TygerBurger Brackenfell - 4 September 2019

Page 1

BRACKENFELL

X1VNRBP9-AL040919

Woensdag, 4 September 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger 11 11tydskrifte tydskrifte+ +35 35koerante koerante

Netwerk24. Netwerk24.Alles Allesop opeen eenplek. plek.

Teken Tekenininbybywww.netwerk24.com. www.netwerk24.com.

BRACKENFELL: REGSTAPPE KOM TEEN KLEUTERSKOOL

Seun (4) glip weg uit skool DESIRÉE RORKE @dezzierorke

’n

Vierjarige seuntjie het voorverlede Vrydag 23 Augustus uit sy kleuterskool geglip en sowat 500 meter ver

gestap. Hy het die besige Brackenfell-boulevard op sy eie oorgesteek. Wonderbaarlik het die kleuter, Shaun Myburgh, ongedeerd daarvan afgekom toe werkers agterop ’n verbygaande bakkie die kind in die middel van die pad gewaar en voor aankomende verkeer uit die pad gegryp het. Volgens Shaun se pa Willie Myburgh, het die werkers op die bakkie se dak geklap vir die bestuurder om te stop. ’n Woedende Myburgh gaan nou siviele regstappe teen Kiddies Campus in Danastraat, Brackenfell neem. “Hulle het Shaun dadelik na die Brackenfell-polisiestasie geneem en hy is later met behulp van sosiale media geïdentifiseer nadat iemand na aan die familie sy foto op ’n Facebook-blad raakgesien het,” sê Myburgh. Die Brackenfell-polisie het Shaun later tuis en ongedeerd by sy ouerhuis besorg. “Die voorval het tydens slaaptyd (by die kleuterskool) gebeur en dit gaan my verstand te bowe dat daar nie behoorlike toesig gehou is nie.” Myburgh sê Shaun was vir amper ’n uur en ’n half vermis voordat die kleuterskool besef het hy is weg.

Erica Venter, bestuurder van die kleuterskool, vermoed dat Shaun tydens slaaptyd by die klas se deur uitgeglip en oor ’n 2,04 m-hek tussen sy klassie en die hoofgebou geklim en die strate ingevaar het. “’n Juffrou het my verwittig dat Shaun weg was. Ek is nie seker presies hoe laat dit was nie, maar ons het dadelik na hom begin soek. Hy is ’n baie besige seuntjie en hardloop gereeld weg om te gaan wegkruip. “Ons het by al sy gereelde wegkruipplekke begin soek, maar geskok besef dat hy nie op die perseel is nie,” sê Venter. “Ek was op pad na my kantoor toe om die polisie te skakel, toe ek die oproep van kapt. Erica Crous ontvang het. Sy het my in kennis gestel dat Shaun gevind is en in hul sorg is. “Sover ek weet, het die assistent wat toesig hou oor die kinders nie gesien hoe hy uitgeglip het nie. ’n Ander ouer het ’n kind tydens slaaptyd kom optel en die assistent het die kind se tassie gaan haal. Nadat dié ouer die klas verlaat het, vermoed ek die deur is nie weer behoorlik toegemaak nie,” verduidelik Myburgh. Die 34-jarige assistent van Delft is op Woensdag 28 Augustus afgedank. “As bestuurder voel ek dat die assistent te alle tye bewus moet wees van die kinders tydens slaaptyd,” het sy gesê. Daar is tans 79 kinders in die kleuterskool, met drie assistente en nege juffrouens. V Na bladsy 4.

The wonders of science ...

“Myburgh sê Shaun was vir amper ’n uur en ’n half vermis voordat die kleuterskool besef het hy is weg”

Émile Hartzenberg from Durbanville is mixing a glittery oobleck, a non-Newtonion fluid which one can play with, during a science pamper party held in Pinehurst in Durbanville to promote science among girls. A non-Newtonian fluid is a fluid of which the viscosity is variable based on applied force – the most common everyday example being cornstarch dissolved in water. The name “oobleck” is derived from the Dr Seuss book “Bartholomew and the Oobleck”. See article and more photo’s on page 6. PHOTO: NICKEY BOTHMA PHOTOGRAPHY


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Brackenfell - 4 September 2019 by Tygerburger Newspaper - Issuu