5 minute read
Makro-Khoisan
from Makro-Khoisan
by Pietertoypom
Tale met klieks is ryker aan nie-kliek-konsonante as tale sonder klieks. Dié met kliekfoneme het oor die algemeen 21 meer nie-kliekkonsonante as klieklose tale.
Ntutale handhaaf dieselfde korrelasie tussen klieks en konsonante. Ntutale met klieks het gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En Ntutale met meer klieks het meer konsonante as dié met minder klieks.
Advertisement
Die vraag ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan geleen het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek-konsonante by Khoisan geleen het?
Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by Khoisan geleen het nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief in die Ntu-woordeskat floreer.
*Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories: Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen.
Grammatiese geslag, ‘n eienskap van Hadza, Sandawe en Khoe, bestaan nie in die Ntutale van die NigerKongo taalfamilie nie en is raar in Nilo-Saharies. Afro-Asiaties is die enigste taalfamilie in Afrika met geslagsaanduiding, en Afro-Asiaties is die mees resente familie op die kontinent, en boonop beperk tot die noorde en die noordooste.
Proto-Khoisan het oor dié eienskap beskik, wat steeds in Hadza, Sandawe en Khoe voorkom; die Kx’a- en Tuu-groepe het dit verruil vir naamwoordklasse, waarskynlik onder invloed van die Ntutale. Vir mense wat skape en beeste aanhou, is grammatiese geslag van belang by die teling; by jagter-versamelaars geniet dit nie ‘n hoë prioriteit nie.
Die mi-foneem, die verwante labiaal /w/ of die nasale /m/, /n/ en /ŋ/ kom in die 1ste persoon by almal voor: Proto-Kx’a *mV, Ju /mi/, Proto-Tuu *n of *ŋ, !Xóõ /n/, /ŋ/, Hadza /ona/.
Die meeste Khoe-subgroepe onderskei ‘n eksklusiewe en inklusiewe 1ste persoon meervoud. Elke vorm van die 1ste persoon dualis of meervoud bestaan uit drie morfeme: die volledige vorm van die stam, ‘n vorm wat geslag/klas merk en een wat as die primêre pronominale basis dien. Twee hoof- pronominale morfeme staan uit: *-m vir 1ste persoon dualis en *-e vir 1ste persoon meervoud.
Dit stem ooreen met Proto-Kx’a *m vir 1ste persoon inklusief en *e vir eksklusief. Dus moes die dualis/meervoud-opposisie op ‘n stadium as inklusief/eksklusief hervertolk gewees het, of andersom. Waarskynlik is *-m en *-e oorspronklik vir die grammatiese getal gebruik, terwyl *si- gebruik is om inklusiviteit te merk.
Die ander stam vir ‘ek’ is *ti wat as /te, ta, ti, ts, tsi, mtsa, tʃ/ wat ‘n wye verspreiding het, bv die 1ste persoon /ta-/element soos in Nama /mũta/ “ek sien” en Hadza /fwata/ “ek drink”. Sandawe 1ste persoon /tsi/, Nama /ti/, !Ora ti-re, Nato /tija/, Sandawe /ci/.
Baie tale van die !Ui-subgroep van Tuu se /n-/ of /ŋ-/ het /m-/ as allomorf of /ma-/ wanneer die woord met ‘n labiale konsonant begin. Die oorspronklike vorm was moontlik *ŋ wat in *m verander het in ProtoKx’a omdat *ŋ nie as aanvangsvorm elders verskyn nie, en maklik met ‘n labiaal assimileer. In Kx’a is daar wel spore van 'n -n- of -ŋ- wat as 1ste persoonlike voornaamwoord funksioneer.
Proto-Khoe se *t- mag op dieselfde wyse met Sandawe *c [ts] korelleer. Dié *t-/*c-vorm is eksklusief aan Khoisan, terwyl *m, *n en *ŋ natuurlik uiters algemeen in ander taalfamilies reg rondom die wêreld gebruik word vir ‘ek’.
Die tweede persoon enkelvoud verskyn as /a/, /ha/, /e/ of /i/ regdeur die vyf paradigmas, en die derde persoon enkelvoud /hV/ of /sV/ verskyn in die vorme /ha, he, hi, xa, sa/ of /hewe/ by al vyf. Die Sandawesuffiks /-we/ = Nama /-b/ en stem ooreen met Nharon /xaba/ en /xasa/.
Die Hadza enkelvoud manlik /-wa/ = Sandawe /-we/ en Nama /-b/ soos hierbo, en Hadza 3de persoon onafhanklike voornaamwoord is dieselfde /-ha/ as in Sandawe, en die onafhanklike /ha/ van Tuu en Kx’a en Nharon /-xa/. Hadza /hawa/ = Sandawe /ha-we/ = 3de persoon besittingsuffiks = /-ma/ en Nharon /xaba/.
Sandawe /-si/ vir vroulik meervoud selfstandige naamwoord = Naron vroulik meervoud snw /-si/, Nama /ti/, Kx’a-tale /si/ en /Auni van die Tuu-tale /-si/, laasgenoemde sonder geslagskonnotasie. Sandawe manlik meervoud snw /-ko/ = Nama manlik mv snw /-ku/ en !Xam mv snw /-gu/.
Hadza, wat ‘n m/b-wisseling toon, se derdepersoon besittingsuffiks is /-ma/; die manlik meervoud snw is /bi/, die vroulik meervoud snw is /-be/ en die werkwoordsuffikse is /-mi/ en /-me/, ‘n patroon wat met Nharon ooreenstem.
Sandawe se resiprokale /-ki/ in die werkwoord = Nama /-ku/. Sandawe vorm bywoorde en byvoeglike naamwoorde met ‘n /-se/ sufiks = Auen (Kx’a) /-si/ en Nama /-se/.
Hadza 3de persoon vroulik besitting is /-sa/ wat met Sandawe /-sa/ en Nharon vroulik snw-suffiks /-sa/ korelleer. Hadza se persoonlike vnw vroulik meervoud is /-ti/ = Nama persoonlike vnw vroulik meervoud /ti/ en Sandawe /-tsi/.
Korellasie verskyn ook by tydsaanduiding in die werkwoord. Die verlede tyd in Ju/’hoansi word deur /go/ aangedui wat met Naro (Khoe) /ko/ en !Xóõ (Tuu) /ko/ korelleer. Toekomstige tyd word deur /ka/ aangedui in beide Kx’a en Khoe.
Makro-Khoisan is ‘n geldige phylum wat Hadza, Sandawe, Khoe, Kx’a en Tuu insluit. Benewens die vyfvokaal-stelsel, die klieks /|, ǁ, !/, die begeleidings vir klieks en vokale, en grammatiese geslag, is daar kognate in die kernwoordeskat soos “persoon”: Hadza /akwiti/ “vrou”, /akwiako/ “dogter”, /akwibi/ “die jeug”, Nama /khoi/ en !Xam /kwi/ en vir “broer”: Hadza /tsia/, Auen /tsĩ/, !Kung /siŋ/, en “huis”: Hadza /ǁneam/, !Xam/ǁneiŋ, en “siel/gees”: Hadza /ntawe/, Sandawe /nati/, Nusan /nudu/, Masarwa /nutsa/.
Genetiese studies dui op ‘n nouer onderlinge verwantskap tussen die Hadzabe, Pigmeë en San, as tussen die Sandawe en Hadzabe. Tog bestaan daar ‘n oer-oue genetiese verbintenis tussen al vyf die Khoisangroepe, wat suggereer dat hulle wortels na ‘n enkele bevolking in die diep verlede terugstrek.
In genetiese verband kan mens ook wyer en ouer verwantskappe in ag neem. Op Madagaskar is daar ‘n tradisie van, en spore van, voorgangers met ‘n kort statuur; jagter-versamelaars wat as die eerste mense beskou word. Die BaTwa (pigmeë) van die Groot-Mere-streek word as die vroegste bewoners van Afrika beskou, saam met die San van suidelike Afrika.
Egiptiese rekords uit die Ou Koninkryk verwys na die ‘dansers van die gode’ wat in die ‘Land van die Geeste’ woon. Homerus (Illiad boek III) en Aristoteles (History of Animals) maak ook melding van hulle.