Taal
Makro-Khoisan
Makro-Khoisan ‘n Vergelykende studie van die klieks, klinkers, geslags-/naamwoordklasse en ander eienskappe van Khoe (Sentrale Khoisan), Kx’a (voorheen Ju-ǂHoan of Zhu of Noordelike Khoisan), Tuu (voorheen Taa-!Wi of Suidelike Khoisan), Sandawe en Hadza.
1
Inhoudsopgawe Khoisan
2
Verspreiding van Khoe
2
Kx’a
3
Tuu
3
Sandawe
5
Hadza
5
Klieks
6
Klinkers
7
Geslag/Naamwoordklasse 8 Eienskappe van Khoe
10
Kx’a
11
Tuu
12
Hadza
13
Sandawe
14
Klieks en konsonante 15 Makro-Khoisan
16
Bibliografie 21
2
Khoisan is 'n taalfamilie van Suidelike Afrika met buiteposte en 'n voetspoor in Oos-Afrika. Khoisantale word in Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe en Tanzanië gepraat, en tot 'n generasie of twee gelede nog in Kenya. Die term Makro-Khoisan word gebruik wanneer Hadza en Sandawe ingesluit word, om vyf takke te vorm:
I Khoe (voorheen Sentrale Khoisan) Khoekhoegowab is die taal van die Nama, Damara, Topnaars, ǂĀkhoe en Haiǁom met altesaam sowat 260,000 sprekers. Die Damara, Dama of Damakwa woon hoofsaaklik in die Erongo-streek in die noordweste van Namibië, sowel as in Windhoek. Die Nama of Namakwa woon onder meer in sentrale Namibië en in Windhoek, en die distrikte van Keetmanshoop en Sesfontein. Die ǂĀkhoe en Haiǁom woon in die noorde van die land, en die Topnaars op die oewers van die Kuisebrivier in Erongo. 3
Ongeveer 8,000 Khwe-sprekers woon in die Okavango-delta van Botswana, suidoostelike Angola en in die Caprivi-strook en Zambië. Tsʼixa het sowat 200 sprekers op die dorpie Mababe. Naro is ‘n Khoe-taal met 10,000 sprekers in die Ghanzidistrik van Botswana. Shua of Shwakhwe is ‘n Khoetaal in die omgewing van Nata en in die Chobe-distrik in die noorde van die land met sowat 6,000 sprekers. Tsoa of Tjwao, wat ook as Kua en Hiechware bekend staan, is ‘n dialekbundel met nagenoeg 2,000 sprekers wat deesdae hoofaaklik in Namibië en Botswana gepraat word, met kleiner groepe sprekers in Suid-Afrika en Angola. Onder dié tale is Haiǁom en Griekwa (Xiri). Kxoe, ǁAni, en Naro word in die Ghanzi- en Noordwesdistrikte van Botswana gepraat. | Gui en ǁ Gana kom in die weste voor, terwyl Buga en ǁAni tale van die Okavangodelta is. Khoekhoegowab wat ook Damara of Nama genoem word, is ‘n amptelike taal van Namibië, met ongeveer 230,000 moedertaalsprekers.
II Kx’a (voorheen Ju-ǂhoan, Zhu of Noordelike Khoisan)
Ongeveer 15,000 sprekers van Kx’a-tale woon hoofsaaklik in die noordooste van Namibië, suide van Angola en die noordweste van Ngamiland in Botswana. Name van die dialekte sluit in !Xũ, Ju|’hoã, Ju/Wasi en ǂKx'au ǁ 'eĩ. In die suidooste van Botswana woon sowat 200 ǂHoan-sprekers in die dorpies Dutlwe, Kanye, Takatokwane, Tswaanepan en Lokaakwepan. ǃKung (ook ǃXun of Ju) is ‘n dialektegroep. Let wel: Die ou naam van die taalfamilie, wat nou deur Kx’a vervang is, was Ju-ǂHoan. Die spelling Juʼhoan verwys na die suidelike dialek van !Kung / ǃXun deur die sprekers wat hulleself Juǀʼhoansi noem.
III Tuu (voorheen Taa-!Wi of Suidelike Khoisan)
Die Tuu-familie van die Kalahari, Botswana en die Noord-Kaap het sowat 5,000 sprekers en bestaan uit ǃXóõ en Laer Nossob ǃKwi (ǃUi). !Xóõ, ‘n Tuu-dialekgroep, word in die Kalahari- en Ghanzidistrikte van Botswana en in die suid-sentrale deel van Namibië gepraat. ǃKwi-tale was op hul dag wyd verspreid oor Suid-Afrika, to so ver oos as Chrissiesmeer in Mpumalanga en die Drakensberge. Die bekendste taal, ǀXam, is die bron van Suid-Afrika se leuse, ǃke eː ǀxarra ǁke op die landswapen. Die ǃKwi (ǃUi)-tak het nog net een taal, N|uu by Upington, met sowat 3 sprekers.
4
Khoisan in Suidelike Afrika Khoe is by verre die talrykste tak van al die Khoisantale. Dit word in Namibië, Noord-Kaap, en Botswana gepraat, en sluit Nama, Shua, Tsoa, Naro en Kxoe in. Dit word ook as die oudste van die drie groepe (Kx’a, Tuu en Khoe) beskou. Die Kalaharikom word as ‘n Sprachbundgebied beskou, ‘n area waar verskillende taalfamilies ontmoet en mekaar deur kontak en interaksie beïnvloed. Veranderinge vind dan op fonologiese, morfologiese en leksikale vlak plaas. Daar is waargeneem dat hoe verder die Khoe-tale die Kalaharikom inbeweeg, hoe meer eienskappe van die Kx’a en Tuu-tale hulle aanneem. Indien die sprekers van een taal ‘n ander begin praat, vind taalverskuiwing plaas. Die nuwe sprekers dra egter sekere patrone van hulle ou moedertaal in hulle nuwe taal in, wat dit aanpas en verander.
5
IV Sandawe In die Dodoma-streek in die hart van Tanzanië word Sandawe in die Chemba- en Kondoadistrikte deur sowat 70,000 mense gepraat. Hulle bewoon die woudland van die Sandawe- en Songa-granietheuwels waar fonteine en waterputte volop is, en die grasvlakte tussen-in. Die lope van die seisoenale Bubu- en Mponderiviere wat in die Sulungameer uitmond, bied water selfs in die droë seisoen. Benewens jag en versamel, beoefen die Sandawe landbou en veeteelt. Aan die weste en noordweste woon die Turu, en aan die suide die Gogo, beide groepe met Ntutale, en in die vlaktes woon Baraguyu Masai (Niloties).
V Hadza Hadza (mens, meervoud Hadzabe) word deur sowat 1,000 jagter-versamelaars langs die oostelike oewer van die Eyasimeer in Tanzanië gepraat, vanaf Berg Oldeani in die noorde tot by die Isanzuplase in die suide. Die taal word Hadzane genoem en Kitindiga in Swahili; ander benaminge is Kangeyu en Vahi. Die streek lê suid van Serengeti Nasionale Park en suidwes van die Ngorongorokrater in die Eyasi-Wembere-tak van die Groot Rifvallei. Rondom woon Swahili-, Isanzu- en Sukuma-sprekers (Ntu), Kusitiese Iraqw in die Mbuluheuwels, en Nilotiese Datoga en Masai.
Dahalo ‘n Kusitiese taal in Kenya van ‘n groep wat onder andere as Sanye bekend staan, wat voorheen ‘n Khoisantaal gepraat het, te oordeel aan die woorde met ‘n kliekkonsonant. Dié taal was waarskynlik aan Sandawe verwant.
6
Klieks
Die vyf klieks in die Khoisantale gaan gepaard met verskeie begeleidings soos glottaal, nasaal, aspirasie, stem, friksie en meer. Dié reeks begeleidings word ook “vrystellings” of “sekondêre artikulerings” genoem, en word voor en saam met, of net na die kliek uitgespreek. Elkeen verleen sy eie timbre aan die uitspraak. Dis hier waar die verwarring intree wanneer ‘n foneemgetal aan byvoorbeeld !Xóõ toegeskryf word, want sommige taalmense beskou elke variant as ‘n afsonderlike foneem, terwyl ander die plek van artikulasie as primêr beskou, en dus die kliek en al sy begeleidings as een foneem tel. Een teorie oor die ontstaan van klieks word demonstreer aan die hand van die Sandawe-woord vir ‘horing’, /tlana/ wat dalk ‘n kognaat van die stam /nǁâ/ in die Khoe-tak is. Sulke woorde suggereer dat klieks uit konsonantstapelings mag ontstaan wanneer die eerste klinker van ‘n woord verloor word: /tlana/ word /*tlna/ word /ǁna/ wat deur metatese /nǁa/ word.
Kliektipes: Dentaal/ǀ/, lateraal/ǁ/, labiaal /ʘ/, alveolêr /ǃ/, palataal /ǂ/ en retrofleks /!!/. Die Khoisantale gebruik hoofsaaklik vier /ǀ ǁ ǃ ǂ/. Hadza en Sandawe gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Die Ntutale Xhosa en Zulu gebruik drie /ǀ ǁ ǃ/. Yeyi in Botswana en Namibië is die enigste Ntutaal met vier /ǀ ǁ ǃ ǂ/. Dahalo, ‘n Kusitiese taal in Kenya, gebruik die dentale kliek /ǀ/.
Kx’a en Khoi het vier basiese klieks. Dis net in Tuu waar vyf klieks voorkom – die bilabiale kliek /ּס/ in !Xóõ /ּסôõ/ ‘droom’. In al die tale gaan klieks gepaard met glottale, aspirasie-, stemdraende, nasale en ander begeleidings wat die foneem-inventaris uiters kompleks maak. !Xóõ het meer kliekkombinasies as Kx’a (Ju/’hoansi) en die Khoetale. By Hadza en Sandawe verskyn klieks in die middel van woorde (soos in die Ntutale) maar by Khoe, Kx’a en Tuu kom die kliek net in die aanvangsposisie voor. In Sandawe word die klieks sagter uitgespreek as in die ander tale. 7
Klinkers Al die Khoisangroepe het dieselfde vyf-vokaal-stelsel wat op uiteenlopende wyses artikuleer kan word, byvoorbeeld faringeaal, glottaal, nasaal, ruiserig en meer. Hier ook kom die vraag na vore of elke variant as ‘n foneem getel kan word. Ju/’hoansi (Kx’a) se vyf vokale kan lank of genasaleerd wees, en as diftonge vookom: [əi], [əu] [ae] [ao], [oi] [oe] [oa] of as genasaleerde diftonge: [əĩ], [əũ], [uĩ], [ã?ã], [ẽ?ĩ], [ẽ?ũ], [õ?ã], [õ?õ]. Lang vokale en diftonge is tot Ju/’hoansi beperk.
Begeleiding speel ook ‘n rol by vokale in !Xóõ wat nasale, faringeale, glottale en ruiserige timbres kan aanneem. Volgens die een metode hierbo, sou dit dan 44 fonemiese klinkers aan !Xóõ toeskryf. In die Khoe-groep kan vokale ook artikulasies aanneem maar die fenomeen is beperk in vergelyking met Kx’a en Tuu. Sandawe het kort orale /a/, lang orale /aː/ en lang nasale /ãː/-vokale. Kort nasale vokale kom ongereeld voor. By Hadza kom lang vokale voor wanneer intervokaliese [ɦ] uitgelaat word, bv [kʰaɦa] of [kʰaː] 'kl(om te)' en as uitsondering elders, bv [boːko] 'sy' vs [boko] 'siek wees'. Alle vokale word voor glottale nasale en stemdraende nasale klieks genasaleer. 8
Geslag / Naamwoordklas Khoe gebruik geslag (manlik, vroulik en onsydig) terwyl Tuu en Kx’a elk ‘n stelsel van vyf naamwoordklasse het. By Nama en Naro (Khoe) word PGG (persoon-geslag-getal)-suffikse gebruik. Die kategorieë van persoon: (1ste, 2de en 3de persoon), getal (enkelvoud, dualis en meervoud), en geslag (manlik, vroulik en onsydig) word in een suffiks gekombineer, bv kwe ‘persoon’, kwekhara ‘twee mense, kwene ‘mense. Die stelsel kan ook meer spesifiek wees kweba ‘man’ kwesa ‘vrou kweši ‘vroue’ kwetšera ‘twee mans’
kwe//kwa ‘mans’ kwešera ‘twee vroue
!Xóõ se selfstandige naamwoorde behoort tot vyf klasse. Naamwoordklas-suffikse bepaal ‘n reeks onderwerpsskakels in die sin, vir byvoeglike naamwoorde, werkwoorde, konjunktiewe, demonstratiewe en voornaamwoorde. Die onderwerpskakel het dikwels ‘n alliteratiewe vorm, deurdat die fonologiese vorm daarvan dié van die naamwoordsuffiks weerspieël. Klas I is enkelvoude en Klas IV is meervoude maar nie alle enkel- en meervoude behoort tot dié klasse nie. Die meeste leenwoorde se enkelvoud behoort tot Klas III en die meervoud tot Klas IV.
!Xóõ nwklas-suffiks
onderwerpskakel
Klas 1 -li, -i Klas 2 -ã, -ma, -n, -na Klas 3 -le, -e, -je, -be Klas 4 -lu, -bu, -u Klas 5 Geen
-i -ã -e -u -n
!Xóõ 3de persoon voornaamwoorde Klas 1 Klas 2 Klas 3 Klas 4 Klas 5
ìh ãh èh ùh ń
!Xóõ 1ste en 2de persoon voornaamwoorde nāh≠náĩ, ≠nûm ūh-
ek, my jy, jou ons julle
9
Ju/'hoansi het ook vyf naamwoordklasse maar geen klasmerkers op naamwoorde nie, geen suffikse op enkelvoud-naamwoorde nie en net by uitsondering op die meervoud. Daar is ook stamverandering vir buitengewone meervoude.
Ju/'hoansi persoonlike voornaamwoorde mi a ha e/e!a,m/m!a ha/hi/ka si/hi
ek, my jy, jou hy, hom, dit ons hy hom sy haar dit hulle
Ju/'hoansi naamwoordklasse 1. 2. 3. 4. 5.
Ha (hy) sín (hulle), die mensklas. Ha (enkelvoud), hi (meervoud), vir diere, voëls, visse, insekte. Ha vir plante en alledaagse voorwerpe. Hi vir verskeie. Ká vir liggaamsdele.
Sandawe het manlik en vroulik, wat soms onderskeidelik deur /-é/ en /-sù /gemerk word. Meervoud word deur /-khéé/ of /-khì/, en meervoud van mense deur /-sò/ gemerk. Hadza het manlik en vroulik. Manlik enkelvoud word soms met /-te/ gemerk, en meervoud altyd deur /-bii/. Vroulik enkelvoud neem /-ko/ en meervoud /-bee/. 10
Eienskappe Khoe Khoekhoegowab (Nama) is ‘n verbuigende taal met 31 konsonante (20 kliek-artikulasies en 11 nie-klieks) en vyf vokale (orale /i e a o u/ en nasale /ĩ ã ũ/). Die Khoe-tale het drie geslagte (manlik, vroulik en onsydig) wat in die naamwoord gemerk word in die vorm van enkelvoud, dualis en meervoud. Die Namawoordstam /khoe/ verskyn dus as /khoes/ ‘vrou' /khoeb/‘man, en /khoei/ ‘persoon’. Die meervoud in Naro word gevorm deur die suffikse -zi (ma /aiga/ ma’s /aigazi/), -gaxu (pa /abo/ pa’s /abogaxu/), -an (persoon /khòè/ mense /khòèan/).
11
Kx’a
Kx’a-tale is analities en isolerend. Die Ju-tale het vyf vokale wat genasaleer, geglottaliseer en gemompel kan word; /a/ en /o/ kan ook ‘n kras en faringeale kwaliteit aanneem. Ju het 48 kliekkonsonante en nagenoeg dieselfde getal nie-kliek-konsonante. Die woordstruktuur in die Ju-tale is eenvoudig, met die minimum affikse. Selfstandige naamwoorde behoort aan vyf klasse, onder meer mense, diere en nielewend. Die meervoud in Ju/'hoansi word gevorm deur die suffikse -sì (vrou /dshàù/ vroue /dshàùsì/), sín (pa /bá/ pa’s /basín/) of -mhí (olifant /!xómà/ olifante /!xómhí/).
Tsodilo Heuwels
12
Tuu Die Tuu-tale soos !Xóõ het isolerende sowel as aglutinerende eienskappe, en gebruik suffikse en prefikse. Selfstandige naamwoorde behoort tot vyf klasse, waarvan vier suffiksmerkers het. Byvoeglike naamwoorde, oorganklike werkwoorde en derdepersoon-voornaamwoorde het ooreenstemmende suffikse, byvoorbeeld: tâa té'e (‘hierdie persoon '); tùu tú'u (hierdie mense); |ûma tá'ã (hierdie luislang); tàli tí'i (hierdie bloedklont); tháa tán'n (hierdie ding). By !Xóõ word meervoude gevorm deur die suffiks -te (dag /qhàba/ dae /qhàbate/) -tu (pa /àa/ pa’s / àatu/).
“Springbok" deur die Taa-spreker Stefanus Gainǂamseb
Xam: basiese voornaamwoorde
Xam emfatiese voornaamwoorde
13
Hadza Hadza (ook Tindiga of Kaneju) het 54 konsonante, waaronder die klieks /|, ǁ, !/, en vyf vokale /i e a o u/ wat lank / kort kan wees en genasaleer kan word. Hadza het getal- en geslags-korrespondensie tussen selfstandige en byvoeglike naamwoorde, en tussen voorwerpe en werkwoorde. Selfstandige naamwoorde word vir getal en geslag (manlik /-te/ ~ /-bii) en vroulik /-ko/ ~ /-bee/) gemerk. Toon speel nie ‘n groot rol in Hadza nie, maar is teenwoordig volgens Kirk Miller: “However, in some cases it is clearly distinctive: A tonic habitual morpheme -hé may be elided, leaving a distinct high tone on a lengthened vowel.”*
*Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes.
14
Sandawe Sandawe het rondom 45 konsonante, waaronder die klieks /|, ǁ, !/, en vyf vokale /i e a o u/. Selfstandige naamwoorde kan manlik of vroulik wees, sonder dat dit ‘n merker dra. Baie selfstandige naamwoorde in die vroulik enkelvoud word met die suffiks /-sù/ gemerk, terwyl sommige manlike naamwoorde op /-é/ eindig. Die meervoud van woorde wat na mense verwys, is /-sò/. Sandawe gebruik vier of vyf toonvalle. Sandawe se naaste verwant is die Khoe-tale soos Khoekhoegowab.
Vergelykende tabel van Khoisan voornaamwoorde
Sandawe
Hadza
Proto-Khoe–Kwadi
Ek
tsi
*ti (Kwadi tʃi)
tsi
Jy
ha-
*sa
sĩĩ (julle)
xa (Kwadi ha-)
he-
3 PN base he-
3ms suffix -w(e), -m (Khoe *-bV, *-mV)
-à
3fs suffix
-sà
su
(Khoe *-sV)
15
Hoe meer Klieks, hoe meer Konsonante* Tale met klieks is ryker aan nie-kliek-konsonante as tale sonder klieks. Dié met kliekfoneme het oor die algemeen 21 meer nie-kliekkonsonante as klieklose tale.
Ntutale handhaaf dieselfde korrelasie tussen klieks en konsonante. Ntutale met klieks het gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En Ntutale met meer klieks het meer konsonante as dié met minder klieks.
Die vraag ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan geleen het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek-konsonante by Khoisan geleen het?
Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by Khoisan geleen het nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief in die Ntu-woordeskat floreer.
*Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories: Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen. 16
Makro-Khoisan Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in die Ntutale van die NigerKongo taalfamilie nie en is raar in Nilo-Saharies. Afro-Asiaties is die enigste taalfamilie in Afrika met geslagsaanduiding, en Afro-Asiaties is die mees resente familie op die kontinent, en boonop beperk tot die noorde en die noordooste. Proto-Khoisan het oor dié eienskap beskik, wat steeds in Hadza, Sandawe en Khoe voorkom; die Kx’a- en Tuu-groepe het dit verruil vir naamwoordklasse, waarskynlik onder invloed van die Ntutale. Vir mense wat skape en beeste aanhou, is grammatiese geslag van belang by die teling; by jagter-versamelaars geniet dit nie ‘n hoë prioriteit nie.
Die mi-foneem, die verwante labiaal /w/ of die nasale /m/, /n/ en /ŋ/ kom in die 1ste persoon by almal voor: Proto-Kx’a *mV, Ju /mi/, Proto-Tuu *n of *ŋ, !Xóõ /n/, /ŋ/, Hadza /ona/.
17
Die meeste Khoe-subgroepe onderskei ‘n eksklusiewe en inklusiewe 1ste persoon meervoud. Elke vorm van die 1ste persoon dualis of meervoud bestaan uit drie morfeme: die volledige vorm van die stam, ‘n vorm wat geslag/klas merk en een wat as die primêre pronominale basis dien. Twee hoof- pronominale morfeme staan uit: *-m vir 1ste persoon dualis en *-e vir 1ste persoon meervoud.
Dit stem ooreen met Proto-Kx’a *m vir 1ste persoon inklusief en *e vir eksklusief. Dus moes die dualis/meervoud-opposisie op ‘n stadium as inklusief/eksklusief hervertolk gewees het, of andersom. Waarskynlik is *-m en *-e oorspronklik vir die grammatiese getal gebruik, terwyl *si- gebruik is om inklusiviteit te merk. Die ander stam vir ‘ek’ is *ti wat as /te, ta, ti, ts, tsi, mtsa, tʃ/ wat ‘n wye verspreiding het, bv die 1ste persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” en Hadza /fwata/ “ek drink”. Sandawe 1ste persoon /tsi/, Nama /ti/, !Ora ti-re, Nato /tija/, Sandawe /ci/. Baie tale van die !Ui-subgroep van Tuu se /n-/ of /ŋ-/ het /m-/ as allomorf of /ma-/ wanneer die woord met ‘n labiale konsonant begin. Die oorspronklike vorm was moontlik *ŋ wat in *m verander het in ProtoKx’a omdat *ŋ nie as aanvangsvorm elders verskyn nie, en maklik met ‘n labiaal assimileer. In Kx’a is daar wel spore van 'n -n- of -ŋ- wat as 1ste persoonlike voornaamwoord funksioneer. Proto-Khoe se *t- mag op dieselfde wyse met Sandawe *c [ts] korelleer. Dié *t-/*c-vorm is eksklusief aan Khoisan, terwyl *m, *n en *ŋ natuurlik uiters algemeen in ander taalfamilies reg rondom die wêreld gebruik word vir ‘ek’. Die tweede persoon enkelvoud verskyn as /a/, /ha/, /e/ of /i/ regdeur die vyf paradigmas, en die derde persoon enkelvoud /hV/ of /sV/ verskyn in die vorme /ha, he, hi, xa, sa/ of /hewe/ by al vyf. Die Sandawesuffiks /-we/ = Nama /-b/ en stem ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/. 18
Die Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en Hadza 3de persoon onafhanklike voornaamwoord is dieselfde /-ha/ as in Sandawe, en die onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe /ha-we/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/. Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud selfstandige naamwoord = Naron vroulik meervoud snw /-si/, Nama /ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/, laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik meervoud snw /-ko/ = Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/.
Hadza, wat ‘n m/b-wisseling toon, se derdepersoon besittingsuffiks is /-ma/; die manlik meervoud snw is /bi/, die vroulik meervoud snw is /-be/ en die werkwoordsuffikse is /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met Nharon ooreenstem. Sandawe se resiprokale /-ki/ in die werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm bywoorde en byvoeglike naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks = Auen (Kx’a) /-si/ en Nama /-se/. Hadza 3de persoon vroulik besitting is /-sa/ wat met Sandawe /-sa/ en Nharon vroulik snw-suffiks /-sa/ korelleer. Hadza se persoonlike vnw vroulik meervoud is /-ti/ = Nama persoonlike vnw vroulik meervoud /ti/ en Sandawe /-tsi/. Korellasie verskyn ook by tydsaanduiding in die werkwoord. Die verlede tyd in Ju/’hoansi word deur /go/ aangedui wat met Naro (Khoe) /ko/ en !Xóõ (Tuu) /ko/ korelleer. Toekomstige tyd word deur /ka/ aangedui in beide Kx’a en Khoe.
19
Makro-Khoisan is ‘n geldige phylum wat Hadza, Sandawe, Khoe, Kx’a en Tuu insluit. Benewens die vyfvokaal-stelsel, die klieks /|, ǁ, !/, die begeleidings vir klieks en vokale, en grammatiese geslag, is daar kognate in die kernwoordeskat soos “persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die jeug”, Nama /khoi/ en !Xam /kwi/ en vir “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”: Hadza /ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ, en “siel/gees”: Hadza /ntawe/, Sandawe /nati/, Nusan /nudu/, Masarwa /nutsa/.
Genetiese studies dui op ‘n nouer onderlinge verwantskap tussen die Hadzabe, Pigmeë en San, as tussen die Sandawe en Hadzabe. Tog bestaan daar ‘n oer-oue genetiese verbintenis tussen al vyf die Khoisangroepe, wat suggereer dat hulle wortels na ‘n enkele bevolking in die diep verlede terugstrek. In genetiese verband kan mens ook wyer en ouer verwantskappe in ag neem. Op Madagaskar is daar ‘n tradisie van, en spore van, voorgangers met ‘n kort statuur; jagter-versamelaars wat as die eerste mense beskou word. Die BaTwa (pigmeë) van die Groot-Mere-streek word as die vroegste bewoners van Afrika beskou, saam met die San van suidelike Afrika. Egiptiese rekords uit die Ou Koninkryk verwys na die ‘dansers van die gode’ wat in die ‘Land van die Geeste’ woon. Homerus (Illiad boek III) en Aristoteles (History of Animals) maak ook melding van hulle. 20
Onder die Malagasy is daar klein en verspreide groepies jagter-versamelaars wat as Vazimba of Mikea of Beosi bekend staan. Hulle praat Malagasy, maar in die geval van laasgenoemde bestaan daar ‘n substraat-leksikon wat onder meer Ntu-woorde insluit wat nie in standaard-Malagasy voorkom nie. Die moontlikheid bestaan dus dat die Beosi ‘n oorblyfsel is van ‘n eiland-bevolking wat daar was voordat die Austronesiese migrasie plaasgevind het. Die BaTwa woon in ‘n breë strook van hoofsaaklik reënwoud, wat van Kameroen, Kongo Brazzaville en Gabon deur Kongo Kinshasa tot in Rwanda en verder suid strek. In die weste woon die Mbenga, Bayaka (Aka en Baka), Bakoya en Bongo, wat Niger-Kongo-tale praat (Kameroen, Gabon, KongoBrazzaville, Sentraal-Afrikaanse Republiek); die Mbuti woon in Kongo-Kinshasa in die Ituri-woud, en praat Ntu- en Sentraal-Soedaniese tale; rondom die Groot Mere en verder suid woon groepe wat almal Ntutale praat. Onder die Aka en Baka is daar substrate geïdentifiseer wat tot 30% van die leksikon uitmaak, en wat hoofsaaklik botanies is of op die oes van heuning betrekking het. Genetiese studies impliseer ‘n oeroue oorsprong van tot 100,000 jaar gelede. Volgens die data van Lachance et al. (2012) het Khoisansprekende bevolkings eerste ontstaan, gevolg deur Pigmeë. Volgens Tishkoff et al. het ‘n Proto-Khoisan jagter-versamelaargroep sowat 30,000 jaar gelede in Oos-Afrika ontstaan. Studies plaas ook die oorsprong van die Khoisan in die Horing van Afrika. Aan die ander kant van die Indiese Oseaan woon daar ver-af verwante etniese groepe van die San en die Twa wat as Negrito bekend staan. Die Negrito kom op die vasteland van Suidoos-Asië, op die Oseaniese eilande, en op eilande in die Baai van Bengale voor. Daar word beraam dat hulle tussen 60,000 en 30,000 jaar gelede die vasteland van Afrika moes verlaat het. “Orang Asli” (“eerste mense”) is die Maleisiese term vir Negrito’s. Hulle sluit in die inheemse mense van die Andaman Eilande, die Semang van die Maleisiese Skiereiland, Maniq van Thailand, en verskeie groepe in die Filippyne, soos die Aeta. Taalkundig vorm die Andamans ‘n eenheid met Nieu-Guinee en die eilande van Melanesië. Hierdie eerste inwoners van Suidoos-Asië word vanaf sowat 5,000 jaar gelede deur inkomende Austronesiese groepe verplaas. Soos die Pigmeë, praat die meeste groepe Negrito’s die Austro-Asiatiese of Austronesiese tale van hulle bure. Die oorspronklike Andamanese wat in afsondering op Sentinel-eiland woon, vorm egter deel van die Indo-Pasifiese taalfamilie wat op Nieu-Guinea, die eiland Timor en sy bure, in Melanesië en voorheen op Tasmanië gepraat is. Terug by Makro-Khoisan - Die bovermelde morfologiese spieëlbeelde – veral die persoonlike voornaamwoorde – is onweerlegbare bewys van oorerwing, d.i. afkoms uit ‘n proto-taal. Statisties kan sulke ooreenkomste nie toeval wees nie, en nog minder kan dit leenvorme wees. ‘n Moontlike scenario is dat die Hadzabe heel eerste die Oer-Khoisan-groep verlaat het. Lank daarna het Proto-Khoisan verdeel toe die Proto-Khoi -sprekers na die suide beweeg het. In dié migrasieproses kon die klein groepies jagter-versamelaars oor lang afstande afgesonder geraak het van die skaapherders. 21
Hulle sou ook in kontak met sprekers van Ntu-tale gekom het, vanwaar die naamwoordklas-stelsel. Later sou ‘n breë verdeling plaasvind, met die voorouers van die Kx’a wat in ‘n westelike rigting beweeg terwyl die ander groep oor die land versprei, van die Drakensberge tot in die Kaap. Intussen het die herders, in ‘n konstante soeke na weiding vir hulle vee, ook die Kaap bereik. Regdeur die land moes daar voortdurende kontak oor millennia plaasgevind het, met wedersydse beïnvloeding en gevalle van taalverskuiwing.
22
Bibliografie Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories: Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen. Eaton, Helen. 2010. Sandawe Grammar. SIL International. Gabanamotse-Mogara, Budzani. 2011. A Comparative Study of the Verb Structure in Northern, Central and Southern Khoesan: The Case of Ju/’Hoansi, Naro And !Xóõ. University Of South Africa Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University. Güldemann, Tom. 2014. “Khoisan” linguistic classification today. In book: Beyond ‘Khoisan’: historical relations in the Kalahari Basin (pp.1-41) Chapter: “Khoisan” linguistic classification today. Publisher: Amsterdam: John Benjamins. Editors: Tom Güldemann, Anne-Maria Fehn. Güldemann, Tom. 2005. Tuu as a language family in Africa. Papers on Africa. Institut für Afrikanistik.DOI: 10.1016/B0-08-044854-2/00176-0 Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371. Heine, Bernd, 2009. The Kx’a Family: A New Khoisan Genealogy. Henry Honken. Jour of Asian and Afr Studies, No 79, 2010. Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis. Menán van Heerden, Menán du Plessis. 2018-02-15. www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis/ Khan, Razib. 2011. The Sandawe: after the demographic flood. Gene Expression. Discover Magazine. https://www.discovermagazine.com/health/the-sandawe-after-the-demographic-flood Kerry Jones (2019) Contemporary Khoesan Languages of South Africa, Critical Arts, 33:4-5, 55-73, DOI: 10.1080/02560046.2019.1688849 The Khoisan languages. https://sites.google.com/site/thekhoisanlanguages/home Lachance et al. (2012) Evolution of the Pygmy Phenotype: Evidence of Positive Selection from Genomewide Scans in African, Asian, and Melanesian Pygmies. December 2013Human Biology 85(1- 3):251-84. DOI:10.3378/027.085.0313 Miller, Amanda L. The Sounds of Nǀuu: Place and Airstream Contrasts by Amanda L. Miller, Johanna Brugman, Bonny Sands, Levi Namaseb, Mats Exter and Chris Collins. Working Papers of the Cornell Phonetics Laboratory 2007, v.16, pp. 101-160
23
Miller, Amanda (2011). "The Representation of Clicks". In van Oostendorp, M.; Ewen, C.; Hume, E.; Rice, K. (eds.). The Blackwell Companion to Phonology. New York: Wiley-Blackwell Miller, Kirk (2008). Hadza Grammar Notes. https://www.academia.edu/36533859/Hadza_grammar_notes N|uu: South Africa’s oldest San language, with only 2 people on Earth who speak this ancient SA language. Culture History, June 8, 2020. https://hadithi.africa/2020/06/08/ Pickrell, J., Patterson, N., Barbieri, C. et al. The genetic prehistory of southern Africa. Nat Commun 3, 1143 (2012). https://doi.org/10.1038/ncomms2140 Reid, Lawrence A. (2013) Who Are the Philippine Negritos? Evidence from Language, Human Biology: Vol. 85: Iss. 1, Article 15. Available at: http://digitalcommons.wayne.edu/humbiol/vol85/iss1/15 Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press. Sands, Bonny. 1995. Evaluating claims of disant language relationships: The case of Khoisan. Univ California, Los Angeles Shriner, Daniel. 2018. Genetic Ancestry of Hadza and Sandawe Peoples Reveals Ancient Population Structure in Africa. Daniel Shriner, Fasil Tekola-Ayele, Adebowale Adeyemo, Charles N Rotimi Author Genome Biology and Evolution, Volume 10, Issue 3, March 2018, Pages 875–882, https://doi.org/10.1093/gbe/evy051 Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom Uys, Pieter. Taal is ‘n lied uit die wieg van die mensdom II. Uys, Pieter. Swaargewigtaal Nuu. Verdu, Paul. African Pygmies. Current Biology 26, R1–R21, January 11, 2016.
Pieter Uys 2021
24