Klinkers Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses artikuleer kan word, byvoorbeeld faringeaal, glottaal, nasaal, ruiserig en meer. Hier ook kom die vraag na vore of elke variant as ‘n foneem getel kan word. Ju/’hoansi (Kx’a) se vyf vokale kan lank of genasaleerd wees, en as diftonge vookom: [əi], [əu] [ae] [ao], [oi] [oe] [oa] of as genasaleerde diftonge: [əĩ], [əũ], [uĩ], [ã?ã], [ẽ?ĩ], [ẽ?ũ], [õ?ã], [õ?õ]. Lang vokale en diftonge is tot Ju/’hoansi beperk.
Begeleiding speel ook ‘n rol by vokale in !Xóõ wat nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres kan aanneem. Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ toeskryf. In die Khoe-groep kan vokale ook artikulasies aanneem maar die fenomeen is beperk in vergelyking met Kx’a en Tuu. Sandawe het kort orale /a/, lang orale /aː/ en lang nasale /ãː/-vokale. Kort nasale vokale kom ongereeld voor. By Hadza kom lang vokale voor wanneer intervokaliese [ɦ] uitgelaat word, bv [kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko] 'sy' vs [boko] 'siek wees'. Alle vokale word voor glottale nasale en stemdraende nasale klieks genasaleer. 8