BELLVILLE
X1VNRBP9-AL040919
Woensdag, 4 September 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante
Netwerk24. Alles op een plek.
Teken in by www.netwerk24.com.
Inwoners van Oakdale maak een van die parke in die woongebied skoon.
OAKDALE: LEER OM VERANTWOORDELIK TE GEE
‘Sê nee vir haweloses’ AVRIL FILLIES
’n
Beroep word op die inwoners van Oakdale gedoen om nie kos aan haweloses te gee nie, want die kos beland in die stormwaterdreineringstelsels in die woonbuurt. “Die Oakdale-buurtwag het die afgelope tyd brood en ander kos – nog toegedraai in hul omhulsels – in St. Jamesstraat in Vleipark opgetel. Ek weet dit is moeilik om nee te sê as daar by jou deur vir kos gevra word, maar ons moet nou leer om verantwoordelik te gee,” het Natasha Groenewald, ’n komitee-
lid van wyk 3, gesê. Volgens haar is dit ’n feit dat die haweloses op straat is weens ’n rede. “Die meeste van hulle is op straat omdat hulle verslaaf is aan een of ander dwelm. Ek suig nie die inligting uit my duim uit nie, maar organisasies soos Mould Empower Save (MES) en nagskuilings in die noordelike voorstede dra kennis hiervan. Hulle werk daagliks met die straatmense en weet die omstandighede agter die lewe op straat,” het Groenewald gesê. Deur die haweloses van kos en klerasie te voorsien, hou jy hulle op straat.
“Deur net te gee, maak ons dit maklik vir die haweloses om op straat te bly – in die koue, kaalvoet en met ’n inspuitingsnaald in die arm of op ander plekke op hul liggame. Van hulle slaap ook met ’n leë bottel op hulle. “Wanneer ons gereeld die parke in ons woonbuurt opruim, kry ons van die naalde en ander rommel gestrooi lê in ons parke. “Die naalde is nie net gevaarlik vir die haweloses nie, maar ook vir ons kinders wat in die parke speel. Soos voorheen genoem, die kos beland in ons parke of in die strate,” het sy gesê. Sy het aanbeveel dat inwoners liewer vir
MES moet ondersteun. “Ons kan liewer ons geld, kos en klere by MES inhandig; hulle sal weet hoe om alles verantwoordelik uit te deel. MES help ook die haweloses om hul verslaafdheid te beveg en te oorkom. “Ons lees gereeld in die media hoe hulle weier om deur die Stad Kaapstad se departement van maatskaplike dienste gehelp te word en verkies om op straat te leef. Die rede vir hul weiering kan voor ons almal se deure gelê word, want ons help met die gee van alles wat hulle vra. V Na bladsy 4.