13 minute read

Diensskiet

onderweg daarheen die telefoonlyn dopgehou. By die hek van Boetie van der Merwe se plaas het die telefoonlyn op die grond gelê. Duisende dinge het deur my kop gemaal. Ek het die opskamer geradio en opdrag gegee dat hulle ʼn ambulans na Oom Koos se plaas moes stuur. Die Sondagmiddag het ons nog by Oom Koos hulle gaan kuier en die nartjies wat bo in die boom gesit het, met ʼn riet waaraan ʼn blikkie vasgemaak was, afgepluk. Met aankoms by die huis het ek die ergste verwag toe ek die aantal gate in die kombuisdeur gesien het. By die deur het die riet met die blikkie gelê. Die agterdeur het halfpad oop gestaan en Oom Koos se flenter Mazda bakkie was weg. In die kamer wat uit die kombuis gelei het, het ek vir Tannie Myrtle op die bed aangetref waar sy op haar rug gelê het. Sy het verskeie steekwonde in haar bors gehad. ʼn Ding wat my verskriklik ontstel het, was dat die moorde in die teenwoordigheid van ʼn sewejarige kind gepleeg was. ʼn Albino dogtertjie het verslae en geskok op die bed langs die tannie gesit en haar hand vasgehou. Die tannie was toe al ʼn paar ure dood. Die dogtertjie was een van die arbeiders op die plaas se kind wat deur Oom Kooshulle groot gemaak was. As gevolg van die feit dat sy ʼn Albino was, was sy nie vir die ander swartes op die plaas aanvaarbaar nie. Sy het, behalwe vir haar ma, met niemand anders as Oom Koos gepraat nie. Hy het saans vir haar Bybel stories vertel en dan het sy teruggepraat. Nie eers tannie Myrtle kon haar aan die praat kry nie. Toe ek na die agterste kamer stap, het ek oom Koos dood op die vloer aangetref met ʼn groot kapwond agter sy kop en nek. Met nadere ondersoek het dit duidelik geword dat die aanvallers met die riet en die blikkie teen die deur gekap het en dan het Oom Koos met die .22 geweer deur die deur geskiet. Toe die ammunisie opraak, het die aanvallers verdeel. Een groep het na die voorkant van die huis beweeg en die deur oop geforseer. Toe Oom Koos by die voordeur verskyn het hulle met ʼn .303 geweer op hom geskiet maar die deurkosyn getref. Die een wat alreeds in die huis was, het hom van agter met ʼn panga gekap. Dit het soos my eie ouers gevoel wat daar leweloos gelê het. Die Sondagmiddag was Oom Koos hulle se seun, wat in Port Elizabeth woonagtig was, ook daar. Oom Koos het daarop aangedring dat sy seun sy 7mm Mauser huis toe moes neem want in Port Elizabeth was dit baie gevaarliker as op die plaas. Die aanvallers het met oom Koos se bakkie gevlug en net anderkant Slagboom die bakkie omgegooi. Slegs die agterruit was stukkend, maar geeneen van die aanvallers was beseer nie. Die S.A. Polisie het ʼn stuk of agt jeugdiges aangekeer en vir moord aangekla. Ongeveer twintig jaar later het ek ʼn oproep ontvang om in die Hooggeregshof te Grahamstad te gaan getuig. Een van die beskuldigdes het na die voorval na die buiteland gevlug en met sy terugkeer na twintig jaar was hy gearresteer. Hy het egter ʼn pleit ooreenkoms met die staat aangegaan en dit was nie vir my nodig om in die saak te getuig nie. So ver ek kan onthou het een van hulle die doodstraf gekry en was gehang terwyl die ander ʼn aantal jare tronkstraf gekry het. Een van die beskuldigdes het met die oorname van die nuwe regering ʼn majoor in die S.A.Weermag geword. (RB)

DIENSSKIET

Advertisement

Daar is baie dinge wat oor hierdie onderwerp geskrywe kan word maar daar is veral drie staaltjies wat ek wil vertel. Ons was vir die jaarlikse groot skiet op Bloemfontein. Brigadier Majuba Oosthuizen het gereël dat al die tente van die manlike lede naby die kroeg en reg langs die skietbaan opgeslaan word. Tjaka Neethling se tent het langs my tent gestaan. Hannes Slabbert, Wietsche Fourie en ‘n paar manne van die Oos Kaap was ook in die tent waarin ek geslaap het. Ons het agtergekom dat Tjaka laatnag afwesig was. Ons besluit toe om Tjaka se bed te kaap en op die skietbaan te gaan sit. Ek, Trooster Jordaan en Lolo Petzer het Tjaka se tent binnegesluip. Sy bed was die naaste aan die tent se deur. Stilletjies was die bed uit die tent gesmokkel en op die skietbaan gesit. Dit was toe soos Wietsche sou sê: “Die hel gaan brieklos wees wanneer Tjaka by sy bed kom en daar is niks.” Ons het ons tent se ingang met banke beskerm want ons het geweet dat Tjaka ons tent in ‘n teenaanval sou teiken. Dit was nie lank nie of ons het die gebrul in die tent langsaan gehoor. Tjaka was toe ‘n kaptein en Trevor Hayes was pas tot luitenant bevorder. Trevor het nie ver vanaf Tjaka geslaap nie. “Waar is my bed? Trevor, jy noem jouself ‘n offisier en jy kan nie eens my bed oppas nie. Ja en julle almal in die tent is vrotsig verby”, het hy geskel. “Julle laat toe dat julle 249

spankaptein se bed gesteel word”, het hy hulle beskuldig. Die volgende oomblik het Tjaka by ons tent ingestorm en geval oor die banke dat die stof so staan. Slabbert was toe nog ‘n majoor en ek dink Wietsche het vir Tjaka gefluister dat ou “Slabbie” vir die verdwyning van sy bed verantwoordelik was. Toe begin die gestoei. Tjaka begin majoor Slabbert toe sommer ou Slappie te noem en Wietsche sluit by die bek geveg aan. Ewe skielik val Tjaka tussen die bed en die tent se wand in en daar bly hy sit. Ewe hees hoor ons: “Haai kêrels wie het my nou in hierdie voor ingery?” Die volgende oggend het ek vir Tjaka in die badkamer gegroet, al wat ek gekry het, was: “Ek sal nie nog groet as ek jy is nie.” Die tweede geval is ‘n kort storie wat my hele lewe lank by my sal bly. Op ‘n dag het dit nie te goed met Wietsche op die skietbaan gegaan nie. Die lugspieëling het die betrokke dag vir almal van ons dit moeilik gemaak. Wietsche het mos ‘n manier om sy esse met ‘n shh geluid uit te spreek. Toe ek by Wietsche kom en hom vra hoe dit met die skietery gaan, antwoord hy “Ag wat ou Ronna. Die blerrie mirage f*^k allessh op. Hierdie blerrie R1 issh issh nie gemaak virrie mirage nie. Gee nou vir my ‘n jaggeweer met ‘n teleshhkoop in Shuidwesh waar die mirage sho erg issh dat dit lyk of die Genshbokke agteruit gallop” (Wiets praat mos nie van ‘n Gemsbok nie. Dis ‘n Genshbok). Ernstig borduur hy voort; “Jy weet ou Ronna. Ash ek met die teleshkoop aangelê het en al issh dit tot sho vier honderd meter en ek knyp shtukkend. Habbaka, af ish die ash”. Met die woord “habbaka”, druk Wietsche veelseggend met sy wysvinger na ‘n punt op sy nek net agter sy oor om te wys waar die “ash” van die Gemsbok sit. Die derde geval is weer van Tjaka. Ek het die vorige jaar die diensskiet kampioenskappe in Oos Londen gewen. Dit was tyd vir die Hennesee kampioenskappe in Port Elizabeth. Ek was in Oos Londen gestasioneer en Tjaka in Port Elizabeth. Hy het my kort-kort voor die kompetisie gebel om soos gewoonlik my siel uit te trek. “Ja, ou Ronnie, jy moet maar nie Baai toe kom nie, jong. My naam staan alreeds op daardie trofee”. Dan lag Tjaka met daardie snaakse, “ge ge ge” lag van hom diep agter uit sy keel. Die gekoggel het seker vir wee maande aangehou. “Nee wat, ou Ron, jy kan maar los, ou broer, want ek gaan met ‘n sleepwa na die skietbaan kom om al die brandewyn wat ek by die Hennesee gaan wen, mee weg te ry.” Ge ge ge ge lag hy dan. Kyk, laat ons nou maar eerlik wees. Tjaka kon skiet. In alle eerlikheid moet ek sê hy het my met al die gebelery begin ontsenu. Ten einde laaste het die twee skietdae in die Baai aangebreek. Ek, Tjaka en ‘n tronkbewaarder van Willowmore het kop aan kop geloop tot en met die voorlaaste item wat die drie honderd meter toepassing was. Hierdie laaste dag was so sleg vir skiet as wat kan kom want die wind het ‘n hond uit ‘n bos gewaai. Dit het letterlik gelyk of die bome langs die skietbaan wou breek soos wat hulle rondgeruk was. Ons drie voorlopers het almal ‘n gemiddeld van ses en dertig geskiet wat deksels goed vir die toestande was. Al drie het vir individuele afstande pryse gewen maar steeds was ons tellings gelyk. Dit het nou oor die kampioenskap en die groot prys gegaan. Die laaste item was die drie honderd meter snelvuur. Ek was saam met die bewaarder in die eerste aflossing. Ek kan onthou dat ek met my eerste proefskoot twintig klikkies regs van die zerolyn was. Die wind was van regs en ek het amper die skyf aan die linkerkant gemis. Nog agt klikkies regs en ek stel my voorvisier so dat ek die onderpunt van die wit knie op die skyf se regterkant as mikpunt kon neem. Met die tweede proefskoot skiet ek ‘n senterkol. Tevrede staan ek op maar hou die toestande fyn dop indien die wind dalk wesentlik sou verander sodat ek effens kon afmik om te kompenseer. Almal se proefskote was afgevuur en die baanoffisier gee die bevel “Oë op die front”. Enige tyd gaan die skywe opkom dan moet jy platval, outomatiese rigting kry, jou veiligheidsknip op enkelskote sit en gemaklik lê. Vinnig doen ek al hierdie bewegings, kyk gou na die bome, die wind was nog dieselfde as met my tweede proefskoot. Ek weet dat ek nog net twintig sekondes het om tien goed gemikte skote te laat loop. Vir die wat nie weet nie, die skywe bly dertig sekondes op vir die drie honderd snelvuur. My skote loop mooi reëlmatig min of meer een elke twee sekondes. Toe my laaste skoot loop raak die skywe weg en ek was bekommerd dat my laaste skoot nie betyds geloop het nie. Ek was redelik seker dat dit wel so was. Verder het dit vir my gevoel of die wind effe verander het tydens my vyfde en sesde skoot. Toe ek by die baanoffisier kom om my telling te kry, staan Tjaka ook daar met ‘n potlood en papier. Jy kon duidelik sien hy kan nie wag om bewyse te kry dat die wind ons gepootjie het nie. Die bewaarder se telling het oor die radio

250

gekom en jy kon sien hoe tevrede Tjaka was. Dit was maar ‘n swak telling. Hy het skelm na my geloer en jy kon sien dat hy vir my telling gewag het. Daar kom my telling en ek het vir Tjaka onderlangs dopgehou want hy was gereed om te skryf. Die het luid aangekondig: “Agt by 5, een by 4 en een by 3.” Dit was hier waar Tjaka Neethling my groot lof kom toeswaai het. Hy het na die hemel gekyk, sy mond rond gemaak en lank geluidloos na bo gefluit. Ek meen te sê, 47 uit 50 vir die drie honderd meter snel in sulke weer was ongelooflik. Selfs vir my. Ek het na Tjaka toe gestap, hom op die skouer geklop en dit ingevryf deur te sê dat hy maar die sleepwa vir my moes leen. Ek het toe die kampioenskap gewen. Net ‘n laaste storie oor die groot kaliber skyfskietgeweer, of soos ons dit genoem het, die plankgeweer. Brigadier Majuba Oosthuizen het vir my, Ampie Myburgh en ‘n hele paar ander skuts laat deelneem aan die jaarlikse Bisley te Bloemfontein. Dit was daarop gemik om ons op te skerp met die plankgeweer want dit was een van vier wapens wat ons gebruik het om die S.A.Spoorwegpolisie in die Meesterskut kompetisie te verteenwoordig. Die besondere dag het ons vir die eerste keer die nege honderd meter aangedurf. Man dis ver, baie ver, amper ‘n kilometer. Ek lê langs ‘n ou oom en skiet en ons merk vir mekaar. Op hierdie afstand was daar ‘n kleiner kol in die middel van die kol wat die V-kol genoem was en dit was baie kleiner vergeleke met die regte kol. Daar was so baie voltalle geskiet dat die aantal V-kolle bepaal het wie vir die pryse sou uitskiet. Die drie keer wat die oom nie V-kolle geskiet het nie, was hy so kwaad dat hy slange kon vang. Ek meen, hoe kan jy vir jouself kwaad wees met ‘n voltal? Dit was die eerste keer dat die Spoorwegpolisie oor die afstand van nege honderd meter geskiet het. Ek was werklik in my noppies met 3 V-kolle, 5 kolle en 2 viere vir ‘n totaal van 48 dat ek nie kon wag om die ander ouens te vertel nie. Later die aand het ons in ‘n groep gestaan en gesels en ek het ewe trots van my telling van agt-en-veertig vertel asook van die manewales van die ou oom met die voltal. Ampie vertel toe dat hy ook agt-en-veertig geskiet het en dat hy ook baie trots daarop was. Hy sê toe verder dat hy ook saam met ‘n ou oom geskiet het wat ‘n voltal geskiet het, maar dat die oom hom bejammerend aangekyk en gesê het: “Tsk tsk tsk toemaar boetie, moet jou nie bekommer nie - dit sal regkom”. Daar piepie die oom op Ampie se battery en hy sê: “Jy kon sien hoe verlaat die wind my seile.” (Ronnie Coetzee)

Slabbie wou majoor word.

In die diensskiet era het ons die geleentheid in Bloemfontein gekry om ʼn slag by mekaar uit te kom om lekker tydens die diensskiet kampioenskappe te kuier. Party van die ouens wou vreeslik graag as skuts presteer, maar ek en Tjaka Neethling het vroeg besef dat die skyf reeds dood was en dat ons hom nie doder kon skiet nie. Ons het dus die geleentheid gebruik om die tyd in Bloemfontein te geniet. Op daardie stadium was en ek Tjaka luitenante en Hannes Slabbert, een van ons maats, was ʼn kaptein. Ons het die opdrag om sosiaal met die offisiere van ander magte te verkeer, baie ernstig opgeneem. Na die dag se skiet het ons offisiere van ander magte vir ʼn drankie genooi, maar ongelukkig was dit altyd dieselfde manne. Gewoonlik het ons die goeie bande gesmee totdat die kroeg saans toegemaak het. Dit gebeur dan dat ons nie so stil bed toe gegaan het soos wat kolonel Majuba Oosthuizen dit wou hê nie. Hy was in bevel van die S.A.Spoorwegpolisie se diensskiet spanne. By ʼn geleentheid het kolonel Oosthuizen vir kaptein Slabbert ingeroep en hom gewaarsku dat hy hom aan die Kommissaris gaan rapporteer omdat hy nie vir my en Tjaka kon beheer nie. Hy het hom gemaan dat die situasie teen hom kon tel aangesien hy kort daarna vir bevordering tot majoor in aanmerking geneem sou word. Slabbie het hom toe vrek geskrik want hy wou graag ʼn majoor word. Hy besluit toe dat hy voortaan nie meer saam met ons gaan kuier nie en dat hy eerder vroeg in die bed gaan klim. Ek en Tjaka het toe maar aangegaan soos voorheen en, wanneer die kroeg gesluit het, het ons Slabbie se tent versigtig oopgemaak en vir hom gaan kuier oor ons hom so verlang het. Bloemfontein is in die winter bitter koud en Slabbie het in ʼn dubbele slaapsak geslaap met ʼn gebreide mussie op sy kop om die koue van sy pankop weg te hou. Teen die tyd dat Slabbie wakker geword het, was ons reeds bo-op hom. Dan het ons hom so vasgelê dat hy hom nie kon roer nie. Met sy hande binne-in die slaapsak was hy magteloos. Ons het dan saggies in sy oor gepraat en hom vertel hoe ons na hom verlang het. Ons soen hom dan in sy oor, as hy sy kop probeer draai, druk

251

This article is from: