
1 minute read
Wysneusies bult hul spiere behoorlik Fransie Visse seevier
■ Je Jackson
Die Letsitele jongspan het nie op hulle laat wag nie. Verlede week het die aspirante klein atlete van Wysneusie Kleuterskool by Laerskool Dr Anneke die bitsige hitte aangedurf om hulle spiere te bult tydens hul heel eerste atletiekdag.
Advertisement



Van die kleingoed was heel tuis op die baan sowel as die veld en elke laaste een van hulle het die dag terdeë geniet. Vir die trotse mammas en pappas was die oomblik netso groot en het die trane maar vlak gelê. Seker maar die skerp lig wat die ogies laat brand het.
“Dit is ons eerste atletiekdag om die kleuters bietjie bloot te stel aan items wat tydens die atletiekseisoen aan deel ge- neem word. Boomhuis het saam met ons die dag geniet en ons kan uitsien na toekomstige atletiek talent,” het Nadia Baker van Wysneusie gesê.
Die items waaraan die jongspan deelgeneem het, het ingesluit verspring, ‘n aangepaste vorm van hoogspring waar die kleuters vlaggies moes raak wat aan ‘n tou bo die baan gespan is, naellope, gewigstoot met bootjiesakke, spiesgooi, maar instede van ‘n spies het hulle paaltjies gegooi (en verbasend vêr ook vir sulke klein armpies) en dan natuurlik ook heerlike samesein na die dag se kompitisie.
Vir die ouers wie sou belangstel om foto’s van die dag te bekom, kontak gerus vir Wysneusie Kleuterskool. Die foto’s is op die dag deur Lourine Pitout geneem.
■ Roelof de Jonge
Die Southern Sprint Gala was Saterdag die 28ste Januarie op Mokopane beslis.

Altesaam twee van die Hoërskool Frans du Toit se swemmers, naamlik Ettienne Tröger en Phillip Schaap, het deurgaans top drie plekke behaal in die items waaraan hul deelgeneem het.

Tröger het ondermeer in die 50m vlinderslag, 50m rugslag, 50m vryslag en in die 100m rugslag items geseëvier. Hy het verder in die 50m en 100m borsslag items twee derdeplekke behaal.
Schaap het die in die 50m rugslag eerste die kant geraak om die goue medalje syne te maak.
Hy het in die 50m sowel as in die 100m borsslag items tweedeplekke behaal. Hy het in beide die 50m vlinderslag en 50m vryslag items met derdeplekke gespog.