Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 1 JULIE 2014
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Durf yskoue water vir liefdadigheid aan KROONSTADTERS het die yskoue water tydens die jaarlikse Ysbeerswem in die Sandrivier by die Bundukamp, sowat 19 km suid van Ventersburg, aangedurf. Dié jaarlikse swem word in ’n sytak van die Sandrivier by Bundu gehou en het vanjaar sowat 2 000 toeskouers en sowat 700 swemmers gelok. Dit is die 19de keer dat dié gewilde geleentheid aangebied is. Broodnodige geld, kos, klere en komberse word met dié geleentheid vir behoeftiges ingesamel en word deur Engo, ’n welsynsorganisasie, aan armes uitgedeel. Van links is Glen Borrill, Stefan Herbst, Johan Smal, Jacques Compaan, Pieter Cloete en Marius de Beer. Dit was Herbst en Smal se agtste Ysbeerswem. Gaan kyk na nog foto’s by www.kroonnuus.co.za. Foto: Elaine Herbst
Kinders brand dood Aandag opnuut op hulpbronne vir brandbestryding Tharine Hurter DRIE kinders van onderskeidelik 11, 8 en 7 jaar oud het Saterdag in Koekoe Village (beter bekend as Snake Park) in hul sinkhuis in dié arm woonbuurt doodgebrand. Chris Botha van Netcare 911 sê paramedici van die Netcare 911-ambulansdiens en lede van die Kroonstad-brandweer het op die lyke van die kinders afgekom nadat die sinkhuis afgebrand het. Die presiese oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie. Daar word egter beweer dat die kinders ’n paraffienstofie vir verhitting gebruik het. Nadat die brand geblus is, is op die lyke van die 11-jarige meisie en twee seuntjies, agt en sewe jaar oud, afgekom. Hul ma, wat nie tuis was nie en ná die
voorval elders, na bewering besope, opgespoor is, word nou van kinderverwaarlosing aangekla. Kapt. Stephen Thakeng sê die polisie is Saterdag omstreeks 22:00 van die brand in kennis gestel. Hy sê ’n kers kon ook moontlik tot die brand gelei het. Dirk de Hart, raadslid vir Cope in die Fezile Dabi-distriksraad, het sy skok en kommer oor dié voorval, asook medelye teenoor die familie van die kinders, uitgespreek. Hy sê vir langer as ’n jaar al dien hy briewe in wat die Moqhaka-munisipaliteit versoek om by die distriksmunisipaliteit aansoek om finansiering vir ’n nuwe brandweerwa te doen. “Dit val op dowe ore.” Hy sê dit is teleurstellend dat in Kroonstad ’n brandweerwa teen duurste gehuur
word. Thys Vermeulen, VF+-raadslid in die Moqhaka-raad, het in Maart op die IDP-vergadering vir geïntegreerde ontwikkelingsprojekte gesê dringende aandag moet aan die brandweer in Kroonstad gegee word. Op dié vergadering is genoem dat ’n brandweerwa teen sowat R36 000 per maand gehuur word. Inwoners het hul kommer uitgespreek dat die brandweerwa met buitelandse registrasieplate in die dorp diens doen. Theo Schultz, die koördineerder van die Moqhaka-brandbeskermingsvereniging in Fezile Dabi, wil nie die werk van die brandweer oorneem nie, maar wil die onderskeie brandweerstasies byeen kry om ’n gekoördineerde plan ter tafel te lê om brande in die streek effektief te blus. Hy sê dit is uiters moeilik om samewer-
king met die munisipale brandweerstasies in die streek te kry. Hy sê toe hy sowat ’n maand gelede ’n besoek aan die brandweer in Kroonstad afgelê het, was net vuurvegters, wat deur die destydse distriksraad vir veldbrande aan die brandweer geskenk is, by die brandweerstasie. “Daar was nie ’n brandweerwa in sig nie.” Schultz sê die munisipaliteit is wetlik verplig om by nedersettings voorbrande en brandbane te maak. Teen druktyd kon Khojane Madiba, die mediawoordvoerder van Moqhaka, nie die name van die kinders of hul families bekend maak nie. Hy betreur die menseverlies en sê die uitvoerende burgemeester, Justice Mareka, sal ter gelegener tyd die perseel besoek en simpatie teenoor die familie te betoon.
2
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za
DIE grootste kombersinsameling vir behoeftiges is verlede Saterdag deur die Christelike Motorfiets-vereniging (CMA) in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kroonstad gehou. Altesaam 70 komberse kon aan die inwoners van Huis Eden (’n sentrum vir haweloses), Die Palms (’n versorgingsoord vir bejaardes), die Laerskool Wonderkop (plaasskool), Ithateng Home (jeugsorgsentrum) en Brotherhood Navigators (’n motorfietsklub) van Maokeng geskenk word. Op die oorhandiging van komberse aan Die Palms is van links voor: Martin van Biljon, Nico Oosthuizen, Chanté Oosthuizen en Barend Johnson; agter: Arthur Fouché, Nita Fouché, Johan Bezuidenhout (president: CMA-Kroonstad), Chris Dalton (president: Ulysses-motorfietsklub), Jolinda van Rooyen, Linda van Rooyen, Berto Gomes (eienaar: Scooter World), Piet van Rooyen, Sanet Craycraft, Dave Craycraft, Marlene Bezuidenhout, Kobus Venter, Wally Riggien en Charlie Wilken. Nog foto’s kan by www.kroonnuus.co.za gesien word. Foto: Elaine Riggien
Ryers samel komberse in DIE motorfietsryers van Kroonstad het hande gevat om altesaam 70 komberse aan behoeftiges te gee. In samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) is daar ook 60 eenhede bloed ingesamel wat motorfietsryers geskenk het. Die Christelike Motorfiets-vereniging (CMA), Foreigners, Born to ride, Knights, Ulysses, Vision, Elite Rebels, Terror Riders,
Cimarrons, Brotherhood Navigators en Bikers-in het die dag bygewoon, asook organisasies soos Huis Eden (14 komberse), Die Palms (10 komberse), die Laerskool Wonderkop (18 komberse), Ithateng Home (16 komberse) en Brotherhood Navigators (12 komberse). Johan Bezuidenhout, president van die CMA, sê: “Namens die CMA Kroonstad wil ek elke
motorfietsryer bedank wat ’n bydrae gemaak het om ons jaarlikse Blanket Run weer ’n reuse-sukses te maak. Baie dankie vir jul oop hart en beursies. Jul bydrae het gehelp dat daar ’n hele aantal mense was wat verlede Saterdagaand warm kon slaap. Ek het ook ’n onderhoud met Radio Panorama gevoer en weer die gemeenskap bewus gemaak van ander se nood.”
DIE Simoné Academy of Modelling het verlede Saterdag sy modeluitpassering gehou en op dié geleentheid is die modelle in verskillende kategorieë vir hul prestasies gekroon. Van links is, voor: Stephli-Ann van der Westhuizen (Mej. Persoonlikheid), Jo-Ann van der Merwe (Mej. Junior Academy of Modelling), Ziané Cotton (eerste prinses van algehele wenner), Carmen-Leigh van der Mescht (Mej. Academy of Modelling 2014-wenner algeheel) en Yvonne Pretorius (tweede prinses van Mej. Junior Academy of Modelling); agter: Suné van der Walt (eerste prinses van Mej. Beginners Academy of Modelling), Nicole van der Westhuizen (Mej. Beginners Academy of Modelling), Ruchelle Smit (tweede prinses Mej. Beginners Academy of Modelling), Kayla Smit (tweede prinses van algehele wenner) en Jené Pretorius (eerste prinses van Mej. Junior Academy of Modelling). Foto: Finns-ateljee
Soccer event helps needy Tharine Hurter LADUMA. This time all women are invited to enter soccer teams for Mandela Day (18 July) in support of the needy and for scoring goals for charity. Elizabeth Maduna of Constantia Park, Maokeng, plans to hold a sports event for women on Mandela Day.
Welkom W elkom Craft Market When: 5 JULY 2014 Where: Behind ENGEN in Toronto Rd 08:00 till 13:30 Time:
Here is an idea!
Lets buy from a local craftsman and self-employed. This is an awesome way to show community support
•We only sell hand-made goods •Huge variety of freshly baked foods
•Best Rump Sosaties in Welkom •Come and support our Crafters •To book a stand
Contact C ontact S Santa anta 0 082 82 7 772 72 9 9949 949
Participants and spectators can join in the fun by donating clothes, blankets, non-perishable food and toiletries for the less-privileged in Maokeng. The team that wins can nominate an organisation to benefit from the donations To get involved, phone Maduna on 073-240-2828 or 083-325-0300.
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Riool gevaar vir koshuis
3
Bende ‘het saam verkrag’
Tharine Hurter
Jana Smit
DIS al meer as sewe jaar dat die gedurige rioolstorting by die Lentehofkoshuis, die ou koshuis van die destydse Hoërskool Kroonstad in Vorsterstraat, ’n gesondheidsgevaar vir inwoners van dié koshuis inhou. Studente aan die Flavius Mareka-VOO-kollege in Kroonstad word in dié koshuis gehuisves. ’n Skriftelike aanmaning is aan die bestuur van die Flavius Mareka-VOOkollege gerig waarin gelas is dat al die inwoners van die koshuis weens die gesondheidsgevaar die koshuis moet ontruim. Hieroor is Lehlonolo Losie (23), wat beweer hy is die president van die studenteraad van die kollege, baie ontsteld. Losie sê die studente is meestal van behoeftige gesinne en kom van so ver as Lesotho en die Motheo-streek (suid van Bloemfontein). “Ons soek alternatiewe verblyf en wil hê die Lentehof-koshuis of Huis Derksen, wat deur die Kroonstad Academy in Residensielaan van die staat gehuur word, moet aan ons beskikbaar gestel word,” sê Losie. Hy beweer die akkommodasie beloop sowat R1 000 per student per maand. Kroonnuus is sowat ’n maand gelede versoek om ’n vergadering te verlaat waar die gesondheidsrisiko en plan van aksie om die rioolstorting te stuit, bespreek is “omdat die gemoedere van die Moqhaka-munisipaliteit nie deur publisiteit omgekrap moet word nie”. Losie, wat glo nie meer aan die studenteraad verbonde is nie en sedert Mei glo nie meer klasse by die kollege bywoon nie, sê die kollege en belanghebbendes ontneem die publiek om hul mening oor die gesondheidsrisiko waaraan die studente blootgestel word te opper. “Die studente kom van arm gemeenskappe en deur die sluiting van die
DRIE vermeende bendeverkragters het verlede week in die hooggeregshof volgehou hulle was alleen toe die onderskeie misdrywe gepleeg is. Hulle het die hof probeer oortuig dat hulle die onderskeie misdade afsonderlik gepleeg het en daardeur probeer om nie as bendeverkragters gereken te word nie. ’n Maatskaplike werker het egter gate in hul storie geskiet toe hy getuig het die jongste beskuldigde (16) het aan hom erken hul drie was saam gedurende die verkragtings. Rammokgo Hendrik Tsotsotso (26), Mkhize Peter Masotho (18) en die 16-jarige is vroeër vandeesmaand deur regter Shamin Ebrahim skuldig bevind aan verkragting en roof. Die sake spruit uit voorvalle in Viljoenskroon in 2012 en 2013 waarin paartjies voorgelê is. Hulle is met klippe bestook voordat die mans aangerand en die vroue verkrag is. Die maatskaplike werker, Eric Rhamngwana, wat ’n voorvonnisverslag oor die minderjarige beskuldigde opgestel het, het gesê die minderjarige was aanvanklik vasbeslote dat hy deel was van ’n bende wat een van die slagoffers verkrag het. “Hy toon geen berou nie.” Hy het die weergawe later verander. Tsotsotso, die bendeleier, dien reeds ’n lewenslange vonnis vir verkragting uit. Hy het drie van die slagoffers, wat die hofverrigtinge bygewoon het, om verskoning gevra vir wat hy aan hulle gedoen het en het die hof versoek om toegeeflik te wees in vonnisoplegging. Die 16-jarige beskuldigde het die slagoffers ook om verskoning gevra. Steyn het aan Tsotsotso gesê die feit dat hy agt vorige veroordelings het, maak hom ’n geharde misdadiger. “Jy het verkrag en wéér verkrag. Hierdie keer het jy ’n bende gehad en jy het die aanvalle op hulpelose slagoffers gekoördineer.” ) Vonnis is gister ná druktyd in die hooggeregshof teen die beskuldigdes opgelê.
DIE Lentehof-koshuis in Vorsterstraat, Kroonstad, se inwoners is deur die gesondheidsdepartement van die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit skriftelik aangesê om uit die koshuis te trek, omdat die aanhoudende rioolstorting 'n groot gesondheidsgevaar inhou. Kroonnuus verneem sowat 103 studente van die Flavius Mareka-VOO-kollege moet rondskarrel om alternatiewe verblyf vir die kwartale te kry. Die groen gedeeltes onder die groot bome agter die wasgoedlyn is ’n rioolmoeras vanwaar rou riool na die Valsrivier sy weg vind. Wat egter kommer wek, is dat dié rioolwater juis invloei waar water uit die rivier vir watersuiwering onttrek word. Die einste rioolstorting is met die stigting van die Gatvol-besigheidsaksie onder die aandag van die destydse uitvoerende burgemeester en munisipale bestuurder tydens ’n ter plaatse ondersoek gebring. Foto: Tharine Hurter koshuis word die toekoms van jong mense ook gesluit,” sê Losie. Intussen verneem Kroonnuus die hele rioollyn van Vorsterstraat, asook ander gebiede in veral die ouer gedeeltes van Kroonstad, het heeltemal meegegee en dra daartoe by dat die rioolstortings aansienlik toeneem. In Vorsterstraat word herhaaldelike rioolstortings naby Kingstraat oorkant die ou sportveld glo ook ondervind. Dit is ’n direkte oorsaak van dieselfde rioollyn wat vir die rioolstorting op die terrein van die koshuis verantwoordelik is wat glo onder-
gronds meegegee het. Die kampusbestuurder van die Kroonstadse Flavius Mareka-VOO-kampus, Lizette Lourens, wou nie kommentaar oor die kwessie lewer nie en het Kroonnuus na die direkteur van die kollege, Thabo Letho, verwys. Kroonnuus en Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, het Letho by sy kantoor in Sasolburg en op sy selfoon vir kommentaar probeer bereik. Teen druktyd was sodanige kontak onsuksesvol. ’n Medianavraag aan die Moqhaka-munisipaliteit is ook onbeantwoord.
4
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Kroonnuus HOOFARTIKEL
Posbus 309, Kroonstad, 9459
Riool beïnvloed selfs studie DIT IS ook maar goed dat die lang wintervakansie vir al die inwoners van die Lentehof-koshuis Vrydag begin het. Om met die ewige stank van borrelende riool op die eens netjiese terrein in Vorsterstraat saam te leef bly ’n gesondheidrisiko. Die rioollekkasie is ’n gesondheidrisiko vir studente van die Flavius Mareka-VOO-kollege en dit was hoog tyd dat die gesondheidsdepartement van die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit opdrag gegee het dat die koshuis nie meer geskik vir menslike bewoning is nie. Dit is nie net die sowat 103 studente wat na bewering deur die rioollekkasie beïnvloed word nie, maar ook die hele dorp se inwoners wat die vuil kraanwater drink. Die rou rioolwater van die rioollyn by Vorsterstraat vind sy kronkelpad na die Valsrivier, daar waar die water uit die rivier vir watersuiwering onttrek word. Geld vir die infrastruktuur wat hier glo meegegee het, is beslis
by die staat beskikbaar en die talle rioollekkasies kan herstel word om die groter Kroonstad se kraanwater die bloudruppelstatus te gee waarop elke inwoner geregtig is. Die vraag is egter of die Moqhaka-munisipaliteit werklik omgee en die rioollyn, wat na bewering weens ouderdom nie meer funksioneer nie, wil herstel. Dit is ongrondwetlik en onhigiënies om die inwoners van Vorsterstraat by die Oudorp met die herhaaldelike rioolstortings te laat saamleef. Dit is hoeka al meer as sewe jaar wat die einste rioollyn van die noordelike gedeelte van Vorsterstraat af probleme gee en dit is herhaaldelik deur inwoners aangemeld. Of dit herhaaldelik op die voorkeurlys vir infrastruktuurontwikkeling in die begroting geplaas word, bly ’n oop vraag. Die kans op ’n naskoolse kwalifikasie vir studente word hulle ontneem weens die ongesonde omstandighede waarin hulle moet woon.
Participated in campaign THE Department of Labour in Kroonstad supported the Take a Girl Child to Work Day on 5 June. The girls were awarded with a certificate. From the left are Rethabile Marokoane (Dr Reginald Cingo School), Reahile Chosane (Zenith High School), Isamael Nala (Wellness Champion of the Department of Labour), Constance Holmes (Brent Park Secondary School) and Molobohang Mtombeni (Phephetso High School). Photo: Supplied DIE talentvolle en platinum-kunstenaar Arno Jordaan gaan op 27 Augustus saam met skoolkore ’n spesiale vertoning in die Kroonstad-skouburg opvoer. Kaartjies vir dié vertoning beloop R100 tot R120 en slegs R80 vir leerlinge. Dit sal om 18:30 vir 19:00 begin. Konsertgangers kan uitsien na ’n energieke vertoning soos net Arno kan bied met treffers soos Aan jou vas, Vanaand weer ek en jy, Stukkie van jou hart en Gee my. Scott Entertainment bied dié vertoning, wat gospelsanger Henri Scott insluit, aan. Skakel 051433-7040 of stuur ’n e-pos na bookings@kotg.co.za vir besprekings. Kyk na die musiekvideo van Stukkie van jou hart by www.kroonnuus.co.za en kyk wie is die bekende meisie van Kroonstad wat daarin verskyn. Foto: Verskaf
Verruil koekies vir tert PAMPOENKOEKIES is eg SuidAfrikaans. Oorweeg gerus om volgende keer ’n pampoentert, wat minder olierig is, vir jou volgende geleentheid voor te berei. Bestanddele: 125 ml koekmeelblom 5 ml bakpoeier 125 ml suiker 2 eiers 125 ml room 125 ml melk 435 ml gaar pampoen (dit moenie waterig wees nie) 60 ml kaneelsuiker 45 ml botter Metode: Meng die koekmeelblom, bakpoeier en suiker. Klits die eiers, room en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Skep beslag in ’n gesmeerde tertbord, strooi kaneelsuiker oor en stip met botter. Bak vir 60 minute teen 180°C. Makopu-terete 125 ml flouru 5 ml bakpoeiri 125 ml tswekere 2 mahe 125 ml romo
125 lebese 435 ml mokopu 60 ml tswekere ys kanele 45 ml botoro Mokgwa: Kopanya flouru, bakpoeiri, le tswekere ka pitseng. Fudua mahe, romo le lebese hantle. Tshela hodimo ha flouru, bakpoeiri le tswekere. Fudua. Tshela ka pane ya terete. Tshela tswekere ya kanele hodimo le botoro. Peha hlama ka ontong metsotso e 60 ka 180°C.
WAT dink jy daarvan as ’n motoris, wat fris en gesond is, en boonop geen plakker op sy of haar motor het wat hom of haar as ’n gestremde identifiseer nie, op die parkeerplekke spesiaal vir
gestremdes parkeer? Inwoners word aangemoedig om foto’s te stuur van sulke selfsugtige motoriste. Plaas gerus die foto’s met ’n aanduiding van waar die parkeerplek geleë is op Kroonnuus se Facebook-blad.
Deernisvolle Jewel ter ruste gelê Jana Smit KROONSTAD. – ’n Inwoner wat vir haar ruimhartigheid onthou sal word, is verlede Vrydag oorlede. Jewel Capazorio (67), wat in die woonbuurt Panorama gewoon het, het tot met haar aftrede sowat vier jaar gelede by die familie-onderneming Manny’s Supermark gewerk. Haar dogter, Manuela, sê haar ma het drie weke voor haar dood ’n beroerte gehad. Manuela beskryf haar ma as ’n kreatiewe, liefdevolle, deernisvol-
le en onselfsugtige mens. In die afgelope jare sedert haar aftrede het Jewel haar op stokperdjies soos verf en fotografie toegespits. Benewens Manuela word Jewel deur ’n seun, Sylvester, ’n skoondogter, Margaret, en drie kleinkinders, Nicolis (17), Nicola (12) en Renaldo (5), oorleef. Sy is Vrydag om 14:00 uit die Methodistekerk in Kroonstad begrawe.
WYLE Jewel Capazorio.
Foto: Verskaf
Buurtwag kan dalk help keer dat troeteldiere deur misdadigers vergiftig word DIERELIEFHEBBER, Kroonstad: DIS hartseer om op sosiale netwerke van diereliefhebbers se rou oor die afsterwe van hul troeteldiere te lees. Die hartseerste is dat die diere steeds kon leef as gevoellose mense nie die diere
vergiftig het nie. Die gruweldood van ’n vergiftigde dier is in my verwysingsraamwerk ingebrand as van die ergste marteling wat ’n warmbloedige dier of mens kan beleef. Die gif, wat op die straat as Two-Step bekend staan, is nie meer op die mark of in die handel
beskikbaar nie, maar word steeds vrylik op straat verkoop. Die doel om honde en katte te vergiftig is seker weens misdaad. As diewe dan materiële goed wil buit, moet hulle nie die lewe van ’n onskuldige dier neem nie, gun die slagoffer van misdaad die liefde van ’n dier. Dit laat soveel
leemte om jou beste vriend dood te sien. Hoe die toename in vergiftiging van troeteldiere gekelder sal word, bly sekerlik steeds ’n moeilike taak, maar sigbare polisiëring soos die buurtwag sal darem misdadigers ’n bietjie ontmoedig om in woonbuurte amok te maak.
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Wishing you well during Ramadan RAMADAN MUBARAK. Kroonnuus wishes all its Muslim customers well in die holy month of Ramadaan. This photo was taken on Sunday on the Edenville Road next to the Frischgewaagd Smallholdings. Photo: Tharine Hurter
5
6
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Ken wet oor geweld Wen kategorie met toespraak
Tharine Hurter
SOMMIGE volwassenes laat tieners rooi sien. Met dié onderwerp het Anroné van Tonder, een van die Sentrale Volkskool se redenaars, op 9 Mei in die ATKV se redenaarskompetisie in die Vrystaat haar pad na die landwye redenaarskompetisie op 14 en 15 Augustus oopgepraat. Sy is as die wenner in haar kategorie aangewys. Foto: Verskaf
GESINSGEWELD het nie ’n spesifieke adres nie. Dit is soos hoë bloeddruk, beskryf Francois Smuts, skrywer van die boek Die Suid-Afrikaanse Reg: wat elkeen moet weet. “Mense sien dit nie, maar dit kan dodelik wees en dit is baie meer algemeen as wat die meeste mense dink.” Hy sê bronne reken dat een uit elke ses vroue in hul verhoudings mishandel word. In navorsing deur die Mediese Navorsingsraad is bevind dat in Suid-Afrika ’n vrou elke ses uur deur haar geliefde doodgemaak word. Dit is nie ongeletterdes en agterlike plattelanders wat by gesinsgeweld betrokke is nie. Vroueslaners kom in die hoogste beroepe ook voor. Smuts sê toe hy familiereg as advokaat begin praktiseer het, is daar by 40% van egskeidings geweld betrokke. “Dit is mense wat ’n advokaat kan bekostig.” Daar is nie ’n boek wat presies wys hoe gesinsgeweld gehanteer moet word nie. Smuts se riglyne is dat die persoon aan wie geweld aangedoen word so gou moontlik hulp by ’n sielkundige, maatskaplike werker, geestelike leier of raadgewer of ’n betroubare vriend moet kry.
Die slagoffer het ondersteuning nodig om te kan besluit wat gedoen moet word. Hetsy die verhouding verander, jyself verander of iemand die verhouding verlaat. Soms is die slagoffers so emosioneel afgetakel dat hulle eenvoudig nie sterk genoeg is om ’n behoorlike besluit te neem nie. In Kroonstad is die polisie se gespesialiseerde eenheid vir gesins-, kinder- en seksuele misdrywe (GKS) onder die bekwame leiding van kapt. Herna Els beskikbaar. Wat is gesinsgeweld? Gesinsgeweld sluit die volgende in: ) fisieke mishandeling (aanranding of dreigemente); ) seksuele mishandeling (mishandel, verneder, verkleineer of skending van seksuele integriteit); ) emosionele, verbale en sielkundige mishandeling (herhaaldelike patroon van verkleinerende of vernederende optrede soos beledigings, dreigemente of om emosionele leed te veroorsaak, obsessionele besitlikheid of jaloesie van so ’n aard dat dit ernstig inbreuk maak op die slagoffer se privaatheid, vryheid, integriteit of sekuriteit); ) ekonomiese mishandeling (onredelike weerhouding van geld of ekonomiese middele wat vir die slagoffer noodsaaklik is of die onredelike verkoop van huishoudeli-
Advice crucial for investment DECIDING how to invest your retirement fund money is not about completing forms. It is about making one of the biggest financial decisions of your life. Karin Muller, head of Sanlam’s Growth Market Solutions, says the latest research results from the Sanlam Benchmark Survey show that a third of all South Africans, when faced with important decisions about their retirement fund savings options, did not make use of professional financial advice, but relied on their own knowledge, that of a colleague, their human resources department or their employer. “To put this into perspective, an important consideration is that a staggering 88% of people who are financially better off in their retirement received professional financial advice.” This, she says, is clear evidence of how critical it is to ensure that you obtain advice from a professional when you make some of the most important financial
decisions of your life. “Retirement fund members don’t understand that retirement planning and providing for retirement should start on day one of their employment or the date of joining their retirement fund. “The retirement planning decisions that people make while they are employed will ultimately determine how comfortably they will be able to live during retirement. Unfortunately, most retirement fund members only start considering retirement when they get closer to retirement.” Apart from seeking professional advice, the latest Sanlam Benchmark Survey shows that people who are indeed able to retire comfortably share a number of other successes: ) They started saving for retirement a few years earlier than the average person had done. ) They saved more each month during their working lives.
) They preserved their savings when they changed jobs. ) When they retired, they reinvested their lump sums to bolster their retirement income. ) They had additional sources of savings, such as other retirement annuities. Muller says it is shocking that just 29% of South Africans are able to maintain their standard of living in retirement. People who retire experience longer retirements, but have less money to live on and many are looking after dependants in their retirement. “The starting point is to ensure that you treat your retirement planning as a priority from the day that you join a company’s retirement fund.” ) Sanlam is the sponsor of the Forum for Community Journalists seminar which takes place on 5 September. The Kroonuus editorial team are members of this forum.
ke besittings of dinge waarby die slagoffer ’n belang het); ) intimidasie (dreigemente wat vrees inboesem); ) teistering (aanneem van ’n gedragpatroon wat vrees vir leed by die slagoffer veroorsaak. Dit kan byvoorbeeld iemand wees wat by die slagoffer se woon-, werk- of sosiale of studieplek rondhang of hom/haar dophou); ) ongevraagde telefoonoproepe of oorreding van ’n ander persoon om die slagoffer met telefoonoproepe te teister; ) herhaaldelike boodskappe per elektroniese middele of fisieke aflewering aan die slagoffer; ) agtervolging; ) beskadiging van eiendom waar die slagoffer ’n belang by het; ) betreding by die slagoffer se woonplek; en ) enige ander oorheersende of mishandelende optrede teenoor ’n slagoffer wat die geweldenaar doen, die veiligheid, gesondheid of welstand van die slagoffer skaad of kan skaad. Die wet is besonders wyd. Aanvanklik was die wet net van toepassing op fisieke aanranding, maar die wet is aangepas om emosionele en ekonomiese mishandeling in te sluit. Neem egter kennis daarvan dat die wet van toepassing is op vroue én mans.
Gesonde aftrede- 7 goeie gewoontes.
Changing mindsets THE My Christ Rehab is a youth Christian rehabilitation project where people can live life again after years in jail or after a long illness. Lesley Khauoe, chairperson, presented a crime awareness campaign at schools in Maokeng. The executive mayor of Moqhaka, Justice Mareka, also attended the event and Dr Benjamin Taje addressed the children. The aim of the campaign was to reduce crime and gangsterism at primary school level by changing the learners’ mindset. Plans are well on track to present a sport against crime event before the end of July. Interested persons can call Khauoe on 078-208-4263. More photos of the event can be viewed by visiting www.kroonnuus.co.za. Photo: Supplied
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
www.kroonnuus.co.za
DIE Senties kan behoorlik spel. Dié leerlinge van die Sentrale Volkskool het die spelkompetisie teen die Laerskool Fichardtpark van Bloemfontein gewen. Van links is, voor: Tristan Horak (gr. 4, eerste plek) en Jeanné Engelbrecht (gr. 5, tweede plek); agter: Lucille Bray (gr. 6, eerste plek) en Anroné van Tonder (gr. 7, eerste plek). Foto: Verskaf
DANCERS of Kroonstad Dancing Stars participated at the Free State Line Dance & Country Couples Championships held in Welkom on 7 June. The dancers did exceptionally well. Front: Johan Labuschagne (crown male with first place with gold ranking); from the left are, first row: Korlé Oosthuizen (newcomer adult – third), Lize Oosthuizen (newcomer diamond – third), Chantelle van Tonder (novice adult – second), Phumesa Vilakazi (newcomer crystal – third), Nastasha Matthee (novice adult – third; country couples div. III – second), Nadine Potgieter (newcomer adult – second), Chrissie Potgieter (newcomer youth – sixth), Charlene Rossouw (intermediate teen – second), Brandon Mcgrail (novice adult – first; country couples div. III – first) and Anci Duffin (novice silver – first; country couples div. III – first); back: Anne-Mari de Wet (newcomer silver – fifth), Tiaan Brummelkamp (intermediate adult – first place with silver ranking; country couples div. III – second), Braam Keyser (advanced adult – first; country couples div. II – first), Alna van der Merwe (novice diamond – second) and Loret Rossouw (intermediate diamond – first with silver ranking). Absent: Corné Redelinghuys (intermediate adult – first with gold ranking; country couples – first), Jacques Blignaut (novice adult – second), Ben Staples and Cindy Kok (country couples div. IV – first). Dancers who obtained Free State colours are Labuschagne, Keyser, McGail, Brummelkamp, Staples, Redelinghuys, Rossouw, Dufin and Kok. Photo: Supplied
7
8
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
ALGEMENE KENNISGEWINGS
BOUMATERIAAL 1610
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
TOP CARPETS & TILES INVITE YOU TO OUR HOT WINTER OPENING One night only. 8 July from 18:00 - 20:30 Buy for R 2 000 & stand a chance to win!! PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401
FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814 HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517 KINDERVERMAAK 1405
KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za KLERASIE
SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT REEKS WINTERSKOENE INGEKRY!! Gesondheidskoene & "Boots" beskikbaar. Rock Spring ens.. Kom loer gerus!! Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555 TROETELDIERE 1660
MALTESE POEDELS TE KOOP 3 Reune @ R 750 elk. Skakel Sarie 082 552 3349
1615
HOT SPOT: (oorkant Clicks). Stylvolle nuwe reeks wintersklere ontvang Jeep, Fox, Quicksilver ens.. Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555
GESOEK OM TE KOOP 1675
TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.
ALLERLEI
ALLE BLINDERS - 10% AFSLAG Top Carpets 056 212 5507
MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels. SLYP VAN ELEKTRIESE SKAAFLEMME (HOUT) > BRAAIHOENDERS BESKIKBAAR. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927
ALGEMENE & HUISDIENSTE
1655
'n Warm Winter, Ondervloerse VerwarmersVol Vloer of Los matte & onder keramiek Top Carpets 056 212 5507
LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052
ALLERLEI 1845
AATJIES MATTE Vir die lê van volvloer matte, Viniel en Gelamineerde vloerbedekkings. Kontak Johan Hattingh 082 893 3673
BAL EN KLOU EETKAMERKAS te koop R2 000 Ananda 082 5588 325 KINDERPARTYTJIES Huur alles op een plek Skakel 079 515 8814 SPRINGKASTELE TE HUUR Nuwe voorraad ingekry. Skakel 076 530 8447 GESONDHEID & SKOONHEID 1430
EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP Broeigereed Pare asook los eende. Goeie Bloedlyne. Kontak Cherryl Tel:056 515 3963 Sel 076 246 1414 E-Pos: cherylgebrands@gmail.com FOR SALE: Filing cabinet with 2 sliding doors and four pullout cradles. Good condition - R 750 TE KOOP: 4-laai liaseer kabinet R699 - Soos nuut 056 777 1740 082 566 2750
GBK CONSTRUCTION Verf, Seël van dakke, Bouwerk, Teëlwerk, Houtvloere, Plaveisel, Gideon Koertze 072 333 9693
ANNIQUE HEALTH AND BEAUTY Gratis aflewering in Kroonstad Kredietkaart betalings welkom. Alle Annique aankope bo R 500 GESIF BEESMIS kwalifiseer vir 'n verdere SPESIAAL VOORBEREI 10% afslag vanaf 17 Junie vir u beddings en grasperk. tot 31 Julie 2014 Onkruidvry, skoon. Lewer Epos andrea@vitalc.co.za gratis af. R 50 vir 80kg Tel: 072 210 6102 Johan 082 294 7542 Andrea Esterhuizen MOTOR NAILS 4 U WERKSWINKEL 084 471 9208 TOERUSTING te koop Tips met gel - R 120 insluitende Diagnostiese Akriel - R 110 masjiene ohb 083 937 7796 OP SOEK NA 1485
I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686 TE KOOP
SHADOW VAPING Kroonstad Stop smoking today!!! Start vaping its healthier and wealthier. Stockist of Electronic cigarettes and E-Juices. Twisp coils also available. Kangertech Products - Tanks and batteries also in stock. Power Banks also available Contact Dirk 082 928 4242
SOEK, KOOP, VERKOOP
"SANDBLASTING" op glas en spieëls. Johan 079 8922 117 SWEMBAD SEILE - 200% veilig vir kinders, spaar 100% krag, chloor, suur, arbeid en frustrasie. KRD 084 411 6694 - Johan TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Bel net 20 min voor die tyd Skakel 076 215 2914
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
9
SKOLENUUS VYF van die Sentrale Volkskool se o.13-netbalspelers is in die Fezile Dabi-D-netbalspan ingesluit. Hulle is van links Wilma Crous, Anroné van Tonder, Lené du Plessis, Palesa Mahlatsi en Elmay Klopper. Foto: Verskaf
VERVOER & BERGING 1870
HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248. JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322 VOERTUIE
4×4’s 3035
2008 JEEP COMPASS 2.4 LIMITED 4 X 4 te koop vir R 118 000 Lae kilometers met vol diens rekord. Skakel 083 462 9436 vir enige navrae.
WOONSTELLE TE HUUR - Twee 2 slp kamer semiwoonstelle te huur in ou dorp. Naby besighede en skole. Navrae: Mara Tel 056 212 4839 tussen 8h00 & 13h00 TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
"BACHELOR" WOONSTEL AAN HUIS TE HUUR - R 2 000 pm Insluitend water, krag & DSTV Skakel Pat 056-212 4275 of 082 8987 527 TUINWOONSTEL GEMEUBILEERDE ENKEL W/S in Suidrand Huur vooruit R 1 700 pm plus Deposito. Veilige parkering en Water ingesl. Duiwelsvurk omheining. Tel: 083 255 4725 TUINWOONSTEL te huur. Elandia Skakel 082 471 7470
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP
HUISE TE KOOP 3275
3075
HOUSE FOR SALE Panorama, Fleckstreet. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 2 Bathrooms. Contact 082 908 9555 HOUSE FOR SALE Malherbe street 9A 3 Bedrooms and 3 Bathrooms. Contact 082 908 9555 HUISE TE HUUR
EIENDOMME
3270
SAKEPERSELE 3215
PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555. SAKEPERSEEL TE HUUR IN SPUR KOMPLEKS Skakel 082 471 7470
2,5 SLPK HUIS met afdak. 2 Badk, Plessey meter. Toe erf. R 2 200 pm. Kraalkop plotte. Skakel 073 146 2819 3 SLAAPKAMER HUIS TE HUUR Sentraal geleë R 3 100 pm 084 448 9640
PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555. WOONSTELLE TE HUUR
HUIS TE HUUR 2 Slp huis. Nou beskikbaar Huur R2 600, huur en dep vooruit betaalbaar. Geen kredietburo - 056 212 6681
HOKKIESPELERS van die Sentrale Volkskool in Kroonstad wat in die Noord-Vrystaatse o.13Ahokkiespan ingesluit is, is van links, voor: Ruan Cronjé, Simon van Heerde (kaptein) en Clive Myburgh; agter: Macbain Meyer, Marchelle Roux, Divon Dreyer en Morné van Zyl (leerkrag).
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
EXPERIENCED/ ERVARE TREKKER DRYWER met geldige lisensie Skakel 076 1557 601 Ons benodig dringend die dienste van ‘n 1. "TRACER" MET ONDERVINDING IN TELEFOONSPORINGS 2. ONTVANGSDAME Regsagtergrond is ‘n voorvereiste. Volledige CV kan gefaks word na (086) 513 6983 of per E-pos gestuur word na hester@sadler.co.za Sluitingsdatum: 2014/07/05 Sadler Ingelyf Kroonstad VAKATURE: ADMIN POSISIE. Hardwerkend Rekenaarvaardig. Konflik hantering. Vriendelik. Verantwoordelik. Ouderdom 20 - 30. SMS naam na 072 188 8603 VERKOELING TEGNIKUS (28 -35) met vyf jaar of meer kennis van Lugversorging en Koel/Vrieskamers se dienste word dringend benodig. Salaris en bonusse onderhandelbaar. Geen kansvatters asb. RHINO COLD ROOMS LICHTENBURG, TEL. 018 632 5186 OF SEL. 084 556 2633 OF FAKS CV NA: 018 632 5188 ZENITH EIENDOMME Verkoops agent benodig, eie vervoer en selfoon. Skakel 056 212 3207 vir afspraak.
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
BOEDEL WYLE: JOHANNES CHRISTIAAN BREYTENBACH BOEDELNOMMER: 6198/2013
3250
ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.
SOEK, KOOP, VERKOOP
van Vuuren
KENNISGEWING In die boedel van wyle: JOHANNES CHRISTIAAN BREYTENBACH Gebore: 7 Mei 1960 Identiteitsnommer: 600507 5002 082 Datum van afsterwe: 4 Junie 2013 Huwelikstatus: Getroud binne gemeenskap van goedere met Pamela Breytenbach Adres: Mclachlanweg 21, Kroonstad Boedelnommer: 6198/2013 KENNIS geskied hiermee aan Krediteure en Debiteure in die bogemelde boedel om hul eise in te dien en skulde te vereffen ten kantoor van die ondergemelde binne dertig (30) dae vanaf datum van publikasie EKSEKUTEUR GRIMBEEK VAN ROOYEN & VENNOTE ING POSBUS 1282 KROONSTAD 9500 TEL: 0562125197 VERWYSING: RACHELLE MINNIE
BOEDEL WYLE DANIËL JOHANNES DE NYSSCHEN BOEDELNOMMER: 2892/2008
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
GEKLASSIFISEERD 4205
BOEDEL WYLE WP ROSSOUW BOEDELNOMMER: 1159/2013 KENNISGEWING In die boedel van wyle WILHELMINA PETRONELLA ROSSOUW gebore op 6 Desember 1959; Identiteitsnommer: 591206 0015 089 in lewe Administratiewe Klerk, datum van dood: 19 Januarie 2013 Huwelikstatus: getroud binne gemeenskap van goedere met Corneellius Rudolph Rossouw Identiteitsnommer: 560102 5005 080 Adres: Stewartstraat 74, Môrewag, Kroonstad; Boedelnommer: 1159/2013
In die boedel van wyle DANIËL JOHANNES DE NYSSCHEN Identiteitsnommer: 411014 5046 085, woonagtig te Vermaakstraat 42, Kroonstad, 9499
KENNIS GESKIED HIERMEE dat die EERSTE EN FINALE LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING in bogemelde boedel in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN en die Landdros KROONSTAD vir 'n tydperk van EEN-EN-TWINTIG (21) DAE vanaf datum vanaf publikasie hiervan ter insae sal lê vir alle persone wat daarby belang het.
Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 4 JULIE 2014
INDIEN geen beswaar daarteen by die Meester van die Hooggeregshof binne die gemelde tydperk ingedien word nie, sal die EKSEKUTEUR(S) tot uitbetaling daarvolgens oorgaan.
I MALHERBE-NORVAL Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD
EKSEKUTEUR DE HART, KRUGER, BASSON & SCHOEMAN PROKUREURS POSBUS 250/323 KROONSTAD 9500 TELNR. (056) 212 2131 VERW.: FJ Schoeman
BOEDELKENNISGEWING
Moderne, nuutgeboude, ruim, 2 slaapkamer woonstel, veilige area met ander huisies, elektriese hek en heining, eie tuin. Plesseymeter, gratis skoon drink en tuin water. Onderdak parkering Geen honde. Kraalkop Hoewe. Pragtige visvang plek by rivier. R 2000.00 pm 073 146 2819 of 082 786 8011
DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) se o.15A-netbalspan het tweede in die Fezile Dabi-netbalproewe geëindig. Dié span dring deur na die Vrystaatdag wat in Bloemfontein gehou sal word. Die span is van links, voor: Kietana Greyling, Elzahné Janse van Rensburg, Corrie Steyn en Cezanne Wessels; agter: Mitchelené Molutsi, Madelein Radebe, ElizeMaré Ungerer, Xanderi Venter en Ruth Wessels. Foto: Anne-Lizé Jansen
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Gekies vir rugbyspan CONNIE CAMPHER van die Sentrale Volk足 skool Kroonstad is in die o.12A足Griffons足 rugbyspan ingesluit. Foto: Verskaf
KFC Famous Bowls
SYNC /12412
10
Home cooking without the cooking
Available for a limited time only
KFC
Tel
KFC Kroonstad (Cnr. Reitz & Buitekant Street)
056 212 8216
YUM Restaurant Customer Careline: 0860 100 222 www.kfc.co.za
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Tweede span wen rugbyliga Martin Venter KROONSTAD se onoorwonne tweede rugbyspan het geskiedenis gemaak deur die eerste Kroonstadspan in vyf jaar te word wat as ligawenner gekroon is. Hulle het die Welkom Rovers met 18-17 geklop. Die Rovers het hul rekening eerste geopen met ’n strafskop en nie lank daarna nie het Kroonstad met ’n strafskop deur Mindus Crous geantwoord om die telling op 3-3 gelyk te trek. Rovers het ’n skepskop tussen die pale deurgejaag wat met ’n strafskop opgevolg is om Kroonstad die eerste keer sedert sy tuiswedstryd teen Hennenman met die telling op 3-9 te laat. In die laaste 12 minute van die eerste helfte het Kroonstad ná vele foute aan die gang gekom en ’n aanval met Gert Martin se drie afgerond. Crous het die doelskop verbrou. Net voor omdraaityd het Kroonstad die bal weer lekker rondgegooi en nog ’n goeie beweging met sy tweede drie deur Janneman Kotze afgerond. Hierdie keer het Crous die kol getref en die Kroonstadters het met 6 punte (15-9) voorgeloop. In die tweede helfte het Crous nog ’n strafskop oorgeklits om die tuisspan se doppie te klink. Die Rovers het egter terugbaklei en ’n strafskop en drie het die telling aan die einde met net een punt geskei. Punte en puntemakers: Kroonstad 18 (15). Drieë: Gert Martin, Janneman Kotze. Doelskop: Mindus Crous. Strafskoppe: Crous (2). Rovers 17 (9).
Span val vas in eindstryd
Price Cuts
DAY Y ONL
Selected products on this page have been styled for photography
49 49
RR
Bulk Beef Mince
Bulk Beef Mince Per kg
Per kg
BUY 5 FOR
20
R
PnP Avocado Loose Sell
72
R
34
90
Bulk Lamb Braai Chops Per kg
If it’s not fresh enough for you, it’s not good enough for us. BUY 4 FOR
10
R
PnP Panini
PnP Washed Potatoes 7kg
10
90
Martin Venter HOEWEL Kroonstad se eerste rugbyspan ook geskiedenis gemaak het om die eerste keer in die afgelope vyf jaar in die eindstryd te kon speel, was ’n oorwinning net-net nie vir hulle beskore nie. Die Welkom-Rovers het hul oorheersing van die eerste liga met ’n oorwinning van 23-19 voortgesit. Die toeskouers kon nie vir ’n opwindender eindstryd gevra het nie. Die Rovers het met ’n barshou weggespring en ná oor-enweer skoppe Kroonstad se verdediging geklop en hul eerste drie gaan druk. ’n Paar minute later het die Rovers Kroonstad se verdediging weer oorhoops gevang en hul tweede drie gaan druk. Kroonstad se voorspelers, onder leiding van Luan Kleyngeld, het ’n barshou gespeel en John-Vernon Masuret het vir hul eerste drie oorgebeur. Teen rustyd was Kroonstad met 5-10 agter. Kroonstad het met mening in die tweede helfte weggespring. Waar dinge nie in die eerste helfte wou uitwerk nie, het dit in die tweede helfte in plek begin val. Kroonstad het die Rovers vir die grootste deel van die helfte in hul eie gebied vasgepen het. Uitstekende voorspelerdrieë was die gevolg van volgehoue druk. Luan Kleyngeld was voorlangs ’n yster en is as speler van die wedstryd aangewys. Agterlangs was Lucas Boucher en Nelis de Kock dorings in die Rovers se vlees. Punte en puntemakers: Kroonstad 19 (5). Drieë: John-Vernon Masuret, Albert Human, Luan Kleyngeld. Doelskoppe: Tiaan van Wyk (2). Rovers 23 (10).
6S
Albany Superior White Bread 700g
26 24
90
32
90
I&J Out‘O The Oven Assorted 400g Each
16
90
Allsome Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Light Meat Solid Tuna in Vegetable Oil or Salt Water 170g Each
Sea Harvest Fish Fingers 800g
90
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
11
90
BUY ANY 4 FOR
9
R
PnP Flavoured Soup 45g - 85g
BUY ANY 2 FOR
BUY ANY 5 FOR
40
R
Purity 3rd Foods Assorted 200ml Jar
42
90
26
R
Ariel Auto Washing Powder 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s Each
Handy Andy All Purpose Cream Assorted 500/750ml
Get 10% EXTRA airtime, every time,
when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.
*SIM card 49c Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).
PRICES VALID 1- 6 JULY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1185826_390 X 194_INLAND
Thank you for voting us the coolest supermarket.
11
12
KROONNUUS, DINSDAG 1 JULIE 2014
Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za
Wanderers skitter in liga Tharine Hurter
DIE Wanderers-B-netbalspan is van links, voor: Tharien Froneman, Cheree Blignaut en Elizna Wilken; agter: Elize Schultz (afrigter en voorsitter van die klub), Jackie du Toit, Surita Rautenbach, Monique Vergottini, Nicoleen Wydeman, Yvonne Human en Milandie Schoeman.
DIE Fezile Dabi- senior netballiga het vanjaar ontbind. Dit het egter nie die ywerige, fikse netbalspelers van die Wanderers-netbalklub in Kroonstad van stryk gebring nie. Die klub is opsluit in die Oos-Vrystaat-netballiga vir senior netbal ingeskryf. Met Elize Schultz aan die stuur van die klub is die A-span tot dusver onoorwonne in dié Oos-Vrystaatse netballiga. Hieroor is Elize besonder trots, “omdat die klub ná vier jaar eers weer in ’n liga meeding”. Alle wedstryde word in Bethlehem gespeel en sy is trots op haar A- en B-spanne wat die sterk spanne van Qwaqwa én Frankfort ore aangesit het.
DIE Wanderers-netbalklub in Kroonstad is onstuitbaar. Die A-span speel ’n barshou in die Oos-Vrystaat-liga en is tot dusver onoorwonne in dié liga. Die span is van links Stephanie Potgieter, Elria Munro, Rosie Mofokeng, Ananda Loubser, Annika Hagen, Jakkie van der Merwe, Suzann Mellett, Milandie Schoeman, Tanya Green en Elize Schultz (voorsitter van die klub en afrigter). Foto’s: Tharine Hurter
“Ons werk aan ’n strategie om Bethlehem se Oudskoliere in die liga te klop,” sê Schultz. Die lang wintervakansie lê voor, maar die netbalspelers is gereed om die volgende wedstryde op 26 Julie en 30 Augustus te speel. Die eindstryd sal op 13 September gespeel word. Die netbalbane in Hillstraat langs Jukskeipark is in 1974 in gebruik geneem. Schultz en haar man, Edgar, sien toe dat die terrein netjies en versorg is. Voor 1974 was die klub reeds 40 jaar oud. Aanvanklik het die klub as die Kroonstad-netbalklub, toe die Venus-netbalklub en toe die Wanderersklub bekend gestaan. Die Collegiansnetbalklub het ontbind en met die Wanderers-klub kragte saamgesnoer. Schultz is reeds 45 jaar by netbal in Kroonstad betrokke. Sy het SA Platteland-kleure in netbal verwerf. Wyle Miemie Heasman het dekades van haar lewe aan die bevordering van netbal in Kroonstad gewy. Springbokspelers wat die klub opgelewer het, is onder andere wyle Susan du Plooy en Maggie du Plessis. Belangstellendes wat hulle by die klub wil aansluit, kan Schultz by 083-399-0331 of 056-212-2494 bel. Die uitslae van die A- en B-spanne is soos volg: 17 Mei: A-span t. Senekal 21-2; A-span t. Viljoenskroon 35-4. 7 Junie: A-span t. FrankfortA-span 28-20; A-span t. LindleyB-span 39-3, B-span t. FrankfortB-span 46-2. 21 Junie: A-span t. Qwaqwa 36-10, B-span t. Senekal 28-25 en B-span t. Lindley 25-18.
FRANCO FRONEMAN (regs) het sommer twee Vrystaat-NoordKaap-gholfkampioenskappe agtereenvolgens gewen. By hom is Gawie Grobbelaar, lid van die Vrystaat-Noord-Kaap se junior gholfkomitee. Foto: Marius Tolken
Rooie wéér koning Tinkie Hattingh FRANCO FRONEMAN is die tweede keer as gholfkampioen gekroon. Dit was tydens die onlangse Vrystaat-NoordKaap-Sandrivier- junior ope kampioenskapsbyeenkoms wat op 14 en 15 Junie in Virginia gespeel is. Die toernooi, wat oor 54
putjies gespeel is, is deur Franco, ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies), met twee houe met ’n telling van 76, 72 en 73 gewen. Kroonnuus het onlangs berig hoe hy die Vrystaat-Noord-Kaap-Sishenjunior ope kampioenskapsbyeenkoms met 74, 76 en 69 gewen het.
Beste in netballiga DIE Sentrale Volkskool se o.13A-netbalspan is die Kroonstreek-ligawenners. Van links is, voor: Leané Marais, Tineke O’Niël, Palesa Mahlatsi en Anroné van Tonder; agter: Lené du Plessis, Shandré Botha, Elmay Klopper, Wilma Crous, Zanné Maree en Marlé Viljoen (leerkrag). Foto: Verskaf