TygerBurger De Grendel - 17 February 2021

Page 1

DE GRENDEL

Woensdag, 17 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

Vermaak laat die poppe dans Goue Jare, deur Anton Treurnich se poppekas-produksie, word eersdaags op radio uitgesaai. Die verhaal sal op verskeie radiostasies uitgesaai word, insluitend Tygerberg 104FM. Die poppe tree normaalweg by senior sentrums en tehuise vir bejaardes op en word ondersteun deur die departement van maatskaplike ontwikkeling. Weens die Covid-19-pandemie moes die produksie egter ander maniere vind om seniors te vermaak. Hier is een van die karakters, Thabisa, agter die mikrofoon in die radio-produksie. Lees berig op bl. 4.

PLATTEKLOOF: HARDLOOP AGTER ROWER AAN

Raadslid aangeval, beroof RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

’n

Kaapstadse wyksraadslid het verlede week vertel hoe sy ’n dief agterna moes sit nadat dié persoon haar aangeval en haar van haar selfoon beroof het. Cheryl Visser, raadslid vir wyk 1 (wat Kleinbosch, Monte Vista, Richwood, Burgundy Estate, Plattekloof en Panorama insluit), was in die omgewing van Olienhoutpark in Plattekloof op besoek aan ’n plaasli-

ke inwoner om ’n projek te bespreek toe sy ’n pad oorsteek en deur ’n onbekende aanvaller van agter af teen die kop geslaan is. “As ’n reël is ek uiters versigtig. Ek dra nie juweliersware nie en dra ’n spesiale handsak aan die voorkant van my lyf. “Kontrakteurs was besig met werk by die park en niemand was naby my nie,” sê Visser. Sy het Olienhoutrylaan oorgesteek. In daardie stadium het sy ’n belangrike oproep ontvang en het sy haar selfoon ouderge-

woonte in die loop beantwoord, sê Visser. “Ek het vir ’n wyle op die eiland-deel by ’n boom in die middel van Olienhoutrylaan gaan staan om veilig te kan oorstap na die park. Meteens en onverwags het ek ’n harde stamp van agter teen my kop en regterkant van my lyf gekry. My selfoon is weggepluk. “In dieselfde aksie het die persoon ook my linkerhand se ringvinger gegryp. Dalk het hy gedink ek dra ’n ring.” Die aanvaller het haar selfoon gegryp en gevlug.

“Die stamp was so geweldig dat ek eers gedink het ’n motor het my getref. Toe ek besef ek is beroof, het ek die rower agterna gesit en ’n hele entjie in Olienhoutrylaan in die rigting van Plattekloofweg agter hom aan gehardloop. “My plan was om hom te probeer pootjie en te doen wat ek kon om my selfoon terug te kry. “Uit die bloute het ’n taxi stadig van agter my verbygery.” V Na bladsy 2

Specials valid from 17 Feb - 23 Feb 2021or while stocks Last.

Tel: 021 981 8823 )

S

5 Lood Street Brackenfell

PORK PACKS

AAA GRADE BEEF CLUB STEAK

BEEF STEW

www.ranchmeat.co.za 8 Mon – Fri 08:00 – 18:00 | Sat 08:00 – 15:00

BOSKAMP BURGER

COUNTRY BRAAI WORS

GROUND BEEF MINCE

¸

FOLLOW US ON FACEBOOK

R4995 R5995 R8995 R3995 R4995 R4995 /kg

/kg

/kg

/kg

/kg

/kg

® X1WJJP9H-AL170221


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.