DE GRENDEL
Woensdag, 27 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za @TygerBurger
TygerBurger
Sculptor captures hearts of many Reon Zeff poses opposite Ons Huisie in Bloubergstrand with one of his sand castle sculptures. Zeff has stolen the hearts of many in surrounding communities with his craft. Read story on page 5.
KRUISING: VERKEERSLIGTE AL MAANDE BUITE WERKING
Inwoners in vrees RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
’n
Inwoner van Bothasig sê sy vrees dat ’n stel verkeersligte wat buite werking is op ’n roete wat sy daagliks gebruik tot ’n ernstige motorongeluk kan lei. Anita Louw, wat soggens en saans die bedrywige kruising op die hoek van Giel Basson-rylaan en Tygerbergvalleiweg naby Richwood en Burgundy Estate gebruik, sê die verkeersligte daar is glo sedert Oktober verlede jaar reeds buite werking. Bouwerk aan dié deel van die twee paaie is in 2019 voltooi. Louw sê sy gewaar daagliks hoe ongeduldige motoriste, wat nie die padreëls nakom nie, byna ongelukke veroorsaak. Sy het al ’n skrywe aan die Stad Kaapstad gerig waarin sy die stadsbase in kennis stel van die probleem, maar sê tot dusver is
daar nog geen stappe gedoen om dit te herstel nie. “Die ligte is steeds buite werking. Ek ry elke dag twee keer daar verby – in die oggend van Bothasig na Durbanville, en saans weer terug. Dit is ’n angsvolle irritasie elke dag, veral noudat besighede weer oopgemaak het ná die feestyd en die verkeer toegeneem het. “Daar is mense wat net eenvoudig nie geduld het nie en nie die interseksie as ’n vierrigtingstop hanteer nie. “Om dit meer ingewikkeld te maak, is daar dubbelbane wat dopgehou moet word – die baan wat afdraai en die baan wat reguit oorgaan uit elke rigting. “Ek het al gesien hoe mense oorglip agter ’n ander voertuig terwyl dit reeds iemand anders se beurt was, en ’n ander voertuig dan reeds weggetrek het en skielik moet rem. Ek het ook al waargeneem hoe ’n taxi glad nie eens stop nie – net voet neersit en
voor almal verby oorry. “Wat die meeste gebeur, is dat motors wat agter my wag, toeter blaas omdat ek my beurt afwag soos dit hoort, en hulle ongeduldig raak,” sê Louw. Louw sê sy vrees die dag wanneer iemand in haar gaan vasjaag. “Ek het nog nooit soggens of saans enige verkeersbeamptes daar gewaar wat puntdiens doen nie, maar dan moet ek ook erken, ek ry eers om 07:55 van Bothasig en 16:45 uit Durbanville. “Ek kan nie glo dat dit vir die Stad so moeilik kan wees om die verkeerslig weer in werking te kry nie,” sê sy. Louw het in November ’n brief aan die Stad gestuur waarin sy haar kommer uitspreek. ’n Amptenaar van die Stad het in haar terugvoering vir Louw ingelig dat die ligte buite werking is weens ’n tekort aan kragtoevoer na die kontroleerder, en dat Eskom
reeds hieroor ingelig is. Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, sê die Stad se seindepartement het besoek aan die gebied afgelê om vas te stel wat die fout veroorsaak. Sy het bevestig dat ’n tekort aan kragtoevoer na die seintoerusting die rede vir die probleem is. “Die krag word van Eskom verkry, wat daarvoor verantwoordelik is om die fout, wat deur kabeldiefstal veroorsaak is, te herstel. “Eskom is versoek om die fout te herstel. Intussen het ons seindepartement ’n stopteken hier aangebring as ’n tydelike oplossing,” sê Purchase. Kyle Cookson, Eskom-woordvoerder, het aan TygerBurger gesê die kragreus herstel nie verkeersligte nie, en dat die gebied boonop nie onder Eskom se verskaffingsgebied val nie, maar wel onder die Stad Kaapstad se gebied.
OPEN DAY!
6 FEBRUARY 2021 X1WHFK2H-AL270121