1 minute read

Kx’a

Next Article
Klieks

Klieks

Khoe

Khoekhoegowab (Nama) is ‘n verbuigende taal met 31 konsonante (20 kliek-artikulasies en 11 nie-klieks) en vyf vokale (orale /i e a o u/ en nasale /ĩ ã ũ/). Die Khoe-tale het drie geslagte (manlik, vroulik en onsydig) wat in die naamwoord gemerk word in die vorm van enkelvoud, dualis en meervoud. Die Namawoordstam /khoe/ verskyn dus as /khoes/ ‘vrou' /khoeb/‘man, en /khoei/ ‘persoon’. Die meervoud in Naro word gevorm deur die suffikse -zi (ma /aiga/ ma’s /aigazi/), -gaxu (pa /abo/ pa’s /abogaxu/), -an (persoon /khòè/ mense /khòèan/).

Advertisement

This article is from: