TygerBurger De Grendel - 24 February 2021

Page 1

DE GRENDEL

Woensdag, 24 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

MONTE VISTA: VROU BEROOF

Sorg vir my, ’seblief? Ford N1 City het sy steun toegesê aan ’n projek om huise vir troeteldiere te vind en kos in te samel vir die organisasie Fallen Angels Pet Rescue. Indien enigiemand ’n troeteldier wil aanneem of kos wil skenk, kontak Carina Minnie by carina.minnie@bwmr.co.za. Lees berig op bl. 8. FOTO: HEIZ KOTZE PHOTOGRAPHY

Drawwers gewaarsku ná aanval RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

D

ie ma van ’n vrou wat onlangs langs Giel Basson-rylaan deur gewapende mans aangeval en beroof is, sê sy is dankbaar haar dogter het ongedeerd daarvan afgekom. Die slagoffer, Marné Slabbert (28), het ná werk met haar rugsak agterop haar rug langs dié besige roete in die rigting van Burgundy Estate gedraf toe ’n onbekende voertuig naby haar stilgehou en twee mans haar genader het. Marné, wat gereeld die roete draf, was in daardie stadium ’n kilometer van haar woonstel af. Haar ma, Tanya Slabbert, vertel die voertuig het glo met noodligte op die skouer van die pad tot stilstand gekom. “Aangesien die motor verwaarloos gelyk het, het sy aanvanklik gedink die motor het dalk een of ander meganiese probleem. Sy het aangehou draf en opgelet dat daar vier mans in die motor is.” Twee van die mans het uit die voertuig geklim en in Marné se rigting begin beweeg. “Dit was toe dat sy sien dat hulle albei direk na haar kyk, en besef sy word geteiken.” Die aanval het op Dinsdag 16 Januarie omstreeks 18:00 plaasgevind. “Ek het Marné van skooldae af probeer voorberei op die dag wat sy moontlik die teiken van geweld kan word, en het oor die jare by haar ingedril dat sy alles in haar vermoë moet doen om nie in ’n vreemde motor ingetrek en ontvoer te word nie. “Ons plan van aksie was maar dat sy so gou as moontlik die naaste boom, lamppaal of sommer enige paal moet vasgryp en dan moet klou om lewe of dood,” sê die ma van twee. Dit is presies wat haar dogter gedoen het. Marné het instinktief gereageer en on-

middellik na die naaste paal gehardloop en begin klou met alles wat sy het. Die twee mans het in daardie stadium probeer om die rugsak van haar rug af te ruk. Marné se pa, ’n voormalige lid van die polisie se honde-eenheid, het ook die kinders geleer dat hulle na verdagtes moet kyk sodat hulle later gesigte, kleredrag en ander kentekens kan beskryf. “Marné het so tussen die gestoei na hulle probeer kyk, maar toe voel sy die volgende oomblik iets skerp teen haar lies. Toe sy afkyk, sien sy die mes se punt daarteen druk.” Hulle het haar ook deursoek en afgekom op haar selfoon, wat in ’n band om haar lyf onder haar T-hemp versteek was. “Hulle het opnuut aan haar rugsak begin ruk. Sy het die knip vir hulle losgemaak en hulle het onmiddellik na die voertuig teruggekeer en weggery,” sê sy. In die rugsak was haar beursie en ander persoonlik items. “Sy was verstom om te sien dat die verkeerslig rooi was en die voertuig in die ry agter motors moes wag vir die lig om oor te slaan sodat hulle van die toneel af kon wegkom,” vertel die ma. Marné, wat as au pair in Welgelegen werk, het geen beserings opgedoen nie. Sy is deur omstanders gehelp. Marné se broer, Jeandré (25), het later die aand na die verdagtes probeer soek. “Hy is met ’n spoed hier van die huis weg en het omstreeks 19:00 weer teruggekeer met die nuus dat hy die voertuig gekry het. Ons is so trots op hom,” sê Tanya. Die verdagtes is met behulp van plaaslike buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye en die polisie in hegtenis geneem. Die slagoffer se selfoon en rugsak is in die voertuig gevind. Die Parow-polisie het aan TygerBurger bevestig vier verdagtes is in hegtenis geneem en dat ’n klag van roof ondersoek word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.