Taal Taal is 'n lied uit die wieg van die mensdom
Afrikatale Taalfamilies van Afrika met historiese aantekeninge oor die 25ste Dinastie van Egipte, die Meroïetiese Ryk, Kandak Amanirenas en die Geel Nyl
Pieter Uys Orchards Mei 2021
1
Inhoudsopgawe Inleiding
3
Tale van Afrika
6
Afro-Asiaties
6
Niger-Kongo
7
Die Ntutale
8
Proto-Ntu Rekonstruksies
10
Proto-Ntu Naamwoordklasse
11
Musiek in Niger-Kongo tale
12
Nilo-Saharies
14
Saharies
15
Sentraal-Soedanies
17
Niloties
17
Die Geel Nyl
18
Swart Farao’s en Kryger-Koninginne
20
Egiptiese Dinastie 25
21
Meroë Medawi
22
Nobatia, Makuria en Alodia
25
Khoesan
27
Hadza
27
Sandawe
27
Khoe
28
Kx’a
29
Taa
29
Kliekkonsonante
30
Beskrywings
32
Makro-Khoisan
35
Eienskappe van Afrikatale
37
Niger-Saharies
38
Bibliografie
39
Indeks
42
2
Afhangend van die onderskeid tussen taal en dialek, het Afrika tussen een- en tweeduisend tale uit ses taalfamilies waarvan vier inheems aan die kontinent is.
3
Die inheemse families is Afro-Asiaties in die noorde en die horing van Afrika, Nilo-Saharies in die noorde en aan die bolope van die Nyl, Niger-
Kongo van die Atlantiese tot by die Indiese Oseaan, en die oudste van almal, Khoesan, in die suidweste. Minstens 75 Afrikatale het meer as ‘n miljoen sprekers, waaronder Swahili met sowat 5 miljoen moedertaal- en tot 40 miljoen tweedetaalsprekers. Dié taal word aan die ooskus en in die Groot-Mere-gebied gepraat, en dien as amptelike taal van Burundi, Kenya, Mosambiek, Kongo Kinshasa, Rwanda, Tanzanië en Uganda. Egiptiese Arabies is die eerste taal van 92 miljoen Egiptenare. Dié Arabiese dialek is deur Kopties – die laaste fase van Egipties – beïnvloed, en word deur byna al die 300 miljoen sprekers van Arabies wêreldwyd verstaan, danksy die Egiptiese media en die uitsaaibedryf. Die Afro-Asiatiese Hausa, een van Nigerië se amptelike tale, het 50 miljoen moedertaalsprekers wat ook in Benin, Burkina Faso, Ghana, Kameroen, Togo en Tsjaad woon. Yoruba, ‘n lid van Niger-Kongo, het meer as 30 miljoen sprekers in Benin, Nigerië, Ghana, Côte d’Ivoire, Liberië, Togo en Sierra Leone. Oromo, nog ‘n Afro-Asiatiese taal, word deur 30 million mense in Ethiopie, Somalië, Kenya, Egipte en Djibouti gepraat. Sprekers van Oromo maak meer as 40% van Ethiopië se bevolking uit. Nog een van Nigerië se amptelike tale, Igbo, is ‘n Niger-Kongo-taal wat ook sprekers in Kameroen en Ekwatoriaal-Guinee het. Weens die Atlantiese slawehandel is die taal ver en wyd deur die slawekolonies in die Amerikas versprei. Leenwoorde uit Igbo word vandag nog in Jamaikaanse patois gebruik, soos die voornaamwoord /unu/, vir “julle” en /soso/ wat “net/alleenlik” beteken. Die naam /Bim/ vir Barbados kom uit /bem/ of /ibem/ wat “mense” beteken. Die Afro-Asiatiese taal Amharies word deur sowat 25 miljoen mense in Ethiopië gepraat. Amharies, die tweede grootste Semitiese taal, het sy eie alfabet en is besig om Ethiopië se gewildste letterkundige taal te word. 4
Shona, met meer as 10 miljoen sprekers, is ‘n amptelike taal van Zimbabwe. Xhosa en Zulu is in dieselfde liga as Shona. Al drie van hulle behoort tot die Niger-Kongo-familie. Engels, Frans en Portugees het ook ‘n ansienlike aantal moedertaalsprekers in Afrika, maar elk van die drie word ook as ‘n lingua franca gebruik.
5
Taalfamilies van Afrika Afro-Asiaties Afro-Asiaties in Afrika bestaan uit Berber-, Semitiese, Kusitiese, Tsjadiese en Omotiese groepe, en het waarskynlik ‘n Midde-Oosterse oorsprong. Die “Natufian” argeologiese kultuur in die Levant dateer uit 12,500 tot 9,500 jaar gelede. Die bevolking het ‘n semi-sedentêre leefstyl gevolg selfs nog voor die begin van landbou. Hulle het van wilde graan, neute en vrugte geleef en wildsbokke gejag in ‘n omgewing wat natter en groener was as vandag. Die linguïs Vitaly Shevoroshkin glo dat die bevolking ‘n Afro-Asiatiese taal gepraat het, en Colin Renfrew glo dat die Natufiërs moontlik die sprekers van Proto-Afro-Asiaties was. Semitiese tale soos Akkadies en Eblaïeties het in die vrugbare sekelmaan van die Midde-Ooste ontwikkel, en Arabies in die Arabiese Skiereiland, terwyl die taal Ge’ez in Ethiopië vorm aangeneem het. Ou Suid-Arabies word steeds in suidelike dele van die Skiereiland en op die eiland Sokotra gepraat. Berber, Egipties en Tsjadies het Afrika waarskynlik deur die Sinaï Skiereiland betree, terwyl Kusities en Omoties en later ook Ethio-Semities oor die Bab el-Mandeb-straat die Horing van Afrika binnegegaan het. Volgens die linguïs Vaclav Blažek is die scenario vir die verbrokkeling van Proto-Afro-Asiaties as volg: die Kusitiese en Omotiese groepe het rondom 12,000 jaar gelede (10,000 VHE) vanaf die bolope van die Eufraatrivier na die Arabiese Skiereiland migreer. Berber, Egipties en Tsjadies het ‘n duisend jaar later weggebreek; Egipties na die Nylvallei, terwyl Berber sy reis voortgesit het tot sover as die Kanariese Eilande waar dit as Guanche bekend staan. Tsjadies het suid gedraai na die Sahel. Egipties, van die vroegste tye af die taal van Afrika, was ook een van die eerste tale wat op skrif gestel is. Dit leef voort in die vorm van Kopties, die liturgiese taal van die Koptiese Kerk. Berbertale soos Tamashek, Tamahaq en Tawellemet word in Algerië, Libië, Niger, Mali, Tsjaad en Burkina Faso gepraat. Tsjadies sluit 150 tale van Nigerië, Niger, Tsjaad, die Sentraal Afrikaanse Republiek en Kameroen in, waarvan Hausa die grootste is. Die vier groepe Omotiese tale (Ta-Ne, Dizoid, Mao en Aroid) word in suidwestelike Ethiopië gepraat. Die grootste Kusitiese tale is Oromo, Somali, Beja, Afar, Saho en Sidamo; tale van die familie word in Djibouti, Eritrea, Ethiopië, Somalia, Somaliland, Kenya en Tanzanië gepraat. Volgens ‘n Bayesiese filogenetiese berekening, het Proto-Semities rondom 6,000 jaar gelede in Sirië ontstaan, terwyl Ethio-Semities sowat 3000 jaar gelede in ‘n enkele migrasie uit die Arabiese Skiereiland oor die Rooi See sy beslag gekry het. 6
Niger-Kongo
Niger-Kongo, wat ook Niger-Kordofaans genoem word, is die grootste taalfamilie ter wêreld in terme van die aantal tale en die derde grootste in terme van die aantal sprekers. Dis ook die grootste in Afrika in terme van geografiese verspreiding: Van Senegal aan die Atlantiese Oseaan tot by Kenya aan die Indiese Oseaan, plus die hele Sentrale en Suidelike Afrika. Subgroepe sluit in Adamawa (Kameroen, Nigerië en Tsjaad), Dogon (Mali), Gur (Burkina Faso, Côte d’Ivoire, Ghana, Mali, Niger), Mande (Burkina Faso, Côte d’Ivoire, Gambia, Guinea, Guinea-Bissau, Liberië, Mali, Senegal, Sierra Leone), Ubangi (Sentraal Afrikaanse Republiek), Kordofaans (Soedan), Atlanties-Kongo (Gambia, Senegal, Mauretanië) en Benue-Kongo (Nigerië, Kameroen, Sentrale en Suidelike Afrika). Die Kwa- en Kru-groepe word sterk verteenwoordig in Benin, Burkina Faso, Côte d’Ivoire, Ghana, Togo en dele van Nigerië, met tale soos Akan, Azande, Ewe en Twi. In die verre noordooste, afgesonder van die res van die Niger-Kongo-familie is die Kordofaanse tale van die Nubaberge in 7
Soedan: Talodi, Heiban, Lafofa, Rashad en Katla. Dis nie duidelik of die Kordofaanse groep ‘n oorspronklike wieg van Niger-Kongo verteenwoordig, en of hulle later soontoe migreer het nie. Fula, Fulani of Pulaar is a dialek-kontinuum wat oor 20 lande in Wes- en Sentraal-Afrika gepraat word. Saam met Serer en Wolof behoort dit tot die Senegambiese tak van die Atlantiese groep in Niger–Congo. Internasionaal gewilde musikante soos Baaba Maal, Youssou N’Dour en Salif Keita sing onder meer in Pulaar (Fulani), Maninka en Wolof.
Kenmerke van Niger-Kongo ‘n Prominente eienskap van die Niger-Kongo-tale is vokaalharmonie. Indien die taal oor twee stelle klinkers beskik, byvoorbeeld /i e ə o u/ en /i ε a ɔ υ/, mag net een van die stelle in ‘n woord gebruik word. Die posisie van die tongwortel sorg vir harmonie. Self in tale sonder vokaalharmonie word daar beperkings geplaas op die aard van die tweede klinker in ‘n woord. Een van die hoofkenmerke van die Niger-Kongo-tale is die stelsel van naamwoordklasse, wat op een of ander vorm in elke tak voorkom. Elke selfstandige naamwoord (enkel- en meervoud) word deur ‘n klas-affiks gemerk, en elke klas het ook sy eie voornaamwoord en skakels wat al die elemente in die sin aan mekaar koppel.
Die Ntutale Niger-Kongo se Benue-Kongo-tak bestaan uit 11 groepe waarvan tien net in Nigerië gepraat word. Die ekspansie van die elfde, Ntu, uit Kameroen wat rondom 1000 VHE begin het, het die Ntugroep oor sentrale, oostelike en suidelike Afrika versprei. Vandag tel die volgende onder die belangrikste Ntutale: Xhosa, Sotho en Setswana in Suidelike Afrika, Makua en Thonga in Mosambiek; Bemba in Zambia; Kikuyu in Kenya; Luganda in Uganda; Ruanda in Rwanda, Uganda en Kongo (Kinshasa); Rundi in Burundi en Kongo (Kinshasa); Mbundu in Angola; Tshiluba in Kongo (Kinshasa); KiKongo in Kongo (Brazzaville), Kongo (Kinshasa) en Angola; en Lingala in albei die Kongos. Omdat Lingala die vernaamste spreektaal in beide Kinshasa en Brazzaville is, geniet dit ‘n hoë mate van prestige as die taal van stedelike kultuur. Dis die taal van populêre musiek regdeur sentraalAfrika, self in gebiede waar dit nie gepraat word nie. Radio- en TV-uitendings in Lingala het ‘n enorme gehoor en gewilde musikante in die genres Soukous, Kwassa-Kwassa en Ndombolo, soos Papa Wemba, Mbilia Bel, Kanda Bongo Man en Zaiko Langa Langa, het wêreldwye treffers met liedjies wat in Lingala gesing word. In Kongo-Kinshasa is Lingala een van die vier nasionale tale, saam met Kituba ("Kikongo ya leta"), Tshiluba en Swahili wat deur die meeste mense as tweede tale gebruik word.
8
Die mees opvallende kenmerk is die kliekkonsonante, wat deur Ntu by die Khoisanfamilie geleen het. Dis die Ngunitale Zulu, Xhosa, Phuthi, en tot ‘n mindere mate Swati en Ndebele. Sowat 15% van Zulu- en Xhosawoorde het klieks (teenoor 40 to 60 persent in Khoisantale.) Klieks bestaan ook in SeSotho, sommige Tsongadialekte soos Nkuna en Ronga en in die Ndaudialek van Shona in Mosambiek. In die Caprivistrook het die Yeyitaal vier klieks, terwyl Mbukushu, Kwangali, Gciriku,
Kuhane en Fwe in Angola, Namibië, Botswana en Zambië minstens een het. Klieks het nie tot leenwoorde beperk gebly nie, maar het na die res van die woordeskat versprei. (lees meer oor klieks in die afdeling met daardie titel op pp 22 – 23).
Een van die belangrikste morfologiese eienskappe van die Ntutale is die naamwoord-klasstelsel. Elke selfstandige naamwoord behoort tot ‘n klas met ‘n voornaamwoord, prefiks, en ‘n stel skakels om bywoorde, byvoeglike naamwoorde en werkwoorde daarmee te integreer. Die klasse kan manlik, vroulik, lewendig, nie-lewendig, plekke, plante, diersoorte, verkleinwoorde en abstrakste konsepte behels. Die prototaal het waarskynlik 23 klasse gehad. Die werkwoordstam kry ‘n stel prefikse en soms verbuigings aan die einde. Die morfologiese vorm van Ntuwoorde is CV, VCV, CVCV, VCVCV, wat beteken dat die meeste woorde op ‘n klinker eindig omdat geslote lettergrepe (CVC) vermy word. Op enkele utsonderings na het die Ntutale tussen twee en vier registertone. Sinskonstruksie is SVO wat onderwerpskakels, voorwerpskakels en die werkwoordstam insluit. Die meeste Ntutale het ‘n stelsel van vyf /i, e, a, o, u/ of sewe klinkers /i e ɛ a ɔ o u/ soos in Proto-Ntu, waarvan die konsonant-inventaris so gelyk het: /*p *t *s/z *k *b *d/l *g *s/j *m *ɲ/ plus H- en L- toon (gewoonlik ongemerk). Lettergreepstruktuur was (N)CV(V). ‘n NCaanvang word as ‘n enkele foneem beskou. 9
Proto-Ntu rekonstruksies*
Arm
*ku-bóko
As
*mu-tó
Been
*i-kúpa
Blaar
*i-jáni
Bloed
*ma-gilá
Boom
*mu-ti
Dier
*ɲama
Eet
*lia
Eier
*i-gí
Hond
*m-bwa
Naam
*i-jína
Oor
*ku- tói
Persoon
*mu-ntu
Reën
*mbúlá
Rook
*mu-jíki
Sê
*ti
Sien
*bóná
Stap
*genda
Ster
*nyénye
Stert
*mu-kila
Tand
*i-jíno
Tong
*lu-lími
Twee
*balí
Voël
*ka-joni
Water
*ma-jí
Wolk
*i-londe
* Schadeberg, Thilo C. 2003. Historical linguistics. In The Bantu languages, ed. by Derek Nurse and Gérard Philippson, pp. 143-163. London: Routledge
10
Proto-Ntu Naamwoordklasse*
* Vossen, Reiner & Gerrit Dimmendaal (eds.), The Oxford Handbook of African Languages (Oxford Handbooks)
11
Musiek Sound d’Afrique
The first song, Me Bowa Ya by Mekongo from Cameroun, is a mid-tempo number with a bubbly beat and an enchanting mix of African and French vocals. The main lyric is in the African language and the chorus is in French, and it works so well. Massoua Mo by Eba Aka Jerome from Ivory Coast has a long instrumental intro before the male vocal enters the mix. This single vocal is boosted by a chorus of many voices in certain parts while the string instruments become ever more engaging. Quite a stunner! The next country is Upper Volta: the song Dounougnan by Kambou Clement has a lilting texture, intricate instrumental interplay and a soulful vocal with a spiritual undertone. Bo Mbanda by Pablo from Zaire is a beautiful melodious ballad full of yearning with absolutely breathtaking guitar parts and interesting vocal twists and turns. The style changes drastically with Jalo by Etoile de Dakar from Senegal. This is a slow, mournful dirge with a Middle Eastern feel, soulful vocals and instrumentation dominated by what sounds like an organ. It sounds like a prayer set to music and is most compelling and memorable. The album concludes with Moboma, an uplifting slice of vocal pop by Menga Mokombi from Congo. These unforgettable songs are all tuneful, catchy and rhythmically gripping. They demonstrate the richness and variety of the African pop music of the early 1980s. I also strongly recommend Sounds d'Afrique vol. 2 for more of these wonderful African sounds from the 1980s.
12
Sound d’Afrique II: Soukous
This opulent album opens with Dede Priscilla by Lea Lignanzi from Central Africa Republic, a most rhythmic and hypnotic lilting number with French exhortations to dance scattered in between the lovely sounds of the African language. The next number is by Mensy from Cameroun, somewhat more subdued than the previous, but equally hypnotic and engaging in its rhythmic textures. Bolingo Mobesu by Vonga Aye from Zaire is a real sizzler with its soulful female vocal, male backing vocals and pulsating beats. Absolutely brilliant and ideal for the dancefloor. The next country is Mali, whence comes Menebo Nden by Moussa Doumbia. This one opens with wailing a capella vocals before the buoyant rhythms come in. It also contains the most beautiful instrumental flourishes and has an overall Middle Eastern flavour, especially in the vocal patterns. The melodious Madeleina by Pablo Lubadika Porthos from Zaire is next, a flowing love ballad with a bittersweet feel. Then comes Jeff Louna from Congo with Paulina Mineure, a mid-tempo number that sounds the closest to a Western pop ballad. The album concludes with Yoyoyo by Asi Kapela from Zaire. Halfway through there is an interesting rhythmic break before all the instruments return in full force. Every track on this gorgeous compilation is a pleasure to listen to. The songs are tuneful and most are highly uplifting and joyful. Please also investigate Volume I of Sounds d'Afrique, although I personally like this album more. Together these two albums demonstrate the richness and variety of African pop music in the early 1980s.
13
Nilo-Saharies Verspreiding Die Nilo-Sahariese taalfamilie met sowat 60 miljoen moedertaalsprekers is teenwoordig in 17 lande in Noord-Afrika, veral langs die Nigerrivier in Mali, Burkina Faso en Niger, en deur Tsjaad tot in Eritrea. Van noord na suid strek dit van Egipte tot in Tanzanië, met inbegrip van Soedan, Ethiopië en Kenya. Die grootste tale is Songhay (3.2 miljoen) wat ook Songhayboro, Sonrhai en Songhoi gespel word en die Zarmatale insluit, van Mali, Niger, Benin, Burkina Faso en Nigerië. In die 15de en 16de eeue was die Songhai-ryk die grootste staat in die geskiedenis van Afrika, met stede soos Gao, Timbuktu en Djenne. Rondom die Tsjaad-meer is Kanuri (4.7 miljoen indien Kanembu ingesluit word) en in die suide van Tsjaad is Ngambay (1.0 miljoen) die hooftaal van die suide. Tubu is die noordelikse Nilo-Sahariese taal, met 350,000 tot 400,000 sprekers van Niger tot in Libië. Die meeste sprekers woon in en om die Tibestiberge. Nubies (1.7 miljoen) word in Egipte en Soedan gepraat, en in Suid-Soedan is daar Dinka (1.4 million), Nuer (1.3 million) en Shilluk. Luo het 4.4 miljoen sprekers in Uganda, Kenya en Tanzanië; Lugbara het sowat 2 miljoen in Uganda en Kongo Kinshasa; en Masai word deur sowat een miljoen in Kenya en Tanzanië gepraat.
Tipologie van Nilo-Saharies Tale van dié familie toon aansienlike tipologiese diversiteit. Strukturele eienskappe weerspieël in die meeste gevalle streeksbepaalde tipologiese vorme wat met Afro-Asiatiese of Niger-Kongo buurtale gedeel word. Werkwoorde is die mees komplekse deel van Nilo-Sahariese grammatika. Die werkwoord het uitgebreide merkstelsels vir persoon, getal, tyd, aspek en stem. Die onderskeid tussen perfektum/imperfektum word in alle subgroepe aangetref. Nilo-Saharies het oor die algemeen meer suffikse as prefikse maar verbuigings- en afgeleide prefikse toon groter weerstand teen fonetiese erosie of samesmelting met leksikale stamme, as die suffikse.
14
’n Beduidende tipologiese verskil bestaan tussen die Sentrale Soedaniese tale en die Noordoostelike Nilo-Saharatale. Sentrale Soedaniese tale is analities, en deel fonologiese en morfosintaktiese streekskenmerke met Ubangi terwyl die Noordoostelike groep eienskappe met die Afro-Asiatiese tale van Ethiopie deel, soos sintetiese vorme, die drievoudige-nommer-stelsel, naamvalle, hulpwerkwoorde en SOV-sintaks. In Sentrale Soedanies word klitiese morfeme (wat ‘n rol op frasevlak speel maar nie onafhanklik funksioneer nie, soos die Engelse ‘s in “it’s”) vir die eerste en tweede persoon voornaamwoorde gebruik, terwyl die Noordoostelike groep prefikse gebruik. Geslag word nie universeel aangedui nie, maar is in die Nilotiese tale soos Luo, Masai en Turkana ingeburger, soms as manlik en vroulik en onsydig.
Saharies Zarme (Djerma) is die grootste Songhaitaal en die hooftaal van Niamey, die hoofstad van Niger. Ten spyte van Songhai se ooreenkomste met die Niger-Kongo-taal Mande en met die Berbertale in die noorde, is dit ‘n Nilo-Sahariese groep. 15
In die middel van die Sahara troon Tibesti oor die landskap uit. Die bergreeks is 480 km lank, 350 km breed met ‘n oppervlak van 100,000 km2. Die piek Emi Koussi is 3,415 m (11,204) vt hoog. Die sentrale deel van Tibesti bestaan uit vyf vulkane en hoë plato’s. Die oostelike Tarso Emi Chi-, Tarso Aozi- en Tarso Ahon- plato’s beslaan onderskeidelik 7,700 km2, 6,500 km2 en 3,000km2.
Die Toubou (ook Tibu of Tebu) van Tibesti gebruik die plato’s om graan te verbou en as weiding vir hulle kuddediere. Hulle het deur die eeue met Kartago, die Berbers, Tuaregs, Turke en Arabiere te doene gekry. Stede en dorpe in die Tibestireeks is Bardaï, Zouar, Omchi, Aderké, Aozi en Zougra. Hulle grootste tale is Tedaga en Dazaga.
16
Sentraal-Soedanies Sowat 60 Sentraal-Soedaniese tale word in verspreide blokkies in Tsjaad, Noordoos-Kongo Kinshasa, Uganda, die Sentraal-Afrikanse Republiek en Soedan gepraat, en sluit in Moru, Madi, Mangbutu, Mangbetu, Bagirmi, Barma, Bongo, Kara, en die Pigmeëtale Efé en Asoa. Hulle deel ingewikkelde konsonantstelsels met die naburige Niger-Kongotale van die Adamawa-Ubangi-groep. Daar was duidelik ‘n lang periode van wisselwerking tussen die tale, sodat fonologie, strukturele eienskappe en woorde oor en weer geleen is. SentraalSoedanies het gemiddeld drie gelyke toonvalle. Stamme is verkort en verskyn meestal as (V)CV, wat deur affikse en reduplikasie verleng word. Die oorsprong van Sentrale Soedanies se diversiteit is waarskynlik ‘n gebied wes van die Victoriameer op die UgandaKongo-grens. Vandag kom die tale gefragmenteerd in eilandjies voor, omring en deurspek met Ubangitale van Kameroen tot Suid-Soedan.
Niloties Die Nilotiese groep binne Nilo-Saharies het ‘n noordwestelike tak in die suide van Soedan, in die noorde van Uganda, en in Kenya, Kongo Kinshasa en Ethiopië, wat Dinka, Nuer, Shilluk en suidelike Luo insluit. Die suidoostelike groep in Kenya, Tanzanië, oostelike Uganda en Suid-Soedan sluit in Bari, Lotuko, Teso, Karamojong, Turkana, Topotha, Masai en Kalenjin. Al die Nilotiese tale is tonaal met komplekse klinkerstelsels. Hoewel die noordwestelike groep analitiese elemente het en na aglutinering neig, behou hulle die kern-eienskappe van infleksionele tale, met interne klinkerwisseling en konsonantwisseling in die stam by woordvorming en by naamvalle en getalle in die naamwoord, en by oorganklikheid vs onoorganklikheid in die werkwoord. Elke naamwoord is inherent manlik of vroulik, en onsydig word ook by sommige aangetref. ‘n Unieke kenmerk van Niloties is dat die enkelvoud of meervoud van ‘n naamwoord deur ‘n basiese, morfologies-simplekse vorm uitgedruk kan word, soos in Bari /nyɔmɔt/ vir “sade” maar /nyɔmɔt-ti/ vir “seed”, terwyl ‘n kollektiewe vorm ook bestaan, /nyɔmɔt-an/ vir verskillende soorte sade.
17
Die Geel Nyl Die Geel Nyl het vir 1050 km vanaf die Ennediberge in die Waddaï Hoogland van Tsjaad na die Nyl gevloei tot min of meer een millennium VHE. Die rivier het by Debba naby Ou Dongola by die Nyl aangesluit. Die oewers van die visryke rivier het ideale lewens-omstandighede vir mens en dier geskep, en ‘n lewensaar geword nadat die destydse grasvlaktes van Darfur en Kordofan in halfwoestyn verander het.
Vandag staan die Geel Nyl se loop as Wadi Howar bekend. In die vierde millenium VHE was dit ‘n standhoudende rivier wat nog vir honderde jare ‘n groen vallei gevorm het in ‘n streek wat al hoe droër geword het. Soos die droogte in die gebied vererger het, het meer mense hulle op die oewer gevestig, waar hulle ‘n gesamentlike taal en kultuur ontwikkel het. Van die derde millennium af het die rivier al hoe meer gekrimp sodat sy water later nie meer die Nylvallei bereik het nie. Die klimaatvoorval wat met die Bronstyd-ineenstorting verband hou, het die Geel Nyl finaal laat opdroog. Die taalfamilie op sy oewers, Proto-Noordoos-Soedanies, het toe verskillende rigtings ingeslaan soos die mense agter water en weiding aan getrek het. So het ‘n deel van hulle rondom 2,500 VHE na die Nylvallei getrek waar hulle die Koninkryk van Kerma gestig het, naby aan die eertydse mond van die Geel Nyl. Die geografiese, historiese en klimaatdata ondersteun almal hierdie teorie.
18
Die mense van Darfur, die Nubaberge, die sprekers van Niloties en die mense van Nubië is almal geneties nou aan mekaar verwant. Meroïeties, die taal van die Koninkryk van Kerma en later van Kush, het oorspronklik van die Geel Nyl af gekom. Spore van Meroïetiese eiename is in Egiptiese rekords van die 12de dinastie gevind, ca. 2000 VHE. Die argeologiese rekord toon dat die oewers van Wadi Howar dig bevolk was tot sowat 2,200 VHE. Van toe af het die laer loop begin opdroog, hoewel daar tydens die reënseisoen steeds verspreide waterpoele in die boloop was. Meroïeties, wat in die Koninkryk van Kush gepraat is in die tydperk 1,000 VHE tot minstens 400 HE, is in twee vorme van die Meroïetiese alfabet geskryf: Kursief en in die Hiërogliewe wat op monumente aangebring is. Die taal is vernoem na die koninklike stad Medewi (bꜣ-rꜣ-wꜣ in Egipties), terwyl die inskripsies na die koninkryk as /qes/ of /qos/ verwys het.
Die grondgebied van die Kusitiese Koninkryk het gestrek vanaf die Khartoem-area van Soedan tot by die Nyl se eerste katarak. Die Meroïetiese taal verskyn in Egiptiese tekste regdeur die eras van die Egiptiese Middel-, Nuwe en Laat-Koninkryke, en die Ptolemaïese en Romeinse tyd, wat met die Kerma-, Napata- en Meroïetiese tydperke ooreenstem. Meroïetiese name en frases verskyn in die “Nubiese” hoofstukke van die Boek van die Dooies uit die tyd van die Nuwe Koninkryk. Die taal het die val van Medawi in 350 HE oorleef, soos blyk uit die lekseme en morfologie van Ou Nubies. Dr Claude Rilly het vasgestel dat Meroïeties ‘n Oos-Soedaniese taal is, en dat onder meer die woord-orde presies met Ou Nubies ooreenstem (SOV, agtersetsels, geen voorsetsels), die genitief voor die selfstandige naamwoord kom, en die byvoeglike naamwoord die naamwoord volg.
19
Swart Faraos en Kryger-Koninginne Die gebied suid van Aswan in Egipte staan as Nubië bekend. Laer Nubië is tussen die eerste en tweede katarak van die Nyl geleë terwyl Bo-Nubië of Suid-Nubië die gebied in die teenswoordige Sudan tussen die tweede en sesde katarakte uitmaak. Die oudste Egiptiese benamings vir die gebied suid van die eerste katarak was Tanehsu en Wawat.
Die streek tussen die tweede en derde karakte is Medja genoem. Later het die hele land suid van Aswan as Ta-Seti (Land van die Boog) bekend gestaan en die mense daar is deur die Egiptenare “Nobat” genoem. Van die vroegste tye af het Egipte ‘n kulturele invloed op die gebied uitgeoefen en tydens sekere fases van die geskiedenis was Laer Nubië deel van Egipte. Tydens die Nuwe Koninkryk was Nubië ‘n Egiptiese kolonie met die naam Kus; die goewerneur se titel was “Farao se seun van Kus”.
Rondom 1070 voor die huidige era het Kus ‘n onafhanklike koninkryk geword. Nubië het van die begin af deel uitgemaak van die Koninkryk van Kus, wat egter uit meer as net Nubië bestaan het. In moderne vertalings van antieke geskrifte en die Bybel word daar verkeerdelik na Kus as “Ethiopië” verwys. Die Koninkryk van Kus het niks te doen met Ethiopië wat baie ver daarvandaan na die suidooste geleë was nie.
Koning Kashta (Nib-Maat-Re) se hoofstad was Napata, 400 km noord van waar Khartoem nou is. Rondom 750 VC het hierdie heerser reeds ‘n sterk invloed oor suidelike Egipte uitgeoefen. Sy dogter Amenirdis I het ‘n hoë priesterlike amp in Thebes beklee onder Shepenupet I, die dogter van Farao Osorkon III. Aswan het beslis op daardie stadium aan Kashta behoort en hy word beskou as die stigter van die 25ste (Nubiese) dinastie van Egipte.
20
Egiptiese Dinastie 25
21
Koning Kashta se opvolger was Farao Piye Usimare Sneferre wat die hele Egipte regeer het. In 727 VHE het Piye Egipte tot sover as die Nyldelta verower. Die 25ste dinastie van Egipte sou tot ongeveer 653 VHE duur. Piye is deur Djedkare Shebitku opgevolg, wat van 714 – 705 VHE regeer het. Neferkare Shabaka 𓆷𓃞𓂓
šꜣ was die derde Kusitiese farao van die 25ste Dinastie, wat van
705–690 VHE regeer het.
Farao Taharqa 𓇿𓉔𓃭𓈎; Hebreeus: ָָת ְרהָ ק: ִּ het Egipte en Kus van 690 to 664 VHE regeer. Taharka is die Bybelse Tirhaka wat teen Sennacherib oorlog gevoer het in die tyd van koning Hezekiah van Juda (II Konings 19:9 en Jesaja 37: 9). In Genesis 10: 6-7, word Taharqa se voorgangers Shebitku en Shabako ( סַ ְב ְתכָָאen )סַ ְב ָ ָּ֥תהvermeld. Tanut-Amon was die laaste farao van die 25ste Dinastie, want Assirië het Egipte verower en die Kusitiese era beëindig.
22
Meroë~Medawi Die Koninkryk van Kus het egter nog 900 jaar daarna bestaan tot die jaar 350 van ons era. In ongeveer 592 VHE het Koning Aspelta Neferkha Merikare die hoofstad van Napata na Medawi/Meroë verskuif, tussen die uitmondings van die Blou Nyl en die Atbararivier in die Wit Nyl, naby die hedendaagse dorp Shendi omtrent 200km noordoos van Khartoem.
Kandak Amanirenas and her son Akinidad lead a raid on the Roman fort at Siyene.
Herodotus, Strabo en Diodorus verwys al drie na die krygerkoninginne van Kus. Daar was ‘n indrukwekkende reeks regente en koninginmoeders met die titel Kandak / Kentake (Kandás in Grieks soos dit in die Nuwe Testament voorkom). ‘n Gravure uit 170 VHE wys Kandak Shanakdakheto met ‘n spies in die hand. Ander bekende kandaks was Amanishakhete, Amanitore, Nawidemak en Malegereabar. Die voorvoegsel “Amani” verwys na die Egiptiese god Amon van Thebes. 23
Na die nederlaag van Markus Antonius en Cleopatra VII by die seeslag van Actium in 31 VHE, het Octavianus die heerser van die Romeinse Ryk geword, en as Augustus Caesar (31-14 VHE), die eerste keiser. Die Ptolemaïese dinastie was verby en Egipte het ‘n provinsie van die Romeinse Ryk geword. Koning Teriteqas was toe die heerser van Kus. Na sy dood het sy vrou Kandak Amanirenas hom opgevolg. Amanirenas was een van die beroemdste krygerkoninginne. Haar volle naam en titel is geskryf Amnirense qore li kdwe li ("Ameniras, Qore en Kandak"). Sy het van rondom 40 tot 10 VHE regeer. Die nuwe hoofmagistraat van Egipte, Publius Petronius, het ‘n jaar later die grensstede herower en Nubië binnegeval in ‘n straf-ekspedisie, maar gou weer na die noorde teruggeval.
Die Romeine het forte en ‘n garnisoen by Pedeme / Premnis (nou Karanog suid van Qasr Ibrim) gelaat. In 22 VHE loods Amanirenas ‘n aanval op die Romeinse garnisoen by Pedeme, maar kon nie daarin slag om dit oor te neem nie. Die volgende jaar is ‘n vredesooreenkoms gesluit wat oorweldigend ten gunste van Kus was. Pedeme is deur die Romeine ontruim en Kus het geen tribuutverpligtinge teenoor Rome gehad nie. Die nuwe grens is vasgestel as Hiere Sycaminos (Maharraqa) ongeveer 120 km suid van Aswan. Nadat vrede met die Romeine gesluit is, het die Koninkryk van Kus ‘n lang tydperk van voorspoed geniet. Onder die leierskap van Koning Natekamani wat tot 12 HE regeer het, het die koningkryk die hoogtepunt van sy welvaart en artistieke prestasie bereik. Medawi het groot voordeel getrek uit die handel tussen Rome en die Ooste via die Nyl, die Rooi See en die Indiese Oseaan.
24
Nobatia, Makuria en Alodia Die drie Nubiese koninkryke het aanvanklik Kopties en Grieks as geskrewe tale gebruik, maar eindelik na Ou Nubies oorgeslaan. Nobatia, Ⲛⲟⲩⲃⲁⲇⲓⲁ, (Noubadia) was ‘n Christen-koninkryk in Nubië, in die ou Meroïetiese provinsie Akine met hoofstad Pakhoras (moderne Faras). In 701 het dit met die Koninkryk van Makuria saamgesmelt. Alodia is in die 6de eeu tot die Christendom bekeer deur sendelinge van Keiser Justinianus en sy vrou, Theodora. Dié koninkryk was aan die suide en het die gebied tusen die Wit en Blou Nyl besit met sy hoofstad by Soba.
In 641 het die Arabiere Egipte verower. Makuria het in 642 ‘n Arabiese aanval afgeweer by die Eerste Slag van Dongola. Tien jaar later het Makuria weer so ‘n aanval afgeslaan, by die Tweede Slag van Dongola. Die “Bakt” was ‘n vredesooreenkoms tussen Egipte en Makuria wat 650 jaar geduur het. In 1314 is die Nubiese state deur Egipte verower. Ou Nubies is ‘n lid van die Oos-Soedaniese tak van Nilo-Saharies, en ‘n voorvader van die NylNubiese tale Nobiin, Kenuzi en Dongolawi. Die vroegste tekste dateer uit die 8ste eeu, en die laastes uit 1485. Ou Nubies is in ‘n vorm van die Koptiese alfabet geskryf wat ‘n aantal letters uit die Meroïetiese een geleen het. Meer as ‘n honderd tekste in Ou Nubies bestaan, meestal Christengeskrifte, en administratiewe en regstekste. 25
Nobiin (Mahas, Fadija) word vandag deur sowat 700,000 mense langs die Nyl gepraat, van Kom Ombo in Egipte tot in Laer Nubië. Die ander Nubiese tale Kenûz, Kenzi Mattoki en Andaandi (Dongolawi) met sowat 200,000 sprekers, word langs die Nyl gepraat tot by Ou Dongola. In Kordofan en Darfur is daar ook Nubiese tale, soos Meidob en Heuwel-Nubies.
Verwysings Cassius Dio, Roman History, Book 55: 4 (written 211-233 AD) Cassius Dio, John Carter, and Ian Scott-Kilvert, The Roman History: The Reign of Augustus (Penguin Classics), (July 7, 1987) Grzymski, K. Meroe Reports I, 2003, Mississauga Hintz, Fritz. The Kingdom of Kush: The Meroite Period. From the book Africa in Antiquity, The Brooklyn Museum (1978) Jameson, Shelagh. Chronology of the Campaigns of Aelius Gallus and C. Petronius, Journal of Roman Studies, 58 (1986): 71-74. (Pliny the Younger 61 - 113 AD) aka C. Plinius Secundus The Historie of the World. Book 6 Chap. XXIX Shinnie, P.L. & Bradley, R.J., The Murals from the Augustus Temple, Meroe, in Studies in Ancient Egypt, the Aegean, and the Sudan, ed. W.K. Simpson and W.M. Davis (Boston: Museum of Fine Arts, 1981), 167-172 Strabo: Geography, 22 AD, volume XVII Chap 1: 53-54 Török, Laszlo, The Kingdom of Kush: Handbook of the Napatan-Meriotic Civilization, Brill Academic Publishers; 1998 Welsby, Derek A., The Kingdom of Kush. The Napatan and Meroitic Empires. London: The British Museum Press, 1996 Welsby, Derek A., Sudan Ancient Treasurers, The British Museum Press, 2004 Wadi Howar – The Yellow Nile https://dispatchesfromturtleisland.blogspot.com/2015/06/did-death-of-yellow-nile-fragment-nilo.html
26
Khoesan Hadza
Hadza (mens, meervoud Hadzabe) word deur sowat 1,000 jagter-versamelaars langs die oostelike oewer van die Eyasimeer in Tanzanië gepraat, vanaf Berg Oldeani in die noorde tot by die Isanzuplase in die suide. Die taal word Hadzane genoem en
Kitindiga in Swahili; ander benaminge is Kangeyu en Vahi. Die streek lê suid van Serengeti Nasionale Park en suidwes van die Ngorongorokrater in die EyasiWembere-tak van die Groot Rifvallei. Rondom woon Swahili-, Isanzu- en Sukumasprekers (Ntu), Kusitiese Iraqw in die Mbulu-heuwels, en Nilotiese Datoga en Masai.
Sandawe In die Dodoma-streek in die hart van Tanzanië, word Sandawe in die Chemba- en Kondoadistrikte deur sowat 70,000 mense gepraat. Hulle bewoon die woudland van die Sandawe- en Songa-granietheuwels waar fonteine en waterputte volop is, en die grasvlakte tussen-in. Die lope van die seisoenale Bubu- en Mponderiviere wat in die Sulungameer uitmond, bied water selfs in die droë seisoen. Benewens jag en versamel, beoefen die Sandawe landbou en veeteelt. Aan die weste en noordweste woon die Turu, en aan die suide die Gogo, beide groepe met Ntutale, en in die vlaktes woon Baraguyu Masai (Niloties).
27
Khoe Khoekhoegowab is die taal van die Nama, Damara, Topnaars, ǂĀkhoe en Haiǁom met sowat 260,000 sprekers. Die Damara, Dama of Damakwa woon hoofsaaklik in die Erongo-streek in die noordweste van Namibië, sowel as in Windhoek. Die Nama of Namakwa woon onder meer in sentrale Namibië en in Windhoek, en die distrikte van Keetmanshoop en Sesfontein. Die ǂĀkhoe en Haiǁom woon in die noorde van die land, en die Topnaars op die oewers van die Kuisebrivier in Erongo. Let Wel: Die data wat volg vir die kleiner Khoe-groepe, Kx’a en Taa, is tot ‘n mate
verwarrend, aangesien bronne mekaar weerspreek, en daar nie eenstemmigheid oor die name van tale bestaan nie: Ongeveer 8,000 Khwe-sprekers woon in die Okavango-delta van Botswana, suidoostelike Angola en in die Caprivi-strook en Zambië. Tsʼixa het sowat 200 sprekers op die dorpie Mababe. Nharo is ‘n Khoe-taal met 10,000 sprekers in die Ghanzidistrik van Botswana. Shua of Shwakhwe is ‘n Khoe-taal in die omgewing van Nata in Botswana en in die Chobe-distrik in die noorde van die land, met sowat 6,000 sprekers.
28
Tsoa of Tjwao, wat ook as Kua en Hiechware bekend staan, is ‘n dialekbundel met nagenoeg 2,000 sprekers in Botswana en Zimbabwe.
Kx’a Ongeveer 15,000 sprekers van Kx’a-tale woon hoofsaaklik in die noordooste van Namibie en die noordweste van Ngamiland in Botswana. Name van die tale en dialekte sluit in !Xũ, Ju | hoã, en ǂKx'au ǁ 'eĩ. In die suidooste van Botswana woon sowat 200 ǂHoan-sprekers in die dorpies Dutlwe, Kanye, Takatokwane, Tswaanepan en Lokaakwepan.
Tuu Die Tuu-familie van die Kalahari, Botswana en die Noord-Kaap het sowat 5,000 sprekers en bestaan uit I ǃXóõ (‘n dialekbundel) en II Laer Nossob ǃKwi (ǃUi). Die ǃKwi (ǃUi)-tak het nog net een taal N|uu oor met sowat 3 sprekers. ǃKwi-tale was op hul dag wyd verspreid oor Suid-Afrika; die bekendste, ǀXam, is die bron van SuidAfrika se leuse, ǃke eː ǀxarra ǁke op die landswapen.
29
Kliekkonsonante In Afrika kom kliekkonsonante in die suide in Khoesan- en Ntutale voor, in die ooste onder die Hadza en Sandawe van Tanzanië en by Dahalo, ‘n Kusitiese taal aan die kus van Kenya.
Kliektipes Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/, alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/ en retrofleks /!!/. Die Khoesantale gebruik hoofsaaklik vier /ǀ ǁ ǃ ǂ/. Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Xhosa en Zulu gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Yeyi in Botswana en Namibie is die enigste Ntutaal met vier, /ǀ ǁ ǃ ǂ/. Dahalo, ‘n Kusitiese taal in Kenya, gebruik die dentale kliek /ǀ/.
Kliekreëls Khoe, Kx’a en Tuu het streng reëls oor waar spesifieke konsonante in ‘n woord mag verskyn. Al die klieks en die meeste nie-klieks – aan die begin van die woord, gevolg deur ‘n vokaal, dan mag een van die volgende verskyn: / b, m, n, l, en r/. Indien ‘n woord op ‘n konsonant eindig, moet dit /m/ of /n/ wees (en by die Khoe-tale, /p, ts, of s/ wat grammatiese affikse is). By Hadza, Sandawe en die Ntutale verskyn klieks ook binne ‘n stam aan die begin van ‘n lettergreep. ‘n Kliek sluit nooit ‘n lettergreep of woord af nie. Die meeste grammatiese partikels is kliekloos en baie van die tale verbreed die vyf gewone vokale met behulp van stemkwaliteite soos nasalering, faringialering, pharyngealization, murmurering of kraakstem. Dis hoe !Xóõ eindelik meer as 40 verskillende vokale het. Wanneer ‘n kliek met artikulasies soos aspirasie, nasalering en stem kombineer word, skep dit ‘n enorme inventaris van kliekverwante komplekse, van 9 in Hadza tot 20 in Nama, 52 in | Gui, 55 in Ju, en 83 in !Xóõ. Klieks plus die ander konsonante gee ‘n totaal van 32 in Nama, 46 in Sandawe, 54 in Hadza, 105 in Ju en 126 in !Xóõ. Die verhouding kliek- tot nie-kliekkonsonane is 8:1 in Nama, in Ju en !Xóõ is dit 7:1 maar in Hadza is dit nie-kliek : kliek in die verhouding 7:1.
30
Bron van die klieks in die Ntutale Klieks is integrale foneme in Ntutale wat in alle woordtipes verskyn; dis nie tot leenwoorde uit Khoesan beperk nie maar het na die hele woordeskat versprei, onder meer weens hloniphareëls. Xhosa en Zulu het klieks hoofsaaklik by die Tuu-tale verkry, terwyl Yeyi in Botswana en Namibië dit by Khoe van die westerse Kalahari verkry het. Taal
Kliektipes
% kliekwoorde in die leksikon
Zulu
3
23%
Xhosa
3
27%
Swati
1
12%
SeSotho
3
4%
Yeyi
4
15%
Mbukushu
1
0.8%
Khoesan
4–5
70%
31
Taalbeskrywings Hadza
Hadza het 54 konsonante en vyf vokale /i e a o u/. Hadza het getal- en geslags-korrespondensie tussen selfstandige en byvoeglike naamwoorde, en tussen voorwerpe en werkwoorde. Selfstandige naamwoorde word vir geslag (manlik en vroulik) en getal (enkel- en meervoud) gemerk met die volgende suffikse: Enkelv m f
Meervoud -bii -bee
-ko
Onafhanklike voornaamwoorde ev
mv sũũ
1 tsi
2 hapu sĩĩ 3m he-we 3f he-su
he-so
Voornaamwoord-suffikse ev mv 1 -és -wà 2 -i -è 3m -à 3f -sà
-ʔà
32
Sandawe Sandawe het rondom 45 konsonante en vyf vokale /i e a o u/. Selfstandige naamwoorde kan manlik of vroulik wees, sonder dat daar ‘n merker bestaan. Baie snwe in die vroulik enkelvoud word met die suffiks /-sù/ gemerk, terwyl sommige manlike snwe op /-é/ eindig. Menslike vroulike bepaalde lidwoorde moet met die suffiks /-sù/ gemerk word, wat dikwels dubbelmerking afgee:
ncûmsù-n-sù vrou-bep-f 'die vrou' Bepaalde meervoude kry die suffiks /-khéé/ terwyl bepaalde assosiatiewe meervoude /-khì/ kry. Bepaalde menslike meervoude kry /-sò/.
Sandawe
Hadza
Proto-Khoe–Kwadi
Ek
tsi
*ti (Kwadi tʃi)
tsi
Jy
ha-
*sa
sĩĩ (julle)
xa (Kwadi ha-)
he-
3 PN base he-
3ms suffix -w(e), -m (Khoe *-bV, *-mV)
-à
3fs suffix
-sà
su
(Khoe *-sV)
Khoe Khoekhoegowab (Nama) het 31 konsonante (20 klieks en 11 nie-klieks) en vyf vokale (orale /i e a o u/ en nasale /ĩ ã ũ/). Die Khoe-tale het drie geslagte (manlik, vroulik en onsydig) wat in die naamwoord gemerk word in die vorm van enkelvoud, dualis en meervoud. Die Nama-stam /khoe/ verskyn dus as /khoes/ ‘vrou' /khoeb/‘man,'en /khoei ‘persoon’/.
33
Kx’a Kx’atale is analities en isolerend. Die Ju-tale het vyf vokale wat genasaleer, geglottaliseer en gemompel kan word; /a/ en /o/ kan ook ‘n kras en faringiale kwaliteit aanneem. Ju het 48 kliekkonsonante en nagenoeg dieselfde getal nie-kliek-konsonante. Die woordstruktuur in die Jutale is eenvoudig, met geen prefikse en min suffikse. Selfstandige naamwoorde behoort aan vyf klasse, onder meer mense, diere, en nie-lewend.
Tuu Die Tuu-dialekte het volop suffikse en etlike prefikse. Selfstandige naamwoorde behoort tot vyf klasse, waarvan sommige suffiksmerkers het. Byvoeglike naamwoorde, oorganklike werkwoorde en derdepersoon-voornaamwoorde het ooreenstemmende suffikse, byvoorbeeld: tâa té'e (‘hierdie persoon '); tùu tú'u (hierdie mense); |ûma tá'ã (hierdie luislang); tàli tí'i (hierdie bloedklont); tháa tán'n (hierdie ding).
34
Makro-Khoisan Die ooreenkomste in klankstruktuur tussen Khoe, Kx’a en Tuu is glashelder. Verder is alle tale hier onder bespreking toontale wat dieselfde vier klieks |, ǁ, !, en ǂ, gebruik, terwyl die Tuugroep ook ‘n vyfde, die ʘ, aanwend. Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in Niger-Kongo nie en is raar in Nilo-Saharies, en kom net algemeen in Afro-Asiaties voor. Sandawe 1ste persoon /tsi/ = Nama /ti/, Sandawe 3de persoon vroulik /sa/ = Nama /-s/, Sandawe onsydig /-e/ = Nama nominatief /-i/ en akkusatief /-e/. Die eerste persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” = Hadza /fwata/ “ek drink”. Derde persoon /ha/ verskyn regdeur Kx’a en Tuu, en stem ooreen met Sandawe /ha-we/ vir “hy”. Die Sandawe-suffiks /-we/ = Nama /-b/, en stem ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/. Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en Hadza 3de persoon onafhanklike vnw is dieselfde /-ha/ as in Sandawe = onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe /hawe/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/. Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud snw = Naron vroulik meervoud snw /-si/, Nama /-ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/, laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik meervoud snw /-ko/ = Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/. Sandawe resiprokale /-ki/ in werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm bywoorde en byvoeglike naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks,= Auen (Kx’a) /-si/ en Nama /-se/. Hadza derdepersoon besittingsuffiks /-ma/ terwyl die taal ‘n m/b-alternasie toon; snw mv manlik /-bi/, vroulik /-be/ en werkwoordsuffikse /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met Nharon ooreenstem. Hadza 3de persoon vroulik besitting /-sa/ = Sandawe /-sa/ en Nharon vroulik snw-suffiks /-sa/. Hadza meervoud vroulike persoonlikke vnw /-ti/ = Nama vroulik meervoud persoonlike vnw /-ti/ en Sandawe /-tsi/. Makro-Khoisan is ‘n geldige filum wat Hadza, Sandawe, Khoe, Kx’a en Tuu insluit. Benewens die 5vokaal-stelsel, die uitgebreide konsonantstelsel, die klieks /|, ǁ, ! , ǂ/ en grammatiese geslag, is daar kognate soos “persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die jeug”, Nama 35
/khoi/ en !Xam /kwi/ en “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”: Hadza /ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ, en “siel/gees”: Hadza /ntawe/, Sandawe /nati/, Nusan /nudu/, Masarwa /nutsa/. Die bovermelde morfologiese spieëlbeelde en veral die persoonlike voornaamwoorde is absoluut onweerlegbare bewys van oorerwing en gesamentlike afkoms uit ‘n proto-taal. Statisties kan sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog minder kan dit leenvorme wees. Professor Joseph Greenberg het ‘n spesiale talent gehad om linguistiese familiebande raak te sien. Hy was korrek met sy finale klassifikasie van Afrikatale in 1963, en hoewel dit dekades geneem het, word sy klassifikasie vandag in breë trekke deur almal aanvaar. So sal dit ook met Amerindies en weer eens met Makro-Khoisan wees. Bronne Eaton, Helen. Sandawe. SIL International. Miller, Kik. Hadza grammar notes. Shriner, Daniel. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population Structure in Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi. Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882, https://doi.org/10.1093/gbe/evy051 Published: 14 March 2018
36
Eienskappe van Afrikatale Die volgende eienskappe van Afrikatale is nie almal eksklusief aan Afrika nie, maar kom wyd verspreid in Afrika voor terwyl dit elders ongewoon is. •
Oop lettergrepe en die vermyding van konsonantstapeling en diftonge.
•
Toon is kenmerkend aan Afrikatale op die leksikale en grammatikale vlak. Die mees algemene stelsel is ‘n opposisie tussen Hoog (H) en Laag (L).
•
Kliekkonsonante in die Khoisan- en Ntutale, en in Dahalo, ‘n Kusitiese taal van Kenya.
•
Implosiewe soos /ɓ/.
•
Prenasalering soos /mp/, /mb/, /ŋɡ/ en /nd/. Labio-velare sluitklanke soos /k͡p/ en /ɡ͡b/ word in Niger-Kongo, Afro-Asiaties (Tsjadies) en
•
Nilo-Saharies (Sentraal-Soedanies) gebruik, en is net afwesig in Khoisan. Sulke klanke is uiters raar elders. •
Vokaalhoogte-harmonie wat op verskille in die tongwortelposisie (ATR) gebaseer is.
•
Lae voorkoms van tale met naamvalle; en waar dit voorkom, is dit by tale met ‘n nominatiewe merker waar die akkusatief geen merker dra nie.
•
Naamvalle wat met toon aangedui word, wat tot dusver nog net by Afrikatale met ‘n nominatiewe merker gevind is.
•
Skaarste aan byvoeglike naamwoorde, sodat die konsep deur statiewe werkwoorde oorgedra word.
•
Heelwat meer ideofone as in die res van die wêreld. (Ideofone is bv in Engels: zigzag; gaga; boing; boom; bang; swish; splish-splash; ta-daa!; thud; tick-tock; zoom.
•
Werkwoord-finale sintaks (SOV) blyk die talrykste ter wêreld te wees, maar Afrika het meestal SVO.
•
In al vier families verskyn byvoeglike naamwoorde en telwoorde verkieslik na die selfstandige naamwoord.
•
Onderwerp-affikse verskyn voor die tydsmerkers wat die werkwoord voorafgaan.
•
Bywoorde volg die werkwoord.
•
Hoë voorkoms van SOVX-woordorde waar die direkte voorwerp die werkwoord voorafgaan en die indirekte voorwerp na die werkwoord volg.
•
Vrae soos “Wie het gesing?” volg die konstruksie “Wie is dit wat gesing het?”
•
Affermatiewe antwoorde op negatiewe vrae, byvoorbeeld, “Het jy nie gesing nie?” – “Ja, ek het nie” of “Nee, ek het.”
•
Polisemie – dieselfde woord word byvoorbeeld vir ‘vleis’ en ‘dier’ gebruik, en heterosemie, waar verskillende maar etimologies-verwante woorde vir ‘vleis’ en ‘dier’ gebruik word. Nog ‘n voorbeeld is naamwoorde wat beide ‘hand’ en ‘arm’ aandui, en beide ‘voet, been en wiel.’
•
Vergelyking word deur middel die werkwoord 'oortref' aangedui.
37
Niger-Saharies Vroeg reeds in die studie van Afrikatale het navorsers ‘n reeks leksikale en fonologiese ooreenkomste tussen Niger-Kongo en Nilo-Saharies opgemerk, en bespiegel oor die moontlikheid dat NK en NS een filum is. Roger Blench het ‘n enorme bydrae op dié terrein gelewer deur verdere leksikale bewyse uit te wys, en om gedeelde fonologiese en morfologiee eienskappe voor te stel. •
Drie van die mees ongewone foneme in Afrikatale is die dubbel-artikulasies /kp/, /gb/ en /ŋm/. Hulle word regdeur Niger-Kongo en Sentrale Soedanies gevind maar nie in die res van Nilo-Saharies, Afro-Asiaties of Khoisan nie.
•
In Afrika bestaan daar ‘n spesifieke tipe van vokaalharmonie met die naam Gevorderde Tongwortel Harmonie (Advanced Tongue Root). Die + of – vokale vorm paralelle stelle, en die eienskap van 5 + 5 stelle kom in albei fila voor.
•
In Sentrale Soedanies is daar spore van ‘n prefiksstelsel wat met dié van NK ooreenstem. Een van die mees merkwaardige klas-affikse wat regdeur Niger-Kongo voorkom, is /ma-/ vir vloeistowwe of massanaamwoorde. In Kordofaans stem die ŋ- klasse vir massanaamwoorde met die /ma-/-klasse in ander takke van NK ooreen. Die /ma-/-prefiks bestaan in Sentrale Soedanies as ‘n merker van massaname of kollektiewe.
•
Sekere takke van Nilo-Saharies beskik oor werkwoord-ekstensies, ‘n eienskap van die Atlantiese en Benue-Kongo-takke van Niger-Kongo, waar werkwoorde op suffikse eindig wat kousatiewe, resiprokale en intensiewe vorme skep.
Indien daar waarde in die Niger-Sahara-konsep steek, sal Niger-Kongo op dieselfde tyd as Sentrale Soedanies uit Nilo-Saharies moes wegbreek, omdat dit die naaste aan Proto-Niger-Kongo is. Twee slotsomme word deur die hipotese impliseer: I Die lede van Nilo-Saharies is heelwat ouer as Niger-Kongo. II Die tuisland van Niger-Kongo is by verre meer oos as die voorgestelde streek.
Bron Blench, Roger. 2006. The Niger-Saharan Macrophylum. http://www.rogerblench.info/RBOP.htm 38
Bibliografie Aubin, Henry T. 2002. The Rescue of Jerusalem: The Alliance Between Hebrews and Africans in 701 B.C., Soho Press. ISBN-13 : 978-1569472750 Bengtson, John D. (ed). 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology. In honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. ISBN 9789027232526 Blažek, Václav. Afroasiatic migrations. In Ness, Immanuel; Bellwood, Peter. The Encyclopedia of Global Human Migration I. Oxford: Wiley-Blackwell, 2013. s. 125-132. ISBN 978-1-44433489-0. Blench, Roger. 2014. Language Isolates in Africa. (Draft). Blench, Roger. 2006. The Niger-Saharan Macrophylum. http://www.rogerblench.info/RBOP.htm Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf Blench, Roger M. The problem of pan-African roots, In: In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology. Edited by John D. Bengtson. John Benjamins. ISBN 9789027232526
Creissels, Denis. Morphology in Niger-Congo languages. https://doi.org/10.1093/acrefore/9780199384655.013.535
Dimmendaal, Gerrit J. A typological perspective on the morphology of Nilo-Saharan languages. In: Oxford Research Encyclopedia of Linguistics.
Dimmendaal, Gerrit J. (2017). Areal Contact in Nilo-Saharan. In R. Hickey (Ed.), The Cambridge Handbook of Areal Linguistics (Cambridge Handbooks in Language and Linguistics, pp. 446-470).
Cambridge: Cambridge University Press. doi:10.1017/9781107279872.017 Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University. Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today.ָInָbook:ָBeyondָ‘Khoisan’:ָ historical relations in the Kalahari Basin (pp.1-41)ָChapter:ָ“Khoisan”ָlinguistic classification today. Publisher: Amsterdam: John Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn. Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik. DOI: 10.1016/B0-08-044854-2/00176-0 https://www.researchgate.net/publication/289011176
Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371. 39
Indigenousָ“Khoisan”ָlanguages:ָanָinterviewָwithָMenánָduָPlessis.ָMenánָvanָHeerden,ָ Menán du Plessis. 2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/ Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 5573, DOI: 10.1080/02560046.2019.1688849 Kitchen, Andrew, Ehret Christopher, Assefa Shiferaw and Mulligan Connie J. 2009. Bayesian phylogenetic analysis of Semitic languages identifies an Early Bronze Age origin of Semitic in the Near East. Proc. R. Soc. B.2762703–2710 McWhorter, John. How are the Various Proto-World Families linked? The Great Courses Daily. Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna Brugman, Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell Phonetics Laboratory 2007, v.16, pp. 101-160
N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language. Culture History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/ Rilly, Claude. 2008. The Linguistic Position of Meroitic. Text of the Kirwan Memorial Lecture in British Museum, London, September 11th, 2007.
Rilly, Claude. 2021. Languages of Ancient Nubia. Dietrich Raue, Handbook of Ancient Nubia, De Gruyter, 2019, 978-3-11-042038-8. ⟨halshs-01482741⟩ DOI: 10.1093/oxfordhb/9780190496272.013.30 Rilly, Claude. 2011. Recent Research on Meroitic, the Ancient Language of Sudan. In: ITYOP̣IS vol. 1 (2011) 2. Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the World’s Languages. Vol. 1: Classification. Stanford, Calif.Stanford University Press. Ruhlen, Merritt. 1994a. On the Origin of Languages. Stanford, Calif.: Stanford University Press. Schadeberg, Thilo C. 2003. Historical linguistics. In: The Bantu languages, ed. By Derek Nurse and Gérard Philippson, pp. 143-163. London: Routledge. Shah, S. & Brenzinger, M. (2016). Ouma Geelmeid ke kx’u ǁxaǁxa Nǀuu. Cape Town: CALDi, University of Cape Town. Shevoroskin, Vitaly. Deep reconstruction of languages and semantics In: Approaches to Semiotics [AS], 116. Edited by: Winfried Nöth. De Gruyter Mouton | 1994 https://doi.org/10.1515/9783110877502 Starostin, George. 2008. From modern Khoisan languages to Proto-Khoisan: The Value of Intermediate Reconstructions. (Originally published in Aspects of Comparative Linguistics 3 (2008), 337-470, Moscow: RSUH Publishers.) Starostin, George. 2018. Lexicostatistical Studies in Khoisan I: The Ju-ǂHoan Relationship. Journal of Language Relationship. 40
Uys, Pieter. 2021. Amerindies. Uys, Pieter. 2021. Die Amerindiese Tale. Uys, Pieter. 2021. Dené-Kaukasies. Uys, Pieter. 2021. Eggo’sָvanָdieָoertydָinָAfrikaans. Uys, Pieter. 2014. Eurasiaties en Nostraties. Uys, Pieter. 2020. Nǀuu:ָSwaargewigtaalָvanָUpington. Uys, Pieter. 2021. Die Rykdom van !Xóõ en die Armoede van Rotokas. Uys, Pieter. 2021. Taalָisָ‘nָbrugָoorָdieָstroom van tyd Uys, Pieter. 2021. Die Tuisland van die Indo-Europeërs Uys, Pieter. 2021. Taal in die Oertyd Vossen, Rainer and Gerrit J. Dimmendaal (eds.). 2020. The Oxford Handbook of African Languages. Oxford: Oxford University Press. Witzlack-Makarevich, Alena and Hirosi Nakagawa. Linguistic features and typologies in languages commonly referred to as ‘Khoisan’. Cambridge University Press DOI: https://doi.org/10.1017/9781108283991.012
41
Indeks Adamawa
7, 15
Akan
7
Alodia
23
Amanirenas
21, 22
Amharies
4
Andaandi
24
Arabies
4
Azande
7
Bagirmi
15
Benue-Kongo
8
Berber
6
Dahalo
28
Damara
26
Dazaga
14
Dinka
15
Dogon
7
Dongola
23
Dongolawi
23
Ewe
7
Fulani
8
Geel Nyl
16, 17
Hadza
25, 30
Igbo
4
42
Hadza
25, 31
Hausa
4
Kalenjin
15
Kandak
21
Kanuri
12
Kalenjin
15
Karamojong
15
Kashta, Farao
18
Kenuzi
23
Kerma
16
Khoekhoegowab
26
Khoesan
25
Khoe
26, 31
Klieks
9, 28
Kopties
6, 23
Kush
24
Kusities
6
Kwa
7
Kx’a
27
Lingala
8
Luo
15
Makro-Khoisan
33, 34
Makuria
23
Mande
7
Mangbetu
15
Mangbutu
15 43
Masai
12
Mbukushu
29
Meroë
17
Medawi
21
N|uu
27
Nama
27, 28
Napata
17, 18, 21
Niamey
13
Niloties
15
Nobatia
23
Nobiin
24
Ntu
8, 10, 11, 28
Nuer
15
Nubië
12, 17, 18
Nubies
12, 17,18, 24
Oromo
6
Piye, Farao
20
Polisemie
35
Pulaar
8
Saharies
13
Sandawe
25, 28, 31, 33
Semities
6
Serer
8
Sesotho
9
SeSwati
29
Shilluk
15 44
Shona
5
Soedanies
15, 16, 36
Songhay
12
Swahili
4, 25
Taa
27, 32
Taharqa, Farao
20
Tedaga
14
Tibesti
14
Tibu
12, 14
Topnaars
26
Tsjadies
6
Tubu
12, 14
Turkana
13, 14
Tuu
29
!Ui
27
Ubangi
7
Vokaalharmonie
8, 36
Wadi Howar
16
Wawat
18
Wolof
8
Xhosa
5, 9, 28, 29
!Xóõ
27, 28
Yeyi
29
Yoruba
4
Zulu
5, 9, 28, 29
45