefstyl lei, kan elke 56 dae bloed skenk. Mense word aangemoedig om bloed te skenk en die lewe van duisende pasiënte wat bloedoortappings benodig te help red.
DIE SuidAfrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het ’n dringende bloedtekort. Die Kroonstadtak het sy jaarlikse Paasfeesbloei op Saterdag 12 April aangebied en 66 eenhede bloed is ingesamel. Die SANBD is opreg dankbaar vir gereelde skenkers wat die moue vir ’n goeie doel oprol en die prik van die naald met ’n glimlag verduur. Op die Paasfeesbloei hier by Bronwyn Petersen, die Blood Clown (regs), is van links Magda lena, Rina en Lourens Visser. Foto: Verskaf
Skenk suurstofkonsentreerder RÏUSKA MEYER, die kleindogter van wyle Miempie van de Venter, het ’n suurstofkonsentreerder aan die Northern Free State Caregivers (NFSCG) oorhandig. Die NFSCG het Van de Venter sewe maande versorg. Sy het ’n erflating aan die NFSCG gedoen waarmee die apparaat aangekoop is. Die Kroon Studwildveiling het ook ’n skenking aan die NFSCG gedoen wat gebruik is om tot die aankoop van die noodsaaklike hulpmiddel vir die versor ging van terminaal siek pasiënte by te dra. Van links is sr. Adri van Heerden (NFSCG), Rïuska en Felicity Combrinck (voorsitter van die NFSCG). Foto: Verskaf
Refuse removed on these days Tharine Hurter REFUSE removal in Moqhaka will not be done on Monday, 21 April, and also not on 1 May (Workers’ Day). Refuse will however be
removed on Monday, 28 April, which is a public holiday. Residents in the affected areas are requested to hold back any refuse until the next week’s removal.
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
3
Rioolkrisis ruk handuit Tharine Hurter DIE afgelope week moes Kroonnuus namens inwoners, wat uit radeloosheid by die koerant oor rioolstortings kla, ’n e-pos aan die betrokke wykraadslede en die Moqhaka-munisipaliteit stuur om te probeer om hom so ver te kry om aandag aan die talle rioolverstoppings te gee. In Boswellstraat oorkant die Evangelies Gereformeerde kerk is ’n rivier van rou riool. Dit skep ’n gesondheidsgevaar vir inwoners en kerkgangers. Petz Sadler het foto’s van die rioolstorting, waaraan skynbaar nie aandag gegee word nie, gestuur. Grace Wille sê sy sit met die hande in die hare oor dié rioolstorting waaroor sy as wykraadslid al talle skriftelike versoeke aan die hoofde, munisipale bestuurder en uitvoerende burgemeester gerig het om die rioolpypleiding behoorlik te herstel. Dieselfde rioolstorting waaroor Kroonnuus in Januarie berig het en wat ’n gesondheidsgevaar vir leerlinge van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) en inwoners by die koshuise langs Maraisstraat inhou, is nou erger as ooit. Die rou riool stroom nou van die sypaadjie af in ’n dik stroom met die straat langs die skoolterrein in. Cheree van Zyl wat in een van die eenhede by die koshuise woon, het saam met William Dlamini, ’n werker, die massa rou riool aangedurf en slote gegrawe sodat die stroom eerder in die straat in
die stormwaterstelsel vloei as wat dit op die skoolterrein beland. In Maokeng veroorsaak die talle rioolstortings in veral Gelukwaarts dat inwoners se huise nie meer ’n welkome tuiste is nie omdat rou riool van die mangate af reguit die woonhuise invloei. Die Sethole-gesin van Gelukwaarts 2642 is so vies vir hul huis dat hulle vir die stank “vlug”. Jones Chabeli, ’n UDM-lid, het ook oor die probleem by Kroonnuus kom kla. Nie ver van die Sethole-gesin se huis nie vloei rou riool letterlik by die wonings van Gelukwaarts 1652/3/4/5 en 6 in. Ivy Mokoena van 1653 sê sy en haar bure het al telkemaal die oproepsentrum oor die rioolprobleem gebel, maar die beloftes van werkspanne wat die rioolverstopping sal kom herstel, bly onvervul. Sy sê die kalk wat as voorsorgmaatreël oor die riool gestrooi word, is glo nie beskikbaar nie. “Ons sal dit self regmaak as ons die toerusting gehad het. ’n Mens kan mos nie vir diens betaal as jy nie diens kry nie,” sê sy. Mariëtte Pittaway, DA-koukusleier en wykraadslid, sê sy sal die Maraisstraat-storting weer aanmeld en nuus oor enige vordering opvolg. ) Wat dink jy moet gedoen word om daadwerklik aksie van die Moqhaka-munisipaliteit oor rioolverstoppings te kry? Lewer kommentaar op Kroonnuus se Facebook-blad of by www.kroonnuus.co.za.
WILLIAM DLAMINI is al moedeloos met die stank van die rou riool langs die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se tennisbane en koshuise in Maraisstraat, Kroonstad. Ongeag talle klagtes bly dié rioolstorting ’n probleem en is dit ’n gesondheidsgevaar. Foto: Tharine Hurter
4
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
Kroonnuus HOOFARTIKEL
Posbus 309, Kroonstad, 9459
Diensprobleme moeilik opgelos
MALE sonder tal kom sulke oproepe: “Ek wil met die redakteur praat. Ek kan die rioolgemors nie meer hanteer nie”. Of die rede vir die oproep is afval wat nie verwyder is nie, straatligte wat nie brand nie, oproepe wat nie beantwoord word nie . . . noem maar op. Om nie eens te praat van krane wat opdroog en kragtoevoer wat af is nie. Die meeste van dié mense wat oproepe maak, het een ding gemeen: radeloosheid. Hulle ervaar frustrasie en magteloosheid. Interessant is swak dienslewering is in die algemeen nie diskriminerend nie: Jou inkomste, bevolkingsgroep, adres of ouderdom speel nie ’n rol nie. Jy het ook niks wat jou teen swak dienslewering beskerm nie (hoewel dit help as jy genoeg geld het om self die nodige dienste teen betaling deur iemand anders as die munisipaliteit te laat lewer). So graag soos Kroonnuus wil help, so is die stortvloed klagtes net te veel. Wanneer dit egter groot krisisse is, kan die koerant probeer ingryp. Voorheen was ’n media-navraag net wat nodig was om die verantwoordelikes op hul voete te bring sodat die probleem opgelos kan word. Kroonnuus versoek lesers om eers self te probeer om die regte mense in
die hande te kry en die probleem op te los. As jy egter byvoorbeeld ’n dag lank gesukkel het en geen vordering gemaak het nie, laat weet Kroonnuus van die probleem en verskaf al die nodige besonderhede. ’n SMS of e-pos kan ook die ding doen, want soms is dit moeilik om tussen die ander nuusinsameling deur lang gesprekke oor diensleweringsprobleme te voer. Wat die koerant kán doen, is om skriftelike navrae aan die munisipaliteit en die betrokke wyksraadslede te stuur. Ons kan dan op ons manier verder probeer vuurmaak om die probleem te help oplos. Ongelukkig kan die koerant nie meer as dit doen nie. Die koerant kan nie 24 uur die rol van wyksraadslede probeer vertolk nie. Die koerant is egter die waghond van die gemeenskap en sal alles moontlik doen om te help – natuurlik binne die beperkings wat betref hulpbronne en tyd. Hieronder is die telefoonnommers waar diensleweringsprobleme aangemeld kan word. Kry ook gerus die nommer van wyksraadslede in die hande. ) Moqhaka-oproepsentrum (dring op ’n verwysingsnommer aan): 0860-112000, 056-216-9321 of 056-216-9322.
Rol laat mond water SUID-AFRIKANERS is nou maar eenmaal lief vir ’n broderigheid met ’n soetigheid daarby. Dié patatrol is heel gepas vir ’n informele of formele geleentheid. Bestanddele: 1 rol skilferkorsdeeg 500 g patats 250 ml suiker 250 ml water 30 g margarien 5 ml sout 5 ml karamelgeursel Sous: 1 blik Ideal-melk 125 ml suiker 5 ml kaneel 50 g margarien Metode: Skil die patats en kook dit in die suiker, water en sout. Dit moet lekker droog kook. Roer dan die karamelgeursel in. Druk dit fyn en skep dit op die deeg. Rol dit op soos ’n rolkoek. Sny die rolkoek in 12 wiele. Bak tot gaar. Kook die sous vir vyf minute, giet dit oor die gaar wiele. Hou warm totdat jy dit gaan eet. Die patats kan met pampoen vervang word. Rolo ya patata 1 Today pastry 500 g patata 250 ml tswekere 250 ml metsi 30 g botoro 5 ml letswai 5 ml caramel essence Mokgwa:
Pragtig in skone sonlig REGS: Sonson dergang op die plaas. ONDER: Sonsop koms met herfs mistigheid wat die dag begroet.
Child Welfare thanks you for your support AUDREY CHAPARADZA, social worker and site manager: Child Welfare South Africa, Kroonstad:
Kgabela patata. Tshela metsi, tswekere le letswai ka pitseng. Kopanya patata. Pheha hantle. Tshela caramal essence. Bonolo patata. Tshasa patata hodimo pastry. Theteha rolo (swiss roll). Seha rolo kotolona. Tshela ka hara pane ka onto. Baka ka onto. Moro: 1 kotikoti Ideal Milk 125 ml tswekere 5 ml kaneel 50 g botoro Etsa moro ka Ideal milk, tswekere, kaneel le botoro. Tshela moro hodimo rolo ya patata.
AMAZING is the word that I’ll use to describe your donation to our organisation. We managed to give 24 families food parcels donated by you. Child Welfare South Africa, Kroonstad, is a non-governmental organisation that is committed to providing an integrated social welfare service to orphans and the vulnerable and this will be very diffi-
en onderwyser aan die KroonPrimêre Skool in Kroonstad, sê leerplanne is per e-pos aan verskeie skole en betrokkenes gestuur. Belangstellendes wat leerplanne of inligting wil bekom, kan die skool by 056-212-6401 bel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 23 Mei.
Buitenkantstraat 37 Posbus 309, Kroonstad 9500
cult to do without the generous support from people like you who have love enough to always look around to see where there is a need and help in the best way you can. Now that is amazing.
Your continued support to our organisation is humbling, vital and amazing. I am amazed by your consistency in assisting our organisation for the past five years and God will reward you in his special way. Thank you once again, Tharine Hurter, and your team, for partnering with us. We look forward to your continued support in our efforts to make a difference in the lives of orphans and the vulnerable. We greatly appreciate your support and the impact it has on our children.
Help keer dat Ou Stadsaal ook ’n murasie word
Inskrywings ingewag DIE Kroonstad-eisteddfod word elke tweede jaar aangebied. Vanjaar sal musikante, sangers, voordraers, dramagroepe, dansers en ander kunstenaars op dié geleentheid deur kundiges beoordeel word. Dit vind van 18 tot 22 Augustus plaas. Marieta de Jager, organiseerder
ROELF PRETORIUS het dié drie foto’s by ’n spesiale “stilwordplekkie” op een van sy plase geneem. Hier is ’n dagtoneel met die bome langs die ingang na die plaas. Foto: Roelf Pretorius
NEELS CLAASEN, Kroonstad: ONS is almal deeglik bewus van die agteruitgang in Kroonstad. Ons strate raak onbegaanbaar en vullis lê in die strate gestrooi soos nog nooit vantevore nie. Gebarste waterpype en verstopte rioolpype is alledaagse verskynsels. Reuse-gate voor ondernemings in sypaadjies is die norm. Daar is al baie briewe in Kroonnuus van oudinwoners geplaas wat hul skok en teleurstelling oor die toe-
stand van die dorp uitspreek. Die geskiedkundige stasiegebou is ’n voorbeeld en staan as ’n afgebrande murasie en duidelik gaan geen poging aangewend word om dit te herstel nie. Dié gebou is ’n onooglikheid vir Kroonstad en Transnet toon geen belangstelling om dit te herstel nie. Ons kan nie veel daaraan doen nie, maar ons kan voorkom dat die Ou Stadsaal ook oor die tyd ’n murasie word. Kroonstad-besigheid-en-toerisme het amper twee jaar gelede begin om geld in te samel om die geskied-
Redakteur: THARINE HURTER
Verkoopsbestuurder: ELRINA DE BEER
Tel.: 056-212-3171 Faks: 056-215-1700 E-pos: thurter@volksblad.com
Tel.: 057-357-1304 E-pos: edebeer@volksblad.com
kundige gebou te onderhou en te herstel deur elke eerste Saterdag van die maand ’n vlooimark by die Ou Stadsaal aan te bied. Die uitstallers betaal dan vir ’n stalletjie. Die ondersteuning van die publiek van die vlooimark was in die begin baie goed. Ná ’n vorige skrywe van my waarin ek ’n beroep op Kroonstad se inwoners gedoen het om die vlooimark te ondersteun was daar ’n groot oplewing, maar dit het nou weer afgeneem. Die vraag is: Waarom?
www www.kroonnuus.co.za
kroonnuus.mobi Kroonnuus SMS - 45533 (begin met KN)
Kroonnuus verwelkom voorstelle en kommentaar. Stuur inligting oor die regstelling van foute aan George Claassen, ombudsman van Media24 se plaaslike koerante, by george.claassen@media24.com, of bel hom by 021-851-3232/083-543-2471. Klagtes kan ook gerig word aan die SA Persombudsman, tel. 011-484-3612/8, faks 011-484-3619, e-pos khanyim@ombudsman.org.za, of johanr@ombudsman.org.za. Kroonnuus, Kroonstad en omgewing se koerant, is in 1986 gestig. Die koerant word uitgegee deur die eienaar, Media24, en gedruk deur Paarl Coldset, Nelson Mandelarylaan 79, Bloemfontein.
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
5
Buurtwagte ‘kan slag slaan teen misdaad’ Tharine Hurter ’n BUURTWAG vir die vier polisiëringsektore van Kroonstad is Woensdag in die Ou Stadsaal in Kroonstad gestig. “Die publiek kan die oë en ore van die polisie wees en misdaad kan dan beter bekamp word. Deur oplettend te wees en ongewone optrede by die betrokke sektorleiers aan te meld kan misdadigers in hegtenis geneem word,” het Johan Roux, voorsitter van die Kroonstad-gemeenskapspolisiëringsforum, op die stigtingsvergadering gesê. Sektorleiers het misdaadstatistieke bekend gemaak. ’n Toename in huisbrake word oral ondervind, asook diefstal van voertuie. Ao. Nico de Beer, sektorleier van sektor 4, sê die doel met mense wat bereid is om patrollies te doen is nie om verdagtes aan
te keer nie, maar wel om verdagte optrede aan te meld en sigbaarheid te verseker. Spaski Geldenhuis en Roux het ’n Facebook-blad, Kroonstad Neighbourhood Watch, begin en wenke, asook waarskuwings, aan die publiek word hier geplaas. Die kontakbesonderhede van die sektorleiers en afbakening van die sektore is ook verlede week in Kroonnuus gepubliseer. Geldenhuis sê die buurtwag se einddoel is om inwoners meer paraat te maak en om goeie buurmanskap te bevorder. “Afgetredenes is diegene wat veral in die dag die beweging in ’n woonbuurt waarneem. Dit is noodsaaklik dat bure mekaar se kontakbesonderhede byderhand het om misdaad saam in ’n gebied te bekamp,” sê Geldenhuis. Hy sê die buurtwag sal inwoners versoek om op ’n beurt- en roostergrondslag in hul woonbuurte patrollie te doen. Mettertyd sal
uitkenningsbordjies te koop wees om geld vir die buurtwag in te samel. De Beer sê bedags is die woonbuurte stil en dít skep ’n paradys vir inbrake. Theo Meintjes is betrokke by die GPF en hou gereeld vergaderings om mense oor polisiëring en paraatheid in te lig. ’n Bron van kommer is straatbeligting wat by veral Tuinhof en Elandia ontbreek. Diewe kan dan makliker skuiling kry. Op maanverligte aande is ’n toename in misdaad bespeur en ook op reëndae en -aande omdat spore dan deur die reën uitgewis word. Daar word voorts beplan om mense aan te stel wat bedags op fietse in buurte ry om sigbaarheid te verhoog. Besoek www.kroonstadneighbourhoodwatch.co.za om betrokke te raak of kontak Roux by johan@employeecheck.co.za of 082-319-1245. Bel Geldenhuis by 082-417-8987 of stuur ’n e-pos na spaski@e3.co.za.
N1 crossing now safer
KAARTJIES vlieg vir die vertoning van Riana Nel wat die eerste keer in Kroon stad kom optree. Sy sal op Vrydag 9 Mei in die NG kerk KroonstadNoord (Klip kerk) optree. Die vertoning begin om 18:30 vir 19:00. Die kaartjies kos R100 en kan by die Sentrale Volkskool of by Annemarie Jordaan by 0823727873 of Jeanette Crous by 0836693699 ge koop word. Gaan luister gerus na haar treffer Dans op www.kroonnuus.co.za. Foto: Verskaf
THE R65 million road project at Ventersburg was officially opened by Sindisiwe Chikunga, the deputy minister of Transport, and Butana Komphela, the MEC for Police, Roads and Transport in the Free State, on 15 April at the Ventersburg Truck Stop. Daily about 6 000 vehicles – including 1 200 trucks – pass Ventersburg on the N1. Because the town is literally split in two by the N1, more that 4 300 pedestrians, many of them school children, cross the busy road every day, risking life and limb to get to the
opposite side. With major upgrades and changes to the construction of the road, as well as the introduction of two new bridges, it is expected that the road will drastically improve the safety of motorists and pedestrians alike. Komphela launched the Easter Road Safety Campaign at the same event. High traffic volumes are expected on Free State roads during the Easter weekend as well as other long weekends later in April and early in May.
Leraar vertel meer oor kruisigingsweek CHRISTO NEL, ’n predikant, skrywer en opleier met ’n sterk internetbediening, het baie navorsing oor die gebeure rondom die kruisiging en die opstanding van Jesus gedoen.
HOUSE OF FROGGIT, wat voorheen as El bow’s Up op die Kosenkunsmark sake ge doen het, is ook weer met hul verskillende soor te kaas en gebottelde produkte op die mark.
Foto’s: Verskaf
Hy het ’n artikel hieroor geskryf en dui onder meer die dieper betekenis van die chronologiese gebeure aan. Besoek www.kroonnuus.co.za gerus om dié insiggewende artikel te lees.
VAN House of Froggit se gebottelde produkte is ook op die mark.
Mark weer Saterdag Annalize Doubell VOLKSBLAD se gewilde Kos-en-kunsmark vind Saterdag oudergewoonte van 09:00 tot 15:00 in die Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas. Vandeesmaand se tema is Deli-, kaas- en wynprodukte. Kom koop ’n lekker vars gebakte brood vir Saterdagaand se vleisbraaigeselligheid. Daar sal oudergewoonte ook gebottelde produkte, meubels, klere, kuns en mooi artikels vir jou huis wees. Vir die koffieliefhebbers is daar weer verskillende soorte koffies om te proe en heerlike fyngebak om daarmee saam te nuttig. In die lapa is ’n volledige kroeg om die
dors te les en oudergewoonte word tuisgebroude bier ook verkoop. Dié keer is daar meer kosstalletjies om van te kies en keur. Die jongspan is nie vergete nie en hulle sal op ’n springkasteel kan baljaar terwyl Ma hulle op spookasem, roomys en springmielies kan trakteer. Besoekers kan rustig onder die bome kuier terwyl hulle na musiek op die oop verhoog luister. ’n Mobiele bank op die terrein sal inkopies vergemaklik. Lootjies sal weer ten bate van Volksblad se projek Ons Gee Om (voorheen die Volksblad-Kersfonds) verkoop word en diegene wat R20 vir die fonds skenk, staan ’n kans om lekker pryse te wen. Gholfkarretjies is weer beskikbaar om diegene wat ver van die mark moes parkeer te vervoer. Toegang is R11 vir volwassenes en R6 vir kinders. ) Vir meer inligting kontak Bianca Prins by bianca.prins@volksblad.com.
JOHAN ROUX, voorsitter van die Kroonstad polisiëringsforum, is ’n kundige in die opsporing en aankeer van misdadigers. Foto: Tharine Hurter
OOS VRyStaat KaaP BedRyf BePeRK, is ’n welvaartskeppende landbougroep met sy hoofkantoor te ladybrand en sowat 1800 werknemers in diens, wat ’n verskeidenheid dienste aan die boeregemeenskap lewer. aansoeke word tans ingewag vir die volgende vakature:
Kredietbestuurder (Ficksburg)
Aansoekers moet oor minstens drie jaar toepaslike kredietondervinding beskik, verkieslik binne ’n landbou en/of bemarkingsomgewing, terwyl ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie aanbeveel word. Goeie kennis van alle toepaslike kredietwetgewing, goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede, asook die vermoë om goeie interpersoonlike verhoudinge te kan handhaaf en personeel te kan motiveer en bestuur, word verder vereis. OVK bied ’n markverwante vergoedingspakket met mededingende voordele eie aan ’n groot en gevestigde onderneming. aansoeke kan gefaks word na 0866 325 983, of per e-pos gestuur word aan robertm@ovk.co.za Skakel Robert mostert by (051) 923-4506 vir meer besonderhede. SSRA 101724
SluitingSdatum: 30 aPRil 2014.
6
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
MATRICULANTS of 2013 of the Kananelo Secondary School in Maokeng, Kroon stad, will be studying in China. They will be leaving at the end of the month. The Department of Education in the Free State gave bursaries to from the left Tshepo Kareli, Thato Seloko, Maleke Thulo, Tebo ho Sehloho and Tshepo Folotsi. With them are Dorothy Masekili (class teacher) and Joseph Khoarai (principal). Photo: Tharine Hurter
For more news and photos visit www.kroonnuus.co.za. Visit kroonnuus.mobi
Chinese on the menu Tharine Hurter “NI HAO.” This is how you greet someone in Chinese. For the next 17 months five learners of the Kananelo Secondary School who matriculated in 2013 will be learning to speak Chinese at the Nan Chang University in China. After this they will be eligible to study for a career of their choice at this university. Tshepo Kareli, Thato Seloko, Maleke Thulo, Teboho Sehloho and Tshepo Folotsi passed matric with flying colours last year. Inspired by their teacher, Dorothy Masekili, who was determined to help the boys to receive a tertiary education, the Free State Department of Educa-
tion gave bursaries to the boys to study in China. Principal Joseph Khoarai says the teachers are “running around to get sponsors to help the boys to buy enough luggage, decent clothing and even money for their passports.” None of the boys have ever flown in an aeroplane. “The Lord is on our side and nothing will go wrong,” says Tshepo who obtained a distinction in Physical Sciences and Maths and wants to study Actuarial Science. His mentor is his uncle, Sydney Abel. Tshepo wants to be an expert in politics one day. “I admire my teacher Dorothy Masekeli and the late Steve Biko,” says Tshepo.
“We know the food is very different in China. We have heard that dogs are on their list of protein. “Luckily, rice is in abundance there,” says Teboho. He wants to further his tertiary education in food sciences. Maleke says his “big brother”, Ernest Rakaki, supports him to excel in life. He also wants to educate himself in Political Sciences. An aspiring lawyer amongst the lucky students is Thato. He obtained a distinction in Maths last year. His mother, Selinah Seloko, is his role model. The learners are very excited. “We’ll miss our parents, but will come back with a good education.
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
Wen gesogte musiekprys CARLI VAN TON DER, ’n gr. 9leerling aan die AHS Kroon stad, het in die Unisa musiekeksamen een van die Hennie Jou bertmerietepryse gewen. Die pryse word toegeken aan presteerders in die praktiese en teoretie se eksamens wat deur die Direktoraat Musiek afgeneem is. Sy het die prestasie in musiekteorie gr. 3 be haal. Die pryse word toegeken aan die drie kandidate per graad wat die hoogste punt landwyd behaal het. Foto: Tinkie Hattingh
EIENDOMME
7
8
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401
FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814 HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517 KINDERVERMAAK
ALLERLEI TE KOOP: Elektriese motor .37kw/1.2pk, 380volt 4 pole voetmontering, 1370 revolusies. Skakelaar, 6.7 meter kabel. Motor soos nuut. R 850 of naaste aanbod. Oefenfiets - uitstekende toestand - R 499 Skakel 056 777 1740 Kantoor ure of 082 566 2750 KAMEELDORING HOUT 20kg sak @ R40.00 Skakel 083 440 1428
VIR ENIGE NAALDWERK Skakel 084 595 2820
TROETELDIERE 1660
BOSTON TERRIER hondjies te koop Ingeënt en ontwurm. Gereed 5 Mei Skakel 072 384 7556
VERVOER & BERGING 1870
HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248.
1405
SPRINGKASTELE EN GLYBANE TE HUUR (Nog in baie goeie toestand) Splinternuut Skakel 082 889 5392 GESONDHEID & SKOONHEID 1430
EXQUISITE NAILS Gel or Acrylic with Tips R 150 - New Stylish Nail Art Selection. Also travel Contact 072 064 1309 PERSOONLIK
GESOEK OM TE KOOP 1675
TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.
JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322 TROK TE HUUR 8 TON Trok te huur (met flappe) en drywer Meubels, Bourommel ens. Skakel Cindy 083 509 4374
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1460
1845
HARTLIKE DANK AAN GERT EN HEINRICH MAARTENS VAN REKO SEKURITEIT wie my selfoon op 6 April opgetel en aan my terugbesorg het. Die moeite wat hul gedoen het om op te spoor aan wie die foon behoort, spreek van ware integriteit. Baie Dankie TE KOOP
BOUMATERIAAL 1610
KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za ALLERLEI 1655
5 % AFSLAG OP MOSAIEK Bring advertensie as bewys. Top tile 056 212 5507 VINIEL PLAKKERS vir elke soort bewoording, windpomp, kombuis, stort & glas deure. Allerlei beskikbaar. Top Carpets 056 212 5507
LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052
BOME 1871
HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop. VOERTUIE
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP
GV STAALWERKE Staalwerk, Heinings, Afdakke, Diefwering, Staalhekke, Staalstore Alg. bou en herstelwerk. Plaveisel en betonmure Gerhard 082 829 8345
3075
HET JY OU "MEMORIES" OP VHS wat jy nie nie wil verloor nie? Sit al jou babavideo's of enige ander video op DVD asook al jou ou langspeelplate en musiek "tapes" op CD'S Skakel my by 083 861 8117
EIENDOMME
JABA KONSTRUKSIE Verf, Bou van afdakke, Seël van dakke, Teëlwerk, Bouwerk - Gideon Koertze 076 230 8364 of Jacques du Plessis 082 828 5896 MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels. SLYP VAN ELEKTRIESE SKAAFLEMME (HOUT) > BRAAIHOENDERS BESKIKBAAR. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927
WOONSTELLE TE HUUR 3250
VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS 25% Afslag. Top Carpets 056 212 5507
WAS VAN VOLVLOER-/ LOS MATTE, banke & motorsitplekke TAXIDIENSTE: Top Carpets Vir u en u pakkies. 056 212 5507 Bel net 45 min voor die tyd Skakel 076 215 2914
SOEK, KOOP, VERKOOP
1-SLK-W/S met balkon. Ingeboude kaste. Plesseymeter. Huur R 2 300 p.m. Water ingesluit. Geen kinders of troeteldiere Beskikbaar 1 Mei 2014 1-SLK-W/S vir enkelpersoon. Huur R 1 880 p.m. Water ingesluit. Geskik vir pensonaris. Beskikbaar 1 Junie 2014 Skakel 078 700 9592
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014 BOEDELKENNISGEWINGS
TE HUUR 3205
FEMNET HUIS Boomryke tuine 24 uur sekuriteit Werkende of afgetrede persone 5 Dae middag ete Wasgoed word een maal 'n week gewas 1 x per week skoonmaak dienste Plaas atmosfeer Rustige en ontspannend Kontak: Femnet huis no: 056 268 2311 of Louis no: 082 844 6379
BETREKKINGS
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
BOEDEL WYLE: MJ VISSER BOEDELNOMMER: 2237/2012
BOEDEL WYLE: GODFREY ADAM VAN WYK BOEDELNOMMER: 621/2013
IN DIE GESAMENTLIKE BOEDEL VAN WYLE GODFREY BETREKKINGS ADAM VAN WYK MET IDENTITEITSNOMMER: 3600 520508 5061 083, 'N MEERDERJARIGE MAN, WOONAGTIG TE RAS VAN ALGEMEEN NIEKERKSTRAAT 47, KROONSTAD 9499 EN 3680 LANGSLEWENDE GADE FOZIA Kantoor Administrateur BERNADETTE VAN WYK MET IDENTITEITSNOMMER: Die geskikte kandidaat 521221 0065 085 moet goed wees met BOEDELNOMMER: 621/2013
syfers en vaardig wees op MS Excel, MS Word, MS Outlook en Afriklok. Sy sal verantwoordelik wees om die daaglikse statistieke en skedules op datum te hou, voorraad beheer en kontrole, hantering van die kleinkas en die hantering van alle loon aangeleenthede. Sy sal ook verantwoordelik wees vir die handhawing van voedselveiligheid standaarde asook algemene kantoor en administratiewe werk. Die volle omvang van die pos sal in die onderhoud bespreek word. Die besigheid is op ‘n plaas, sowat 15km van Kroonstad af, geleë. Stuur asseblief u CV per epos aan accounts@ joubertgroup.co.za
SOEK, KOOP, VERKOOP
Kennis geskied hiermee dat die Eerste-en Finale Likwidasie-en Distribusie rekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 'n periode van een en twintig dae, gereken vanaf 25 April 2014 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Bloemfontein en die Landdros te Kroonstad. I MALHERBE-NORVAL Prokureur vir Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD
IN DIE GEMEENSKAPLIKE BOEDEL VAN WYLE MAGDALENA JOHANNA VISSER Identiteitsnommer: 610602 0117 080 en langslewende gade CORNELIUS HENDRIK VISSER woonagtig te Kiepersolstraat 1, KROONSTAD Boedelnommer: 2237/2012 Kennis geskied hiermee dat die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 'n periode van een en twintig dae, gereken vanaf 25 April 2014 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Bloemfontein en die Landdros te Kroonstad. WJ BOTHA Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Posbus 26 KROONSTAD
G E K L A S S I F I S E E R D
KENNISGEWINGS
9
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
11
Neem deel aan netbalproewe NETBALSPELERS van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) het onlangs in Sasolburg aan die Fezile Dabinetbalproewe deelgeneem. Nege skole het aan die byeenkoms deelgeneem. Dertien van die Bloues se leerlinge gaan aan die eindrondeproewe, wat op 10 Mei in Odendaalsrus gespeel word, deelneem en om ’n plek in die Jaguarspan meeding. Van links is, voor: Queen Morake (o.16), Rethabile Nyelele (o.16), Madelein Radebe (o.15), Cezanne Wessels (o.15), Elzahne Jan sen van Rensburg (o.15), Metchelene Molutsi (o.15) en Dimpho Mokwena (o.14); agter: Suné van der Merwe (o.18), Nicole Pienaar (o.18), Monique Potgieter (o.17), Beula Berries (o.17), Delia Berries (o.17) en Kamo Tsepe (o.17). Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren
Slaan silwer op SA’s los in aflos DIE Sentrale Volkskool (Senties) in Kroonstad se blitsnaelloper Tineke O’Neil, ’n gr. 7leerling aan die skool, het puik gepresteer op die SuidAfri kaanse atletiekkampioenskapsbyeenkoms vir laerskole. Hier het haar span ’n silwermedalje vir die aflosspan verwerf en sy het boonop ’n se wende plek in die hekkiesnommer behaal. Op die Vrystaatse kampioen skapsbyeenkoms vroeër die kwartaal het sy in die 100 m vir meisies o.13 ’n goue medalje en ’n tweede plek in die 75 mhekkies behaal. Sy word deur Marius Kriel afgerig. Foto: Verskaf
Beste in krieket
Ryg die swemmedaljes in Sasolburg in SWEMMERS van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) wat op die SuidAfrikaanse vlak 2swemkampioenskapsbyeenkoms in Sasolburg puik gepresteer het, is van links Charne Oosthuizen (16 tot 18 jaar; 400 mvryslag, sewende, 100 mrugslag, vierde, 200 mrugslag, derde en dus ’n bronsmedalje), Quintus Fourie (16 tot 18 jaar; 50 mrugslag, sewende, 100 mrugslag, agtste, 4x50 mvryslagaflos, eerste en dus ’n goue medalje, 4x50 mwisselslagaflos, tweede en dus ’n silwermedalje), Wiandre Erasmus (16 tot 18 jaar; 100 mborsslag, vyfde, 50 mborsslag, vierde, 4x50 mvryslagaflos, eerste en dus ’n goue medalje, 200 mborsslag, tweede en dus ’n silwermedalje, 50 mvlinderslag, sesde, 4x50 mwisselslagaflos, tweede en dus ’n silwermedal je), CJ Barnard (15 jaar; 200 mvryslag, sesde, 100 mvlinderslag, eerste en dus ’n goue medalje, 100 mvryslag, vyfde, 4x50 mvryslagaflos, eerste en dus ’n goue medalje, 50 mvryslag, vierde, 50 mvlinderslag, derde en dus ’n bronsmedalje, 4x50 mwisselslagaflos, tweede en dus ’n silwer medalje) en WP Wessels (16 tot 18 jaar; 100 mvryslag, negende, 4x50 mvryslagaflos, eerste en dus ’n goue medalje, 50 mvryslag, agtste, 4x50 mwisselslag, tweede en dus ’n silwermedalje. Foto: Tinkie Hattingh
Robbie dorp se swemtrots ROBBIE LE ROUX, ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies), is die enigste swemmer van Kroonstad wat aan die vlak 3-kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem het. Hy het persoonlike beste tye geswem en ’n silwermedalje in die 200 mindividuele wisselslag, asook ’n bronsmedalje in die 100 m-borsslag, ontvang. Daarna het hy in nog drie eindrondes geswem. Met die persoonlike beste tye kwalifiseer hy vir die Suid-Afrikaanse jeugswem-
kampioenskapsbyeenkoms wat in Mei in Durban aangebied word. Dit is die eerste keer in ’n baie lang tyd dat ’n swemmer van Kroonstad vir die byeenkoms kwalifiseer. Robbie word deur Ulrich van Wyk van Kroonstad afgerig. Sy ma, Irene, is ’n leerkrag aan die Rooiskool en kan ’n rits swemprestasies agter haar naam skryf. Sy het ook al talle swemmers van Kroonstad afgerig en geïnspireer om prestasies in swem te behaal.
ROBBIE LE ROUX
Foto: Tinkie Hattingh
DIE De Bruingesin in hul SuidAfrikaanse nasionale kleure. Ger brand, Christo en Charisma het hul kleure in jukskei verwerf.
Foto: Finns-ateljee
De Bruins slinger skeie Anne-Lizé Jansen van Vuuren DRIE lede van ’n Kroonstadgesin spog met Suid-Afrikaanse nasionale kleure. Charisma de Bruin het op die onlangse Suid-Afrikaanse jukskeikampioenskapsbyeenkoms haar nasionale kleure (o.30) verwerf. Sy vertel sy was in gr. 4 aan die Sentrale Volkskool toe pa Christo haar begin afrig het. Sy het in 2005 al in die Suid-Afrikaanse span gespeel. In haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Kroonstad (Bloues) het sy ook elke jaar vir dié span gespeel. Ná matriek in 2012 is sy na die Noordwes-universiteit waar sy onderwys studeer. Tussendeur ruim sy tyd in om minstens drie uur per week
in Potchefstroom te oefen. Gerbrand de Bruin is een van die Bloues se veelsydige sportmanne. Hy speel rugby, ringbal, krieket en tennis. Dié matrikulant het op die onlangse kampioenskapsbyeenkoms Suid-Afrikaanse kleure (o.19) verwerf. Hy het ook goud op die Suid-Afrikaanse toernooi in dubbelspel gekry. Die span waarin hy gespeel het, het ook goud verwerf. “Mense spot ek volg in my kinders se voetspore,” sê Christo de Bruin. Hy het ook op dié byeenkoms die eerste keer sy Suid-Afrikaanse kleure in die veteraanafdeling behaal. De Bruin kom uit ’n jukskei-familie en beoefen dié sport sedert sy kinderdae. Hy rig ook sy twee kinders af.
IZEL CILLIERS, ’n leerling aan die Afri kaanse Hoërskool Kroonstad (Rooi skool), is deur die Vry staatkrieketunie as die beste o.19mei siekrieketspeler van 2013’14 aangewys. Op die prysuitdelings geleentheid op 18 Maart vanjaar is sy met ’n trofee en sertifi kaat in Bloemfontein vereer. Foto: Verskaf
Wen, eet by klub DIE Heckroodtparkrolbalklub bied op Woensdag 7 Mei ’n “Skyfie-In”-middag by die klub aan. Kontantpryse van R700 kan gewen word. Dit behels ’n eerste prys van R400, ’n tweede prys van R200 en ’n derde prys van R100. Die spel sal om 13:00 begin. ’n Pap-en-wors-ete word ná die dag se spel aangebied. Inskrywings vir die spel en ete kos net R25 vir spelers en niespelers. Almal word genooi om, nadat hul kruisie op stemdag getrek is, saam met die rolbalspelers die middag te kom deurbring. Skryf jou teen Maandag 5 Mei in by Christo Fourie by 082-579-0429.
12
KROONNUUS, DINSDAG 22 APRIL 2014
Hindernis sy kos Tharine Hurter AS die Heer hom spaar, sal Bobby de Kock op 15 Augustus 70 jaar oud word. Van Februarie 2013 tot November 2013 het hy kanker gehad, maar het so herstel dat hy weer ’n berg kan uitklim, atletiek beoefen en selfs bloed skenk. Met ’n bloedtelling van 22 in Junie verlede jaar was sy toekoms nie te rooskleurig nie. Hy kon meer as ’n jaar nie aan atletiek deelneem nie. Die siekte het Bobby egter nie van stryk gebring nie en hy het bly glo hy kan weer die meestersatleet wees wat hy die afgelope 14 jaar is. Vandag is sy bloedtelling 2,7 – ’n normale bloedtelling moet laer as 5 wees. “Ek bring alle lof aan die Here wat my dra en motiveer. Sonder Hom is ek tot niks in staat nie,” sê Bobby. Hy sê sy grootste motiveerders is die Kroonstadse mense. Dit is nie ongewoon dat mense vir hom die toeter druk en sterkte met sy atletiek toewens nie. Hy het op 8 Maart in die Pilditch-stadion in Pretoria, Gauteng-Noord, deelgeneem. Hier het hy in die 200 m ’n goue medalje, twee silwermedaljes onderskeidelik in die 800 m en 1 500 m, asook twee bronsmedaljes in die 100 m- en 2 000 m-hindernisnommer, gewen. Op 22 Maart het hy in die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg vier goue medaljes in die 100 m, 200 m, 800 m en 1 500 m onderskeidelik gewen, asook ’n silwermedalje in die 2 000 m-hindernisnommer. Op 12 April het hy aan die GautengSentraal-meestersatletiekbyeenkoms in die Germiston-stadion deelgeneem. Hier het hy een goue medalje in die 1 500 m, twee silwermedaljes in die 200 m en 800 m en ’n bronsmedalje in die 2 000 m-hindernisnommer gewen. Hy neem op 26 en 27 April aan die Suid-Afrikaanse meestersatletiekbyeenkoms in Rustenburg deel.
CORNELL LOUBSER
Foto: Verskaf
Loubser oes medaljes in Tharine Hurter
HANS SLIEP van GautengNoord het die goue medalje in die 2 000 mhinder nisnommer op die GautengNoord meestersatletiekby eenkoms gewen. Kroonstad se Bobby de Kock (regs) het ’n bronsmedalje ver ower. Foto: Lulu de Kock
CORNELL LOUBSER, ’n Kroonstadse meisie wat al vir haar ’n groot naam in swem gemaak het, het van 7 tot 12 April aan die senior nasionale swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. Sy het met twee goue medaljes en een silwermedalje huis toe gekom. In die 100 m-vlinderslag het sy ’n eerste plek behaal en in die 100 m-vryslag ’n tweede plek. Cornell het die 50 m-vlinderslag in ’n persoonlike beste tyd van 30.59 geswem, wat slegs 1.4 sekondes van die wêreldrekord in die S15-kategorie is. Cornell is ’n student aan die Noordwesuniversiteit (Puk-kampus) en word deur Marike van Oort afgerig.
BOBBY DE KOCK met die medaljes wat hy sedert Maart op drie meestersatletiek byeenkomste ingeoes het. Foto: Tharine Hurter
FRANCO FRONEMAN is die Kroonstadbuite klub se klubkampioen. Hy speel met ’n voorgee van drie en is ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies). Hy het die Aaf deling op die klubkampioenskappe met ’n tel ling van 154 houe oor 36 putjies gewen. In die Bafdeling het Thys Claassens met die louere weggestap en Tiaan Fourie het die Cafdeling gewen. Foto: Verskaf