Tygerburger Bellville 11 April 2012

Page 1

BELLVILLE

B u r g e r E -pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 11 April 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

Draai kry beter oppervlak Die berugte haarnaalddraai in Francie van Zijllaan waar daar nou konstruksiewerk gedoen word, hoofsaaklik om die padoppervlakte te her­ stel. Meer as 20 ongelukke gebeur elke jaar op dié draai. Lees meer op bl.5. Foto: Marana Brand van Hulsteyn

) Polisie verbind hulle nie, sê broers

Verskille oor misdaad JANA BEKKER

Die Schwella-broers en die Bellville-polisie kyk nog nie deur dieselfde bril na die aanspreek van misdade in die Bellville-polisiëringsgebied nie. Die fokus van ’n veldtog wat ’n paar maande gelede deur prof. Erwin en Werner begin is, om onder meer prostitusie te bekamp, maar ook om etiese dienslewering in Bellville te verseker, word toenemend verskuif na professionele polisiëring. Erwin sê die polisie wou hulle glad nie verbind tot spesifieke doel-

witte nie. “Ons het genoeg gehad van breë, warm, wollerige stellings,” sê hy. Erwin sê hy het gevra vir konkrete bewyse van wat hulle gaan doen, maar die polisie wou hul nie verbind tot enigiets spesifieks nie. “Ons het verwag hulle moet hul verbind deur te sê hulle sal byvoorbeeld 10 bordele toemaak in ’n maand, maar hulle wou hulself nie só verbind nie,” sê hy. “My siening is dat sommige polisielede veel meer polities as professioneel is,” sê Erwin. Brigadier Darius van der Ross, groepspolisiehoof, het wel aangedui dat hy met die provinsiale kom-

missaris sou praat oor samewerking van die polisie in dié verband. Kaptein Fienie Nimb, woordvoerder van die Bellville-polisie, sê die polisie neem kennis van die besware. Sy sê die polisie is toegewyd aan goeie dienslewering. “Wanneer die publiek ongelukkig is oor spesifieke aangeleenthede, soos dienslewering van die polisie, moet die regte kanale gevolg word om dit aan te spreek,” sê sy. “Elke gebied het sy unieke misdade en die sektorbestuurders stel spesifieke doelwitte wat aangespreek word. Parksig Villas is een van die persele waar die Bellville-polisie gereeld operasies uitvoer. Ook in ander gebiede word

misdrywe spesifiek tot dié gebied aangespreek.” Sy sê klagtes moet tot die polisie spesifiek gerig word. Dié veldtog het wel verskeie positiewe reaksies tot gevolg gehad in die afgelope tyd. Een daarvan is die samewerking van die eienaars van ’n probleemgebou in Bellville, die Loevenhofwoonstelle. Loevenhof is die eerste probleemgebou op ’n lys van sulke geboue wat in Bellville geïdentifiseer is en deur die broers se veldtog met sukses aangespreek is. “Ons moet erkenning gee aan die eienaars van Loevenhof, want hulle is besig om die eiendom op te ruim en skoon te

maak,” sê Erwin. “Leigh Metcalfe (een van die deeltiteleienaars van die woonstelblok) doen die regte ding en ons, as gemeenskap, waardeer dit,” sê die broers. Chevron, houermaatskappy van die Caltex-vulstasie in Strandweg, Bellville naby die Loevenhof-woonstelle, wat glo deur prostitute gebruik word as “uithangplek”, het die perseel onlangs omhein. Die Schwellas waardeer ook dié gebaar. “Ons het onlangs met Caltex-verteenwoordigers ’n vergadering gehou by die Bellville-polisiestasie en hulle het baie goed reageer,” sê Erwin. . Nog ’n berig op bladsy 3.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Bellville 11 April 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu