BELLVILLE
Pats Service Station
Giving you more km’s for less ...
R10.69
Diesel 500ppm
Valid until 1 May 2012 Monday – Saturday 06h00 – 22h00 Sundays 06h00 – 20h00 ATM In store now
B u r g e r E -pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 18 April 2012
Pats Service Station 21 Modderdam Rd Bellville South 7531
Phone: 021 951 8969 E-mail: agamien@gemail.co.za
Tel: 021 910 6500
Brent Oil (Pty) Limited
Faks: 021 910 6501
Riding for the kids
The Rotary Club of Blouberg in conjunction with HOG Cape Town organised the 2012 Kids (Kids in Dire Straits) Blanket Run on Sunday. The event saw 150 HarleyDavidson motorcycle riders congregate at Signal Hill to travel to Eden on the Bay in Blouberg strand. Here an additional 100 riders joined the group. The Rotary club received 220 donations. Pic tured are (from left) Mike Scholtz (road captain: Hog Cape Town), Zelda Newman (Ladies of Harley), Bru ce du Toit (director: Hog Cape Town), Mike Newman (assistantdirector: Hog Cape Town) and Arthur Oa tes (event organiser and Rotarian). Photo: Leon Steenkamp
) Regeringshulp nie meer voldoende
Swaard oor Badisakop JANA BEKKER
Die voortbestaan van Badisa word bedreig deurdat kinderbeskermingsdienste swaar getref word deur die gebrek aan regeringsfonds-toedelings. In die afgelope drie jaar is die staatstoelaag van die provinsiale departement nie verhoog nie en sou dié situasie voortduur, voorspel dit niks goed nie. Annemarie Bezuidenhout, Badisa se direkteur vir bemarking en fondswerwing, sê dié organisasie,
met kantore in Bellville, verloor maatskaplike werkers omdat hulle nie mededingende salarisse kan aanbied nie. “Ons word slegs per pos gesubsidieer en dit sluit nie eens die ekstra onkostes, soos brandstof, in nie,” sê sy. Dít beteken die diens kan nie gelewer word soos dit moet nie en sou dit wyer uitkring, sal dit noodwendig beteken Badisa sal sy deure moet sluit. Een van Badisa se programme, No Limits, het pas die maatskaplike dienste wat dit lewer gestaak weens ’n geldtekort. Dié dienste is nou on-
der ander maatskaplike programme verdeel sodat dit nie verlore gaan nie, maar die staking van dienste weens geldelike tekorte hang soos ’n swaard oor die maatskaplike wêreld. Die staking van maatskaplike dienste weens ’n tekort aan geld benadeel gemeenskappe, want sou Badisa weens geldnood dieselfde pad loop, is dit hulle wat daaronder ly. “Ons is bekend vir ons goeie dienslewering, maar die gebrek aan regeringsfonds-toedelings sal beteken die mense aan die ontvangkant gaan nie dieselfde diens kan ont-
vang nie,” sê Annemarie. Sy sê indien kinders wat tans in pleegsorg is, se pleegouers nie meer hulp ontvang nie, bestaan die risiko dat dié diens verlore kan gaan omdat daar nie ’n behoorlike hulpbronprogram bestaan nie. Tans is Badisa in afwagting op goeie nuus van die Lotto-raad oor óf hulle geld sal ontvang, maar ook dít sal ’n tydelike hulp wees. “Ons kan net ’n kwart van ons vorige toekenning verwag, want omdat al meer organisasies aansoek doen by dié raad, word die bedrae wat aan elke begunstigde toegesê
word al kleiner. Om te voorkom dat ander programme wees fondsnood gestaak moet word, het Badisa ’n projek, Nog een Veldtog/One more Campaign, begin. “Hiermee sê ons ons weet die nood is groot en baie organisasies is in die knyp, maar ons versoek mense om nog net één keer te help. Ons wil vir die publiek sê jy kan met ’n klein donasie ’n groot verskil maak, of jy R10 of R100 skenk, dit help ons.” Vir meer besonderhede bel Badisa by 021 957 7130 of Annemarie by 083 708 2049. Besoek die webwerf by www.badisa.org.za.