PE Express 21-11-12

Page 1

www.pe­express.co.za Wednesday, November 21, 2012

0 041 503 6111

) 525

Fax: 041 503 6220

2 express@media24.com

@PE Express Newspaper

Editor: Bettie Giliomee

Strandfront fraai vir die feestyd

HELGA VAN STAADEN

A

LHOEWEL die Baai se strande nie meer ’n blouvlagstatus het en Bayworld nie meer een van die stad se grootste toeriste-aantreklikhede is nie, is alles darem nie verlore vir die Baai se toeriste-attraksies nie met Koningstrand wat deesdae met ’n splinternuwe baadjie spog net reg vir die toeloop van vakansiegangers. Die opknapwerk aan die Baaise strandfront is byna voltooi en hou groot belofte vir die somervakansie in. Inwoners en besoekers aan die Baai sal die multimiljoenrand-projek aan die Baai se grootste toeristetrekpleister, sy strandfront, kan geniet.

Selfs die besoedelde varswatermeer by Koningstrand, waarin alge drie maande gelede begin groei het weens rioolbesoedeling, is aan die opklaar. Die wandelpaadjies, skaatsbane, speelparkies, piekniekplekke, opgeknapte en glashelder swembaddens en ’n buitelug-gimnasium maak alles deel uit van die projek en sal meebring dat die strandfront tot sy volle glorie herstel word. Dean Biddulph, DA-raadslid in wyk 2 (Somerstrand en Humewood), is positief dat die stad ’n goeie somerseisoen sal hê. Volgens hom is die R30 miljoen wat die projek tot dusver kos, ’n goeie belegging. “Die strandfront sal weer gewild word. Dit is asof dit ’n 180 gradedraai gemaak het. Ek is uiters tevrede met die werk tot dusver. “Dit is net jammer dat die Humewood-strand deur die onlangse reën beskadig is, maar ons

het baie ander mooi strande.” Volgens Biddulph dink hulle selfs daaraan om ’n nagmark op die been te bring. Die McArthur-swembad, wat verlede jaar ’n groot kopseer vir die Nelson Mandelabaai-metropool was, sprankel weer. Die metro het ’n maand-totmaand ooreenkoms met ’n kontrakteur onderteken vir die huur en instandhouding van die swembad, wat ook die huur van ’n restaurant langs die swembad insluit. Die tweede fase van die multimiljoenrand-opknapprojek, wat deur die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap behartig word, sal binne weke voltooi wees. Die derde fase sal vroeg volgende jaar begin. Die derde fase behels die opknap van die parkeerterrein by Koningstrand en van die stormwaterstelsel, sowel as die skep van ’n vleiland by die grasperk.

Glashelder swembaddens is nou by die Baaise strand­ front te sien. Op die foto staan Dean Biddulph, DA­raad­ slid in wyk 2 (Somerstrand en Humewood) en Morné Steyn (DA skakelbeampte) trots. Foto: THEO JEPTHA

Chateaubriand Fillet

Flambéed and served with mushroom and bearnaise sauce. Served with your choice of starch and our famous vegetables.

R105 300g R129 Georgiou Limousine

200g

Sunridge Village Shopping Centre 041 360 8554/5 124 Hurd Street, Newton Park 041 364 3125/6

Order from our NEW John Platter Rated wine list. Rated one of the best in SA.

Book Now! Year End Functions and corporate functions Set Menu’s available

6 People - R2200

Transport to & from Georgiou Steakhouse (PE Only). Drinks on arrival - a glass of wine/cider or soft drink). Starter, Main Meal, dessert (from the menu), Coffee or Tea 1BW88WF9N-211112-PX-opawa-cattle


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.