Kroonnuuskn 20140506

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 6 MEI 2014

Stemmery in SA werk só André Botha

DIE provinsiale en nasionale verkiesings verskil van die munisipale verkiesings deurdat kiesers môre slegs vir partye gaan stem en nie vir individuele kandidate nie. Kiesers sal môre op stemdag twee stembriewe ontvang. Een daarvan is vir die provinsiale wetgewer en die ander een is vir die Nasionale Vergadering in die parlement. Kiesers kan provinsiaal vir een party en nasionaal vir ’n ander party stem sou hulle wou. Nog ’n verskil tussen munisipale verkiesings en provinsiale en nasionale verkiesings is waar kiesers mag stem. In munisipale verkiesings kan slegs by die stemlokaal gestem word waar die kieser geregistreer is. In provinsiale en nasionale verkiesings kan egter by enige stemlokaal gestem word. As jy dus in Kroonstad geregistreer is, maar jou op stemdag in ’n ander dorp of stad bevind, kan jy steeds provinsiaal, sowel as nasionaal, stem. Bevind jy jou egter in Johannesburg, sal jy slegs nasionaal kan stem, omdat jy nie in Gauteng geregistreer is nie. Om te kan stem moet kiesers hul identiteitsdokumente saamneem. Daarsonder kan nie gestem word nie. Kiesers mag ook net een keer stem. Suid-Afrika gebruik ’n proporsionele kiesstelsel op nasionale en provinsiale vlak. Dit beteken die getal setels wat elke party wen, hang af van die getal stemme wat die party kry. ’n Formule word gebruik waarvolgens een setel vir ’n bepaalde getal stemme aan die onderskeie partye toegeken word. Nadat die setels volgens die

KORT voor die nasionale verkiesing pryk plakkate soos dié oral in Kroon­ stad. Foto: Jana Bekker

formule toegeken is, bly ’n paar setels oor. Elke party het ook oorskot-stemme (stemme behalwe die getal stemme per setel). Dié setels word dan toegeken op ’n grondslag van een setel vir die party met die grootste getal oorskot-stemme, dan ’n setel vir die party met die tweede grootste getal oorskot-stemme, en so voort totdat al die setels gevul is. Elke party het drie kandidatelyste. Een lys is vir die provinsiale wetgewer, een is ’n streeklys vir die Nasionale Vergadering, en die derde lys is ’n nasionale lys vir die Nasionale Vergadering. As ’n party ses setels in die wetgewer wen, word dit gevul deur die eerste ses kandidate op sy wetgewerlys. Die provinsiale stembriewe word hiervoor gebruik. Die Nasionale Vergadering se 400 lede word in twee groepe van 200 elk aangewys. Vir albei groepe word die nasionale stembriewe gebruik. Vir die een groep word die nasionale lys gebruik. Die aantal setels vir elke party word volgens sy getal stemme nasionaal bepaal en die lede word volgens hul plek op die onderskeie partylyste aangewys. Die ander 200 lede word aangewys volgens die stemme wat die partye in die onderskeie provinsies behaal het deur die nasionale stembriewe te tel. Elke party het ’n lys per provinsie en elke provinsie het ’n getal setels in die Nasionale Vergadering. Die Nasionale Raad van Provinsies is die ander deel van die parlement. Dit het die ou senaat vervang en sien spesifiek na die belange van die provinsies om. Kiesers stem nie regstreeks vir dié liggaam nie. Die samestelling daarvan word bepaal deur die samestelling van elke wetgewer. ) Lesers van Kroonnuus kan hul foto’s en ervarings by die stembus by www.kroonnuus.co.za of op Kroonnuus se Facebook-blad deel.

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Blom steeds vrolik DIE koue het al in die Vrystaat ligte ryp veroorsaak. Talle sonneblom­ lande, soos dié een tussen Kroonstad en Edenville, is nog vol in die blom. Indien erge ryp voorkom, kan boere aansienlike oesskade ly.

Foto: Tharine Hurter


2

KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Sektore lyk só Tharine Hurter GRONDEIENAARS is wetlik volgens die bepalings van die departement van waterwese en bosbou verplig om brandbane vroegtydig aan weerskante van grensdrade te maak. Altesaam 27 sektorleiers vir die onderskeie distrikte is daarvoor verantwoordelik om brandplanne vir hul streke gereed te hê. Die sektore vir die MBBV sluit in: Kroonstad: Eersterus (Koppiespad tot by die Valsrivier), Renosterkop (Valsrivier tot by die Koppiespad), Wolwefontein (Welkompad tot by die Valsrivier), Holfontein (Ventersburgpad tot by die Welkompad) en Wonderkop (Valsrivier tot by die Ventersburgpad). Viljoenskroon: Alpha (Viljoenskroon-Vredefortgrondpad tot by die ou distriksgrens KroonstadViljoenskroon), Romeo-Viljoenskroon-Vredefortgrondpad tot die Renoster-rivier tot by Omega met die grondpad na Vierfontein langs die treinspoor af tot by die Viljoenskroonplotte), Sierra-Viljoenskroon-Kroonstadpad tot by die Bothavillepad en die ou

distriksgrens Kroonstad-Bothaville), Vaalrivier-boereklub (Vaalrivier-Renosterrivier tot by Viljoenskroon-Vredefortpad) en Vierfontein (ViljoenskroonOrkneypad tot by die ou distriksgrens van Bothaville teen Vlaklaagte tot teen die Vaalrivier). Steynsrus (strek van Wonderkop tot teen die Valsrivier tot by Lindley en Senekal). Vredefort: Wonderheuwel/ Charlie (Vredefort-Kroonstadpad halveer met Potchefstroompad: onderste deel van VredefortKroonstadgrens), Vredefort/Uniform (Noord van Charliegroep tot teen die Bothavillepad strek van Koppies tot by die Viljoenskroongrens), Vredefort-Vaalrivier-Juliet (Vredefort-Viljoenskroonpad-Potchefstroompad tot Vaalrivier) en Noordwes/Yankee (Vredefort-Viljoenskroonpad tot die Potchefstroompad tot by die Vaalrivier). Die betrokke ondernemings en staatsorganisasies sluit in Petronet, Eskom, Spoornet, Telkom, Senwes, Resqlink-padagentskap, kunsmisfabriek, voerkrale, ingenieurs, georganiseerde landbou, die weermag en die polisie.

Maak dié winter voorbrand vir veiligheid VANJAAR is die weiding in die Noord-Vrystaat uitsonderlik mooi vanweë die lieflike reën in die laatsomer. Ligte ryp het reeds in die streek voorgekom en weiding en gras hou ’n brandgevaar in. Ingevolge wetgewing is elke plaaseienaar verplig om brandbane langs grensdrade te sny. Brandtye

is van 1 Mei tot 20 Julie en geen voorbrand of brande mag van 20 Julie tot 30 September gemaak word nie. Bygewerkte brandplanne moet by boereverenigings en -instansies bespreek en volgens wet nagekom word. Jaarlikse ondernemingsvorms van lede met kontaknommers en

die brandbestrydingstoerusting wat elke lid besit, moet sodanige brandplan vergesel. ’n Brandbaan moet nie minder nie as 10 m aan weerskante van ’n grensdraad wees, sê ’n brandkenner. Waar voorbrande gemaak word, moet omliggende plaaseienaars in kennis gestel word.

MBOYANE is die hoogste vrystaande rots in die Drakensbergreeks. Dit is 504 m hoog. Die kenmerkende bakens wanneer stappers die Mweni­pas aandurf, is van links die Mweni­naald, Mboyane­rots, Cathedral Peak, die Bell en die Noordelike Saal. Foto: Bobby de Kock

Voetslaners pak pas aan

VOETSLANERS van Kroonstad het die Paasnaweek die Mnweni-pas in die Drakensberg aangedurf. Dié gebied in die skilderagtige Drakensberg bied beslis van die mooiste natuurskoon in die bergreeks. Die gebied word begrens deur die Eastern-Buttress, Duiwelstand en Inner Tower aan die noorde- en in die suide Cathedral Peak, Bell, Mitre en die Chessmen. Om die pas te stap verg deursettingsvermoë en kan baie van die

mens se liggaam vereis. Die hoogte bo seevlak van die onderskeie passe wissel tot 1 200 m en 3 000 m. Fotogeleenthede in die Drakensberg is ongekend mooi met puik sonsopkomste en -ondergange. Saans bied die sterrehemel vanweë geen besoedeling in die lug nie ’n ongelooflike blik op die hemelruim. Daaglikse afstande wat stappers kan aflê, is tussen 12 km en 17 km. Die Kroonstadse stapgeselskap het

altesaam 48 km afgelê. Om onder die sterre in die ope lug op enige plek in die pas te oornag bly ’n hoogtepunt, vertel Bobby de Kock. Herfs en lente is die beste tye van die jaar om die pas in sy volle prag te aanskou. In die winter is temperature van -15 °C saans aangeteken en in die somer kelder donderstorms soms stappers se voltooiing van die passe. Nog foto’s is by www.kroonnuus.co.za te sien.

DIE stapgeselskap wat die Mnweni­pas in die Drakensberg suksesvol voltooi het, is van links Christo Brits, Jean Viljoen, John Keogh, Bobby de Kock, Wiets Nel en Retha Crouwkamp. Foto: Ruan Smit


KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

3

Mense wag dae lank vir pensioen

VERLEDE Dinsdag vroeg het twee lang rye mense reeds voor die Sassa­kantoor in Kroonstad gewag. Baie van hulle was toe reeds 24 uur of langer in die ry. Foto’s: jana Bekker Jana Bekker KROONSTAD. – Pensioentrekkers bring gereeld ’n hele dag en nag, soms selfs twee, voor die Kroonstad-tak van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Welsyntoelaes (Sassa) deur in die hoop om gehelp te word. Sommige neem ’n kombers of matras saam en gewoonlik maak iemand vuur om die ergste koue te verdryf, maar dit is nie maklik nie. Verlede week wou die meeste mense in die ry aansoek of heraansoek doen om ’n pensioentoelae – baie van hulle het reeds verlede Saterdag in die ry geval in die hoop om die Maandag gehelp te word. Miriam Nola (44), wat verlede Maandagaand daar geslaap het, was daar vir ’n ongeskiktheidspensioen wat

sy ontvang nadat sy ’n paar jaar gelede in die arm geskiet is. “Dit was baie, baie koud,” het sy gesê. Danie van Vuuren, wat in KroonstadSentraal woon en as motorwag werk, het verlede Maandag om 17:00 in die ry geval. Gisteroggend het hy gesê hy het die nag “effentjies koud gekry”, maar was meer besorg oor sy veiligheid. “Ek het in die lig langs ’n muur geslaap. ’n Mens is maar bang, jy weet nooit,” het hy gesê. Volgens Van Vuuren word mense genoodsaak om voor die gebou te slaap, want slegs 150 mense word per dag gehelp. Daniël Lechalaba (54), wat reeds 24 uur in die ry was, het gesê omdat mense daar oornag, is toiletgeriewe ’n probleem.

“Ons kan na die vulstasie oorkant die pad gaan, maar moet R2 betaal.” Lisa de Waal (52), ’n Suidrand-inwoner wat aan osteoporose en artritis ly, probeer haar reeds van Januarie af vir ’n ongeskiktheidspensioen herregistreer. Elke keer wanneer dit haar beurt is, verhoed iets haar om gehelp te word. Soms is die vorms op of die rekenaars van lyn af. Soms is dit ná 14:00 en word niemand verder gehelp nie. “Ek kan nie lank sit nie en ek kan nie lank staan nie.” Sy neem ’n klein stoeltjie saam om die sit en staan af te wissel, maar as sy in die middag die kantoor verlaat, huil sy van die pyn. ) Sassa-bestuurders het verlede week opleiding gekry en sou eers weer Vrydag beskikbaar wees, maar teen druktyd was ’n e-pos-navraag nog onbeantwoord.

MARIANE REYNEKE (58) en Danie van Vuuren (53), al­ bei motorwagte, het verlede week, nadat hulle by Sassa gehelp is, terugkeer werk toe, al het Danie die hele vorige nag in die ry gewag.


4

KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Elke kruisie belangrik MÔRE breek stemdag aan, die dag waarop die stemgeregtigde inwoners van die land ’n keuse kan uitoefen om te bepaal wie die land die volgende jare gaan regeer. ’n Mens kan sinies wees en van die standpunt uitgaan dat die regerende party in elk geval met ’n groot meerderheid gaan wen, dus, wat maak my stem saak? Die waarheid is dat dit ’n kosbare reg is om jou stem te kan uitbring. Elke kruisie wat getrek word, speel in der waarheid ’n belangrike rol. Niks is immers uit klip gekap nie, en ook die aanspraak in sommige kringe dat die huidige regering tot met die wederkoms sal regeer, sal mettertyd verkeerd bewys word. Dit is waarom die komende verkiesing so ontsaglik belangrik is en soveel belangstelling wek. Die regerende alliansie se posisie lyk skielik nie meer so onaantasbaar soos wat altyd vermoed (of gevrees) is nie. Onder die huidige president het die land by die punt gekom waar die president sy eie party met sy bedenklike leierskap soveel skade aangedoen het dat ’n wegbreekparty ’n aansienlike klomp stemme sal kan wegrokkel.

In opposisiegeledere is daar ook allerhande woelinge en die amptelike opposisie het self rede om bekommerd daaroor te wees of hy nie self steun van sy meer konserwatiewe ondersteuners verloor het nie. En dalk kan van die byna vergete regse partye skielik weer in ’n sterker posisie staan. Hierdie is alles bespiegeling, maar uiteindelik kan elke stem tel om te help formuleer aan die sterk boodskappe wat die politieke partye in die land nodig het om te hoor. Stem met jou kop en met jou hart. Stem en laat die politici daardeur hoor hoe jy voel. Almal wat soos jy voel en stem, skreeu saam ’n boodskap uit wat gehoor moet word. Joseph de Maistre, ’n Franse filosoof en diplomaat, het kort ná die Franse rewolusie gesê elke land kry die regering wat hy verdien. Die minste wat jy kan doen, is om jou kosbare stem uit te bring om minstens te probeer om ’n regering aan bewind te bring wat op sy tone is en besef dat niks vir altyd duur nie. Dít is jou kans om ’n invloed, hoe gering ook al, op die toekoms van die land uit te oefen.

Maak só ’n bobaas-pizza AS jy eers begin het om jou eie pizza te maak sal dié van wegneemete-plekke jou nie meer aanstaan nie. Die deeg is maklik om te maak. Bestanddele: 500 g koekmeelblom 5 ml kitsgis growwe sout 30 ml olyfolie 200 tot 250 ml louwarm water Metode: Meng die koekmeelblom, kitsgis en sout in die mengbak van ’n elektriese klitser wat ’n deeghaak het. Voeg die olyfolie by en begin die deeg stadig meng. Voeg die water geleidelik by totdat ’n stewige deeg vorm wat van die kante van die bak wegtrek. Knie die deeg 4 tot 5 minute (of 8 tot 10 minute per hand). Sit die deeg in ’n groot bak wat met koekmeel besprinkel is en laat dit rys totdat die deeg verdubbel het. Verwyder uit die bak en knie die deeg af totdat al die lugborrels vrygelaat is. Jy kan dit nou uitrol en in die yskas bêre totdat jy dit gebruik of dit vries. Tuisgemaakte tamatiesousvulsel: 2 blikkies heel tamaties 1 klein ui, gekap 2 knoffelhuisies, geskil 30 ml gedroogde orego 62,5 ml olyfolie Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak Kook die bestanddele sowat 45 minute oor lae ’n hitte.

Vulsels: 1 tot 2 koppies tuisgemaakte tamatiesous 2 ruim hande vol vars basiliekruid, geskeur vars Mozzarellakaas Plaas die vulsel bo-op die pizzadeeg op ’n groot bakplaat en bak teen 230 °C. Bak 8 tot 10 minute en bedien. Pizza Hlama Etsa hlama ka 500 g flouru 5 ml tomoso Letswai 30 ml olive oli 200 – 250 ml metsi Mokgwa: Kopanya flouru, tomoso le letswai ka pitsa. Tshela olive oli. Kopanya hantle. Tshela metsi. Etsa hlama ka bohobe. Sebedisa letsoho metsotso 8-10 kapa electric mixer metsotso 8-10. Beha hlama ka pitsa e kgolo. Beha ka thoko. Sebetsa letsoho. Rolo pizza hlama. Tlatsa moro tsa tamati, 1 eie, 2 knofolo, 30 ml origanum le 62,5 ml olive oli, blara ya basil. Peha ka pitsa metsotso 45. Tshela moro ya tamati hodimo pizza hlama. Tshela mozzarella kase le blara ya basil. Baka onto 230° C metsotso 8 to 10.

DIE kinders van Engo­kinder­en­jeugsorg.

Foto: Verskaf

Bydrae kan groot verskil maak FROM a little spark may burst a flame. – Dante Alighieri. Die projek Vir Ons Kinders ten bate van Engo se behoeftige kinders in die Vrystaat word vanjaar die sesde keer aangepak. ’n Chevrolet Spark Campus van R112 400 is op die spel. Deur slegs ’n R20-skenking te doen staan jy ’n kans om die eienaar van die Spark te wees. Nóg belangriker – jou R20-bydrae is een van die vonke wat die vuur van omgee kan aansteek. Kaartjies is by alle Engo-kantore en -sentrums in die Vrystaat beskikbaar. Die sluitingsdatum van die kompetisie is 23 November. Vyf finaliste sal op 9 Januarie 2015 met die hulp van PwC aangekondig word. Die finale trekkingsgeleentheid is op 23 Januarie 2015 in Bloemfontein. Die wenner sal met ’n nuwe Chevrolet Spark Campus wegry. Verskeie promosieveldtogte sal die volgende sewe maande oor die Vrystaat heen plaasvind waardeur

mense aangemoedig sal word om kaartjies ten bate van die Vir Ons Kinders-projek te koop. Die motor sal onder meer op Volksblad se Kos-en-kunsmark, die Vryfees in Bloemfontein, die Kersiefees in Ficksburg en in verskeie winkelsentrums oor die Vrystaat heen besigtig kan word. Die Vir Ons Kinders-projek sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van sy borge nie. Vanjaar se borge is Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante. Engo-kinder-en-jeugsorg (jeugsorgsentrums, vroeër bekend as die kinderhuise) is ’n nie-winsgewende organisasie wat kinders heeltyds versorg wat deur die kinderhof van hul ouerhuise verwyder is, omdat hulle ’n behoefte aan sorg en beskerming het. Die diens is reeds meer as 100 jaar oud en het ’n holistiese uitgangspunt van versorging wat alle fasette insluit. Sowat 800 kinders tussen 0 maande en 18 jaar word in 34

jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen versorg. Die sentrums skep ’n huislike atmosfeer vir kinders en is in die gemeenskap geleë. Die doel is om kinders in die gemeenskap te laat inpas. Bykomende hulp word aan ongeveer 2 500 kinders verleen wat in risiko-omstandighede leef. Die Engo-jeugsorgsentrums (kinderhuise) in die Vrystaat het dit moeilik. Die staatsubsidies het die afgelope jare weinig verhoog en dit word steeds van die kinderhuise verwag om die kinders met minder as R12 per kind drie keer per dag kos te gee. Dit het noodsaaklik geraak vir die gemeenskap om betrokke te raak. Geld om in die noodsaaklike behoeftes van die kinders te voorsien moet deur insamelingsprojekte soos dié ingesamel word. ) Vir meer inligting oor die Vir Ons Kinders-projek en die beskikbaarheid van kaartjies in jou streek, skakel 051-407-7222 of besoek www.engo.co.za.

Spontaan nou wyer as sing DIE gewilde Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigeen wat ’n besonderse talent het, kan dus deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees. ’n Deelnemer moet alles wat hy

of sy vir die optrede nodig het, self verskaf. Om jou in te skryf sal jou nie ’n enkele sent kos nie. Dit is gratis. Die datum van die oudisies sal binnekort aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie ’n geskikte

kandidaat is nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in die Blêrkas op die Vryfees op die UV-kampus in Bloemfontein wees. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.

Wen met jou talent ) SpecSavers: pryse ter waarde van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse ter waarde van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n publisiteitsen-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner ter waarde van R4 500.


KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Klou vir ’n vale AAN die einde van die maand, op 31 Mei, kan dapperes op ’n bul ry, of op redelik wilde perde in die ring ry – die jongklomp kan selfs skaapry. Dit is ten bate van die Kroonstad­kindersorgak­ sie (KKA) wat toesien dat behoeftige kinders ’n warm bord kos kry. Al dié aksie vind van 08:30 af in die Kroon­boma, sowat 8 km buite Kroonstad, plaas. Toegang kos R50 per vol­ wassene en R20 per kind. Die braaigesellig­ heid en dansparty kos R80 per persoon en sluit ’n braaipakkie in. Skakel 082­558­1005 om jou in te skryf of om stalletjies te bespreek. Om jou vir die bul­, perd­ of skaapry in te skryf skakel 083­468­4002. Foto: Rough Stock

Skryf jou in en word bederf EEN van die mooiste gedigte in Afrikaans is Antjie Krog, ’n kind van die Vrystaat, se Ma, ’n gedig wat spreek van ’n dogter se liefde vir en deernis teenoor haar ma. Kroonnuus bied vandeesweek, met Moedersdag wat Sondag gevier word, aan lesers die geleentheid om ’n stukkie oor hul moeders te skryf. Dit kan in enige vorm en formaat wees, maar liefs nie langer as 400 woorde nie. Skryf dit, laai dit op ons webblad en staan ’n kans om ’n naweekwegbreek vir vier mense in die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park te wen. Om jou bydrae te laai gaan na ons webblad, registreer jou as lesersjoernalis en volg die aanwysings. Die oorhoofse wenner, wat 15 Mei aangewys word, wen ’n naweek in een van die 24 chalets in die Basotho Cultural Village-ruskamp in die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park. Die ruskamp, ontwerp op die patroon van ’n 18de-eeuse Basoetostat, is in die meer oostelike deel van die park waar heelwat wild voorkom. Dit sluit in eland- en sebra-troppe, rooihartebeeste, blesbokke, springbokke en swartwildebeeste, terwyl die voëllewe ook enige voëlkyker se hart warm laat klop. Vir meer inligting oor die Cultural Village, gaan na www.sanparks.co.za, of bel die nasionale park by 058-2551000. Skryf gerus in, bring hulde aan jou ma en staan ’n kans om ’n lekker bederf saam met haar los te slaan.

5

e v sa

& t r a m s p Sho 49

30

R

R

Bulk Oukraal Wors Per kg

Leg of Lamb Bone in

79

R

FRESH

PnP Whole Fresh Chicken in Tray Per kg

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

21

R

SAVE 2.90

Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

20

R

PnP Brown Mushrooms 250g

740

15

PnP Shoulder Ham Per 100g

R

PnP Washed Potatoes 2kg

BUY 2 FOR

1190 All Gold Tomato Sauce 700ml

SAVE R21

Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub

SAVE R2

1590

47

R

PnP Pure Sunflower Oil 750ml

16

90

SAVE R3

Allsome Long Grain Parboiled Rice 2kg

2290 SAVE R2

PnP White Sugar 2.5kg

4090

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue 9s Assorted Per Pack

SÓ lui die woorde van Krog se gedig:

Ma, ek skryf vir jou ’n gedig Sonder fênsie leestekens Sonder woorde wat rym Sonder bywoorde Net sommer ’n kaalvoet gedig – want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie.

11350 SAVE R16

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Size 2 - 66s, Size 3 - 58s, Size 4 - 50s or Size 5 - 44s Per Pack

PRICES VALID 6 - 11 MAY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185177_390x198


6

KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Babalyk gekry in rioolstelsel Jana Bekker DIE lyk van ’n baba is verlede Donderdag in ’n rioolstelsel in Maokeng gevind. Dié vonds is gemaak nadat ’n Marabastadinwoner, Molefi Phalatsi (41), die rioolstelsel by sy huis as verstop aangemeld het. “Ons kla al baie lank oor die verstopte rioolpyp, seker al van Desember af,” het Phalatsi gesê. Eindelik het hy by Sipho-Joseph Silevu, ’n DA-raadslid, uitgekom wat verseker het sit sou skoongemaak word. Werknemers van ’n private kontrakteur, Power Vac, het die naakte lykie omstreeks 16:30 uit die rioolstelsel gehaal.

Hykie Berg praat by kerk HYKIE BERG tree Saterdag om 07:00 tydens ’n ontbyt in die kerksaal van NG gemeente Kroonstad-Suid op. Hy sal spesifiek met ouers praat oor die gevare wat die misbruik van alkohol en die eksperimentering met dwelms vir hul kinders inhou. Hykie, wenner van Survivor SA Maldives en bekende akteur (Binneland, Egoli en 7de Laan, asook verskeie flieks), is ’n gesogte spreker oor die onderwerp van verslawing. Hy het self ’n verslawingstryd gevoer en oorwin. Die CAD het amper ’n jaar gespook om hom vir ’n optrede in Kroonstad te kry. Almal is welkom om hierdie besonderse geleentheid by te woon. Kaartjies is teen R60 per persoon beskikbaar, wat ’n heerlike ontbyt insluit. Kaartjies is by 082-412-2451 of 083-951-5205 of 082-571-5472 verkrygbaar.


KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Ill father gone missing Jana Bekker A GELUKWAARTS resident is worried sick as her father has been missing for over a week. Lydia Monchusi says her father, Sabata Monchusi (55), better known as Mpe, was last seen at his home on 25 April. “My father has meningitis and I think he may be confused,” Lydia says. They have searched for him all over Gelukwaarts and also visited mortuaries in the area. Monchusi is 1,6 m tall. On the day he went missing he wore a sky-blue T-shirt with a white and lime collar and navy blue jeans. He wore blue and white beads and black Puma sneakers. He has black hair and a grey moustache. “If anyone has seen him, please let us know,” she says. Phone her on 073-632-2072.

Chosen for regional team LEARNERS of the Kroon Primary School who have been selected for the Kroon regional netball team for girls u.13 are from the left Palesa Monokoane, Lerato Mokobo and Lerato Arms. Photo: Supplied

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

BOUWERKVir enige aanbouings, opknapping, teël- en verfwerk aan u geboue of woning. Kontak Tokker Gloy 083 249 1699 GBK CONSTRUCTION Verf, Seël van dakke, Bouwerk, Teëlwerk, Bou van afdakke. Gideon Koertze 076 230 8364

ALGEMENE KENNISGEWINGS

OPLEIDING & OPVOEDING

ALLERLEI 1480

36 VOLT " EZ GO" GHOLF -KARRETJIE met waentjie en herlaaier te koop. R 15 000 Skakel alle ure 072 100 8731

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

SUGAR & SPICE VERSKUIF na Murraystr einde van April. Langs seepwinkel op die hoek, by robot wat na Pick n Pay toe lei. Kom geniet 'n gratis koppie koffie of tee by ons nuwe winkel. Skakel 072 1907 192

4 x 4 LAAIE LIASEER KABINETTE - R 650 Skakel 056 777 1740 Kantoor ure of 082 566 2750 INGEVOERDE STYLVOLLE TROUROK VANAF LONDON te koop. Grootte nr. 34 ± R 12 000 ohb. Skakel na ure 056 212 1243 of 072 154 2425

PERSOONLIKE DIENSTE

IMPORTED STYLISH WEDDING DRESS FROM LONDON for sale Size 34 - ± R 12 000 neg Contact after hours 056 212 1243 or 072 154 2425

SPYSENIERING & LOKALE 1401

HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517 GESONDHEID & SKOONHEID 1430

EXQUISITE NAILS Gel or Acrylic with Tips R 150 - New Stylish Nail Art Selection. Also travel Contact 072 064 1309 FOTOGRAFIE & VIDEO’S 1465

TROUFOTO'S - R 2 500 VIR CD met 200 foto's + 5 Vergrotings Jana 079 017 4129

1655

1675

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.

MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels. SLYP VAN ELEKTRIESE SKAAFLEMME (HOUT) > BRAAIHOENDERS BESKIKBAAR. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927

GESOEK OM TE KOOP TE KOOP

BOUMATERIAAL 1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Bel net 45 min voor die tyd Skakel 076 215 2914

SOEK, KOOP, VERKOOP


KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014 TROK TE HUUR 8 TON Trok te huur (met flappe) en drywer Meubels, Bourommel ens. Skakel Cindy 083 509 4374 BOME 1871

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop. VERVOER & BERGING 1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248. JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322

GEKLASSIFISEERD VOLWASSENES

EIENDOMME

PRIVAAT

SAKEPERSELE 2015

3215

PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555.

AANDAG

PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

WOONSTELLE TE HUUR

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.

SMALLS NOTICE

TE HUUR

3250

3205

VAKANSIE & REIS

TYDDEEL 2630

4 WEEK AANDEEL TE KOOP IN ‘N VAKANSIE HUIS IN PARYS – Parys Golf & Country Estate. Kontak 082 417 8196 vir meer besonderhede VOERTUIE

FEMNET HUIS Boomryke tuine 24 uur sekuriteit Werkende of afgetrede persone 5 Dae middag ete Wasgoed word een maal 'n week gewas 1 x per week skoonmaak dienste Plaas atmosfeer Rustige en ontspannend Kontak: Femnet huis no: 056 268 2311 of Louis no: 082 844 6379 HUISE TE KOOP 3275

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

HOUSE FOR SALE Panorama, Fleckstreet. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 2 Bathrooms. Contact 082 908 9555 HUISE TE HUUR 3270

HUIS TE HUUR 2 Slp huis. Nou beskikbaar Huur R2 600, huur en dep vooruit betaalbaar. Geen kredietburo - 056 212 6681 1 SLPKAMER HUIS TE HUUR R 1 900 pm Dadelik beskikbaar Skakel 076 1389 778 KAMERS TE HUUR

HUISWERKER IS OPSOEK NA WERK VIR Dinsdag, Woensdag & Donderdag. Harde werker Skakel 082 480 3366 ALGEMEEN 3680

OPSOEK NA BETROUBARE BABA OPPASSER wat kan inbly op plaas. Ondervinding sal voorkeur geniet. Skakel 082 560 5877

STUDENTEAKKOMMODASIE 3323

POTCH 2 SLP W/STEL teenaan Puk kampus. R 4 000 pm. Dadelik beskikbaar. Kontak Ilse 082 800 5564 MEENTHUISE TE HUUR 3325

MEENTHUIS TE HUUR 2 Slpk, Sit/Eetk, Kombuis, Badk, Motor Afdak, Veilige kompleks. Plesseymeter. Beskik 1 Junie. R 3 000 Kontak 078 446 6818 BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

A LADY NEEDS ANY KIND of Domestic work from Monday to Friday. Good references Contact 078 740 8908

Supplied

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BOEDEL WYLE SA THINANE BOEDELNOMMER: 001536/2014 BOEDELKENNISGEWING In die boedel van wyle SABATHA ABRAHAMA THINANE, identiteitsnommer 530723 5219 080, woonagtig te 8100 Constantia, Maokeng, Kroonstad Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 9 MEI 2014 I MALHERBE-NORVAL Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

3315

GEMEUBILEERDE KAMER te huur vir werkende persoon R 850 pm Skakel 079 830 3512

AT the SANParks exhibition are from left Louis van der Westhuizen (member of the SANParks Honorary Rangers Free State region), Sophia Kilian, Jana Botha, Tiana Botha, John Martiens (camp du­ ty manager at Golden Gate Highland National Park), Sylvia Botha, Marizaan Bell and Hannes Botha. On the banner behind them are pictures of the Mokala National Park near Kimberley. Photo:

THE stand also attracted visitors from other provinces. With hon­ orary rangers Veronica and Louis van der Westhuizen (Free State region) are Engela Strydom from Vryburg and Renier Botha from Jan Kempdorp. Photo: Supplied

Exhibition wins trophy } Christo van Staden

4205

BOEDEL WYLE JB HEYNS BOEDELNOMMER: 5501/2013 KENNISGEWING In die boedel van wyle: JAN BLACKIE HEYNS Gebore op: 27 Februarie 1939 Identiteitsnommer: 390227 5035 081 In lewe: Boer van Plaas Stillewoning, Distrik Ventersburg Datum van dood: 28 Mei 2013 Boedelnommer: 5501/2013 Huwelikstatus: Getroud buite gemeenskap met Anna Maria Heyns Kennis geskied hiermee dat die Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê vir 'n tydperk van een en twintig dae gereken vanaf 9 Mei 2014 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Bloemfontein en die Landdros te Kroonstad H.J. LABUSCHAGNE EN S. DE LANGE EKSEKUTEURS TESTAMENTÊR LABUSCHAGNE & DE LANGE POSBUS 272 ORANJESTRAAT 40 KROONSTAD 9500

THE SANParks exhibition at the Bloem Show has won the Volksblad Floating Trophy for the best indoor exhibition at the show this year. The exhibition, designed by SANParks’ Honorary Rangers’ Free State Region, focused on the Golden Gate Highlands National Park and Mokala National Park, the two parks closest to Bloemfontein. Every year this region takes responsibility for the SANParks stand at the show and members do duty at the exhibition, side by side with personnel of SANParks. Together they answer questions and inquiries from the public, promoting all the parks under SANParks’s management. Victor Mokoena, newly appointed tourism and marketing manager of the SANParks Northern Cluster, who also did duty at the stand, congratulated the team, who also won a gold medal this year. “I have been to a number of SANParks exhibitions where we had a stall, but this stand was the most beautiful I have ever seen,” he said. “The trophy is well-deserved. Clearly a lot of work has gone into the exhibition.”

THE exhibition, designed by SAN­ Parks Honorary Rangers Free State Region, focused on the Golden Gate Highlands National Park and Mokala National Park, the two parks closest to Bloemfontein. Mokoena said SANParks was really honoured to have honorary rangers with this level of commitment in the region. Div Bosman, chairman of the SANParks Honorary Rangers Free State region, described this as a major achievement for them as a team after many years of hard work on this project. He expressed his thanks to all the team members who had worked together to make this possible. The stand received numerous compliments from the public visiting the show that ran from 24 April to 3 May.

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Reünies gehou Is jy ’n oud-Kovsie? Vier reünies vind in Julie en Augustus plaas. Dit is onder meer die koshuisstudente van Huise NJ van der Merwe en DF Malherbe op onderskeidelik 22 en 23 Augustus en van 18 tot 20 Julie. Die dramadepartement se reünie sal van 18 tot 20 Julie plaasvind, terwyl die mediese fakulteit se bymekaarkoms op 26 Julie sal plaasvind. Alumni wat belang stel, kan Kathy Verwey by 051-401-9343 bel of ’n e-pos na verweyke@ufs.ac.za stuur.

Dit gaan beter met ma Sue Anne-Lizé Jansen van Vuuren

LEERLINGE van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) het bont geraak vir een van hul maats, Donna-Lee Jordaan, se mamma, Sue. Sedert Sue sowat sewe maande gelede in ’n motorongeluk was waarin sy haar rug beseer het, is sy in ’n rolstoel. Sue en Donna-Lee is intussen na Thailand vir stamselinplantings wat haar moontlik weer kan laat loop. Tafelronde 42 in Kroonstad het ’n reusegeldelike bydrae gedoen om die jong vrou se kanse op herstel te help verwesenlik.

Jordaan is in die Better Being-hospitaal waar sy die inplantings kry. Sy het vroeër die week laat weet dat sy reeds die vyfde stamselinplanting spinaal ontvang het. Dit is blykbaar ’n pynlike proses en ná die behandeling moet sy ’n verdere vier uur stillê. “My balans het baie verbeter as ek staan en ek het reeds meer sensasie in my bobene en heupe. Baie van my terapie vind in water plaas en in die swembad kan en ook my bene vorentoe en agtertoe beweeg. Ek het nog nie volle sensasie in my bene nie, maar kan al plasing in my knie, heup en enkels

bepaal,” vertel Sue. Volgens die dokters is dit nog vroeg, maar hulle is positief dat daar reeds kontraksie in haar bobeenspier is. “Daar lê nog ’n lang pad van herstel voor en ek moet minstens twee uur ’n dag terapie kry as ons terug in Kroonstad is. Maar loop gaan ek loop,” sê die moedige ma van twee. Die Jordaans sal na verwagting op 7 Mei terugkeer Suid-Afrika toe. Die geld wat tydens die bontdag by die Bloues ingesamel is, sal dan aan hulle oorhandig word.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za

TWEE van Donna­Lee Jordaan se klasmaats wat aan die geldinsameling deelgeneem het vir die Jordaan­gesin van Kroonstad is Megan Hamman en Pieter Heckroodt. Sue Jordaan is in Thailand waar sy stamselinplantings kry. Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren

KFC

Tel

KFC Kroonstad (Cnr. Reitz & Buitekant Street)

056 212 8216

YUM Restaurant Customer Careline: 0860 100 222 www.kfc.co.za


KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

SAKENUUS DIE o.13­netbalspan van die Sentrale Volkskool word deur Venom­land­ boudienste, verkoper van Pioneer­saad en Agricol­ saad, geborg. Van links is, voor: Tharicha de Beer, Nicola Lategan, Clarise Smit, Danelle de Vos en Leane Marais; middel: Danielle Taljaard, Anroné van Tonder, Zan­ né Maree, Palesa Ma­ chlatsi en Lené du Ples­ sis; agter: Tineke van Tonder, Wilma Crous, Shandré Botha, Elmay Klopper en Ju­Mari Swa­ nepoel. Foto: Verskaf

Speel proewe vir Bokkieweek Tharine Hurter DIE Bokkieweek word vanjaar van 7 tot 11 Julie in Naboomspruit, Limpopo, vir skoolgaande rugby-, netbal- en hokkiespelers aangebied. Die inskryfgeld is R30 per speler. Die proewe vir die Noord-Vrystaatse spanne word soos volg gespeel: Netbal vir meisies o.13, o.14, o.16 en o.19 word op 7 Mei van 12:00 af by die Hoërskool Goudveld in Welkom gespeel. Die hokkieproewe is vanjaar slegs vir meisies o.19 en word van 12:00 af by die Hoërskool Kroonstad (Bloues) gespeel. Bel Peter Marich by 082-779-5531. Bel Sarita du Plessis by 082-3282943 of Natasha Kymdell by 082-561-8838. Seuns o.13 speel op 12 Mei van 14:00 af by die Laerskool Kroonheuwel in Kroonstad vir ’n plek in die rugbyspan. Bel Peter Marich by 082-779-5531. Seuns o.14-, o.16- en o.19-rubyproewe sal op 19 Mei van 14:00 af by Hoërskool Goudveld in Welkom gespeel word. Bel Marich by bogemelde selnommer of Eric Scriven by 082-780-7576.

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 6 MEI 2014

Rovers tuis weer baas Martin Venter DIE Kroonstad-rugbyklub kan steeds nie ontslae raak van die nederlae op Welkom Rovers se veld wat by hom spook nie. Die moes ná ’n nederlaag van 20-32 met die kous oor die kop huis toe kom. Rovers het van die begin af beheer oor die wedstryd geneem en Kroonstad tot foute gedwing. Die span het sommer in die eerste 15 minute ’n drie gedruk en ’n strafskop oorgeklits om met 10-0 voor te loop. Van daar het Kroonstad teruggeveg en beter vertoon. ’n Drie vir Kroonstad van Albert Human het die agterstand na drie punte laat krimp. Met rustyd was die telling steeds in Rovers se guns – 13-7. Die loslootjie van die vorige week en die afwesigheid van vier staatmakers was duidelik in Kroonstad se spel merkbaar. Met soveel hanteerfoute en strafskoppe teen hom kon Kroonstad net nie daardie vonkie kry wat nodig was nie. Kroonstad het wel teruggeveg en was in ’n stadium met nog genoeg speeltyd oor danksy Tiaan van Wyk se skopskoen net vyf punte agter met die telling op 13-18. Rovers het nog twee drieë gedruk om die wind uit Kroonstad se seile te neem. Hoewel Kroonstad met ’n drie kon antwoord, was sy terugvegpoging te laat. Die eindtelling was 20-32 in Rovers se guns. Luan Kleyngeld het voorlangs sy gebruiklike goeie spel gelewer

Span skop op goeie noot af

en is goed deur Albert Human bygestaan. In die agterlyn het Lucas Boucher en Nelis de Kock moedig probeer. Die verrassing is egter deur die tweede span van Kroonstad gelewer toe hy ’n wedstryd wat aanvanklik taai begin het gemaklik met 32-12 die tuisspan, Welkom Rovers, die loef kon afsteek. Die Kroonstadters was reeds met die omdraaislag met 11-5 voor. Met uitstekende spel in die tweede helfte het Kroonstad drie skitterende drieë gedruk. Heinrich Gunter het ’n blink vertoning agter die skrums en losskrums gelewer en doeltreffend sy agterlyn aan die gang gekry. Hy het ook die skopwerk behartig en ’n uiters moeilike doelskop oorgeskop. Voorlangs het Corne Fick in die los gewoel. Kroonstad speel op Vrydag 9 Mei om 19:00 en 20:15 weer op sy tuisveld, dié van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se velde, teen Hennenman. Ondersteuners van die spanne word genooi om hier saam te trek. Punte en puntemakers: Eerste spanne: Kroonstad 20 (7). Drieë: Albert Human, Lucas Boucher. Doelskoppe: Tiaan van Wyk (2). Strafskoppe: Van Wyk (2). Rovers 32 (13) Tweede spanne: Kroonstad 32 (11). Drieë: Heinrich Gunter, Mindus Crous, Hanru Mostert, André Coetzee. Doelskoppe: Gunter (3) Strafskop: Crous. Rovers 12 (5).

Martin Venter DIE Kroonstad-rugbyklub se tweede span het ook op 26 April ’n goeie noot begin deur sy eweknie, die klub Welkom-Polisie, met 55-0 te verniel. Wat dit verder merkwaardig maak, is die spelers het toe die eerste keer saamgespeel. Hy het ook getoon hy gaan vanjaar ’n span wees om mee rekening te hou. Met ’n paar nuwe gesigte kan Kroonstad ook begin wys die gaping tussen sy eersteen tweedespan-spelers krimp. Hulle het goed saamgespeel met die voorspelers wat onder leiding van Anton Badenhorst en Flippie Louw ’n stewige grondslag gelê het. Agterlangs het Johan Boucher uitmuntend vertoon en is met ’n driekuns aan drieë beloon. Gert Martin en Lambert le Roux kan ook meer as tevrede met hul spel wees. Martin het ’n skitterende drie in die hoekie gedruk nadat Boucher vir hom die bal met die voet aangegee het. Tweede spanne: Kroonstad 55 (31): Drieë: Johan Boucher (3), Flippie Louw (2), Heinrich Gunter (2), Gene Pieters, Gert Martin. Doelskoppe: Boucher (4), Mindus Crous. Polisie 0 (0).

MICHAEL CLAASSENS, ’n oud­Springbok en oud­Bloue van Kroonstad, speel vir die Franse rugbyklub RC Toulon rugby. Hier is hy in aksie in die Top14­kragmetings tussen Stade Francais Parism en die Racing Club Toulon. Hy is met Helen­Ann, ’n oud­ Kroonstadter, getroud en hulle het onlangs die ouers van ’n pragti­ ge babadogtertjie geword. Albei se ouers, dr. Mike en Helét Claas­ sens en Bossie en Helena Boshoff, woon in Kroonstad. Michael word internasionaal in rugbykringe dopgehou. Foto: Getty Images


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.