5 minute read
Bibliografie
from Makro-Khoisan
by Pietertoypom
Onder die Malagasy is daar klein en verspreide groepies jagter-versamelaars wat as Vazimba of Mikea of Beosi bekend staan. Hulle praat Malagasy, maar in die geval van laasgenoemde bestaan daar ‘n substraat-leksikon wat onder meer Ntu-woorde insluit wat nie in standaard-Malagasy voorkom nie. Die moontlikheid bestaan dus dat die Beosi ‘n oorblyfsel is van ‘n eiland-bevolking wat daar was voordat die Austronesiese migrasie plaasgevind het.
Die BaTwa woon in ‘n breë strook van hoofsaaklik reënwoud, wat van Kameroen, Kongo Brazzaville en Gabon deur Kongo Kinshasa tot in Rwanda en verder suid strek. In die weste woon die Mbenga, Bayaka (Aka en Baka), Bakoya en Bongo, wat Niger-Kongo-tale praat (Kameroen, Gabon, KongoBrazzaville, Sentraal-Afrikaanse Republiek); die Mbuti woon in Kongo-Kinshasa in die Ituri-woud, en praat Ntu- en Sentraal-Soedaniese tale; rondom die Groot Mere en verder suid woon groepe wat almal Ntutale praat.
Advertisement
Onder die Aka en Baka is daar substrate geïdentifiseer wat tot 30% van die leksikon uitmaak, en wat hoofsaaklik botanies is of op die oes van heuning betrekking het. Genetiese studies impliseer ‘n oeroue oorsprong van tot 100,000 jaar gelede. Volgens die data van Lachance et al. (2012) het Khoisansprekende bevolkings eerste ontstaan, gevolg deur Pigmeë. Volgens Tishkoff et al. het ‘n Proto-Khoisan jagter-versamelaargroep sowat 30,000 jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan. Studies plaas ook die oorsprong van die Khoisan in die Horing van Afrika.
Aan die ander kant van die Indiese Oseaan woon daar ver-af verwante etniese groepe van die San en die Twa wat as Negrito bekend staan. Die Negrito kom op die vasteland van Suidoos-Asië, op die Oseaniese eilande, en op eilande in die Baai van Bengale voor. Daar word beraam dat hulle tussen 60,000 en 30,000 jaar gelede die vasteland van Afrika moes verlaat het.
“Orang Asli” (“eerste mense”) is die Maleisiese term vir Negrito’s. Hulle sluit in die inheemse mense van die Andaman Eilande, die Semang van die Maleisiese Skiereiland, Maniq van Thailand, en verskeie groepe in die Filippyne, soos die Aeta. Taalkundig vorm die Andamans ‘n eenheid met Nieu-Guinee en die eilande van Melanesië. Hierdie eerste inwoners van Suidoos-Asië word vanaf sowat 5,000 jaar gelede deur inkomende Austronesiese groepe verplaas.
Soos die Pigmeë, praat die meeste groepe Negrito’s die Austro-Asiatiese of Austronesiese tale van hulle bure. Die oorspronklike Andamanese wat in afsondering op Sentinel-eiland woon, vorm egter deel van die Indo-Pasifiese taalfamilie wat op Nieu-Guinea, die eiland Timor en sy bure, in Melanesië en voorheen op Tasmanië gepraat is.
Terug by Makro-Khoisan - Die bovermelde morfologiese spieëlbeelde – veral die persoonlike voornaamwoorde – is onweerlegbare bewys van oorerwing, d.i. afkoms uit ‘n proto-taal. Statisties kan sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog minder kan dit leenvorme wees.
‘n Moontlike scenario is dat die Hadzabe heel eerste die Oer-Khoisan-groep verlaat het. Lank daarna het Proto-Khoisan verdeel toe die Proto-Khoi -sprekers na die suide beweeg het. In dié migrasieproses kon die klein groepies jagter-versamelaars oor lang afstande afgesonder geraak het van die skaapherders.
Hulle sou ook in kontak met sprekers van Ntu-tale gekom het, vanwaar die naamwoordklas-stelsel. Later sou ‘n breë verdeling plaasvind, met die voorouers van die Kx’a wat in ‘n westelike rigting beweeg terwyl die ander groep oor die land versprei, van die Drakensberge tot in die Kaap. Intussen het die herders, in ‘n konstante soeke na weiding vir hulle vee, ook die Kaap bereik. Regdeur die land moes daar voortdurende kontak oor millennia plaasgevind het, met wedersydse beïnvloeding en gevalle van taalverskuiwing.
Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories: Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen.
Eaton, Helen. 2010. Sandawe Grammar. SIL International.
Gabanamotse-Mogara, Budzani. 2011. A Comparative Study of the Verb Structure in Northern, Central and Southern Khoesan: The Case of Ju/’Hoansi, Naro And !Xóõ. University Of South Africa
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University.
Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today. In book: Beyond ‘Khoisan’: historical relations in the Kalahari Basin (pp.1-41) Chapter: “Khoisan” linguistic classification today. Publisher: Amsterdam: John Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn.
Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik.DOI: 10.1016/B0-08-044854-2/00176-0
Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371.
Heine, Bernd, 2009. The Kx’a Family: A New Khoisan Genealogy. Henry Honken. Jour of Asian and Afr Studies, No 79, 2010.
Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis. Menán van Heerden, Menán du Plessis. 2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/
Khan, Razib. 2011. The Sandawe: after the demographic flood. Gene Expression. Discover Magazine. https://www.discovermagazine.com/health/the-sandawe-after-the-demographic-flood
Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 55-73, DOI: 10.1080/02560046.2019.1688849
The Khoisan languages. https://sites.google.com/site/thekhoisanlanguages/home
Lachance et al. (2012) Evolution of the Pygmy Phenotype: Evidence of Positive Selection from Genomewide Scans in African, Asian, and Melanesian Pygmies. December 2013Human Biology 85(1- 3):251-84. DOI:10.3378/027.085.0313
Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna Brugman, Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell Phonetics Laboratory 2007, v.16, pp. 101-160
Miller, Amanda (2011). "The Representation of Clicks". In van Oostendorp, M.; Ewen, C.; Hume, E.; Rice, K. (eds.). The Blackwell Companion to Phonology. New York: Wiley-Blackwell
Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes. https://www.academia.edu/36533859/Hadza_grammar_notes
N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language. Culture History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/
Pickrell, J., Patterson, N., Barbieri, C. et al. The genetic prehistory of southern Africa. Nat Commun 3, 1143 (2012). https://doi.org/10.1038/ncomms2140
Reid, Lawrence A. (2013) Who Are the Philippine Negritos? Evidence from Language, Human Biology: Vol. 85: Iss. 1, Article 15. Available at: http://digitalcommons.wayne.edu/humbiol/vol85/iss1/15
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press. Sands, Bonny. 1995. Evaluating claims of disant language relationships: The case of Khoisan. Univ California, Los Angeles
Shriner, Daniel. 2018. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population Structure in Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi Author Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882, https://doi.org/10.1093/gbe/evy051
Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom
Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom II.
Uys, Pieter. Swaargewigtaal Nuu.
Verdu, Paul. African Pygmies. Current Biology 26, R1–R21, January 11, 2016.
Pieter Uys 2021