
1 minute read
Klofies skitter in hul Prestige Atletiekbyeenkoms
■ Roelof de Jonge
Die Laerskool Duiwelskloof se jarelange Prestige Atletiekbyeenkoms het Saterdag op die sportterrein van dié skool plaasgevind.
Advertisement
Alhoewel hierdie geleentheid vroeër jare onder verskeie name van borgskappe bekend gestaan het, is die Prestige Atletiekbyeenkoms steeds een en dieselfde byeenkoms, nou met nog meer aansien as te vore.
Die gasheerskool se huissport atlete wat onderskeidelik die Senior Victrix en Victor Ludorums ingepalm het, naamlik Leila van Wyngaardt en Karabo Mahasha, het weereens geskitter hierdie afgelope Saterdag en die Klofies se naam op hul tuisfront hoog gehou.
Van Wyngaardt was as die Beste Hekkies Atleet aangewys en Mahasha was met die toekenning vir die Beste Veldatleet bekroon.
Die Senior Victrix en Victor Ludorum silwerware het vanjaar beide hul weg na Curro Heuwelkruin se laerskool in Polok- wane wane gevind. Lexi Thompson wie ook met die Beste Baanatleet titel gespog het, het die Senior Victrix Ludorum verower.
Haar Kruinie spanmaat, Lethabo Ralefe, het die Senior Victor Ludorum vir sy prestasies ontvang.
Die Junior Victor Ludorum was aan Thato Moyakana from Phunanane Academy toegeken. Die meisiesatleet wie die Junior Victrix Ludorum verower het was Ngwana Zwashu van Laerskool Soutpansberg.



Die laerskole se atlete wat deelgeneem het by die Klofies is van Unity Primary School, The King’s Court.

Laerskool Tzaneen, Laerskool Soutpansberg, Pfunanane Academy, Laerskool Schiettoch, Curro Heuwelkruin en die Lighthouse Academy.