7 minute read

SA Spoorwegpolisie: Orkeste

tevore laas met my hond geoefen aangesien ek die springstof wat ek daarvoor gebruik het vir adjudant offisier Jaap Smit op Nelspruit vir vernietiging oorhandig het. Net daar het ek en Hendrik begin om die situasie te ontleed. Moes ons die springstof deskundiges ontbied al dan nie? Ons besef dat, indien die toestel nie ‘n bom was nie, gaan hulle moontlik ons kundigheid as lede van TVP in twyfel trek. Ons het ʼn muntstuk opgeskiet en Hendrik het verloor wat beteken het dat die eer om die toestel van nader te ondersoek, hom te beurt geval het. Hy het die toestel bekruip en het dit met sy skoen se punt aangeraak, min wetend dat militêre springstof se detonasie snelheid ongeveer vyf duisend meter per sekonde was. Hy het die toestel omgeskop en tot ons verligting het ons ontdek dat dit die houer was wat onderaan ʼn weerballon hang. Die lyn was al onder die grond vanweë al die reent wat daar geval het. Toe ons die houer ondersoek, kry ons ʼn plakker wat lees “If returnted to (Address) in White River owner will receive twenty five rand”. Nodeloos om te noem dat die geld vir ons eerste braai by die nuwe TVP gesorg het. (Van v/d Merwe)

S.A.SPOORWEGPOLISIE : ORKESTE

Advertisement

Die blaasorkes.

Gedurende 1968 het Hoofkantoor ʼn skrywe na die Afdelings gestuur met die oog om lede vir die permanente blaasorkes te werf. Op daardie stadium was daar enkele vrywilligers wat die orkeslede uitgemaak het. Sersant Charles Channing het die leiding geneem en sersant J.K.R. (Kobus) Venter was die tamboermajoor. Ek was van Gunhill na Jan Smuts-lughawe oorgeplaas om deel van die orkes te word. Lede wat te Germiston, Pretoria, Johannesburg en Jan Smuts-lughawe gestasioneer was, het Woensdae vanaf twee uur die middag tot vier uur die middag by die Kollege geoefen. Van hierdie lede was konstabels Neveling, de Beer (Kaalfontein) die twee O’Kelly broers van Pretoria en vele ander waarvan ek nie meer die name kan onthou nie. Wanneer die orkes vir ʼn uitpasseringsparade voorberei het, het die lede elke dag vir ‘n week lank vir oefening aangemeld. Luitenant kolonel C.H.E. Rönnebeck, wat toe die Bevelvoerende offisier van die Kollege was, was ʼn baie goeie musikant en het ʼn groot bydrae gelewer in die afronding van die orkeslede. Sersant majoor Steenkamp van die S.A. Weermag en sy seun het ʼn reuse bydrae gelewer in die totstandkoming van die orkes. Hy was deur die jare as die organiseerder van kadetorkes kompetisies, wat landwyd gehou was, bekend. Geeneen van die orkeslede kon musiek gelees het nie en lede op die blaasinstrumente het met klepdrukke gespeel. Die orkes was nog ʼn semi permanente orkes aangesien lede net deeltyds by die orkes betrokke was. Kolonel Rönnebeck het my binne ʼn bestek van ses weke geleer om musiek te kan lees. Soos wat die orkeslede se vermoë om die instrumente te bespeel verbeter het, het die orkes by verskeie geleenthede, onder andere by die opening van Maydon kaai en Bayhead polisiestasies, opgetree. Ander geleenthede was by Mafeking en Kroonstad. Die Geneeskundige Dienskorps van die S.A Weermag het die orkes versoek om tydens die uitpasserings van hulle lede die musiek te verskaf. Op 1 September 1971 was kaptein Dennis Wells wat aan die S.A. Gevangenisdiens verbonde was, as luitenant in beheer van die orkes aangestel. Op 15 September 1971 het ek as pelotonsersant van die orkes peloton, by luitenant Wells aangesluit. Hy was ʼn ware heer met verskeie musiek kwalifikasies, net die regte persoon om die orkes op sy voete te bring. Lede wat later deel van die orkes geword het, was wyle sersant Ampie Myburgh op sydrom, konstabel A.P Vrey op die tuba, konstabel Jan “Rot” Labuschagne (die enigste persoon wat ek gesien het wat die tuba soos ʼn trompet gespeel het), konstabels T.I. Mills die euphonium, Jacques Scheepers simbale, Wiele Holtzhausen basdrom, Nar Coetzee op bastromboon en trompet, Kat Coetzee trompet en James Lottering op die simbale. Die ander lede wat ek kan onthou was konstabels Jacobs, Maritz, Wolmarans, Myburgh, Beyleveld, De Beer, Fourier, Du Preez, Crouse, de Kok, Kemp, die Koen broers, Adlam, Gates, Dorfling, Swart, du Toit, Puchardt, Meiring, Elsabeth, Swarts, Du Plessis, Nortje, Hartzenberg, Smith, Calitz, Kosie Venter, Nel, Els, Dorfling, Redelinghuys (Nou generaal majoor in die SAPD), Van Zyl, Oosthuizen, Beyleveld, Swanepoel, Herbst en Fourie. Die volgende lede het oor ʼn tydperk as tamboermajoor opgetree; Sersant Jimmy

258

Victor, Johan Lotriet, Flip Aslett, en Stoney Steenkamp. Al hierdie lede het later offisiere geword en ook ʼn positiewe bydrae gelewer in die ontwikkeling en uitbreiding van die S.A. Spoorwegpolisie. Tydens een van die uitpasseringparades het ek die studente wat aan die parade deelgeneem het, geleer om The Bridge Over The River Kwai te fluit terwyl hulle marsjeer. Niemand het toestemming daartoe gegee of van die reëling geweet nie en toe die orkes die lied begin speel, het die lede op parade saam gefluit. Die applous wat hulle ontvang het was oorverdowend. Die orkes het ook verskeie kere met groot onderskeiding by die opening van die Parlement in Kaapstad en by die Durbanse Tattoo opgetree. Later was kaptein Bertus Verhoef, wat voorheen ʼn onderwyser was, ook in diens geneem. Hy het in sy dienstermyn by die orkes ʼn groot bydrae gelewer om die orkes te ontwikkel. Gedurende 1972 was daar ook met ʼn semi permanente nie-blanke orkes begin wat groot suksesse behaal het. Hulle het verskeie kere die Spoorweë se jaarlikse orkes kompetisies gewen. Tydens die onafhanklikheidsvieringe van die Ciskei en Transkei het hulle groot applous van die touskouers ontvang deurdat hulle tydens die parades gewilde Xhosa liedjies en marse gespeel het. By die nie-blanke Kollege te Bloemfontein het daar ook ʼn studente orkes ontstaan wat tydens uitpasseringparades en die jaarlikse skoue opgetree het.

Dansorkes.

Gedurende 1976 het die dansorkes begin met James Lottering op simbale en sanger, Koch, op kitaar, Maartins op die trompet, Deidre Nortje op die alt saksofoon en sang, Crause op kitaar en Gielie Badenhorst op die orrel en klawerbord. Hy het later saam met Neels Matthys se boereorkes gespeel wat die boereorkes kompetisie op TV gewen het. Rudie Strydom het die baskitaar en tuba bespeel en kolonel Wells die trompet en tenoor saksofoon. Ongelukkig kan ek nie die ander lede se name onthou nie. Die eerste amptelike optrede van die polisie dansorkes was op Nelspruit tydens die Spoorwegpolisie se jaarlikse dans daar. Kaptein Mounie Mouton was die Streekoffisier op Nelspruit en het vertroue in die orkes gehad om hulle te nooi om op te tree. Dit het die weg vir ander optredes gebaan. Bo en behalwe die orkes se optredes by verskeie geldinsamelingprojekte vir Kinderwelsyn te Durban, Oos Londen, Kroonstad en Bloemfontein, het hulle ook by die Republiekfeeste te Fochville en Durban met die militêre en dansorkeste opgetree. (Buks Meintjes)

Die geskiedenis van die S.A. Spoorwegpolisie dansorkes dateer terug so ver as 1943. Die Spoorweg en Hawepolisie op Durban het oor ʼn puik dansorkes beskik. Hierdie orkes het dan ook 20 Julie 1943 vir dertig minute in ʼn radioprogram van die S.A.U.K. opgetree. Bekende lede van die orkes was, generaal Abraham Viljoen (Hoofkantoor), Majoor Boonzaaier (Pretoria) en luitenant kolonel Hills Roux (Pretoria). Aan die Witwatersrand was daar ook ʼn gewilde dansorkes en bekende lede daarvan was konstabel Hansie Breedt (later adj-off. Hoofkantoor) G Engelbrecht, Minnie, J.J.H. Ungerer, C. Calitz, sersant P.J. Du Plessis en hoofkonstabel D.E.K. Esterhuizen. (RB)

My orkes dae.

Ek het my kollege opleiding in 1971 begin. Aanvanklik was almal van ons in verskillende pelotons ingedeel. Na ses weke van dril en lesings, het luitenant Dennis Wells, wie in beheer van die orkes was, lede vir die orkes begin keur. Die orkes was in sy baba skoene en lede wat op die stasies gestasioneer was, het die orkes gevorm. Hulle het twee maal per week na die Kollege vir orkes oefeninge gereis. Sersant Buks Meintjies was die pelotonsersant van die orkes peloton soos wat daar na hulle verwys was. Hy en luitenant Wells het ons musiek geleer en later ook bewegings wat saam met die musiek gegaan het. Ons was natuurlik nie baie by die ander pelotons gewild nie aangesien hulle ons as "Sissies" gesien het. Natuurlik toe ons die eerste keer saam met hulle op parade gespeel het, het hulle besef dat ons eintlik baie goed was en toe was ons hulle “heroes.” Daar was ʼn geleentheid waar ons saam met die S.A. Weermag, S.A. Polisie, die Vloot en ander orkeste in Benoni gaan optree Het. Ons het so

259

This article is from: