1 minute read
Klinkers
from Makro-Khoisan
by Pietertoypom
Die vyf klieks in die Khoisantale gaan gepaard met verskeie begeleidings soos glottaal, nasaal, aspirasie, stem, friksie en meer. Dié reeks begeleidings word ook “vrystellings” of “sekondêre artikulerings” genoem, en word voor en saam met, of net na die kliek uitgespreek. Elkeen verleen sy eie timbre aan die uitspraak.
Dis hier waar die verwarring intree wanneer ‘n foneemgetal aan byvoorbeeld !Xóõ toegeskryf word, want sommige taalmense beskou elke variant as ‘n afsonderlike foneem, terwyl ander die plek van artikulasie as primêr beskou, en dus die kliek en al sy begeleidings as een foneem tel.
Advertisement
Een teorie oor die ontstaan van klieks word demonstreer aan die hand van die Sandawe-woord vir ‘horing’, /tlana/ wat dalk ‘n kognaat van die stam /nǁâ/ in die Khoe-tak is. Sulke woorde suggereer dat klieks uit konsonantstapelings mag ontstaan wanneer die eerste klinker van ‘n woord verloor word: /tlana/ word /*tlna/ word /ǁna/ wat deur metatese /nǁa/ word.
dentale kliek /ǀ/. Kliektipes: Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/, alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/ en retrofleks /!!/. Die Khoisantale gebruik hoofsaaklik vier /ǀ ǁ ǃ ǂ/. Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Die Ntutale Xhosa en Zulu gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Yeyi in Botswana en Namibië is die enigste Ntutaal met vier /ǀ ǁ ǃ ǂ/. Dahalo, ‘n Kusitiese taal in Kenya, gebruik die
Kx’a en Khoi het vier basiese klieks. Dis net in Tuu waar vyf klieks voorkom – die bilabiale kliek /סּ/ in !Xóõ /סּôõ/ ‘droom’.
In al die tale gaan klieks gepaard met glottale, aspirasie-, stemdraende, nasale en ander begeleidings wat die foneem-inventaris uiters kompleks maak. !Xóõ het meer kliekkombinasies as Kx’a (Ju/’hoansi) en die Khoetale.
By Hadza en Sandawe verskyn klieks in die middel van woorde (soos in die Ntutale) maar by Khoe, Kx’a en Tuu kom die kliek net in die aanvangsposisie voor. In Sandawe word die klieks sagter uitgespreek as in die ander tale.