TygerBurger Bellville - 16 December 2020

Page 1

BELLVILLE

APPLY NOW!

INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE

TYGERVALLEY & CLAREMONT

CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)

www.cad4all.co.za Woensdag, 16 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

Wear your mask!

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

BELLVILLE-SUID: GEMEENSKAP BAIE ONGELUKKIG

Polisie slaan man glo dood NIELEN DE KLERK @nielenk

B

Bheki Cele, the Police Minister, gestures to a woman to wear her mask during a walkabout in Bellville’s CBD on Thursday. Ironically, Cele was inundated by crowds, making social distancing impossible. See more photos on page 9. PHOTO: NIELEN DE KLERK

etogers gaan vandag na die BellvilleSuid-polisiekantoor opruk in protes teen die dood van ’n man wat hulle glo deur die polisie veroorsaak is. Gareth Louw (29) is op Vrydag 4 Desember by die polisiekantoor dood verklaar. Dit het gekom nadat hy by ’n Wendyhuis in die omgewing in hegtenis geneem is. Maar wat voor dit gebeur het, is nog debatteerbaar. Aan die een kant sê die familie Louw is so erg deur die polisie aangerand, dat sy liggaam “soos ’n stuk vullis” in die polisiewa gegooi is. Aan die ander kant sê die polisie Gareth kon aan ander oorsake gesterf het. Volgens kol. Dirk Rademan, stasiebevelvoerder, was daar op die betrokke dag ’n voorval waarby speurders betrokke was. Hulle was eintlik op soek na iemand anders, maar het Gareth by die adres gesien. Gareth was ’n persoon van belang en die polisie het aan hom gesê hulle gaan hom in hegtenis neem. “Toe probeer die ou vlug.” Gareth is toe glo na die venster toe, waar polisielede hom probeer terugruk het. ’n Stoeiery het ontstaan en hy is op die grond vasgedruk. “Hy is geboei en na die polisiekantoor geneem.” Op pad na die selle het polisielede glo gevoel hoe Gareth se liggaam begin pap raak. Hulle het ambulansdienste gebel. Hy is op die toneel dood verklaar. Rademan sê hulle het dadelik die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) laat weet en die dossier aan hulle oor-

Gareth Louw handig. Opod het egter teen daardie Maandag die dossier teruggegee om te ondersoek, wat vir Rademan ’n teken is dat daar nie ernstige aanranding plaasgevind het nie. Hy het intussen weens die gemeenskap se ongelukkigheid die saak aan die Blue Downs-polisiekantoor gegee om te ondersoek. Gareth se suster, Priscilla, en ’n ooggetuie, verskil egter met Rademan. Francois Loff, wat saam met Gareth was toe die voorval plaasgevind het, sê in ’n video op die Son se webwerf, Gareth is vir meer as 10 min “ge-choke”. Loff sê een van die polisie­manne het vir Gareth gesê: “As jy nog so aangaan, gaan ek jou vrek choke.” Priscilla sê die polisie het al telkemale vir haar gesê daar was nie ’n skrapie aan haar broer se lyk nie. Sy het hulle geglo. Alles het egter verander toe sy Gareth se lyk by die lykshuis gesien het en glo eerstehands kon sien hoe hy aangerand is. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Bellville - 16 December 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu