Makro-Khoisan

Page 17

Hoe meer Klieks, hoe meer Konsonante* Tale met klieks is ryker aan nie-kliek-konsonante as tale sonder klieks. Dié met kliekfoneme het oor die algemeen 21 meer nie-kliekkonsonante as klieklose tale.

Ntutale handhaaf dieselfde korrelasie tussen klieks en konsonante. Ntutale met klieks het gemiddeld 25 meer konsonante as dié daarsonder. En Ntutale met meer klieks het meer konsonante as dié met minder klieks.

Die vraag ontstaan dus of klieks die enigste konsonante was wat die Ntutale by Khoisan geleen het. Is die rede vir die groter inventaris dalk dat hulle ook nie-kliek-konsonante by Khoisan geleen het?

Dis ook merkwaardig dat die Ntutale geen genasaleerde vokale of diftongs by Khoisan geleen het nie, maar alleenlik klieks. En dat die klieks nie tot die leenwoorde beperk gebly het nie, maar aktief in die Ntu-woordeskat floreer.

*Daneyko, Thora 2019 & Bentz, Christian 2019. Click languages tend to have large consonant inventories: Implications for language evolution and change In: Modern Human Origins and Dispersal. Kerns Verlag, Tübingen. 16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.