www.peexpress.co.za Wednesday, November 7, 2012
0 041 503 6111
) 525
Fax: 041 503 6220
2 express@media24.com
www.pe-express.co.za
Begraafplase gesluit ná reën RAAHIL SAIN EN TINNEKE GOEDHALS
B
AIE mense volg nou die verassings-roete om afskeid te neem van hul geliefdes sedert van die begraafplase – Forest Hill, Papenkuils en Bloemendal – gesluit is weens die nat en modderige toestand van die persele. Maar vir families wat verkies om te begrawe of om hul geliefdes se laaste wense na te kom, is daar geen afsluiting nie. Sommige van hulle wag reeds twee maande om hul geliefdes te begrawe en ná die afgelope reën kan dit nog ’n hele rukkie duur voor dié begraafplase weer oopgestel kan word. “Dis nie die invloed wat dié toestande op ons besigheid het wat die probleem is nie, maar hoe die vertraging die families raak,” het Jeanette Chetty, bestuurder van Doves Jones and Rice begrafnisse en verassings, gesê. “Mense wat begrawe moes word, moet nou eers gebalsem word, en dit kos sowat R1 500. In dié stadium word
17
niemand begrawe nie, alles staan stil.” Sy sê die gebalsemdes word in hulle yskaste gebêre onder ’n baie spesiale temperatuur sodat hulle nie ontbind nie. “Ons stoor die lyke veniet. Dit is Moeder Natuur se skuld dat die families sit met die dilemma en ons wil hulle nie nog verdere hartseer aandoen nie.” Volgens Chetty kos verassings die familielede duurder omdat hulle dan deur ’n verassings-diensteverskaffer moet werk. By Doves Jones en Rice is daar drie lyke wat nog nie begrawe kon word nie, maar sy het genoeg plek (ongeveer 40 tot 42) om nog lyke te stoor. Die Forest Hill-begraafplaas begin ’n al hoe groter kopseer word, omdat dit een van die Baai se besigste begraafplase is. “Forest Hill sal seker eers teen volgende jaar weer oop wees. Intussen is dele van die Noord- en Suideinde-begraafplase ook onder water,” het Prue Gillespie, eienaar van 1st Avenue-begrafnisdienste, gesê. “Ons onderneem wel begrafnisse in Malabar, Uitenhage en Despatch, maar die situasie plaas geweldig baie spanning op die families.” Volgens Jan van der Westhuizen van Algoa Park Begrafnisdienste het
Editor: Bettie Giliomee
HEART A G I B H IRL WIT
EG
A LITTL
die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit vir hulle die alternatief gegee om die oorledenes óf in Bethelsdorp óf Malabar te begrawe tot die water sak. Die munisipaliteit sal betaal vir hierdie begrafnis, maar indien die familie besluit om die kis te skuif, sal die familie self hiervoor moet betaal. Van der Westhuizen sê hy is heeltemal gekant daarteen. “Teen daardie tyd is die kis verniel en gaan die families heel moontlik ’n nuwe kis ook moet koop.” As dit te vol raak by hulle, gaan hulle Despatch toe of veras die mense liewer. Hy sê vir van die familielede, soos dié wie se geliefdes al vir meer as twee maande daar gestoor is, moet hulle berading gee en die prosedure aan hulle verduidelik. Marthie Nel, munisipale woordvoerder, het bevestig dat die Forest Hill-, Papenkuils- en Bloemendal-begraafplase steeds gesluit is. “Geen busse of vragmotors word binne die begraafplase toegelaat nie, omdat die paaie binne baie nat en modderig is.” Sy het bygevoeg dat Papenkuils gesluit is omdat dit vol is en nie meer grafte kan akkommodeer nie. “Vir die ander geslote begraafplase sal heropening van die weer afhang.”
Only days Only days are are left left to to enter enter your your baby baby for for our our annual annual Front Front Page Page Christmas Christmas Baby Baby Competition! Competition! For more more information information and and the the entry entry form, form, go go to to www.pe-express.co.za. www.pe-express.co.za. Entry forms forms must be be handed handed in at our our offices offices in in the the Ton Ton Vosloo Vosloo Media Media Centre, Centre, Ivor Ivor Benn Benn Close Close (off William William Moffett Moffett Expressway) in Fairview Fairview before 4pm on Friday, November November 23. 23. Entry is free free and and entry forms can also be collected from our office. office.
Thabisa Dube (8), a student at Theodor Herzl Primary School, will be participating in the Afrika Tikkun 94.7 cycle challenge In Johannesburg on November 18 to raise funds for 10 vulnerable children for Afrika Tikkun’s “Each One Teach One’” campaign. Read more about this remarkable girl on page 7. Photo: ZELDRÉ SWANEPOEL