2 minute read
Geslag/Naamwoordklasse
from Makro-Khoisan
by Pietertoypom
Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses artikuleer kan word, byvoorbeeld faringeaal, glottaal, nasaal, ruiserig en meer. Hier ook kom die vraag na vore of elke variant as ‘n foneem getel kan word.
Ju/’hoansi (Kx’a) se vyf vokale kan lank of genasaleerd wees, en as diftonge vookom: [əi], [əu] [ae] [ao], [oi] [oe] [oa] of as genasaleerde diftonge: [əĩ], [əũ], [uĩ], [ã?ã], [ẽ?ĩ], [ẽ?ũ], [õ?ã], [õ?õ]. Lang vokale en diftonge is tot Ju/’hoansi beperk.
Advertisement
Begeleiding speel ook ‘n rol by vokale in !Xóõ wat nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres kan aanneem. Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ toeskryf.
In die Khoe-groep kan vokale ook artikulasies aanneem maar die fenomeen is beperk in vergelyking met Kx’a en Tuu.
Sandawe het kort orale /a/, lang orale /aː/ en lang nasale /ãː/-vokale. Kort nasale vokale kom ongereeld voor.
By Hadza kom lang vokale voor wanneer intervokaliese [ɦ] uitgelaat word, bv [kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko] 'sy' vs [boko] 'siek wees'. Alle vokale word voor glottale nasale en stemdraende nasale klieks genasaleer.
Khoe gebruik geslag (manlik, vroulik en onsydig) terwyl Tuu en Kx’a elk ‘n stelsel van vyf naamwoordklasse het.
By Nama en Naro (Khoe) word PGG (persoon-geslag-getal)-suffikse gebruik. Die kategorieë van persoon: (1ste, 2de en 3de persoon), getal (enkelvoud, dualis en meervoud), en geslag (manlik, vroulik en onsydig) word in een suffiks gekombineer, bv kwe ‘persoon’, kwekhara ‘twee mense, kwene ‘mense.
Die stelsel kan ook meer spesifiek wees kweba ‘man’ kwesa ‘vrou kwe//kwa ‘mans’ kweši ‘vroue’ kwetšera ‘twee mans’ kwešera ‘twee vroue
!Xóõ se selfstandige naamwoorde behoort tot vyf klasse. Naamwoordklas-suffikse bepaal ‘n reeks onderwerpsskakels in die sin, vir byvoeglike naamwoorde, werkwoorde, konjunktiewe, demonstratiewe en voornaamwoorde. Die onderwerpskakel het dikwels ‘n alliteratiewe vorm, deurdat die fonologiese vorm daarvan dié van die naamwoordsuffiks weerspieël.
Klas I is enkelvoude en Klas IV is meervoude maar nie alle enkel- en meervoude behoort tot dié klasse nie. Die meeste leenwoorde se enkelvoud behoort tot Klas III en die meervoud tot Klas IV.
!Xóõ nwklas-suffiks onderwerpskakel
Klas 1 -li, -i -i Klas 2 -ã, -ma, -n, -na -ã Klas 3 -le, -e, -je, -be -e Klas 4 -lu, -bu, -u -u Klas 5 Geen -n
!Xóõ 3de persoon voornaamwoorde
Klas 1 Klas 2 Klas 3 Klas 4 Klas 5 ìh ãh èh ùh ń
!Xóõ 1ste en 2de persoon voornaamwoorde
nāh≠náĩ, ≠nûm ūhek, my jy, jou ons julle