1 minute read
Klieks
from Makro-Khoisan
by Pietertoypom
In die Dodoma-streek in die hart van Tanzanië word Sandawe in die Chemba- en Kondoadistrikte deur sowat 70,000 mense gepraat. Hulle bewoon die woudland van die Sandawe- en Songa-granietheuwels waar fonteine en waterputte volop is, en die grasvlakte tussen-in. Die lope van die seisoenale Bubu- en Mponderiviere wat in die Sulungameer uitmond, bied water selfs in die droë seisoen. Benewens jag en versamel, beoefen die Sandawe landbou en veeteelt. Aan die weste en noordweste woon die Turu, en aan die suide die Gogo, beide groepe met Ntutale, en in die vlaktes woon Baraguyu Masai (Niloties).
V Hadza
Advertisement
Hadza (mens, meervoud Hadzabe) word deur sowat 1,000 jagter-versamelaars langs die oostelike oewer van die Eyasimeer in Tanzanië gepraat, vanaf Berg Oldeani in die noorde tot by die Isanzuplase in die suide. Die taal word Hadzane genoem en Kitindiga in Swahili; ander benaminge is Kangeyu en Vahi. Die streek lê suid van Serengeti Nasionale Park en suidwes van die Ngorongorokrater in die Eyasi-Wembere-tak van die Groot Rifvallei. Rondom woon Swahili-, Isanzu- en Sukuma-sprekers (Ntu), Kusitiese Iraqw in die Mbuluheuwels, en Nilotiese Datoga en Masai.
Dahalo
‘n Kusitiese taal in Kenya van ‘n groep wat onder andere as Sanye bekend staan, wat voorheen ‘n Khoisantaal gepraat het, te oordeel aan die woorde met ‘n kliekkonsonant. Dié taal was waarskynlik aan Sandawe verwant.