Overstrand Splash Magazine - December 2020

Page 5

Deon en Retha Perry

S

ee en Sand sportwinkel was oorspronklik deur Sparks en Tilla Esterhuyse begin in 1991.

In Junie 1992 het Deon en Retha Perry (na onderskeidelik 13 en 10 jaar in die onderwys) die besigheid by die Esterhuysens gekoop vir die enorme bedrag van R72 000. Hulle het die naam verander na Land en See en vanuit ʼn klein winkeltjie agter KFC begin om ʼn verskeidenheid sport toerusting en sportklere te verkoop. Hulle het met verloop van tyd die winkel twee keer verskuif tot waar die huidige perseel vandag is, in Astoria Village. Deon en Retha sê Land en See was baie goed vir hulle - hulle het soveel vriende gemaak en met wonderlike personeel hard saam gewerk om ʼn sukses te maak van die besigheid. Na 13 goeie jare verkoop Deon en Retha die besigheid in Junie 2005 aan Joe en Karin de Bruyn wat weer op hulle beurt verkoop het aan Jacques en Karin Nell. Jacques en Karin het die winkel totaal vernuwe, sportklere van bekende handelsmerke bygevoeg en selfs die voorraad en die perseel uitgebrei.

wat deur die Perries daargestel was en die uitbreidings wat daarna deur die Nells gedoen was, is Land en See vandag welbekend en word die besigheid goed ondersteun deur Hermanus inwoners en besoekers. Francois is ʼn jong man (self ʼn ywerige drawwer en branderplank ryer), met baie energie en idees en beplan om die verskeidenheid produkte wat tans aangebied word verder uit te brei, spesifiek om aan die hedendaagse gewilde buitelug sportsoorte soos “kite surfing”, opstaan branderplanke, kajakke, branderplanke, driekamp- en kampeer toerusting en nog meer die nodige toerusting te voorsien. Francois is gelukkig om baie goeie personeel oor te neem wat goed opgelei, kundig en betroubaar is. Dit gee aan hom die voordeel om vinnig die besigheid te leer sowel as voldoende vryheid om aandag te gee aan vernuwing. Francois se filosofie is “ondersteun plaaslik” sodat die ekonomie kan groei in ons pragtige omgewing. Hy sien uit daarna om so gou moontlik die inwoners van die omgewing te leer ken en nooi u uit om besoek af te lê by Land en See.

Nog ʼn bewys van “hoe klein die wêreld“ is, speel hom af in die volgende era van Land en See se bestaan! Anton du Preez wat in 1976 en 1977 een van Deon en Retha Perry se onderwysers by Bellville Hoërskool was, koop op 1 September 2020 Land en See as ʼn besigheid vir sy seun, Francois. Danksy die goeie grondslag

Anton en Francois du Preez

0823122889 | 8 Astoria Village, Main Road, Hermanus | landensee@lantic.net


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.