TygerBurger Bellville - 17 February 2021

Page 1

BELLVILLE

Woensdag, 17 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Vermaak laat die poppe dans Goue Jare, deur Anton Treurnich se poppekas-produksie, word eersdaags op radio uitgesaai. Die verhaal sal op verskeie radiostasies uitgesaai word, insluitend Tygerberg 104FM. Die poppe tree normaalweg by senior sentrums en tehuise vir bejaardes op en word ondersteun deur die departement van maatskaplike ontwikkeling. Weens die Covid-19-pandemie moes die produksie egter ander maniere vind om seniors te vermaak. Hier is een van die karakters, Thabisa, agter die mikrofoon in die radio-produksie. Lees berig op bladsy 8.

OAKDALE: SY VANG NOU PERS SKOENLAPPERS IN DIE HEMEL

Vegter sterf op twaalf NIELEN DE KLERK @nielendk

D

ie dag wat Bianca Fourie (12) oorlede is, het die son in skakerings van pers gesak. Dit was haar gunstelingkleur. En nou vang sy pers skoenlappers in die hemel. Só vertel haar ma, Michele, oor haar dogter wat verlede Sondag om 18:20 oorlede is. Bianca, wat in Oakdale gebly het, het on-

der meer aan outo-immuun-hepatitis gely, ’n siekte waar die immuunstelsel die lewerselle aanval en inflammasie in die lewer veroorsaak. TygerBurger het voorheen oor Bianca berig (“Skaars hond vir siek meisie,” 27 Maart 2019) toe haar sussie Theandi haar beenmurg vir haar geskenk het. Dit was rondom dié tyd dat ’n weldoener ’n skaars hond aan haar gegee het, nadat hul hond verlore geraak het. Die proses rondom beenmurg-skenking

het gemaak dat sy chemoterapie moes ontvang en haar hare het uitgeval. Daarna het sy al beter geword. “September 2019 was haar beste tyd,” sê Michele hartseer. Bianca het egter aan ’n legio ander siektes, soos nefrotiese sindroom, akute miëloïede leukemie en ernstige aplastiese anemie ook gely. Soos die tyd aangegaan het sy later al sieker geword. V Na bladsy 2.

Bianca op ’n verjaarsdagpartytjie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.