1 minute read

Plasies roer die litte op PHS Linde verwerf weér ’n Unisa erkenning

Die atletiekspan van die Merensky Landbou Akademie het op die 27ste Januarie aan ‘n vriendskaplike byeenkoms by die Hoërskool Pietersburg deelgeneem. Wian Potgieter in Graad 8 is as die Beste Junior SeunsVeldatleet aangewys. Leandré de Lange se naam staan nou agter die O/14 meisies se 90m hekkies rekord. De Lange se tyd was 15:56 sekondes. Klara Pretorius wie in die afdeling vir meisies O/17 deelgeneem het, spog ook met ‘n nuwe rekordtyd van 14:66 sekondes wat sy in die 100m hekkies-item opgestel het.

Die atletiekspan van Plasieland het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het ‘n knap tweedeplek algeheel behaal.

Advertisement

Die mededingende skole, benewens die gasheer- skool en Merensky Landbou Akademie was Hoërskole Piet Potgieter, Nylstroom, Hans Strijdom en die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

Liefhebbers van hoërskole-atletiek kan uitsien na verskeie byeenkomste binne die volgende paar dae.

Op die 1ste Februarie word die Top 10 byeenkoms by die Universiteit van Pretoria aangebied, terwyl LIMSA se byeenkoms op die 2de Februarie by die Hoërskool Ben Vorster aangebied word.

Op die 3de Februarie bied Rob Ferreira ‘n byeenkoms aan en op 4de Februarie is die LIMA byeenkoms by die Universiteit van Limpopo. Merensky se tradisionele Frikkie Deysel-byeenkoms sal op die 10de Februarie op Plasiepark plaasvind.

This article is from: